Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Stuart Cloete se woorde in sy gesprek met die Goewerneur-Generaal van die eertydse Belgiese Kongo in sy boek "The African Giant":
" 'Your Excellency, what would happen if the white man left the Congo? How long would it last?'
'A few years' he said, 'because we have built well. The buildings will stand'.
'And then?' I said.
'Then, monsieur, the forest will return'.
This is the classic reply all over the continent. There is no other answer".
PIET RETIEF
ONS EIE HELDE (1)
Dr JP Botha
Lees reeks by Ons eie helde
Toe Piet Retief vroeg in 1837 met die derde trek van die Voortrekkers vanaf die Winterberge in hul tentwaens noordwaarts vertrek, het daar 300 mense alreeds ‘n geruime tyd op die grens vir hulle gewag. Teen die helfte van Maart is Retief met sy trek deur die Grootrivier en het in April die ander Trekkers onder Gerrit Maritz en Hendrik Potgieter tussen Tabansjoe en Vetrivier bereik.
Die Trekkers het by Winburg ‘n volksvergadering gehou, waar hulle vir Retief as Goewerneur gekies het. Retief het daar besluit om met die Trekkers na Natal te verhuis, terwyl Potgieter verkies het om met sy mense die hooglande van Transvaal te bewoon. Maritz en Piet Uys het hulle by Retief geskaar en saam na Natal getrek.
Retief het vroeg in Oktober 1837 met ‘n klein reisgeselskap na Natal vertrek om met Dingaan die Zoeloekoning oor die afstand van grond aan die Voortrekkers te onderhandel. By die hoofstat van Dingaan, Umgungundlovu, het die sendeling Owen, wat sogenaamd daar onder die Zoeloes gewerk het, vir Retief gesê dat die grond wat hy vir die Voortrekkers wou hê, alreeds deur Dingaan aan die Engelse van Port Natal gegee is.
Dit was een van die Engelse se leuens wat daar verkondig is. Hierdie Owen is daar by Dingaanstat geplaas deur ‘n sekere Gardener, ‘n afgetrede skeepskaptein, wat ‘n poging aangewend het om as selfaangestelde magistraat die Engelse in die hawe van Port Natal te regeer. Hulle het hom heftig teengestaan want hulle het die grond van Tsjaka, Dingaan se voorganger gekry. Hierdie Gardener het vir Dingaan wysgemaak dat die Voortrekkers misdadigers is wat van hulle koning af weggeloop het en dat hy hulle moet vang en doodmaak, soos wat hy met sy eie misdadigers gedoen het.
Toe Retief met Dingaan oor die afstand van grond begin onderhandel, het hy die Trekkers daarvan beskuldig dat hulle van sy vee geroof het. Retief het geweet dat Sikonjella, ‘n kapteintjie aan die noordgrens van Basoetoland dit gedoen het en het aangebied om die geroofde vee te gaan terughaal. Hy het vroeg na Nuwejaarsdag in 1838 vir Sikonjella gaan vang en hom gedwing om die geroofde beeste uit te lewer. Dié het Retief onder begeleiding van Zoeloewagters na Dingaan se kraal laat aanjaag.
Onderwyl die Voortrekkerlaers die Tugela verlaat het en in die omgewing van die Bloukransrivier, met sy twee bolope, Malanspruit en Moordspruit en aan die Boesmansrivier gestaan het, het Retief ‘n uitsoekkommando’tjie van 67 volwasse manne saamgestel. Daar was ook drie seuns wat handperde moes hou, saam met ‘n stuk of dertig kleurling-agterryers. Een van die seuns was Retief se eie twaalfjarige seun Piet.
Omstreeks om 10 uur die môre van Saterdag 3 Februarie 1838 het Retief aan die spits van sy kommando’tjie deur die groot hek van Dingaan se kraal gery. Hulle het in gelid, twee-twee die groot ruimte binnegery. Die Boere moes toe op versoek ‘n militêre vertoning en skynaanval op mekaar maak, waarna die Zoeloekrygers ‘n aantal oorlogsdanse uitgevoer het.
Die Sondagoggend is Retief met vyf manne die stat in om die traktaat te sluit. Die agterdogtige bang Dingaan wou weet waar Retief hulle eers gewoon het, waarom hulle getrek het, waarom hulle nie anderkant die berg gebly het nie, of hulle baie vee het, waar Silkaats nou is en of hy dood is en of daar baie van sy vee afgeneem is en waaom die Trekkers nie in Silkaats se land gaan woon, terwyl hy nou daar uitgedryf is nie.
Maar uiteindelik het Retief hulle daar uitgestap met die getekende kontrak, waarvolgens Port Natal met al die aangrensende land vanaf die Tugela tot by die Umzimvuburivier weswaarts en vanaf die see noordwaarts aan die Voortrekkers afgestaan word. Retief het die waardevolle dokument opgevou en in sy leer-bladsak wat hy aan sy lyf gedra het, gebêre.
Retief en sy manne is gevra om die Maandag nog oor te bly en deel te neem aan allerlei vertonings wat dan toe ook plaasgevind het. Die Dinsdagoggend was hulle gereed om te vertrek, toe Dingaan laat weet dat hulle tog eers moet kom groet. Dit was vir Retief agterdogwekkend toe hulle versoek word om hul gewere en perde alle besittings buite die groot ingang te laat en dat al die agterryers ook moet saamkom. Dit was ook vreemd dat Dingaan twee van sy regimente, die Witskilde en die Swartskilde in ‘n groot halfmaan om hom opgestel het, waar hy op sy koninklike leunstoel onder die groot boom gesit het.
Die Zoeloes het gesit en snuif en gedemp met mekaar gepraat. Toe Retief-hulle by die onderste deel van die swart soldatemuur kom, trek hulle hul geledere vir die manne oop om deur te gaan en sluit hulle daarna toe weer volkome in.
Retief het toe nog nie heeltemal onraad gemerk nie. Hy het ook niks geweet van die boodskap wat Dingaan toe pas aan die sendeling Owen gestuur het dat hy tog nie bang moet wees nie, want hy gaan die Boere doodmaak. Die sendeling en sy familie is koning Jors se kinders, maar die Boere is weglopers van hom.
Toe die manne gaan sit, het Dingaan sy soldate beveel om hulle weer met danse te vermaak. Retief-hulle het die vorige drie dae al meer as genoeg gehad van hierdie barbaarse uitspattige gebokspring wat hulle dans noem. Dingaan het opgespring en toe die drieduisend paar voete in ‘n wild-eentonige dreunsang op die grond begin stamp, het hy met lyf- en handgebare die vertoning begin dirigeer. Dit het al hoe wilder gegaan. Die massas het in afdelings beurtelings teruggeval en dan al singende op die manne aangedein gekom soos die branders van die see. Toe dit naderhand te erg word en dit lyk of hulle sommer bo-oor Retief hulle gaan bars, het hy te midde van die oorverdowende lawaai vir Dingaan geskree dat hy sy soldate ‘n bietjie verder van hulle af moet laat dans. Maar die volgende oomblik het hy luidkeels ‘n bevel uitgeskree en sy barbaarse hordes het op die manne toegesak. Sy bulderende gekree het duidelik bokant die rumoer weerklink: “Boelalanie abatagatie!- Maak dood die towenaars!”
Retief hulle is nie daar op die terrein om die lewe gebring nie. Elkeen van die manne wat daar op die grond neergehurk gesit het, is deur dosyne grypende hande oorrompel en by die groot ingang uitgesleep en buite met rourieme vasgemaak en skerpgemaakte stokke deur hul liggame gedryf, om hulle makliker te kon sleepdra na die nabygeleë moordkoppie Hlomo-amabutha. Op pad daarheen het die knopkieriehoue op hul skedels gereën en tog het sommige nog gelewe toe hulle by die slagplek aanland.
Hulle het Retief feitlik ongedeerd by die koppie gebring, omdat Dingaan beveel het dat sy hart en lewer uitgeslag en op pad na die laers toe begrawe moes word. Die barbare het hom met skynbaar berekende wreedheid laat aanskou hoe hulle elke man wat nog gelewe het se skedel met knopkieries verbrysel, insluitende dié van sy seun Pieter en sy twee maatjies. Daarna het die moordenaars se knopkieries met duiwelse geweld ook Retief se lewe beëindig.
Die almagtige God wat ons aanbid en wat die lotgevalle van nasies in sy hand hou, het Piet Retief bevoorreg om vir ‘n kort tydjie in die bres te staan vir die belange van ons wordende Afrikanervolkie, want in die vroeë proses van sy volkswording alreeds soveel offers moes bring. Die taak wat God vir hom uitgemeet het, was afgehandel, maar Hy sou in krisistye aan die Afrikanervolk altyd weer ‘n rigter voorsien.