NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Telkens as ons sondig, kies ons die dood bo die lewe.  Daarna is ons so lief om die sonde te ontsmet sodat dit darem nie so sleg klink nie.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (15)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

GODDELIKE GENESING

"Geloofsgenesing was ‘n wonderteken wat vir spesiale geleenthede gebruik moes word.   Dit was nooit bedoel om gelowiges permanent in perfekte gesondheid te hou nie... God het nie hierdie gawe gegee het om gelowiges gesond te hou nie, maar as ‘n teken om ongelowiges van die goddelike waarheid van die Evangelie te oortuig".

Genees God vandag nog siekes?  Ja, maar slegs in antwoord op gebed.  Dramatiese wondergenesings is egter baie skaars en is nooit die gevolg van iemand wat kwansuis ‘n gawe van genesing het nie.   Laat ek dit baie duidelik stel: EK GLO NIE AAN GELOOFSGENESING NIE, MAAR WEL AAN GEBEDSVERHORING  “...Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag” (Jak.5:16).

Charismatiese geloofsgenesings laat die kalklig op die mens en nie op God val nie, al ontken hulle dit heftig.  Gebedsverhoring daarenteen laat die lig enkel en alleen op God val.   Sy wil geskied ook by wyse van antwoord op gebed.  Desondanks moet ons altyd soos Jesus in die tuin van Getsemane bid: “...Laat nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied" (Luk 22:42).  Gebede wat dit nie bevat nie, kan nie verhoor word nie.

Daar is geen Bybelse regverdiging of goedkeuring vir enige geloofsgenesing wat na die apostels se dood plaasgevind het nie.  Daar is in werklikheid ‘n hemelsbreë verskil tussen die goddelike genesing van Jesus en die apostels en dit wat in charismatiese kringe gebeur.   Hulle dwaal omdat hulle die Skrif nie ken nie!

Let vervolgens op die duidelike verskil tussen Jesus se genesingsbediening en diè van die charismate.   Jesus se genesingsbediening word aan ses eienskappe gekenmerk.  Hy het eerstens met ‘n woord of aanraking genees.  Mt.8 vertel van die verlamde kneg van die hoofman van Kapernaum wat met ‘n magswoord van Jesus genees is. Jesus het ook deur aanraking genees.  Mark.5 vertel van ‘n vrou wat 12 jaar aan bloedvloeiing gely het.  Toe sy Jesus se soom aangeraak het, is sy genees.

Tweedens het Jesus onmiddellik genees.  Die vrou in Mark.5 is onmiddellik genees, so ook die kreupele by die bad van Betesda asook baie blindes en melaatses.  Dit was nooit ‘n geleidelike genesing soos in charismatiese kringe nie.  Derdens het Jesus volledig genees.  Daar het nooit ‘n brokkie van die siekte oorgebly nie.  Petrus se skoonmoeder is so volledig genees dat sy opgestaan en haar huismense bedien het.  Daar was geen herstelperiode soos soms by charismate voorkom nie.

Vierdens het Jesus almal genees.  Jesus het nooit lang toue mense teleurgesteld huis toe laat terugkeer nie.  Vyfdens het Jesus sigbare siektes genees en nie rugpyne, hartkloppings, hoofpyne en ander onsigbare siektes nie.  Hy het kreupeles, verdorde hande, verlamdes, blindes en melaatses genees – alles sigbare gebreke.  Laastens het Jesus ook sekere mense uit die dood opgewek waarvan die opwekking van Lasarus aangrypend deur Johannes beskryf word (Joh.11).

Geen charismaat kan hierdie wonders nadoen nie.  Hulle maak eerder die Here se gawes en wonders goedkoop!  In Amerika word genesings feitlik daagliks gebeeld-saai.  Dis altyd van die soort wat geen sigbare bewys benodig nie.   Hoe verskil dit nie van Jesus se genesings nie!  Hy het mense in die openbaar en voor groot skares genees.  Dit het sy optrede gesaghebbend gemaak.

Jesus het vir die apostels die voorbeeld van genesing gestel en dit ook later na 70 ander dissipels uitgebrei wat twee-twee uitgestuur is om die Evangelie te verkondig. “En maak die siekes gesond wat daarin is en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom” (Luk.10:9).   Die gawe van genesing was egter nooit lukraak in die vroeë gemeentes gebruik nie omdat dit nie aan alle gelowiges gegee is nie.

Toe die kerk op Pinksterdag gebore is, het ‘n nuwe era aangebreek waarin God aan die apostels wondergawes gegee het ten einde die Evangelie te help vestig.  Dieselfde ses eienskappe wat Jesus se genesingsbediening  gekenmerk het, het ook die apostels s’n gekenmerk.   Hulle het ook met ‘n woord of aanraking genees.  Hand.9 vertel van Petrus wat ‘n verlamde man in Lidda met ‘n magswoord genees het.  Paulus het op die eiland Malta ‘n man met koors aangeraak en hom genees (Hand.28).

Die apostels het ook soos Jesus dadelik genees.  Die kreupele in die tempelpoort het onmiddellik gesond geword (Hand.3).   Die apostels kon ook soos Jesus enigeen genees.  “En die menigte van die stede in die omtrek het ook in Jerusalem bymekaar gekom en siekes gebring en mense wat deur onreine geeste gekwel was; en hulle is almal genees” (Hand.5:16).  Die apostels het hulle nie met sielkundige skete of psigosomatiese siektes opgehou nie, maar mense met organiese gebreke genees.

Laastens kon die apostels net soos Jesus ook mense uit die dood opwek.  Hand.9 vertel van Dorkas (Tabita) wat deur Petrus opgewek is.  Let veral op vers 42: ”En dit het bekend geword in die hele Joppe, en baie het in die Here geglo” Hier het ‘n wonderwerk, net soos in Christus se tyd, weereens geloofwaardigheid aan die Evangelieboodskap gegee.  Hand.20 vertel van nog ‘n opwekking uit die dood toe Paulus vir Eutichus, wat tydens ‘n lang preek aan die slaap geraak en by ‘n venster uitgeval en gesterf het, uit die dood opgewek is.

Moderne geloofsgenesers vertoon geeneen van die ses eienskappe nie omdat diè gawe eeue gelede ten einde gekom het.   Dit beteken egter nie dat God nie meer genees nie.  Hy doen dit nog steeds, maar slegs in antwoord op gebed.  Gereformeerdes glo dus nie in moderne geloofsgenesing nie, maar wel in gebedsverhoring.  Geloofsgenesing was een van die wondertekens wat God in die era van die apostels gegee het om gesag aan die Evangelieboodskap in die vroeë kerk te verleen.  Nadat die kerk gevestig is, was wondertekens nie meer nodig nie en het dit opgehou.

Paulus skryf in Fil.2 van ene Epafroditus wat baie siek was. Waarom het hy hom nie genees nie?  Omdat die gawe van genesing toe heelwaarskynlik alreeds iets van die verlede was.  Let asseblief daarop dat God nie hierdie gawe gegee het om gelowiges gesond te hou nie, maar as ‘n teken om ongelowiges van die goddelike waarheid van die Evangelie te oortuig.  Om Epfroditus te genees, sou dus nie met die doel van die gawe ooreenstem nie.    So ook nie met Trofimus wat tydens ‘n sendingreis ernstig siek geword en deur Paulus in Malta agterlaat moes word nie (2 Tim.4).

Geloofsgenesing was ‘n wonderteken wat vir spesiale geleenthede gebruik moes word.   Dit was nooit bedoel om gelowiges permanent in perfekte gesondheid te hou nie.  Hierteenoor leer charismate dat God elke gelowige in goeie gesondheid wil hou. As dit waar is, waarom laat God dan toe dat gelowiges in die eerste plek siek word?  Waarom meen charismate dat pyn en lyding boos is?  Is gelowiges dan nie ook aan die gevolge van sonde onderworpe nie?   Waarom neem sondaars hul toevlug tot Jesus?  Om genesing vir hul liggame te verkry?  Nee, eerder om genesing vir hul siele te verkry!   Indien perfekte gesondheid ‘n voordeel van bekering is, sal miljoene mense hul toeloop na Jesus neem.  Dit sal egter om die verkeerde redes wees soos diegene wat tydens Jesus se vermeerdering van die brood slegs brood vir hul liggaam en nie vir hul siele gesoek het nie!

Omdat charismate nie die Bybelse riglyne vir genesing volg nie, loop dit gereeld op verwarring en ‘n weerspreking van mekaar uit.  Wat vandag in charismatiese kringe gebeur, is beslis nie die Bybelse gawe van genesing nie.   Ja, daar vind nog steeds genesings plaas.  Die Bybelse gawe is egter nie meer aanwesig nie.  God genees wie Hy wil en soos Hy wil .....slegs as antwoord op gebed!

Waarom word gelowiges siek?  Die Here besluit daaroor.  “...Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind?  Is dit nie Ek die Here nie? “ (Ex.4:11).  Dit klink miskien liefdeloos want waarom sal ‘n liefdevolle God so iets toelaat?   Daar is net een antwoord: Dis geskied volgens sy plan.  Ja, sommige siektes kom deur Satan se toedoen.  Luk.13 vertel van ‘n vrou wat 18 jaar lank deur ‘n bose gees verlam was en toe deur Jesus genees is.  God het dit toegelaat sodat Jesus daardeur verheerlik kon word.  Dieselfde ding het met Job gebeur.

Sommige siektes is die gevolg van sonde.  In 2 Konings lees ons van Gehasi wat weens hebsug melaats geword het.  Wanneer ‘n mens siek word, moet jy jouself biddend ondersoek en seker maak dat daar nie iets met jou geestelike lewe skort nie.  In Ps.139:24 bid Dawid tot God om te kyk of daar nie dalk ‘n weg van smart by hom is nie, d.w.s. sondes wat nie bely is nie.  Charismate is lief om siekes van sonde te beskuldig indien hulle nie gesond word nie.

Dit gebeur soms dat gelowiges deur God getug word en dan siek raak sodat hulle hul van hul verkeerde dade bekeer.  Dis egter nie altyd die geval nie.  Wanneer charismate sê dat siekte die gevolg van persoonlike sonde is, maak hulle dieselfde fout as Job se vriende (Job.42:7,8).  Joh.9 leer ons ook anders.

Charismate wat sê dat God elke gelowige gesond wil maak, het geen Bybelse bewys daarvoor nie.  Ons kan slegs tot Hom bid.  Al beloof Hy nie om ons telkens gesond te maak nie, het elke kind van God die reg om na sy hemelse Vader vir genesing op te sien.  Daar is drie redes hiervoor.  (i) God is ‘n Geneser: “...want Ek is die Here wat jou gesond maak”  (Ex.15:26).  (ii) God genees omdat Hy sy beloftes hou: “En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil” (1 Joh.5:14).  (iii)  Derdens het God in Christus meegevoel met siekes “....Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra” (Mt.8:17).

Die Bybel leer ons dat God wel genees, maar ook dat siekes ook na ‘n dokter moet gaan.  Jes.38 vertel van koning Hiskia wat ernstig siek geword en tot God gebid het. “....Laat hulle ‘n vyekoek neem en dit op die sweer sit, dat hy gesond kan word” (:21).  Waarom was dit nodig as God hom onmiddellik kon genees het?  God lê hier ‘n beginsel neer.  Siekes moet twee dinge doen – bid vir genesing en na ‘n dokter gaan.  Charismate volg nie Bybelse voorskrifte nie en glo dan dat hulle iets het wat hulle in werklikheid nie het nie.  En daarmee mislei hulle miljoene mense wêreldwyd!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 14804 gaste aanlyn