Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
...die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
Daarom treur die land, en alles wat daarop woon kwyn weg; die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om – Hoséa 4.
AFRIKAANSE TAALKWESSIES (3)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Afrikaanse Taalkwessies
In hierdie aflewering behandel ons 'n paar voorbeelde uit die talle kwessies waar verwarring bestaan oor 'n woord of 'n uitdrukking wat dalk reg klink maar verkeerdelik gebruik word; en hoe dit wel gebruik moet word:
Aansit x voorgee:
Jy kan kan by die tafel gaan aansit, maar jy kan nie aansit deur voor te gee dat jy siek is nie – jy gee voor dat jy siek is.
Aanstootlik x afstootlik:
Die afstootlike = walglike- vent, gee 'n mens groot aanstoot =ergerniswekkend.
Aantal x getal:
'n Groot aantal mense is vermoor = jy weet nie presies hoeveel nie; die getal van 60 mense word per dag in die Nuwe Suid-Afrika vermoor = jy weet hoeveel.
SA TERRORISTE- BEWEGINGS (2)
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
Jeanette Koekemoer
"Dit was die buitelandse opleiding wat PAC-terroriste moes ontvang. Nadat die PAC besef het dat hulle slegs sukses kon behaal indien hulle leër goed opgelei is en opstand en geweld binnelands kon loods, het dit tot gevolg gehad dat lede landuit gestuur is om opleiding in verskeie lande te ontvang. Van die lande was onder andere Libië en Rooi China."
Alle terroristebewegings in Suid-Afrika was verbode omdat hulle strewe na bloedvergieting en omverwerping van wet en orde nie in 'n land waar beskaafde Blankes wou oorleef geduld kon word nie. Nadat De Klerk Mandela sonder 'n mandaat van die kiesers in 1992 met valse beloftes en op aandrang van die internasionale geldmag uit die tronk gehaal het, is hulle almal ontban en nou op een of ander vlak aan't stuur van hierdie voormalige Eerstewêreldland.
Die Pan African Congress (PAC), het ontstaan as gevolg van tweespalt in die geledere van die ANC. Die wrywing in die ANC het veral gedurende 1943 toe die ANC veelrassig geword het ontwikkel - geswore kommuniste soos Joe Slovo en ander was nie 'Swart' genoeg nie. Die spanning is verhoog met aanvaarding van die Freedom Charter in 1955, die 'Vryheidsmanifes' wat met kommunistiese hulp, heelwat van hulle nie Swart nie, opgestel is. Dit was vir die ontevredenes, die Swart nasionaliste, geheel en al onaanvaarbaar en hulle het toe van die ANC af weggebreek. Op 4-6 April 1956 het hierdie 'Africanists' 'n konferensie gehou waartydens die PAC gestig is.
BYBELVERTALING
Lees reeks by: DIE BYBEL
DIE BYBEL (7)
Die Bybel is vroeg reeds vertaal
Solank mense die Bybel in hulle eie taal wil lees, sal Bybelvertalings gedoen word. Toe die Jode nie meer Hebreeus kon lees nie, is die Hebreeuse Bybel drie eeue vC reeds in Grieks (die Septuagint) vertaal sodat hulle dit maklik kon lees.
In die vroeë kerk is die Bybel vinnig in’n verskeidenheid tale vertaal. Toe die kerk in Rome die godsdiens in die Weste begin domineer het, is die Bybel in Latyn vertaal. Daar is reeds in 150 nC met Latynse vertalings begin. In die vierde eeu is daar ‘n formele Latynse vertaling gedoen. Dié vertaling is die Vulgaat genoem en was die hoofvertaling wat tot met die Hervorming in die Westerse kerk gebruik is.
In ongeveer 160 nC is daar met ‘n Siriese vertaling begin en teen die einde van die eeu was daar ook ‘n Koptiese vertaling. Baie ander tale het vinnig gevolg.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (1)
INLEIDING TOT ARTIKELREEKS
Die hoofkarakter in hierdie artikels is "Die Burger', die koerant wat in die dertigerjare deur sommige bestempel is as "die siel van ons volk", en deur ander gesien is as die "smerige leuenaar van Keeromstraat.'" Laasgenoemde het gekom van genl Hertzog wat daarmee bedoel het die "ondermynende" bondgenootskap, gesetel in Keeromstraat, Kaapstad, van die Nasionale Pers en die Kaaplandse Nasionale Party. Om die 'booswigte' by naam te noem, dr DF Malan, maar veral en bowenal dr Albertus Geyer, "Ysterman", redakteur van Die Burger, en hul geesgenote in Pers en Party. (Met Die Volksblad van Bloemfontein, half onseker, in een kraal. ) Die "kliek" se sonde in die oë van genl Hertzog: hulle het sy en genl Smuts se planne gedwarsboom om van Afrikaans- en Engelssprekendes één, verenigde 'volk' te maak.
In hierdie aflewerings volg die verhaal van drie van die stormagtigste jare in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, 'n verhaal van broedertwis soos die Afrikanervolk nie weer beleef het voor in die 21e eeu nie, die politieke geskiedenis van 1932 tot 1934. In 1932 was die Nasionale Party onder Hertzog nog stewig in die saal. Maar met droogte, armblanke-werkloosheid en finansiële onrus net so erg soos in 2011, en natuurlik met Tielman Roos... kom koalisie toe in 1933; en samesmelting van die NP en die SAP in 1934.
ANC GAAN TERRORISME VOORTSIT
Na aanleiding van die artikel op hierdie webblad oor die ANC as terroriste-organisasie, SA TERRORISTEBEWEGINGS (1), plaas ons hierdie berig van Die Burger die afgelope Saterdag, 12 Maart 2011 waaruit dit blyk dat die ANC Jeugliga hulself nou ernstig voorberei met gespesialiseerde militêre opleiding deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) om voorts te doen wat terroriste doen, naamlik terreur in Suid-Afrika te pleeg, en daardie bloedbad wat in 1963 voorkom is toe derduisende bomme, landmyne en handgranate gekonfiskeer is, voort te sit. Destyds het hierdie opleiding net buite ons landsgrense plaasgevind want hulle was 'n verbode organisasie maar noudat die terroriste baas van die land is doen hulle dit sommer openlik by geskikte sentrums in die land. Diegene wat glo dat die ANC hierdie agenda van die baan geskuif het is naïef.
Die verslaggewer, Pieter Steyn, skryf die afgelope naweek in Die Burger:
DIE vrees bestaan dat “ANC-jeugligalede” in die Vrystaat opgelei word om ’n militêre burgermag (“militia”) in die provinsie te vorm.
SA TERRORISTE- BEWEGINGS (1)
DIE ANC
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
Jeanette Koekemoer
"Hierdie operasie sou Suid-Afrika met geweld omverwerp met die 210 000 tuisgemaakte handgranate, 48 000 tuisgemaakte landmyne en 1 500 tydbomme. Tussen 'n kwart en 'n halfmiljoen mense sou op hierdie wyse uitgewis kon word, en buitelandse ondersteuning het gereedgestaan om verder in te gryp tot hulp vir die ANC."
Terrorisme word nie slegs as 'n politieke vraagstuk beskou nie maar ook as 'n misdaad wat die hele samelewing nadelig beïnvloed. Terrorisme was nog altyd bloedige, gewetenlose moord en misdaad teen onskuldige slagoffers, soos die burgers van Suid-Afrika maar alte goed uit ondervinding weet, want enige bevolking met nasionalistiese 'neigings' is 'n teiken vir terrorisme. Hiervan kan Suid-Afrikaners getuig in die jare voordat ons hierdie land aan die terroriste persent gegee het.
In Suid-Afrika, voordat Swart terroriste baas van ons land geword het, was daar drie verbode organisasises wat deur middel van terreur gepoog het om die Blanke regering omver te werp. By name was hulle die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) in samewerking met die African National Congress (ANC), en die Pan African Congress (PAC), die drie gevaargroepe waarvoor alle Blankes in Suid-Afrika gevrees het. Behalwe dié drie organisasies was daar ook die South African Congress of Trade Unions (SACTU), wat die arbeidersvleuel van die ANC verteenwoordig het, en Umkhonto We Sizwe, wat die militêre vleuel van die ANC en SAKP as gesamentlike front verteenwoordig het.
WATTER AFRIKAANSE TAAL NOU EINTLIK?
GLO DIT AS JY WIL !
Dr JP Botha
Dit het gister, Vrydag 11 Maart 2011 in ‘n voorstad van Pretoria gebeur. Ons het ‘n winkel binnegestap met ‘n pakkie koeverte wat daar gekoop is, maar omdat dit te klein vir die doel was wou ons dit graag vir groteres omruil. Ons vra toe vir die verkoopsdame of sy asseblief met die bestuurder kan praat, en kry ‘n mooi, vriendelike antwoord dat die bestuurder nie in die winkel is nie, maar ons kan, as sy wil, met die manager praat. “Maar,” vra ons, “het julle dan hier twee bestuurders? Manager in Afrikaans is mos bestuurder.”
Maar die vriendelike verkoopsdame antwoord: “Nee, die bestuurder is die eienaar van hierdie winkel en hy is nie vandag hier nie, maar ek sal u na die manager toe vat, dan kan u met hom praat.”
Hieroor kan mens net lag met ‘n traan. Watter taal praat ons Afrikaners deesdae? Waar leer hulle dit?
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (5)
Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA
DIE DOOD VAN STEVE BIKO
Om die ontbyttafel in 'n Port Elizabethse hotel het Van den Bergh en sy twee agente gehoor hoe 'n radio-omroeper luisteraars by die eerste nuusbulletin op 6 September verwelkom.
"Ek moes geweet het!" het Sharp gesê en na die lang man gekyk.
"Wat?"
"Dat jy alles met 'n doel doen."
"Wat wil jy eintlik sê?" het die ander agent gevra.
"Dis nie toevallig dat ons juis vandag in Port Elizabeth is nie."
"Ek is bly jy begin leer," het Van den Bergh met een van sy seldsame glimlagge gesê.
Sharp het onthou 6 September was die herdenking van die sluipmoord op dr Verwoerd. Van den Bergh het sy datums met sorg gekies.
In die parkeerterrein van die Sanlam-gebou in Port Elizabeth het Snyman die drie mans ingewag. Die twee groot agente van Pretoria het onderlangs gebrom, maar nie hul name gegee nie. Snyman het op 'n haar soos Rudolf Hess, een van Hitler se adjudante, gelyk. Snyman het gesien die twee mans het skouersakke gedra en geweet dit bevat hul toerusting.
SENATORIALE HUMOR
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
DIE JOODSE BEES EN DIE CHRISTELIKE BEES
As jy parlementêre ligsinnigheid begeer moet jy dit by die jongelinge van die Volksraad gaan soek. In die Senaat natuurlik heers daar stilte en kalme waardigheid. Nou en dan, eenmaal in drie jaar of so word twee oues aan weerskante van die Huis onstuimig teen mekaar, en dan sien jy daar is smorende kole wat nog kan gloei. Selfs flikker daar by uitsondering deur die sombere skemer 'n vlammetjie van 'n grap.
ONTWIKKELING VAN DIE TAALBOND-1910
Ons het op hierdie blad in die regterkolom onder Kultuurdagboek vandag kortliks melding gemaak van die Taalbond se jaarverslag. So ietsie meer oor die ontwikkeling van die Taalbond.
Die pogings wat gedurende die eerste dekade van hierdie eeu aangewend is om Afrikaans te handhaaf en verder uit te bou, word duidelik weerspieël in die jaarverslag van die Taalbond se sekretaris wat gepubliseer is in De Zuid-Afrikaan van 11 Maart 1910. In die jaarverslag is besondere hulde gebring aan die nagedagtenis van JH Hofmeyr wat gedurende sy lewe van groot betekenis vir die Taalbond was. Om dit in permanente herinnering te roep is besluit om 'n bydrae tot die "Hofmeyr Gedenkteken Fonds" te maak, terwyl die vier eerste pryse van die vier Taalbondeksamens mettertyd ook as die Onze Jan Taalbondpryse bekend sou staan.
Dit is opvallend hoe die groeiende taalgevoel onder Afrikaners ook uitgekristalliseer het in groter deelname in die aktiwiteite van die Taalbond.
TWEE JUWEELTJIES
Die digter, Leipoldt, was hartstogtelik lief vir die natuur. Die klein dingetjies daarin het in sy gedigte net soveel aandag gekry as die grotes. As ek die volgende pragtige gediggie lees, kry ek sommer respek vir die veragtelike huisvlieg!
VLIEGIE
Vliegie, vliegie, fluister
As jy vlieg vir my;
Waar was jy eergister
Waarvandaan kom jy?
Boetie sê jy lewe
Net maar vir ‘n dag
Vliegie, vliegie, fluister -
Waar was jy vannag?
DIE BOERKOMMANDO
ONS BOEREVOLK DESTYDS (SLOT)
Ons het nou by die slothoofstuk gekom van die baie interessante boek oor ons voorvaders se doen en late, deur B Spoelstra, waarin hy vertel hoe hulle hul militêre sake behartig het.
Ons weet dat ons ou Voortrekkers en die eerste geslag na hulle baie oorlog moes voer om die land vir ons bewoonbaar te maak. Hulle het geen staande mag aangehou nie, want dit sou te duur gewees het en hulle het gewoonlik ook nie maande lank tyd gehad om hulle voor te berei nie. Soms moes hulle magte strydvaardig wees in minder as ‘n dag. En dan het dit voorgekom asof die uitstekend georganiseerde magte van Europa nie so gou gereed kon wees as ons ou Boere nie.
As die Boeremag bymekaar moes kom, kry die een of ander man ‘n kommandeerbrief van die veldkornet om die burgers aan te sê om binne ‘n aantal ure met perd, saal en toom, met geweer en skietgoed en kos vir agt dae, op ‘n bepaalde plek hulle verskyning te maak om nader bevele te ontvang.
HOE MOET ONS DIE BYBEL LEES?
DIE BYBEL (6)
Lees reeks by: DIE BYBEL
Die Bybel is ‘n onuitputlike bron van inligting vir elke gelowige. Hoe meer jy dit bestudeer hoe beter. ‘n Belangrike manier om die Bybel te lees is om dieper te delf. Die eerste dele van die Ou Testament is 3 500 jaar gelede geskryf. Die Nuwe Testament is sowat 2 000 jaar gelede geskryf. Die boeke is in ander omstandighede deur mense uit ‘n ander kultuur in vreemde tale geskryf. Dit maak dit moeilik. Daar word byvoorbeeld ‘n teks opgegrawe waarop daar - vir jou - ‘n vreemde inskripsie staan. Iemand sê hy kan dit lees; daar staan: “Maak al die bloedsuiers dood.” Ons het ‘n goeie vertaling nodig, want as die vertaler “bloedsuiers” verkeerd vertaal het en dit eintlik “vlieë” moes gewees het, is ons heeltemal op die verkeerde spoor. Wat ons uit die Bybel gaan haal, hang baie af van die vertaling. Daarom is dit beter om by Bybelstudie altyd meer as een vertaling te gebruik, want dit toon dikwels vir jou dat daar verskillende moontlikhede is om daardie spesifieke teks te vertaal.
Woordeboeke, konkordansies en kommentare
Wat moet ons nou met hierdie teks maak? Moet ons al die bloedsuiers gaan soek en hulle doodmaak? Wat is ‘n bloedsuier? Die woordeboek sê dis ‘n gogga wat aan ‘n mens kom vassit en jou bloed uitsuig. Maar dit verwys ook na ‘n mens wat ander mense finansieel of geestelik “uitsuig”.
NOOD LEER BID
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Klein Jannie se ma het die oggend baie probleme met hom in die kerk. Hy is onhebbelik stout. Sy het absoluut niks van die diens nie want hy sit langs haar in die bank nooit ‘n oomblik stil nie. Hy skuif voortdurend rond en dit voel of hy haar aandag moedswillig aftrek en alle oë gerig is op haar en haar stout seuntjie hier in die voorste bank van die kerk. Sy het hom meer as een keer teruggedruk in sy sitplek maar toe sy dit nie meer kon hou nie, gryp sy hom aan die een hand en begin hom tussen die banke deur na buite te sleepdra. Sover as wat hulle gaan, probeer hy aan die bankleunings vasklou en pleit benoud by elke gemeentelid waar hulle verbygaan: “O, bid tog asseblief vir my, ag, bid asseblief vir my!”
Die volgende oomblik weerkink harde tuggeluide van buite af deur die hele kerk en menige jammerhartige prewel: “Ag siestog!”
ELIA EN ELISA (1)
MANNE VAN GOD
Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA
Dr JP Botha
Elia, die eerste van die groot profete in die Ou Testament, wat op bevel van die Here die volk moes waarsku om nie die afgodediens van koning Agab na te volg nie, was 'n man van die veld, wat die eensaamheid en die stilte in die natuur tussen die berge liefgehad het. Daar het hy in sy afsondering sy krag geput uit sy daaglikse gemeenskap met God, waar hy tuis was tussen die bleek heuwels en die eensame berge.
Hy het feitlik 'n asketiese lewe gevoer, weg van die gedrang van mense in die stede, maar hy het nooit gehuiwer om onverskrokke voor die massas en die vyandige koning te staan en die Woord van die Here te verkondig nie.
Elisa, die tweede van die groot profete van die Here, was nie soos sy voorganger 'n alleenloper nie, of 'n seun van die woestyn nie, maar het op 'n vreedsame plaas in die Jordaanvallei grootgeword.
DOMINEE KORT HULP
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Sy en haar kleuterseuntjie Pieter neem hulle sitplekke in die pastoriebank in en wag dat die erediens moet begin. Die kerkraad neem hul plekke in en haar man, die leraar, vertoef ‘n oomblik met geboë hoof onder die kansel, voordat hy die trappe na die preekstoel bestyg. Die erediens begin.
Na die preek vra Pietie vir haar: “Mammie, waarom staan Pappa altyd eers ‘n rukkie onder die preekstoel voordat hy met die trappies opklim?”
“Hy bid, my kind.”
“Wat bid hy?”
“Hy bid dat Jesus hom moet help om mooi te preek.”
“Waarom help Jesus hom dan nie?”
BLOEDTRANE UIT DIE GEHEUE...
Digter onbekend, maar in siel blootgelê oor waar hy was, en waar hy graag wou wees:
As die soeklig van die wagskip
op my tent skyn in die nag
peins ek droef oor huis en makkers,
en die speeltyd van weleer –
skyn daar op die tentdoek beelde
wat my dinke t'rugvoer ver na
ruiend veld in sonneweelde,
waar eenmaal só mooi gestaan het
die ou haardstee, die ou tuiste...
en dan breek daar, of't 'n hart is,
snikkend deur my sielepyn –
as die soeklig van die wagskip
in die naguur op my tentdoek skyn!
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (5)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
TAALVERPLASING BY VOLWASSENES
Dr JC Steyn
Taalverplasing by 'n nuwe geslag kan makliker of moeiliker gemaak word deur die houding en gedrag van die ouers en ander ouer mense. Dit is dus belangrik om te weet onder watter omstandighede ouer lede van die taalgemeenskap self 'n taalverplasing (sy dit miskien 'n onvolledige verplasing) ondergaan en wat dit is wat hulle geneë maak dat hul kinders en ander se kinders die ander taal aanneem.
'N TONG-IN-DIE-KIES-WAARHEID?
DIE DUIWEL IN DIE KERK
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hy was ‘n bedrywige handelsreisiger wat vir die naweek spesiaal tuisgekom het met die aangename vooruitsig om in die gemeenskapsaal van die voorstad waar hy tuis was, ‘n gemaskerde bal by te woon, wat deur sy firma aan sy personeel en werkers aangebied word. Hy het uitgesien daarna en besluit dat hy dit in die mondering van die duiwel sal bywoon.
Daardie middag het hy hom geklee in die toerusting wat hy aangeskaf het, kompleet met twee bokhorinkies en die stert met ‘n weerhaak. Toe hy in die spieël kyk, het hy geskrik, want Satan het hom met ‘n dreigende grynslag begroet.
DIE TORING VAN BABEL
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
Soos sagmoedige Neelsie destyds gesê het: in die goeie tyd kan ons sonder 'n glimlag klaarkom; laat ons hom dan nou in die swaar tyd soek, anders gaan ons van bedruktheid dood. Maar ook nou is ons swaarste swaar maar net die swaar van ons ondankbaarheid want ons sit nog met dik snye gebotterde brood en huil oor koek, het hy bygevoeg. Laat ons dan sny vir sny van die brood met sy kwinkslae wat net Langenhoven ons kan bied in hierdie reeks met dankbaarheid afglimlag ...
DIE TORING VAN BABEL
"Maar selfs Paul Sauer kan nie 'n horlosie so stel dat hy tegelyk voor-loop en agter-loop nie; en al sê die Sappe die verskil tussen die regterhand en die linkerhand is 'n bloot professorale teorie, dan nog kos dit my die verwarring van 'n droom om 'n oorlog aan albei kante deur te sien, al is dit in die belang van Suid-Afrika en veral van die boere..."
Terwyl ek van tyd praat, een tyd en die ander tyd, val dit my by dat ek reeds, ek onthou nie waar nie, opgemerk het dat 'n man meer hoogmoedig is op die liefhebbery, waar hy 'n knoeier is, as op sy ambag waarvan hy meester is.