Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen land het al ooit ‘n mens beroemd gemaak nie. Mense maak eerder ‘n land beroemd. Daarom is die geskiedenis van die mensdom onder andere ook die lewensbeskrywing van eerbare leiers wie se volksliefde vir knoeiers en verraaiers ‘n verleentheid was.
SA TERRORISTE- BEWEGINGS (1)
DIE ANC
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
Jeanette Koekemoer
"Hierdie operasie sou Suid-Afrika met geweld omverwerp met die 210 000 tuisgemaakte handgranate, 48 000 tuisgemaakte landmyne en 1 500 tydbomme. Tussen 'n kwart en 'n halfmiljoen mense sou op hierdie wyse uitgewis kon word, en buitelandse ondersteuning het gereedgestaan om verder in te gryp tot hulp vir die ANC."
Terrorisme word nie slegs as 'n politieke vraagstuk beskou nie maar ook as 'n misdaad wat die hele samelewing nadelig beïnvloed. Terrorisme was nog altyd bloedige, gewetenlose moord en misdaad teen onskuldige slagoffers, soos die burgers van Suid-Afrika maar alte goed uit ondervinding weet, want enige bevolking met nasionalistiese 'neigings' is 'n teiken vir terrorisme. Hiervan kan Suid-Afrikaners getuig in die jare voordat ons hierdie land aan die terroriste persent gegee het.
In Suid-Afrika, voordat Swart terroriste baas van ons land geword het, was daar drie verbode organisasises wat deur middel van terreur gepoog het om die Blanke regering omver te werp. By name was hulle die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) in samewerking met die African National Congress (ANC), en die Pan African Congress (PAC), die drie gevaargroepe waarvoor alle Blankes in Suid-Afrika gevrees het. Behalwe dié drie organisasies was daar ook die South African Congress of Trade Unions (SACTU), wat die arbeidersvleuel van die ANC verteenwoordig het, en Umkhonto We Sizwe, wat die militêre vleuel van die ANC en SAKP as gesamentlike front verteenwoordig het.
WATTER AFRIKAANSE TAAL NOU EINTLIK?
GLO DIT AS JY WIL !
Dr JP Botha
Dit het gister, Vrydag 11 Maart 2011 in ‘n voorstad van Pretoria gebeur. Ons het ‘n winkel binnegestap met ‘n pakkie koeverte wat daar gekoop is, maar omdat dit te klein vir die doel was wou ons dit graag vir groteres omruil. Ons vra toe vir die verkoopsdame of sy asseblief met die bestuurder kan praat, en kry ‘n mooi, vriendelike antwoord dat die bestuurder nie in die winkel is nie, maar ons kan, as sy wil, met die manager praat. “Maar,” vra ons, “het julle dan hier twee bestuurders? Manager in Afrikaans is mos bestuurder.”
Maar die vriendelike verkoopsdame antwoord: “Nee, die bestuurder is die eienaar van hierdie winkel en hy is nie vandag hier nie, maar ek sal u na die manager toe vat, dan kan u met hom praat.”
Hieroor kan mens net lag met ‘n traan. Watter taal praat ons Afrikaners deesdae? Waar leer hulle dit?
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (5)
Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA
DIE DOOD VAN STEVE BIKO
Om die ontbyttafel in 'n Port Elizabethse hotel het Van den Bergh en sy twee agente gehoor hoe 'n radio-omroeper luisteraars by die eerste nuusbulletin op 6 September verwelkom.
"Ek moes geweet het!" het Sharp gesê en na die lang man gekyk.
"Wat?"
"Dat jy alles met 'n doel doen."
"Wat wil jy eintlik sê?" het die ander agent gevra.
"Dis nie toevallig dat ons juis vandag in Port Elizabeth is nie."
"Ek is bly jy begin leer," het Van den Bergh met een van sy seldsame glimlagge gesê.
Sharp het onthou 6 September was die herdenking van die sluipmoord op dr Verwoerd. Van den Bergh het sy datums met sorg gekies.
In die parkeerterrein van die Sanlam-gebou in Port Elizabeth het Snyman die drie mans ingewag. Die twee groot agente van Pretoria het onderlangs gebrom, maar nie hul name gegee nie. Snyman het op 'n haar soos Rudolf Hess, een van Hitler se adjudante, gelyk. Snyman het gesien die twee mans het skouersakke gedra en geweet dit bevat hul toerusting.
SENATORIALE HUMOR
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
DIE JOODSE BEES EN DIE CHRISTELIKE BEES
As jy parlementêre ligsinnigheid begeer moet jy dit by die jongelinge van die Volksraad gaan soek. In die Senaat natuurlik heers daar stilte en kalme waardigheid. Nou en dan, eenmaal in drie jaar of so word twee oues aan weerskante van die Huis onstuimig teen mekaar, en dan sien jy daar is smorende kole wat nog kan gloei. Selfs flikker daar by uitsondering deur die sombere skemer 'n vlammetjie van 'n grap.
ONTWIKKELING VAN DIE TAALBOND-1910
Ons het op hierdie blad in die regterkolom onder Kultuurdagboek vandag kortliks melding gemaak van die Taalbond se jaarverslag. So ietsie meer oor die ontwikkeling van die Taalbond.
Die pogings wat gedurende die eerste dekade van hierdie eeu aangewend is om Afrikaans te handhaaf en verder uit te bou, word duidelik weerspieël in die jaarverslag van die Taalbond se sekretaris wat gepubliseer is in De Zuid-Afrikaan van 11 Maart 1910. In die jaarverslag is besondere hulde gebring aan die nagedagtenis van JH Hofmeyr wat gedurende sy lewe van groot betekenis vir die Taalbond was. Om dit in permanente herinnering te roep is besluit om 'n bydrae tot die "Hofmeyr Gedenkteken Fonds" te maak, terwyl die vier eerste pryse van die vier Taalbondeksamens mettertyd ook as die Onze Jan Taalbondpryse bekend sou staan.
Dit is opvallend hoe die groeiende taalgevoel onder Afrikaners ook uitgekristalliseer het in groter deelname in die aktiwiteite van die Taalbond.
TWEE JUWEELTJIES
Die digter, Leipoldt, was hartstogtelik lief vir die natuur. Die klein dingetjies daarin het in sy gedigte net soveel aandag gekry as die grotes. As ek die volgende pragtige gediggie lees, kry ek sommer respek vir die veragtelike huisvlieg!
VLIEGIE
Vliegie, vliegie, fluister
As jy vlieg vir my;
Waar was jy eergister
Waarvandaan kom jy?
Boetie sê jy lewe
Net maar vir ‘n dag
Vliegie, vliegie, fluister -
Waar was jy vannag?
DIE BOERKOMMANDO
ONS BOEREVOLK DESTYDS (SLOT)
Ons het nou by die slothoofstuk gekom van die baie interessante boek oor ons voorvaders se doen en late, deur B Spoelstra, waarin hy vertel hoe hulle hul militêre sake behartig het.
Ons weet dat ons ou Voortrekkers en die eerste geslag na hulle baie oorlog moes voer om die land vir ons bewoonbaar te maak. Hulle het geen staande mag aangehou nie, want dit sou te duur gewees het en hulle het gewoonlik ook nie maande lank tyd gehad om hulle voor te berei nie. Soms moes hulle magte strydvaardig wees in minder as ‘n dag. En dan het dit voorgekom asof die uitstekend georganiseerde magte van Europa nie so gou gereed kon wees as ons ou Boere nie.
As die Boeremag bymekaar moes kom, kry die een of ander man ‘n kommandeerbrief van die veldkornet om die burgers aan te sê om binne ‘n aantal ure met perd, saal en toom, met geweer en skietgoed en kos vir agt dae, op ‘n bepaalde plek hulle verskyning te maak om nader bevele te ontvang.
HOE MOET ONS DIE BYBEL LEES?
DIE BYBEL (6)
Lees reeks by: DIE BYBEL
Die Bybel is ‘n onuitputlike bron van inligting vir elke gelowige. Hoe meer jy dit bestudeer hoe beter. ‘n Belangrike manier om die Bybel te lees is om dieper te delf. Die eerste dele van die Ou Testament is 3 500 jaar gelede geskryf. Die Nuwe Testament is sowat 2 000 jaar gelede geskryf. Die boeke is in ander omstandighede deur mense uit ‘n ander kultuur in vreemde tale geskryf. Dit maak dit moeilik. Daar word byvoorbeeld ‘n teks opgegrawe waarop daar - vir jou - ‘n vreemde inskripsie staan. Iemand sê hy kan dit lees; daar staan: “Maak al die bloedsuiers dood.” Ons het ‘n goeie vertaling nodig, want as die vertaler “bloedsuiers” verkeerd vertaal het en dit eintlik “vlieë” moes gewees het, is ons heeltemal op die verkeerde spoor. Wat ons uit die Bybel gaan haal, hang baie af van die vertaling. Daarom is dit beter om by Bybelstudie altyd meer as een vertaling te gebruik, want dit toon dikwels vir jou dat daar verskillende moontlikhede is om daardie spesifieke teks te vertaal.
Woordeboeke, konkordansies en kommentare
Wat moet ons nou met hierdie teks maak? Moet ons al die bloedsuiers gaan soek en hulle doodmaak? Wat is ‘n bloedsuier? Die woordeboek sê dis ‘n gogga wat aan ‘n mens kom vassit en jou bloed uitsuig. Maar dit verwys ook na ‘n mens wat ander mense finansieel of geestelik “uitsuig”.
NOOD LEER BID
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Klein Jannie se ma het die oggend baie probleme met hom in die kerk. Hy is onhebbelik stout. Sy het absoluut niks van die diens nie want hy sit langs haar in die bank nooit ‘n oomblik stil nie. Hy skuif voortdurend rond en dit voel of hy haar aandag moedswillig aftrek en alle oë gerig is op haar en haar stout seuntjie hier in die voorste bank van die kerk. Sy het hom meer as een keer teruggedruk in sy sitplek maar toe sy dit nie meer kon hou nie, gryp sy hom aan die een hand en begin hom tussen die banke deur na buite te sleepdra. Sover as wat hulle gaan, probeer hy aan die bankleunings vasklou en pleit benoud by elke gemeentelid waar hulle verbygaan: “O, bid tog asseblief vir my, ag, bid asseblief vir my!”
Die volgende oomblik weerkink harde tuggeluide van buite af deur die hele kerk en menige jammerhartige prewel: “Ag siestog!”
ELIA EN ELISA (1)
MANNE VAN GOD
Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA
Dr JP Botha
Elia, die eerste van die groot profete in die Ou Testament, wat op bevel van die Here die volk moes waarsku om nie die afgodediens van koning Agab na te volg nie, was 'n man van die veld, wat die eensaamheid en die stilte in die natuur tussen die berge liefgehad het. Daar het hy in sy afsondering sy krag geput uit sy daaglikse gemeenskap met God, waar hy tuis was tussen die bleek heuwels en die eensame berge.
Hy het feitlik 'n asketiese lewe gevoer, weg van die gedrang van mense in die stede, maar hy het nooit gehuiwer om onverskrokke voor die massas en die vyandige koning te staan en die Woord van die Here te verkondig nie.
Elisa, die tweede van die groot profete van die Here, was nie soos sy voorganger 'n alleenloper nie, of 'n seun van die woestyn nie, maar het op 'n vreedsame plaas in die Jordaanvallei grootgeword.
DOMINEE KORT HULP
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Sy en haar kleuterseuntjie Pieter neem hulle sitplekke in die pastoriebank in en wag dat die erediens moet begin. Die kerkraad neem hul plekke in en haar man, die leraar, vertoef ‘n oomblik met geboë hoof onder die kansel, voordat hy die trappe na die preekstoel bestyg. Die erediens begin.
Na die preek vra Pietie vir haar: “Mammie, waarom staan Pappa altyd eers ‘n rukkie onder die preekstoel voordat hy met die trappies opklim?”
“Hy bid, my kind.”
“Wat bid hy?”
“Hy bid dat Jesus hom moet help om mooi te preek.”
“Waarom help Jesus hom dan nie?”
BLOEDTRANE UIT DIE GEHEUE...
Digter onbekend, maar in siel blootgelê oor waar hy was, en waar hy graag wou wees:
As die soeklig van die wagskip
op my tent skyn in die nag
peins ek droef oor huis en makkers,
en die speeltyd van weleer –
skyn daar op die tentdoek beelde
wat my dinke t'rugvoer ver na
ruiend veld in sonneweelde,
waar eenmaal só mooi gestaan het
die ou haardstee, die ou tuiste...
en dan breek daar, of't 'n hart is,
snikkend deur my sielepyn –
as die soeklig van die wagskip
in die naguur op my tentdoek skyn!
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (5)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
TAALVERPLASING BY VOLWASSENES
Dr JC Steyn
Taalverplasing by 'n nuwe geslag kan makliker of moeiliker gemaak word deur die houding en gedrag van die ouers en ander ouer mense. Dit is dus belangrik om te weet onder watter omstandighede ouer lede van die taalgemeenskap self 'n taalverplasing (sy dit miskien 'n onvolledige verplasing) ondergaan en wat dit is wat hulle geneë maak dat hul kinders en ander se kinders die ander taal aanneem.
'N TONG-IN-DIE-KIES-WAARHEID?
DIE DUIWEL IN DIE KERK
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Hy was ‘n bedrywige handelsreisiger wat vir die naweek spesiaal tuisgekom het met die aangename vooruitsig om in die gemeenskapsaal van die voorstad waar hy tuis was, ‘n gemaskerde bal by te woon, wat deur sy firma aan sy personeel en werkers aangebied word. Hy het uitgesien daarna en besluit dat hy dit in die mondering van die duiwel sal bywoon.
Daardie middag het hy hom geklee in die toerusting wat hy aangeskaf het, kompleet met twee bokhorinkies en die stert met ‘n weerhaak. Toe hy in die spieël kyk, het hy geskrik, want Satan het hom met ‘n dreigende grynslag begroet.
DIE TORING VAN BABEL
Lees reeks by Aan Stille Waters - Langenhoven
Soos sagmoedige Neelsie destyds gesê het: in die goeie tyd kan ons sonder 'n glimlag klaarkom; laat ons hom dan nou in die swaar tyd soek, anders gaan ons van bedruktheid dood. Maar ook nou is ons swaarste swaar maar net die swaar van ons ondankbaarheid want ons sit nog met dik snye gebotterde brood en huil oor koek, het hy bygevoeg. Laat ons dan sny vir sny van die brood met sy kwinkslae wat net Langenhoven ons kan bied in hierdie reeks met dankbaarheid afglimlag ...
DIE TORING VAN BABEL
"Maar selfs Paul Sauer kan nie 'n horlosie so stel dat hy tegelyk voor-loop en agter-loop nie; en al sê die Sappe die verskil tussen die regterhand en die linkerhand is 'n bloot professorale teorie, dan nog kos dit my die verwarring van 'n droom om 'n oorlog aan albei kante deur te sien, al is dit in die belang van Suid-Afrika en veral van die boere..."
Terwyl ek van tyd praat, een tyd en die ander tyd, val dit my by dat ek reeds, ek onthou nie waar nie, opgemerk het dat 'n man meer hoogmoedig is op die liefhebbery, waar hy 'n knoeier is, as op sy ambag waarvan hy meester is.
DRIE SUSTERS VAN DIE KAROO
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dolf van Niekerk
Ek ken hulle nie in die middag nie; ek ken hulle nie wanneer dit reën of in die nag nie – ek ken hulle nie in die fel sonlig wanneer die Karoo rittel en bewe van die hitte nie. Ek ken die Drie Susters net in die môre; kan jou vertel wat hulle doen terwyl die dag breek.
Ek het uit die Suide gekom: 'n dagbreek tevore weggespring, vóór Tafelberg sy nagkabaai afgegooi het, terwyl die oggendnewel oor Tafelberg se liggies soos gaas hang en die skelette van bote die gedagtes verskeep in die ruim van 'n spookskip wat ewig rusteloos sonder rus vaar en oppyl en oor die waterhorison verskiet.
Uit dié Kaap het ek noordwaarts gedraai sodat ek na baie omswerwinge die susters kon ontmoet. Want hulle is glo altyd tuis, en geen swerwer trek tevergeefs deur die Karoo nie, want die Karoo is nie suining vir ruimte nie.
VRYSTAATSE LANDSKAP
Onder hierdie opskrif het die skrywer en digter S. Ign. Mocke in 1948 hierdie pragtige natuurgedig geskryf, waarin hy die Vrystaatse landskap in die omgewing van Bothaville-Odendaalsrus besing het. Dis ons land wat nooit van ons weggeneem kan word nie.
Gee ons die eenvoud om te weet wat ons
aan jou verskuldig is, O land waarin
ons hart geluk gevind het: Uit jou grond
het ons gegroei; jou vertes het
ons oog geleer om ver te sien, die blou
afstand te skeer, oor veld en duin,
oor berg en vlei, tot waar die diep
grys lugte van jou horisonne staan:
TRANSPORTRY (2)
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds) en vorige aflewering by TRANSPORTRY (1)
Die terugreis
As die vragryer na Kimberley gelukkig was, het hy met die terugreis amper altyd weer ‘n vrag gekry in die vorm van wol of velle. Dan het die man sy bes probeer om ‘n groot terugvrag te kry. Sommige mense het selfs 36 bale wol of velle opgelaai. Dit het die wa topswaar gemaak. So ‘n wa het eenmaal op ‘n ongelyk pad tweekeer omgeval. Dit was tydrowende teëspoed. Daarom het almal maar baie versigtig gery. By elke wa was drie man om vir alles te sorg: ‘n touleier, ‘n drywer en die baas self. As daar ‘n groot klomp waens bymekaar was, moes die voorste wa die mense waarsku teen slegte plekke soos diep knikke of groot klippe in die pad. Dit was dan ‘n geroep van die een wa na die ander van “keer hot”, “pas op vir haar,” of ‘n ander waarskuwing.
VERSKEIE BEGRIPPE VAN BYBELLEES
DIE BYBEL (5)
Lees reeks by: DIE BYBEL
VERSKILLENDE MANIERE WAAROP DIE BYBEL AL GELEES IS
Die Bybel is al op baie maniere gelees en vir almal het dit geestelik iets beteken, afhangende van hoe mense die Bybel sien. Sommige lê klem op die magiese kragte van die Bybel. Die Bybel word vir sy krag gebruik en nie vir sy boodskap nie. Stukkies daarvan word om die nek gedra of onder die kopkussing gesit vir krag en beskerming. Spesiale dele uit die Bybel word ook oor en oor geresiteer om krag in die hande te kry. In baie gevalle word die Bybel oopgemaak en met die vinger op ‘n vers gedruk en dan word dit as die direkte, “natuurlike” boodskap van God gesien.
Naïef
‘n Baie algemene lees van die Bybel is impressiewe of naïewe lees. Mense tel die Bybel op, lees ‘n vers en pas dit direk op hulle geestelike lewe toe, sonder om te vra wat die gedeelte in sy oorspronklike konteks beteken het.
Dogmaties
Die Bybel is in die verlede en word nog in sommige kerke dogmaties gelees. Daar word nie gevra wat die Bybel se boodskap self is nie. Daar word eerder net bewyse (verse) uit die Bybel gesoek om die leer of tradisie van die kerk te bevestig.
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (4)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
TAALVERPLASING BY KINDERS
Dr JC Steyn
Die taalverwisseling by die kind moet ons noodwendig sien as 'n deel van die sosialiseringsproses, soos sosioloë dit noem. Ons gaan nou kyk na die rol van die normale sosialiserende instansies in die proses van taalverwisseling.
'Taalverplasing' of 'taalverwisseling' vind onder meer en miskien veral deur middel van die gesin plaas. Dit kan op een van twee maniere gebeur:
Die ouers kan uit dieselfde taalgemeenskap kom maar om die een of ander rede besluit om van kleins af 'n ander taal met hul kinders te praat.
Byna alle Friese ouers op die platteland maak hul kinders in Fries groot, maar in die stede praat net 70 persent Fries met hul kinders. In die twintigerjare van die twintigste eeu, dus sowat 90 jaar gelede, het baie ouers in Süderlûgum in Sleeswyk met mekaar Deens gepraat en met hul kinders Duits. Sowat 60 persent van die ouers het nie hul moedertaal met hul kinders gebruik nie en daarom het die persentasie van Deenssprekende kinders in dié gebied tussen 1924 en 1931 van 60,1 tot 33,9 afgeneem.