NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Stuart Cloete se woorde in sy gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo in sy boek "The African Giant":
" 'Your Excellency, what would happen if the white man left the Congo?  How long would it last?'
'A few years' he said, 'because we have built well.  The buildings will stand'.
'And then?' I said.
'Then, monsieur, the forest will return'.
This is the classic reply all over the continent.  There is no other answer".

PIET RETIEF

ONS EIE HELDE (1)

Dr JP  Botha

Lees reeks by Ons eie helde

Toe Piet Retief vroeg in 1837 met die derde trek van die Voortrekkers vanaf die Winterberge in hul tentwaens noordwaarts vertrek, het daar 300 mense alreeds ‘n geruime tyd op die grens vir hulle gewag.  Teen die helfte van Maart is Retief met sy trek deur die Grootrivier en het in April die ander Trekkers onder Gerrit Maritz en Hendrik Potgieter tussen Tabansjoe en Vetrivier bereik.

Die Trekkers het by Winburg ‘n volksvergadering gehou, waar hulle vir Retief as Goewerneur gekies het.  Retief het daar besluit om met die Trekkers na Natal te verhuis, terwyl Potgieter verkies het om met sy mense die hooglande van Transvaal te bewoon.  Maritz en Piet Uys het hulle by Retief geskaar en saam na Natal getrek.

Retief het vroeg in Oktober 1837 met ‘n klein reisgeselskap na Natal vertrek om met Dingaan die Zoeloekoning oor die afstand van grond aan die Voortrekkers te onderhandel.  By die hoofstat van Dingaan, Umgungundlovu, het die sendeling Owen, wat sogenaamd daar onder die Zoeloes gewerk het, vir Retief gesê dat die grond wat hy vir die Voortrekkers wou hê, alreeds deur Dingaan aan die Engelse van Port Natal gegee is.

Dit was een van die Engelse se leuens wat daar verkondig is.  Hierdie Owen is daar by Dingaanstat geplaas deur ‘n sekere Gardener, ‘n afgetrede skeepskaptein, wat ‘n poging aangewend het om as selfaangestelde magistraat die Engelse in die hawe van Port Natal te regeer.  Hulle het hom heftig teengestaan want hulle het die grond van Tsjaka, Dingaan se voorganger gekry.  Hierdie Gardener het vir Dingaan wysgemaak dat die Voortrekkers misdadigers is wat van hulle koning af weggeloop het en dat hy hulle moet vang en doodmaak, soos wat hy met sy eie misdadigers gedoen het.

Toe Retief met Dingaan oor die afstand van grond begin onderhandel, het hy die Trekkers daarvan beskuldig dat hulle van sy vee geroof het.  Retief het geweet dat Sikonjella, ‘n kapteintjie aan die noordgrens van Basoetoland dit gedoen het en het aangebied om die geroofde vee te gaan terughaal. Hy het vroeg na Nuwejaarsdag in 1838 vir Sikonjella gaan vang en hom gedwing om die geroofde beeste uit te lewer.  Dié het Retief onder begeleiding van Zoeloewagters na Dingaan se kraal laat aanjaag.

Onderwyl die Voortrekkerlaers die Tugela verlaat het en in die omgewing van die Bloukransrivier, met sy twee bolope, Malanspruit en Moordspruit en aan die Boesmansrivier gestaan het, het Retief ‘n uitsoekkommando’tjie van 67 volwasse manne saamgestel.  Daar was ook drie seuns wat handperde moes hou, saam met ‘n stuk of  dertig kleurling-agterryers. Een van die seuns was Retief se eie twaalfjarige seun Piet.

Omstreeks om 10 uur die môre van  Saterdag 3 Februarie 1838 het Retief aan die spits van sy kommando’tjie deur die groot hek van  Dingaan se kraal gery.  Hulle het in gelid, twee-twee die groot ruimte binnegery.  Die Boere moes toe op versoek ‘n militêre vertoning en skynaanval op mekaar maak, waarna die Zoeloekrygers ‘n aantal oorlogsdanse uitgevoer het.

Die Sondagoggend is Retief met  vyf manne die stat in om die traktaat te sluit.  Die agterdogtige bang Dingaan wou weet waar Retief hulle eers gewoon het,  waarom hulle getrek het, waarom hulle nie anderkant die berg gebly het nie, of hulle baie vee het, waar Silkaats nou is en of hy dood is en of daar baie van sy vee afgeneem is en waaom die Trekkers nie in Silkaats se land gaan woon, terwyl hy nou daar uitgedryf is nie.

Maar uiteindelik het Retief hulle daar uitgestap met die getekende kontrak, waarvolgens Port Natal met al die aangrensende land vanaf die Tugela tot by die Umzimvuburivier weswaarts en vanaf die see noordwaarts aan die Voortrekkers afgestaan word.  Retief het die waardevolle dokument opgevou en in sy leer-bladsak wat hy aan sy lyf gedra het, gebêre.

Retief en sy manne is gevra om die Maandag nog oor te bly en deel te neem aan allerlei vertonings wat dan toe ook  plaasgevind het.  Die Dinsdagoggend was hulle gereed om te vertrek, toe Dingaan laat weet dat hulle tog eers moet kom groet.  Dit was vir Retief agterdogwekkend toe hulle versoek word om hul gewere en perde alle besittings buite die groot ingang te laat en dat al die agterryers ook moet saamkom.  Dit was ook vreemd dat Dingaan twee van sy regimente, die Witskilde en die Swartskilde in ‘n groot halfmaan om hom opgestel het, waar hy op sy koninklike leunstoel onder die groot boom gesit het.

Die Zoeloes het gesit en snuif en gedemp met mekaar gepraat.  Toe Retief-hulle by die onderste deel van die swart soldatemuur kom, trek hulle hul geledere vir die manne oop om deur te gaan en sluit hulle daarna toe weer volkome in.

Retief het toe nog nie heeltemal onraad gemerk nie.  Hy het ook niks geweet van die boodskap wat Dingaan toe pas aan die sendeling Owen gestuur het dat hy tog nie bang moet wees nie, want hy gaan die Boere doodmaak.  Die sendeling en sy familie is koning Jors se kinders, maar die Boere is weglopers van hom.

Toe die manne gaan sit, het Dingaan sy soldate beveel om hulle weer met danse te vermaak.  Retief-hulle het die vorige drie dae al meer as genoeg gehad van hierdie barbaarse uitspattige gebokspring wat hulle dans noem.  Dingaan het opgespring en toe die drieduisend paar voete in ‘n wild-eentonige dreunsang op die grond begin stamp, het hy met lyf- en handgebare die vertoning begin dirigeer.  Dit het al hoe wilder gegaan.  Die massas het in afdelings beurtelings teruggeval en dan al singende op die manne aangedein gekom soos die branders van die see.  Toe dit naderhand te erg word en dit lyk of hulle sommer bo-oor Retief hulle gaan bars, het hy te midde van die oorverdowende lawaai vir Dingaan geskree dat hy sy soldate ‘n bietjie verder van hulle af moet laat dans.  Maar die volgende oomblik het hy luidkeels ‘n bevel uitgeskree en sy barbaarse hordes het op die manne toegesak.  Sy bulderende gekree het duidelik bokant die rumoer weerklink:  “Boelalanie abatagatie!-  Maak dood die towenaars!”

Retief hulle is nie daar op die terrein om die lewe gebring nie.  Elkeen van die manne wat daar op die grond neergehurk gesit het, is deur dosyne grypende hande oorrompel en by die groot ingang uitgesleep en buite met rourieme vasgemaak en skerpgemaakte stokke deur hul liggame gedryf, om hulle makliker te kon sleepdra na die nabygeleë moordkoppie Hlomo-amabutha.  Op pad daarheen het die knopkieriehoue op hul skedels gereën en tog het sommige nog gelewe toe hulle by die slagplek aanland.

Hulle het Retief feitlik ongedeerd by die koppie gebring, omdat Dingaan beveel het dat sy hart en lewer uitgeslag en op pad na die laers toe begrawe moes word.  Die barbare het hom met skynbaar berekende wreedheid laat aanskou hoe hulle elke man wat nog gelewe het se skedel met knopkieries verbrysel, insluitende dié van sy seun Pieter en sy twee maatjies. Daarna het die moordenaars se knopkieries met duiwelse geweld ook Retief se lewe beëindig.

Die almagtige God wat ons aanbid en wat die lotgevalle van nasies in sy hand hou, het Piet Retief bevoorreg om vir ‘n kort tydjie in die bres te staan vir die belange van ons wordende Afrikanervolkie, want in die vroeë proses van sy volkswording alreeds soveel offers moes bring.  Die taak wat God vir hom uitgemeet het, was afgehandel, maar Hy sou in krisistye aan die Afrikanervolk altyd weer ‘n rigter voorsien.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 9626 gaste aanlyn