Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons is so geneig om te verwag dat die lewe ons "regverdig" moet behandel. Die geheim van hierdie aardse lewe is nie om 'n goeie hand kaarte te ontvang nie maar defnitief om 'n slegte hand goed te kan speel. Maak die beste van wat jy het en wees dankbaar daarvoor!
HOE STAAN ONS VOLK BEKEND?
VOLKSSTUDIES (1)
Lees reeks by Volksstudies
Ds.André van den Berg
"Die Boerevolk is geen skurkevolk wat hom skaam omdat hy sy eie volksgenote voorop stel nie. Ander volke doen presies dieselfde."
1.1 ‘n Gawe van God
In Gen.25 lees ons hoe Esau sy eersgeboortereg verag en sy nageslag in onbeduidenheid laat verval het. God het lank voor ons geboorte bepaal dat ons aan ‘n spesifieke volk sou behoort. Derhalwe is volkskap kosbaar en mag ons nie ons erfenis versmaai nie - dis 'n gawe van God. Esau se nageslag het die gevolge van sy onverskilligheid gedra en 'n veragte volk geword wat gereeld goed op hul baadjie gekry het.
Verraderlike politici, ontspoorde kerke en ander volksvyandige instellings dring al jare lank daarop aan dat ons ons erfenis vir die verfoeilike lensiessop van internasionale erkenning verruil. Nee, ons sal eerder dit wat ons uit die hand van God ontvang het, bewaar omdat ons eendag ook daarvan rekenskap sal moet gee. Laat ons eerder soos koning Dawid van ouds in Ps.16:6 uitroep: "Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi".
1.2 ‘n Eie volk
DIE BYBEL (21)
Dr JP Botha
Lees reeks by DIE BYBEL
Klere en hare
Gewone mense het destyds nie groot klerekaste gehad soos ons nie. Arm mense het dikwels net die stel klere gehad wat hulle gedra het. Die klere was egter prakties en kon in wind en weer die persoon goed beskerm. Ryker mense het ‘n verskeidenheid klere gehad vir verskillende geleenthede wat ook van duurder en beter materiaal gemaak was.
Die volgende is klere waarvan ons in die Bybel lees: Adam en Eva se blaarklere, klere van diervelle waarmee God Adam en Eva later geklee het, die klere van die hoëpriester van Israel, die pragtige linnekleed wat Dawid aangehad het toe hy die ark van God na Jerusalem gedra het, ‘n kleed van goudbrokaat (Ps 45:14); tjalies van blou wol (Eseg 27:24); veelkleurige klere (Gen 27:3); Johannes die Doper se ruwe klere van kameelhaar; feesklere (Mat 22:11); Simon Petrus se Vissermanskleed (Joh 21:7); die pers koningskleed wat Jesus gedra het toe die Romeinse soldate Hom bespot het; die naatlose kleed waaroor die soldate lootjies getrek het by die voet van die kruis en die wit kledingstukke van die martelare.
HY GAAN NOU AFTREE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
(Met apologie aan ons hardwerkende boere).
Piet Willemse het die aftreestadium bereik en gaan kyk hoe lyk die plaas wat hy gekoop het en waarop hy die res van sy lewe wil deurbring. Hy tref ou Jonas daar aan, wat instem om saam met hom daar te bly.
“Kyk ou Jonas, ek kom nou hier op die plaas aftree.”
“O, die baas kom nou mooi aftree hoe groot die plaas is.”
“Nee ou Jonas, dalk verstaan jy beter: Ek kom nou hier op die plaas retire.”
“O ja, ek sien: Die baas kom anner tyres koop for die tractor.”
“Nee ou Jonas man! Kyk, ek sal nou vir jou mooi sê: Ek kom hier na die plaas toe en dan kom sit ek op die stoep en koffiedrink.”
“O! Nou ek verstaan: Die baas kom boer !!”
VOORTREKKER-PIONIERS (10)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Die skeuring in die gemeenskap (1)
In die vorige hoofstuk het ons aangetoon dat die welsyn van die Ohrigstadse gemeenskap met verloop van tyd ernstig deur veral die naturellegevaar bedreig is. Niks het dit egter soseer in gevaar gestel as die verdeeldheid wat daar onder die inwoners bestaan het en wat daagliks groter afmetings aangeneem het nie. Ons het reeds aangetoon dat diegene wat hulle in Ohrigstad kom vestig het inderdaad uit twee groepe bestaan het, naamlik ‘n groep wat altyd wes van die Drakensberge, veral in Wes-Transvaal gewoon het en wat sterk ondersteuners was van die baanbreker in daardie gebied, naamlik Andries Hendrik Potgieter, en ‘n groep intrekkers vanuit Natal wat onder leiding van JJ Burger, eertydse sekretaris van die ou Natalse volksraad, daardie volksraad in die Ohrigstadse gebied wou laat herleef.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (9)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
PROFETIESE VERVULLING
"Openb.17 is baie na aan vervulling. Daar hoef nie na verborge betekenisse gesoek te word nie. Die vrou wat Johannes in hierdie gesig sien, is ‘n stad. Net een stad staan al eeue lank as die stad op sewe heuwels bekend - Rome. En meer spesifiek die Vatikaanstad, die bakermat van Roomse Katolisisme."
1. Tekens van die tyd
Hierdie opkomende Europese superstaat is die laaste herlewing van die HRR en sal nie lank duur nie: “Dan sal hulle julle aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur die nasies gehaat word ter wille van my Naam. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word” (Mt.24:9,22).
2. Groepering
Tien nasies uit die gebied van die ou Romeinse ryk gaan ‘n magsgroep vorm om die wêreld te onderwerp. Hulle kom uit EU geledere. Na die hereniging van Duitsland (1989) is EU lidlande begin boelie om by die Duitse agenda vir die sentralisering van Europese mag in te val.
WIE SPEEL, JY OF EK...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In hierdie dorpie het die luuksheid van elektrisiteit nog nie bestaan nie. Die inwoners het saans lampe gebruik en in die groot ou kerkgebou is die wind wat die orrel se klank voorsien het, deur ‘n blaasbalk geproduseer. Die klein ou mannetjie wat elke Sondag tydens eredienste die blaasbalk getrek het sodat die orrel sy mooi klanke kon lewer was baie trots op sy werk.
Daarom sê hy een Sondag na die diens vir die orrelis:
“Ons het darem vandag baie mooi gespeel, né?”
Die orrelis trek toe neus op en sê:
“Wat sê jy? Ons? Dis mos EK wat speel; nie ons nie!”
Die volgende Sondag begelei hy weer al die liedere altemooi toe die orrel in die middel van ‘n gesang skielik net wegraak en die gemeentesang saam in die stilte wegsterf.
Die orrelis was nog besig om tevergeefs op die dooie note rond te druk toe die ou blaasbalktrekkertjie se verplooide gesiggie om die hoek van die orrel verskyn:
“Sal jy volgende keer sê ‘ONS’ ?”
HOMO- SEKSUALISME (4)
Lees reeks by Homoseksualisme
Ds.André van den Berg
DWAALLEER
" Soos reeds gesê, woed die stryd om die kerklike erkenning van homoseksualisme ook in die buiteland. Dis skokkend om te hoor wat buitelandse teoloë hieroor te sê het. Eerw.Wood van die Union Church of Christ in die VSA sê reguit dat homoseksualiteit ‘n Godgewenheid is ten einde die mensdom teen oorbevolking te beskerm!
Biskop Wheatley van die United Methodist Church ontken dat homoseksualisme sonde is, maar eerder ‘n gawe wat net sekere persone van God ontvang het. "
4.1 Weersin in die waarheid.
Dit maak vir die Here baie saak hoe sy kinders leef. Daarom durf geen kind van God homoseksualisme as normaal aanvaar nie, nie eens stilswyend nie. Verdraagsaamheid jeens hierdie gruwel is dwaalleer en dwaalleer is in wese ‘n weersin in die waarheid. Uit die grootste dwaalkerk van alle eeue, die RKK, klink daar bv selfs stemme op wat sê dat ‘n homoseksuele persoon nie vir sy situasie verantwoordelik is nie. Dis nie ‘n gekose toestand nie, maar so deur God beskik.
4.2 Belewenis eerder as Skrifwaarhede
Ontspoordes se pogings om homoseksualisme te ontsondig, is op geen Bybelgedeelte of Skrifbeginsel gebou nie, maar op homoseksualiste se ervarings en belewenisse. Die ontspoordes laat die Bybel dus nie toe om vir die mens voor te skryf wat om te glo nie. Die mens besluit self daaroor. Hierdeur word alle Bybelverwysings na homoseksualiteit tot stilswye gedwing en met sonnige, subjektiewe menslike ervarings vervang.
SKOOLOPLEIDING NIE TEVERGEEFS!
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
'n Trotse jong mamma sien haar enigste seuntjie by sy skool af vir sy eerste skooldag:
"Wees 'n goeie seuntjie, my goggatjie!
Dink baie aan Mammie terwyl jy in die klas sit, my soetlappie!
En wag vir Mammie by die hek, my skattebolletjie, asb my ou dingetjie, en my bokkie moet tog nie seerkry vandag nie!
Mammie is baie lief vir jou, my skat, en mammie gaan verskriklik na jou verlang my liefling!
Maar jy moet mooi luister wat die juffrou vir julle vertel my engel, ek kan nie wag om te hoor hoe jou dag was nie my ou stropietjie!"
Teen die einde van die skooldag wag sy reeds lankal vir hom by die hek.
"En wat het my sterretjie geleer op sy eerste daggie by die skool?"
"Ek't geleer my naam is Marco!"
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (8)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
DIE ROOMSE GEVAAR
1. ʼn Bedenklike geskiedenis
Die mensdom het al baie bloedvergieting aanskou, veral gedurende oorloë. Niks het egter soveel bloedvergieting veroorsaak soos die ydele strewe om die mensdom aan die mag van een kerk en een heerser te onderwerp nie. Hier span Rome die kroon. Geen kerk het ʼn bedenkliker geskiedenis as die Roomse Kerk (RK) nie!
Die geskiedenis leer dat geen regeerder al ooit by ʼn samewerking met die RK gebaat het nie. Talle het selfs hul mag verloor! Tydens die berugte Inkwisisie het die RK mense se vryheid onbeskaamd aan bande gelê. God het egter talle hervormers in die 16de eeu gebruik om gelowiges se oë te open en die RK as ʼn magsbehepte knoeier te ontmasker. Sy het menige oorlog geveg net om aardse mag te bekom of te behou; iets wat geensins met die Bybel rym nie: “Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; as my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het...” (Joh.18:36).
2. Die HRR herleef
Die sewe heuwels van Rome versinnebeeld die sewe herlewings van die Heilige Romeinse Ryk (HRR).
NOG 'N AARBEWING TREF CHRISTCHURCH
Berigte van aktuele belang
TEKENS VAN DIE TYE...
Ons hoor al meer en meer van aardskuddings, tornados en ander natuurrampe wat dwarsoor die wêreld plaasvind.
Vanoggend was dit vir die soveelste keer die beurt van die omgewing van Christchurh in Niew Seeland om 'n aardbewing, hierdie keer 5.5 op die Richter-skaal, te beleef.
Dit was die sesde-grootste skudding in die suidelike eiland van Niew Seeland sedert die verskrikking wat hulle op 4 September getref het toe 'n reuse 7.1 skudding groot skade aan Christchurch en omgewing aangerig het.
Op 22 Februarie was daar natuurlik ook die 6.3 skudding wat tot 180 mense se dood gelei het en duisende huise verwoes het. Hierdie keer was daar nie naastenby soveel skade nie en ook geen beserings.
Wetenskaplik word dit glo beskou as 'n naskok op die groter aardskuddings.
WANTAAL TOT GEEN VOLK
Jeanette Koekemoer
"'n Volk sonder taal is geen volk meer"
Ons hoor deesdae al meer hoe ons mooi taal verwronge en verniel word. Mens hoor bykans nooit meer een sin wat nie vol Engelse en verdraaide Afrikaanse woorde is nie – dit by oud en jonk, en almal Afrikaners! Maar hiervoor is daar 'n spesifieke rede en ons volksvyande sit vierkantig hieragter: verdeeldheid in ons volk het dikwels in ons geskiedenis ook ons taal op meer as een manier skade aangedoen. So is die teenoorgestelde ook waar: wanneer versterkte nasionalisme sigbaar was het dit Afrikaans op meer as een manier bevoordeel. En tans toon ons allesbehalwe 'n sterk nasionalisme en trots op wat ons eie is.
WAAROM GAAN DIT SO SLEG MET SA?
Andrè vd Berg
Lees meer van hierdie skrywer by Andrè van den Berg
VEREISTES VIR CHRISTELIKE VOLKSLEIERSKAP
"Om vir ‘n vark vlerke aan te sit, maak nie van hom ‘n voël nie. Hy is en bly ‘n vark! "
God is in volle beheer van die wêreld en almal wat dit bewoon: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon” (Ps.24:1). Gevolglik is niks vir Hom verborge nie: “Die HERE is in sy heilige paleis....sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).
Hy seën ‘n volk met goeie leiers en straf hulle met slegtes. Die Bybel bevat talle verhale van die Bondsvolk wat swaar onder slegte konings en voorspoedig onder goeies geleef het. Alhoewel hulle soms bitter swaar gekry het, het God hulle altyd in tye van nood verlos omdat sy genade altyd helderder as sy oordeel skitter.
Omdat alle mag in die hemel en op die aarde aan Hom behoort, is alle aardse gesag afgeleide gesag en is ‘n volksleier nie ‘n baas nie, maar ‘n dienaar van God: “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel” (Rom.13:1).
Ongelowiges kan nooit goeie volksleiers wees nie omdat dit wat vir die Evangelie skadelik is, ook vir ‘n volk skadelik is.
VOORTREKKER-PIONIERS (9)
Dr JP Botha
Lees reeks by Voortrekker-pioniers
Vestiging van die Ohrigstadse gemeenskap (5)
Die Burger-aanhangers in die volksraad en ander persone het sedert Oktober 1845 daarop aangedring dat die grond opnuut weer van Sekwati aangekoop en die transaksie skriftelik bekragtig moes word. Alhoewel Potgieter ongetwyfeld hierin ‘n aanslag op sy persoonlike gesag moes gesien het, het hy tog onderneem om deur middel van ‘n baster, Doris Buis, Sekwati per ossewa te laat haal ten einde die raad se voornemens uit te voer. Buis het onverrigtersake teruggekeer en verklaar dat Sekwati baie agterdogtig was en nie kon insien hoe hy die grond waarvan hy reeds klaar afstand gedoen het weer ‘n tweede keer kon verruil nie.
Die raad het die saak hier tydelik laat berus totdat hulle in Julie 1846 ‘n oplossing gevind het in die koop van ‘n stuk grond "gelegen van Ohrigstad daar noordwaarts tot aan de Olifants Rivier op, en af tot aan de lyn van Delagoabaai, suidwaarts tot aan de Krokodil Rivier, weswaarts tot aan Elandsspruit en tot aan de 26ste graadlyn, oostwaards tot alwaar Krokodil Rivier in Kommatie loop, en tot aan de lyn van Delagoa Baai," van Masous die Swazi-opperhoof, vir die koopsom van 100 beeste.
HOMO- SEKSUALISME (3)
Lees reeks by Homoseksualisme
Ds.André van den Berg
DIE SKRIF ALLEEN!
3.1 Die gesag van die Skrif
Die NG Kerk se poging om homoseksualisme te ontsondig, bring uiteraard die gesag van die Skrif in gedrang. Is die gesag van die Skrif dan nie deurslaggewend nie? Wat van die Hervorming met sy leuse Terug na die Skrif? Waarom luister die NG Kerk dan na ander bronne?
Die grondslag van die Christelike geloof lê in die Bybel en die Bybel alleen. Geen kerk durf iets anders leer as wat die Bybel leer nie. In I Joh.4:1 lees ons: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan….” 2 Joh:10 sluit hierby aan.“As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie” . Die Bybel is ‘n boek wat gesag het. Dis God se kommunikasiemedium met die mens. Dit leer ons om die regte weë te volg en het derhalwe vir gelowiges die finale sê!
As jy dus anders oor homoseksualisme wil dink as wat die Bybel leer, moet jy die Bybel eenkanttoe skuif. Die Bybel moet in sy geheel geglo of in sy geheel gelos word. Jy staan by die Bybel of glad nie; dis die alles-of-niks beginsel! Die Bybel laat geen agterdeur van watter aard vir ‘n gruwel soos homoseksualisme oop nie.
VLOOIVRYE VOS
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ek glo hierdie storie omdat ek ‘n jakkals ken. Moenie dink dat ‘n skaap vir ‘n jakkals net een nut het nie. Sy vindingryke verstand vertel hom dat hy ‘n skaap op ‘n heel vreedsame manier kan gebruik.
Dit werk so: Wanneer ‘n jakkals voel dat die vlooie hom te veel hinder, veral wanneer hy sy teenwoordigheid moet verklap deur te krap, begeef hy hom in die rigting van ‘n kleinerige skaaptroppie, in hierdie stadium nog van agter bossies en klippe. Hy soek dan die ooi uit wat vir hom die makste lyk, liefs een sonder ‘n lam, want lammerooie raak veglustig. Nou begin die toneelspel. Hy hou hom siek. Hy loop baie wankelrig, so vyf tree van agter die bossie uit en gaan lê dan asof hy rus.
DIE ANTICHRIS SE VOETSTAPPE (7)
Lees reeks by Die Antichris se voetstappe
Ds AE vd Berg
VERDEDIGING
1. Strewe
Die EU het na die Kosovo-oorlog (1999) in alle erns met die beplanning van ʼn eie weermag begin. Verskeie EU vredesmagte het reeds suksesvolle vredesendings in Afrika, die Midde-Ooste en die eertydse Oos-blok uitgevoer. Hulle suksesvolle optredes in Afghanistan het ook bewys dat Europa militêr kan saamwerk.
Franco Frattini, Italië se minister van Buitelandse Sake, het in November 2009 in ʼn onderhoud met The Times gesê dat die Verdrag van Lissabon dit vir die EU makliker gemaak het om ʼn eie weermag op die been te bring. Benewens die koste wat gedeel word, sal ʼn gesamentlike weermag Europa gouer verenig. ‘n Lidland sal egter die voortou moet neem waarna die ander sal volg.
Frattini is nie die eerste politikus wat ten gunste van ʼn eie Europese weermag is nie. Angela Merkel, Frank-Walter Steinmeier, Nicolas Sarkozy en John Hutton (Brittanje se verdedigingsekretaris) het ook al hulle stem laat hoor.
HOE SAL HÝ NOU WEET?
KORSIES OP DIE RYGBYVELD (4)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Toe die legendariese Cliff Morgan die eerste keer as losskakel vir Wallis gekies is, ry hy die oggend van sy eerste toets op die openbare bus na die stadion, die ou Cardiff Arms Park. Op die bus hoor hy die mense praat oor die nuwe losskakel, sonder om hom te herken as die vlugvoetige speler wat hulle elke naweek op die veld sien. Hulle bespiegel ondermeer oor sy grootte, ensovoorts.
“Hoe de duiwel gaan hy die mas opkom teen daardie groot spelers?” vra een. “Hy is ellendig kort – net ‘n stompie! Ek wed jou hy weeg nie meer as tien stone nie.”
‘n Ander een reken nee, hy is darem ‘n bietjie swaarder as dit en so raai hulle oor sy gewig.
Skielik draai een van die manne na Cliff en sê: “Jy staan daar en sê niks. Wat dink jý weeg Morgan?”
“Twaalf stone,”antwoord Morgan met oortuiging.
“Ag kaf, man!” kap die man terug.
“Ek sê jou dit is so,” hou Morgan vol.
Hierop draai die kêrel na sy maats en sê: “Glo julle dit? It’s always the same. Them who knows bugger all about it do always argue.”
WIE ORE HET OM TE HOOR...
Soos aangedui op hierdie webwerf sit ons die politieke stryd hier voort op 'n nie-partypolitieke wyse om só kulturele mag vir ons volk te help bewerk sodat hy homself kan handhaaf in die hoop dat dié kulturele mag een of ander tyd in die toekoms sal oorvloei in politieke mag na die hande van ons volk. Daarom plaas ons soms mediaverklarings met aktuele inhoud van ander instansies in die hoop dat dit ons volk se ore sal bereik en hulle aanspoor om die stryd te bly stry.
As Zuma nie wil hoor nie
Dit is tog nodig om te let op Beeld se geklaag oor wat die gevolge kan wees indien Zuma nie vir FW de Klerk hoor nie. “Dan is dit nag vir Suid-Afrika,” sê Beeld.
Die HNP kan vandag die geskiedenis in herinnering roep en Beeld herinner hoe mnr FW de Klerk nie vir wyle mnr Jaap Marais wou hoor nie. Meer nog. Nie mnr John Vorster, nie mnr PW Botha en self nie die KP-koukus wou hoor toe mnr Jaap Marais gewaarsku het nie. Ook Beeld wou nie hoor nie en het van mnr Jaap Marais en die HNP karikature probeer maak toe hulle teen die oorgawe van die NP gewaarsku het.
HOMO- SEKSUALISME (2)
Lees reeks by Homoseksualisme
Ds.André van den Berg
‘n VERDRAAIING VAN DIE WAARHEID
2.1 Anti-Evangelies
Homoseksuele teologie is in wese anti-evangelies omdat dit die Skrif se leer oor sonde asook die wese van die huwelik wil verander. Dis ‘n ander evangelie, dis ‘n geheel ander leer aangaande God se Woord, dis ‘n ander leer aangaande die skepping, dis ‘n ander teologie van die huwelik en helaas ook ‘n ander leer oor sonde!
Sonde word onder die dekmantel van sg teologiese hersiening hersien, herverklaar en ontsondig. Dit plaas ons eie eeue oue teologiese en morele standaarde onmiddellik onder verdenking. Dis uiters onverantwoordelik om teologies so te werk te gaan Ek vra my net die vraag af: Waarom het die apostels, die kerkvaders en al die Reformatore wat tog baie wetenskaplik met die Bybel omgegaan het asook meer as 300 jaar van Gereformeerde teologie nog nooit probleme met die veroordeling van homoseksualisme vanuit die Skrif gehad nie? Waarom nou?
VANDAG WAS HEMELVAARTDAG
Betekenis van Hemelvaartsdag
Met Hemelvaartsdag vier ons in die Christelike geloof dat Jesus uiteindelik na al sy dae op aarde dan op hierdie dag opgevaar het na die hemel. As Christene glo ons ook dat Hy in die Drie-Eenheid hierna steeds oor ons waak en ons beskerm deur die Heilige Gees wat Hy vir ons agtergelaat het. Uit dankbaarheid hieroor het sommige van ons dit soos 'n Sabbat deurgebring deur ons besighede te sluit.
Vir interessantheid: in Nederland word hierdie dag getrou gevier deur die Christelijke Arbeidersbeweging.
Meer interessant: In 1891 is 'n afdwingende brief vir die viering van hiérdie dag afgekondig deur die pous - nogal, bid jou aan!
Intussen gaan ons as bekeerdes in Jesus Christus voort om ons dankbaarheid te betoon deur in die gereformeerde kerke vanaf Maandag 6 Junie tot Vrydag die 10e aan 'n reeks pinksterdienste deel te hê en dan op Sondag die 12e met Nagmaal die heilige seremonie in dankbaarheid vir wat ons Verlosser vir ons gedoen het, saam te vier.
Mag elkeen wat hier lees in die Naam van ons Heilige Drie-enige God in hierdie tyd geseënd en begenadigd wees – aan HOM al die EER!