NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons het nie vrede met mekaar nie omdat ons nie vrede met onsself het nie. En ons het nie vrede met onsself nie omdat ons nie vrede met God het nie. Maak vrede met God en jy sal volkome vrede in jou hart ervaar.

ADINA SE BRIEWE (12)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

Dis naakte haat

Adina het 'n dag later weer aan haar pa geskryf:

Aan liewe vader Efraim

Daar het 'n verskriklike ding gebeur!  Hulle het Jesus vermoor!  Hulle het Hom gevang en gemartel en aan 'n kruis gespyker en Hy het gesterf!  O Pappa, dis vreeslik.  Ek wil vir u vertel wat verlede nag plaasgevind het en wat op hierdie droewige Vrydag gebeur het, sodat u self kan oordeel hoeveel haat en nyd in die harte van priesterhoofde, skrifgeleerdes, Fariseërs en baie van ons volksgenote skuil.

Jesus het gisteraand hier van oom Simon se huis af met elf dissipels na die Olyfberg gegaan.  Ek het laat vanmiddag by die goeie dissipel Johannes gehoor dat Judas Iskariot 'n paar dae gelede al na die priesterhoofde toe gegaan het en vir hulle gevra het wat hulle hom sou betaal as hy vir Jesus in hulle hande sou besorg.  Hy het dertig silwerstukke van hulle ontvang.

Jesus het met sy dissipels deur die Kedronspruit teen die Olyfberg uitgestap en by die tuin van Getsémané gekom.  Johannes sê Hy het vir die dissipels gevra om daar op die groen grassies te gaan sit.  Hulle moes daar vir Hom wag onderwyl Hy self 'n entjie verder gegaan het om te gaan bid.  Maar Hy het vir Johannes en Petrus en Jakobus met Hom saamgeneem.  Hulle het in stilte verder gestap.  Toe vra Jesus dat hulle drie ook daar op 'n plekkie vir Hom moet wag.  Hy het alleen tussen die bome verder gestap.

Johannes sê hy het hom baie oor Jesus se veiligheid bekommer, want hy het geweet hoe Hy gehaat word.  Petrus en Jakobus het skielik baie vaak geword en aan die slaap geraak.  Johannes sê hy self het teen die slaap gestry en stilletjies opgestaan om te gaan kyk waar Jesus was.  Hy het onder 'n boom gekniel, in vurige gebed tot sy hemelse Vader en Hom by tye gesmeek om die beker van lyding wat voor Hom lê, weg te neem, maar dan weer berus en gebid dat sy Vader se wil moet geskied.

Johannes sê hy self het saggies nadergekruip en ademloos geluister en gesien hoe die heilige Seun van God in gebed worstel met die almagtige Vader.  Jesus se sweet wat op die grond gedrup het, het soos bloeddruppels geword.  Toe sien Johannes 'n engel wat by Jesus verskyn om Hom te ondersteun.  Johannes het saggies teruggegaan en toe hy weer by die ander twee dissipels kom, het hy self ook aan die slaap geraak.

Jesus het 'n rukkie later weer by hulle gekom en hulle wakker gemaak.  Hy was teleurgesteld dat hulle nie eers 'n uur lank saam met Hom kon wakkerbly en die wag kon hou nie.  Hulle het die ander dissipels ook aan die slaap gevind.  Jesus het hulle wakker gemaak en gesê:  "Kom ons loop.  Die man wat my verraai, is hier naby."

Johannes sê hy het toe eers besef dat die vreeslike dinge waarvan Jesus dikwels gepraat het, regtig gaan plaasvind.  Judas Iskariot het tussen die bome aangestap gekom met 'n hele klomp lawaaierige mense by hom, gewapen met stokke en swaarde.  Hulle is deur die priesterhoofde en familiehoofde gehuur en gestuur om vir Jesus te kom vang.  Judas het met 'n verraaiersoen vir hulle gewys wie Jesus is, sodat hulle Hom kon gevange neem.  Hulle was skielik baie huiwerig om dit te doen, maar toe hulle uiteindelik vorentoe kom, het Simon Petrus 'n swaard êrens vandaan in die hande gekry en die slaaf van die hoëpriester se oor afgeslaan.

Jesus het vir Petrus berispe en die man se oor weer gesond gemaak en vir die dissipels gesê dat die dinge wat nou gaan gebeur, móét gebeur, sodat die skrifte vervul kan word.  As dit nie so was nie, sou miljoene engele Hom nou te hulp gesnel het.

Toe het al die dissipels vir Jesus verlaat en weggevlug.  Die klomp huurlinge het hul hande aan Jesus geslaan en hom geboeid na die stad geneem.  Hulle is penreguit na die paleis van die hoëpriester Kajafas, waar al die skrifgeleerdes en familiehoofde bymekaar gekom het om Jesus te beskuldig en te veroordeel.

Simon Petrus het naderhand ook daar aangekom en in die binnehof by die wagte gaan sit om te sien wat gebeur.  Johannes is daar in die tuin deur 'n ongekende vrees oorval.  Hy het daar buite die stad in die veld rondgedwaal totdat hy weer tot sy sinne gekom het.  Toe het hy reguit hier na oom Simon se huis gekom om vir ons te vertel wat gebeur het.

Pappa, ons kon die res van die nag nie slaap nie, want ons het duidelik gehoor hoe die nagstilte versteur word deur onbeheerste gille en uitroepe uit die rigting van Kajafas se paleis.

Teen dagbreek vanmôre was ek en Salóme gereed om daarheen te gaan en self te gaan kyk wat aangaan.  Oom Simon het ons vergesel, want hy wou nie hê dat ons aan allerlei nagtelike gevare blootgestel word nie.

By Kajafas se paleis het daar op hierdie ongure oggenduur al honderde mense saamgedrom.  Ons het vir Petrus in die binnehof sien sit.  'n Diensmeisie het na hom toe gestap en met hom 'n paar woorde gewissel.  Ek kon nie hoor wat sy sê nie, maar Petrus het sy kop heftig geskud.  Dit het weer gebeur toe 'n ander meisie met hom praat.  'n Paar mans het later ook 'n gesprek met hom aangeknoop.  Net toe Petrus hulle antwoord, hoor ons die duidelike gekraai van 'n hoenderhaan.  Petrus het met skrik in sy oë opgespring en by die buitedeur uitgestorm.

Toe hy by ons verbykom, gryp oom Simon hom aan die arm en sê:  "Petrus, waarheen gaan jy?"  Met betraande oë vertel hy vir ons dat hy so pas vir Jesus driemaal verloën het voordat daardie haan gekraai het.  "En om te dink dat ek in my voortvarendheid vir Hom gesê het ek sal Hom nooit in die steek laat nie, al doen al die ander dit.  En nou het ek driemaal vir hierdie mense gelieg en gesweer dat ek Hom nie ken nie.  O, hoe het ek my Here verloën en Hom maar net soos daardie Judas verraai!"

Hy het verder na buite die nag ingestap, totdat ons naderhand sy snikke van berou nie meer kon hoor nie.  Ons het tussen die mense in die binnehof nadergeskuifel, totdat ons regoor 'n oop deur vir Jesus voor Kajafas kon sien staan, met sy beskuldigers rondom Hom.  Hulle het allerhande leuens oor Hom kwytgeraak en een ou het geskree:  "Ek het met my eie ore gehoor Hy sê vir sy dissipels hulle moet die tempel afbreek, sodat Hy hom weer in drie dae kan opbou!"

Onder die klomp mense rondom ons wat dit gehoor het, het 'n groot gemor ontstaan.  Toe hulle weer stil raak, hoor ons Kajafas se stem:  "Sê nou vir ons reguit of jy die Christus is, die Seun van God."

Jesus se stem het helder en duidelik deur die groot saal weerklink:  "Ja, Ek is.  Van nou af sal julle My sien sit aan die regterkant van my almagtige Vader en daarna sal julle My sien kom op die wolke van die hemel."

Dit was net vir die hoëpriester een te veel.  Hy roep toe uit:  "Daar het julle nou almal sy godslastering gehoor!  Hy maak of Hy God self is!  Hy het Homself veroordeel.  Wat moet ons met Hom maak?"

Die klomp rondom Hom skree:  "Hy moet dood, Hy moet dood!"  Toe begin hulle Hom aanrand.  Hulle het op Hom gespuug en Hom met die vuis geslaan.

Ek wou nie langer kyk nie.  Salóme het saam met my omgedraai en ons het buite in die mooi tuin gaan sit.  My gedagtes was 'n warboel in my.  Wat gaan hulle met Jesus maak?  Waarom verdra Hy sulke aanrandings en beledigings?

Toe kom oom Simon by ons en sê dat hulle vir Jesus geboeid na die militêre vesting Antonia geneem het, om Hom voor die Romeinse goewerneur Pilatus aan te kla.  Ons is aldrie ook daarheen om te sien wat verder sou gebeur.

Dit was al lig en ek was verbaas om te sien hoeveel mense besig was om na die goewerneur se vesting te stroom.  Langs die pad kom ons vir Maia Magdalena en die ander vroue teen.  Hulle sê die dissipel Johannes het hulle gaan opklop en gesê wat aan die gang is.  Ons het almal saam gevorder tot by die groot plein, maar kon nie deur die massa mense dring nie.  Ons vroumense het toe daar eenkant op 'n ou plekkie gaan sit, terwyl oom Simon vir hom 'n pad deur die skare gewring het, tot naby die oop deur van die hofsaal.

Die hoëpriester en familiehoofde was besig om allerlei valse aanklagte teen Jesus te maak.  Pilatus het vir Hom gevra of Hy die koning van die Jode is.  Jesus het bevestigend geantwoord, maar verder geen woord gesê nie.  Pilatus het vir sy aanklaers gesê dat hy geen skuld in Jesus vind nie en dat hy Hom gaan loslaat.  Hulle het daarteen heftig beswaar gemaak.

Uit hulle beskuldigings het Pilatus agtergekom dat Jesus in Galilea gewerk het.  Toe stuur hy vir Jesus na Herodus Antipas se paleis.  Herodus is die viervors van Galilea en Perea, terwyl Pilatus die distrikte Judea en Samaria beheer.  Pilatus wou sy verantwoordelikheid om oor Jesus te besluit, op Herodus afskuif, want hy is bang die Sanhedrin sal hom in Rome gaan verkla, indien hy nie hul sin gee nie.

Herodus het vir die paasfees na Jerusalem gekom en bly vir sulke geleenthede hier in sy eie paleis.  Hy was alte in sy skik om ook 'n hofsitting oor Jesus te mag hou en het vir Hom gevra om tog vir hom 'n wonderwerk te doen.  Hy het baie van Jesus gehoor en was bang dat Hy dalk Johannes die Doper kon wees wat uit die dood opgestaan het en gekom het om hom te wreek omdat Herodus hom in die gevangenis laat onthoof het.

Die priesterhoofde en skrifgeleerdes wat saamgekom het na Herodus toe, het vir Jesus heftig staan en beskuldig.  Herodus het Hom allerlei vrae gevra, maar Jesus het hom gladnie geantwoord nie.  Dit het die bang vors kwaad gemaak.  Hy het saam met sy soldate vir Jesus begin beledig en bespot en vir Hom 'n blink kleed aangetrek en Hom weer na Pilatus teruggestuur.

Ons groepie, die vroue en ook oom Simon, was nog in die tuin toe die wagte weer met Jesus by die hofsaal van Antonia aankom.  Oom Simon het weer nader gedruk om op hoorbare afstand van die goewerneur te kon kom.  Pilatus het weer gesê hy vind geen skuld in Jesus nie en Herodus ook nie en dat hy Hom gaan loslaat.

Toe hoor ons weer die klomp se woedende geskreeu.  Oom Simon vertel dat Pilatus toe die berugte gevangene, Barrabas, uit die tronk laat haal het en hom langs Jesus laat staan het.  Hy het altyd op die fees vir die skare 'n gevangene losgelaat.  Hy het gevra of dit Jesus of Barrabas moet wees..  Pilatus het verbaas gelyk toe hulle almal, asof uit één mond skreeu:  "Barrabas!  Barrabas!  Laat hom los!"

Oom Simon sê hy het gesien dat die priesterhoofde, die skrifgeleerdes en die Fariseërs vooraf onder die mense rondgegaan het en hulle teen Jesus opgerui het en voorgesê het wat hulle moet uitroep.

Pilatus vra toe:  "En wat moet ek met Jesus, wat onskuldig is, doen?"

"Kruisig Hom, kruisig Hom!" hoor ons die gebulder daarbinne.

Ek het daaraan gedink dat baie van die mense wat hier so woedend teen Jesus staan en skree, 'n paar dae van te vore daar by die Skaappoort, langs die pad vanaf Betfage, hul klere vir Jesus op die pad oopgesprei het en gesing het  "Hosanna vir die Seun van Dawid!" en Hom met geweld wou koning maak.  En nou skree dieselfde mense:  "Kruisig Hom!"

Onderwyl hulle so teen Jesus te kere gaan, ontvang Pilatus van sy vrou 'n briefie waarin staan:  "Moet tog nie hierdie regverdige Man enige leed aandoen nie.  Ek het vannag in my drome vir sy part swaar gely."

Pilatus het vir hom 'n skottel water laat kom en sy hande daarin gewas en gesê:  "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige Man.  Julle kan toesien."  Hulle antwoord was:  "Laat sy bloed op ons en ons kinders kom!"

Pappa, my hart is stukkend en ek wil nie graag vir u beskryf wat hulle daarna met Jesus gedoen het nie, maar ek móét, want ek wil hê u moet weet wat hier gebeur het, sodat u my kan help om oor my groot teleurstelling te kom.

Nadat Pilatus vir Jesus oorgegee het om gekruisig te word, het hulle Hom gegésel, asof Hy 'n misdadiger is en 'n vieslike kroon van doringtakke gevleg en dit op sy kop vasgestamp, sodat die bloed oor sy gesig gestroom het.  Hulle het 'n riet in sy hand gestop en 'n ou kleed vir Hom aangetrek wat dan kastig sy koninklike gewaad moes voorstel.  Hulle het Hom in die gesig geslaan en Hom bespuug en Hom bespot.  Hulle het 'n swaar kruis op sy skouers geplaas en Hom beveel om dit na die hoofskedelplek te dra.

Pappa, toe ek dit sien en met skrik besef dat hulle Hom, die onskuldige, wat soveel goed aan ander mense gedoen het, soos 'n misdadiger gaan kruisig, ja, dat Hy gaan sterf, het ek in trane uitgebars.  Die ander vroue het saam met my gehuil.  Oom Simon het gemeen dat ons genoeg verdriet op een dag belewe het en nou maar moet huis toe gaan, maar Maria Magdalena het gesê sy kan nie van Golgota af wegbly, waar haar Here gekruisig gaan word nie.  Toe besluit ons almal om agter die sensasiebeluste klomp aan te stap, om te kyk of Jesus werklik gaan toelaat dat hulle Hom vermoor.

Ons het maar ver agter die ander aangestap, want ek wou nie sien hoe Jesus ly nie.  Die luidrugtige menigte het Hom heeltemal omring, net soos 'n klomp honde wat op hul prooi toegesak het.  Die Romeinse soldate het hul hande vol gehad om die arrogantstes onder die klomp van Jesus af weg te hou.  Hy was reeds al tot die dood toe uitgeput en het onder die swaar las van die kruis gesteier en gestruikel en kon nie weer opstaan nie.  Alles en almal het meteens tot stilstand gekom.  Die klomp spotters het stil geraak en na die aanvoerder van die soldate gekyk.  Hy het na 'n man gekyk wat daar eenkant gestaan het en hom nader geroep en hom beveel om die kruis van Jesus se skouers af te neem en verder te dra.  Ons het later vanmiddag verneem dat hierdie man se naam ook Simon is.  Hy kom van Cirene af, maar woon nou hier in die stad.

Ons het uiteindelik die heuweltjie van Golgota bereik.  Die soldate het die mooi kleed wat ek en Salóme vir Jesus geweef het, van Hom afgeskeur.  Ek wou nie kyk toe hulle Hom kruisig nie, maar ek het duidelik sy sagte stem in gebed gehoor:  "Vader, vergeef hulle hierdie vreeslike sonde, want hulle weet nie wat hulle doen nie."

Toe ek uiteindelik my betraande oë opslaan om te kyk, staan daar drie kruise op 'n ry.  Dit is twee misdadigers wat hulle saam met Jesus gekruisig het.  Jesus het in die middel gehang.

Pappa, ek het vandag vir die eerste keer in my lewe met verbasing aanskou hoe mense die grootste genot ervaar uit ander se leed.  Ons hoor een skree:  "Toe Jesus, koning van die Jode, kom af daar van die kruis!"  'n Ander een skree:  "Toe, kom af, sodat jy die tempel kan afbreek en in drie dae opbou!"  Dan skree nog een:  "Ag ja!  Hy het ander mense verlos, maar Hy kan Homself nie red nie!"  Maar hulle het naderhand vir hul eie gespot moeg geword en sommer daar rondgestaan om te kyk wat daar verder gaan gebeur.

Een van die twee misdadigers wat aan weerskante van Jesus gehang het, het saam met die omstanders Hom bespot en gesê:  "As U die Christus is soos wat U gesê het, verlos U dan self en ook vir ons."  Sy maat aan die anderkant van Jesus, het sy kop na hulle kant toe gedraai en gesê:  "Is jy nie bang vir God nie?  Ek en jy kry ons verdiende loon, maar hierdie Man is heeltemal onskuldig."  Toe sê hy vir Jesus:  "Ag Here, dink tog asseblief aan my as U in u koninkryk kom."  Ek het Jesus se antwoord aan hom duidelik gehoor:  "Dit is goed so, vriend.  Ek verseker jou dat jy vandag nog saam met My in die paradys sal wees."

Pappa, wat Jesus daar gesê het, is een van die dinge wat vandag gebeur het wat ek nie verstaan nie.  Ons het almal geglo dat Jesus van God gekom het en mense se sondes kan vergewe,  maar nou het Hy hier aan 'n vloekhout gehang en was besig om te sterwe.  Na watter paradys is Hy en die moordenaar dan op pad na hulle dood?

Ons paar vroue het 'n entjie van die kruise af op die groen grassies gesit.  Toe sien ons 'n vrou wat na Jesus se kruis toe stap en voor hom kniel en bitterlik huil.  Ons het almal met 'n skok besef dat dit die moeder van Jesus, Maria, is.  Maria Magdalena het dadelik na haar toe gegaan en haar probeer troos en haar na ons toe gebring, waar ons saam maar verder gewag het.

'n Rukkie later het die dissipel Johannes ook daar by ons aangekom.  Jesus het hom gesien.  Hy het ook sy moeder opgemerk.  Toe hoor ons weer sy stem duidelik na ons deurkom:  "Moeder, Johannes sal van nouaf jou seun wees.  Johannes, wees vir my moeder 'n seun en neem haar in jou huis."  Johannes het by Jesus se kruis gaan staan en vir Hom gesê dat hy dit sal doen en toe weer na ons teruggekeer.

Ek het gesien hoe vier soldate wat by die kruise met dobbelsteentjies gesit en speel het, Jesus se klere onder mekaar verdeel, ook die mooi, geweefde onderkleed wat ek en Salóme vir Hom gegee het.  Toe hoor ek weer Jesus se stem.  Hy het gesê:  "Ek het dors."  Iemand het 'n spons vol suurwyn wat aan 'n stok geheg is, opgesteek sodat Hy dit kon drink.

Om twaalfuur het dit skielik heeltemal donker geword.  Pappa, toe dit gebeur, het ek dadelik geweet dat dit iets te doen het met die kruisiging wat hier voor ons afspeel.  Dit het tot drieuur vanmiddag so donker gebly.  Die spotters van vanmôre vroeg het een-een in die duisternis verdwyn, om nie weer terug te keer nie.

Toe dit weer om drieuur lig word, het Jesus uitgeroep:  "Eli, eli, lemá sabagtani?  My God, my God, waarom het U My verlaat?"

Daar was toe nog spotters by die kruis.  Een van hulle het gesê:  "Haai, hoor Hy roep vir Elia."  'n Ander een het gesê:  "Nou ja wag, laat ons kyk of Elia sal kom.  Dalk sal hy Hom van die kruis kom afhaal!"

Toe hoor ons weer Jesus se stem.  Hy het net, asof Hy swaar gesug het, gesê:  "Dit is volbring."

Pappa, toe het daar nog 'n wonderlike ding gebeur wat ons groepie en almal daar op die heuwel verstom laat staan het en ons met vrees en skrik vervul het.  Daar het 'n swaar donder aangerol gekom en alles om ons heen het meteens begin skud en kraak.  Dit was 'n swaar aardbewing wat weer net so gou verbygegaan het.  Ek het vanaand, toe ons tuiskom, gehoor dat die aardbewing grafte oopgeruk het en dat van die dooies lewendig geword het en dat hulle in die stad gesien is.  Ons het ook gehoor dat die swaar gordyn in die tempel van bo na onder middeldeur geskeur het.  Waarom gebeur al hierdie dinge onderwyl hulle besig is om Jesus te kruisig?

'n Rukkie nadat die aardbewing verby is, het Jesus sy kop opgelig en met 'n gebroke stem gesê:  "Vader, in u hande gee Ek my gees oor."  Sy kop het vooroor geval en Hy het gesterf.

Oom Simon het ons klompie vroue huis toe geneem.  Maria Magdalena het egter gesê sy wil graag nog 'n rukkie hier by die kruis bly.  Ons moenie bekommerd wees nie; sy ken die pad goed.  Sy sal netnou kom.  Daarop het die ander Maria, Jakobus en Josef se ma, gesê dat sy saam met Maria Magdalena nog 'n rukkie daar sal bly.  Oom Simon het hulle dit toegelaat.

Toe ons by die huis kom, was daar 'n paar dissipels wat, nadat hulle die vorige nag oral heen weggevlug het, teruggekeer het na ons huis waar hulle saam met Jesus die nagmaal gevier het.  Die ander het gedurende die nag ook opgedaag, sodat al elf op die droewige Saterdag, saam met die vroue deur oom Simon en tant Hanna gehuisves is.

Pappa, voordat ek hierdie brief aan u afsluit, wil ek net aan u bely dat ek verkeerd was om te beweer dat Jesus die Messias was wat deur God gestuur is om ons volk te verlos.  Ek het selfs meer as een keer aan u geskryf dat Hy die Seun van God is, en nou moet ek met groot hartseer erken dat dit nie so is nie, want Hy leef vanaand nie meer nie.  Maar ek sal Hom altyd eer as 'n groot profeet, wat sy volk liefgehad het en groot dinge vir hulle gedoen het.

Van u verlangende dogter   Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10610 gaste aanlyn