Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Waarom skryf die profeet Hoséa dat sy volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis? Gebeur dit slegs omdat mense God nie meer liefhet en Hom nie wil dien nie? Of gebeur dit ook wanneer 'n volk só mislei word dat hulle nie meer kan onderskei tussen reg en verkeerd nie? In hierdie tye is laasgenoemde opsie ernstig van krag; ons volk word so mislei en verblind deur ons vyande dat ons onwetend meedoen aan ons eie ondergang – dit verg groot verantwoordelikheid om genoeg kennis te dra wat tot eer van God se Naam strek.
HOE NABY DIE INEENSTORTING?
KRIEWELKOP
Dan wonder die media nog waarom die ANC hulle tonge wil uitsny met 'n wet om hulle monde te snoer. Nou is dit weer Atletiek Suid-Afrika (ASA) wat bankrot is. Bankrotskap is mos 'n skande al is korrupsie nie verkeerd nie, en die buitewêreld moet tog nie hoor hoe die ANC 'n Eerstewêreldland in sy maai in besteel (ek wou sê 'bestuur' maar daarvan is geen sprake) het nie. Kyk, dit was nog nooit vir dié Swart nasie 'n skande om te steel nie maar die uitvang was nog altyd 'n probleem – nie oor daar gesteel is nie maar oor hy nie goed genoeg was om daarmee weg te kom nie. Ongelukkig vir hom is die uitvang gewoonlik deel van die proses want vooruitbeplanning soos ook sy dimensionele vermoë was nog nooit sy sterkpunt nie. Maar dan is daar ook die ontkenning, dis al wat hy hoef te doen as hy uitgevang word, doodeenvoudig nê. Daarom weet die gewone landsburger nie hoe ernstig die toestand reeds is nie, alles word ontken. En tiperend van 'n goedgelowige beskaafde ras, glo ons eerder die positiewe as die slegte.
WATTER KERK IS DIE REGTE KERK?
AKTUELE VRAE
(Lees reeks by Aktuele vrae )
Word mense wat nie aan die “regte kerk” behoort nie, ook salig, al verskil hulle leer radikaal van die “regte” kerk s’n?
Voordat ons hierdie vrae kan antwoord, moet ons eers bepaal wat ons bedoel as ons van ‘n kerk praat. In Grieks praat ons van ‘n kuriakon, dit wil sê iets wat aan die Here behoort. As ons na die Latynse woordeboek gaan, kry ons te doen met ’n woord wat afgelei is van die stam circ, dit is ‘n begrensde ruimte, of nog beter, ‘n sirkel. As ons dan van ‘n kerk praat, verwys ons daarmee na “’n sirkel waarvan die inhoud aan die Here behoort.”
17 FEBRUARIE 1838 - BLAAWKRANTZ
THERESE VIGLIONE
UIT DIE DAGBOEK VAN EERWAARDE ERASMUS SMIT
Die man sit en skryf in sy tent terwyl die vrou buite deur die laer stap. Sy is nog in die gloed van haar jare met hare en oë soos die nag, maar vir die man het dit reeds winter geword en skemer dit al witter in sy baard. Albei het uit die verre Europa hier na Afrika gekom: hy uit die koue Lae Lande by die see, sy uit die warm Italiaanse suide. Hulle is deur geen band aanmekaar gevind nie, en hul weë sal net eenmaal kruis. Die man se pad loop onder 'n ster, al is sy liggie ook maar flou, en sy aangenome volk sal hom nie vergeet nie; maar Therese, die vrou, verskyn soos 'n komeet en verdwyn.
Op hierdie middag toe die man daarbinne sit en die vrou buite stap, weet hy nog niks van haar nie. Hy is eerwaarde Erasmus Smit wat as sendeling na Suider-Afrika gekom en later onderwyser geword het, maar toe die groot landsverhuising begin, het hy saam met sy swaer Gerrit Maritz, die Voortrekker-leier, die onbekende aangedurf.
REGSPLEGING IN TRANSVAAL
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
"Die landdros sê aan die bandiete wat laat buite gewerk het: 'Julle moet oppas. Ek sal dié keer nog vir julle die tronkdeur oopmaak, maar as julle weer so laat kom, sal ek julle buite uitsluit. ' ”
Die veldkornet
In die dae van die Groot Trek en die eerste tyd wat daarop gevolg het, moes wat regspleging betref, van gesonde verstand gebruik gemaak word. Gelukkig was daar nog nie groot kwaaddoeners nie. Maar die Trekkers het dag na dag met die groot naturellebevolking in aanraking gekom. Om hulle afkeurenswaardige dade in toom te hou, was straf die enigste middel om die reg te handhaaf.
Die gewone regter oor die swartes was die veldkornet.
BOERE SE EIE SLAGVELD
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by Korsies van Pastei)
JAN STEYN
'n Kommando-storie uit die Tweede Vryheidsoorlog net na die Slag van Bakenlaagte in Transvaal. Saam met my kommando'tjie aan die trek na Machadodorp kon ek sien die wêreld was kaalgestroop en verniel en kos was skaars en dit was dae waarin ons meesal niks te ete gehad het nie.
Op een besondere dag het ons ver gery en heeltemal niks gehad om te eet nie. Kort-kort moes ons van koers verander om uit die pad van sterk Kakiemagte te bly. Maar so teen twee-uur die middag was ons redelik veilig en kon toe begin soek na iets om te eet.
My manne was al so erg honger dat toe hulle Swartes se strooise gewaar sommer reguit soontoe ry. Maar dit was dadelik duidelik dat dié spul hulle vyandig gesind is en toe verklap die hoofman die rede met dié woorde: "Die Engelsman het gesê ons moenie die Boer kosgee nie."
DIE WINDPOMPE
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Een middag laat kry ek ‘n oproep van my ou vriend Klaas van doer duskant die Kalahari. Die ou plaaslyn is nie te waffers nie, maar ons verstaan mekaar darem so ampertjies. Hy verneem of ek nie weet van iemand wat ‘n spul windpompe soek nie, want hy sit met ‘n hele klomp waarvan hy ontslae wil raak. Versigtig verneem ek wat hy wil hê vir die spul windpompe. Hy sê: “Vir jou, pasella! Kom ry die goed net onder my oë weg.”
So ‘n aanbod het ek lanklaas gehad.
BOBBEJAAN EN DIE EINA-PERE
BOEKRAK VIR AFRIKANERTJIES
Lees nog storietjies by Boekrak vir Afrikanertjies
Bobbejaan is lief om Hasie te tempteer. Wanneer Hasie 'n bietjie in boer se slaai-akkertjie gaan wei, sit Bobbejaan hoog in die vyeboom en skree: "Boer! Maak gou! Haas is in die groentetuin."
Dan kom boer met sy honde en geweer, en hy is so kwaad dat hy skoon van Bobbejaan en die vye vergeet.
So hou dit nou 'n week lank aan. Hasie het al by Bobbejaan gekla, en hy het mooigepraat, en elke slag beloof Bobbejaan beter maniere. Maar hy is nie 'n man van sy woord nie.
"Nou goed," sê Hasie by homself. "Party diere hoor net wat hulle voel." En hy hou sy oë oop tot hy sien wat hy soek, en hy draf na Bobbejaan toe.
"Ja, wat is dit Hasie?" vra Bobbejaan, en hy lag in sy kies. "Het jy al weer 'n klagte?"
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (3)
JESUS LEI DEUR SY VOORBEELD
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Ons almal het leiding nodig in groot en klein sake. In hierdie proses is die wyse waarop Jesus leiding aan sy dissipels gegee het van die grootste belang. Hy was vir hulle die Voorbeeld in woord en in daad. Sommer met die aanvang van sy bediening het die mense besef dat sy leiding heel anders as die leiding van die Fariseërs en die wetgeleerdes was. Hulle kon Jesus se uitnodiging in Matt 11:29 heelhartig beaam:
"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed."
Die Switserse teoloog Eduard Schweizer het die leiding van Jesus voorgestel met 'n besondere beeld. In die Europese winters is dit dikwels moeilik vir mense om na 'n swaar sneeuval by hulle voordeure uit te kom.
MAJUBADAG IS VOOR DIE DEUR
Deur Flip Swanepoel
Ons het in Desember die groot gebeurtenis wat ons Voortrekker-voorsate te beurt geval het in herinnering geroep. Volksgenote oor die lengte en breedte van ons land en selfs oor die wêreld, het Geloftedag eervol deurgebring en ons hemelse Vader gedank vir die aanvaarding van daardie Gelofte wat ons voorsate met Hom in gebed aangegaan het. Dit is hoe dit hoort. Volgens Deut. 23:21-23 en Prediker 5:3-5 is dit van uiterste belang dat ons as volk sal betaal wat ons beloof het. Met “ons” word bedoel wat ons voorsate namens ons beloof het en waaraan ons as nageslag verbind is. Dit is ‘n geweldige groot voorreg om as mens, en as volk aan die Almagtige, die Skepper van alle sienlike en onsienlike dinge deur ‘n gelofte verbonde te mag wees.
Op die 16e Desember moet daar egter meer as een gelofte in herinnering geroep word. Op daardie datum het daar nog ‘n baie belangrike gebeurtenis plaasgevind wat ons as volk ten nouste raak, veral met betrekking tot die instandhouding van ons geloftes. Die Gelofte van Paardekraal moet ook op daardie dag in herinnering geroep en betaal word.
IS DIE BYBEL WAAR? (2)
Dr JP Botha
Is die Bybel die waarheid? Hoe wéét ons die Bybel is waar?
Op die vraag of die Bybel werklik die Woord van God is, moes die gelowige van die afgelope ongeveer honderd jaar gedurig weer ‘n antwoord gee. Die rede hiervoor is die ontstaan van die sogenaamde radikale Skrifkritiek waardeur dele van die Bybel of soms selfs die ganse Bybel as ‘n bloot menslike boek bestempel word. Tog bely ons, nieteenstaande die Skrifkritiek, dat die Bybel nie voortgebring is deur die wil van ‘n mens nie, maar dat die skrywers deur die Heilige Gees gedrywe (geïnspireer) is om die Bybel te skryf. (2 Pet 1:21). Ons kan die volgende redes noem om die egtheid van die Bybel aan te toon:
Die getuienis in die Bybel self
Ons vind in die Bybel getuienis dat hierdie boek nie deur mense geïnspireer is nie, maar van God af kom.
DIE AFRIKANERVOLK VOOR 'N KRUISPAD (2)
(Lees reeks by Die Afrikanervolk voor 'n kruispad)
Prof JJ Pienaar
DIE IDENTITEITSBEWUSTE AFRIKANER BEVORDER SY IDENTITEIT
"Ons word, as volk, gehoon en gesmaad, ons word vermoor en ons kinders in die heidense skole en heiden-universiteite mislei, gebreinspoel, belieg en verraai. Waarom? Omdat ons die Waarheid in ons midde het en krampagtig daaraan vaskleef net soos die Waldense."
In 'n tyd soos hierdie waar verwarring, verduistering, misleiding, identiteitsvertroebeling en koersloosheid hoogty vier, is dit verstaanbaar dat die volkswortels, wat deur Willem de Klerk en ander liberaliste afgesny is, gesoek word.
Natuurlik is dit 'n baie belangrike saak en dié waarheid moet weer versterk word om die baie leuens die nek in te slaan.
Waar kom die Afrikanervolk vandaan?
DUITSE WESIES (8)
GENL SMUTS DIE STOK IN DIE SPEEK
(Lees vorige aflewerings onder Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
" Uiteraard was die bestuurslede as oortuigde nasionaalgesinde Afrikaners in beginsel gekant teen die Verenigde Party van genl Smuts en het dus nie geskroom om die regering in 'n swak lig te probeer plaas nie."
Soos in die vorige aflewering genoem, was dit van belang om eers die Duitse reaksie te toets om te weet of die hele skema van Duitse wesies na Suid-Afrika, daaraan goedkeuring sou verleen, maar nou moes die Suid-Afrikaanse regering met genl Smuts aan die stuur eers sy goedkeuring gee.
ONS 'AMAZING OUTOPPIES' EN 'OULADIES'...
KRIEWELKOP
Ons 'amazing generation' van 'outoppies' en 'ouladies' wat so 'cool' voor die kinders probeer wees sodat die 'spoiled brats' moet dink ons is nie so 'bad' nie maar 'actually nice', is geensins 'n 'stunning event' nie, ook nie een 'big joke' nie, maar 'n ware 'tragedy'. 'Actually', dit 'sucks'!
Ons het net verlede week weer in die nuus gehoor hoe vrotsig die spelling van leerlinge in eksamens is. Ons sien hoe ons kinders nie meer anders kan skryf as die kortboodskaptaal van selfone nie. Ons hoor hoe hulle nie meer die verskil tussen Afrikaanse en Engelse woorde ken nie, soos die ou grappie lui: sê asseblief vir my wat is 'n tyre in Engels...
SATELLIET KAN OOK LIEG...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Dit is April en die Boesmans in ‘n afgeleë deel van die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof of dit hierdie winter matig of baie koud gaan wees. Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer, kon hy nie sê hoe die winter gaan wees nie.
Nieteenstaande het hy besluit om dit veilig te speel en hy sê toe dat dit ‘n koue winter gaan wees en hulle moet begin brandhout bymekaar maak ter voorbereiding. Hy is egter ‘n praktiese man en na ‘n paar dae kry hy ‘n plan. Hy stap na ‘n publieke telefoon by die nasionale pad, skakel die weerburo en vra: “Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?”
“Ja dit lyk so” sê die een wat geantwoord het.
VERHOUDING TUSSEN BOER EN WERKER
ONS BOEREVOLK DESTYDS
(Lees reeks by Ons Boerevolk destyds)
Ons herinner u net weer daaraan dat al die artikels oor bogenoemde onderwerp, uit B Spoelstra se boek, Ons volkslewe van Toeka verkry word. Die hoofstuk waaruit ons vandag ons gegewens put, het Spoelstra betitel: 'Die verhouding van K----- en boer in die ou dae.' Ek sal maar in hierdie artikel in plaas van die gewraakte woord wat ons glo nie mag plaas nie, afwisselend die benaminge Bantoes, inboorlinge en Swartes gebruik.
In ons warm en sonnige Suid-Afrika was die witman en veral die boer op die plaas met die swaar werk baie afhanklik van die hulp van die swart nasie.
SAAM MET JAN F CELLIERS
Ek het van jongsaf die pragtige gedigte wat Jan Celliers ‘n honderd jaar gelede geskrywe het, baie geniet. Sommige daarvan se bekoring lê in die eenvoud daarvan, wat die dieper betekenis duidelik verbeeld. Ons gaan nou drie van hulle saam geniet:
WAGHONDJIES
Ek is hier, en ma is hier,
ons twee lê op baas se baadjie.
Wie is jy?
Kom, loop verby!
anders word ons knor ‘n daadjie –
kry jou bene dalk ‘n hap,
kry jou broekspyp dalk ‘n gaatjie.
Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
Weg jou hand, en raak ons nie!
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (2)
GOD LEI DEUR TEKENS, MAAR WEES VERSIGTIG!
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
" Dit het beslis nie om Gideon se eie belang gegaan nie. In hierdie opsig verskil dit baie van die tekens wat mense vandag soek."
Wanneer mense leiding soek, is hulle dikwels op die uitkyk vir tekens as aanduiding van die regte of verkeerde besluite.
God lei mense deur tekens aan hulle te gee. Dit is immers 'n integrale deel van die Ou Testament se boodskap. Die tekens word soms gegee op versoek (soos in die geval van Moses se kiere, en Gideon se wol) of God gee dit vanself (soos Noag se reënboog en die bloed op die deurkosyne met die eerste pasga). Die Goddelike tekens bevestig enersyds die woorde van die profete, maar dit maak andersyds ook die boodskap sigbaar.
DIE KAREEBOOM BY DE WILDT
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dolf van Niekerk
"Dit was 'n tweeledige toespraak. Die eerste gedeelte het gehandel oor Suid-Afrika Eerste, en die tweede gedeelte oor Wit Suid-Afrika. Hier het generaal Hertzog sy segregasiebeleid kort en skerp weergegee."
Mens en land. Mens en bodem. Dit groei aanhoudend – alles loop deur die tyd aaneen. Diaz se stormvaart, en sy kruis op die klipperige kus; Retief se traktaat in 'n bladsak by Dingaan se stat; die Vrystaatse vlaktes; goudgrawery onder die aarde; Yskor se roesrookskynsel teen lae wolke. Al dié dinge is saamgebind in dié land. En nog meer – vele wat op die uitdraaipaaie lê.
Dié dinge gaan ons soek – die saamspan van mensegees en land se reën en natuur en hart – soos die geskiedenis gemaak word.
HOE SOU DIE PERSKES RUIK...
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die meeste plase het vroeër jare hoë solders gehad en daarbo is alles en nog wat gebêre. Dit was ook die gebruik om jou doodskis vooruit te laat maak en daar te bêre vir die dag as die doodsengel kom aanklop. Oom Jan se gerieflike plaashuis het ook ‘n solder gehad en getrou aan die algemene gebruik, het hy vir hom en tant Annie elkeen ‘n doodskis laat maak en dit op die solder gebêre.
Een jaar het hulle op die mooi plaas ‘n besonder geseënde persketyd beleef. Wat nie opgeëet en weggegee kon word nie, het die tannie bottelsvol van ingelê en konfyt gekook en groot hoeveelhede gedroog. Toe al haar beskikbare houers vol was, het sy een van die kiste van die solder laat afhaal en dit met heerlike droë perskes gevul en hom weer op sy “rusplek” laat terugplaas.
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (3)
(Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA)
LANG HENDRIK SE GUNSIE VIR DIE CIA
"Sê vir die generaal ek hoop hy brand in die hel!" In Suid-Afrika het Hendrik van den Bergh hardop uitgebars van die lag toe dit aan hom vertel is. Die lot van die dubbele agent in die hande van die KGB was voorspelbaar."
Vroeg in Julie 1967 het 'n senior CIA-agent Hendrik van den Bergh besoek. Tot die mees onlangse voorval het die twee mans 'n professionele, dikwels wedersyds voordelige verhouding gehad. Die Amerikaner het by 'n venster gestaan en oor Pretoria gekyk.
"Wat het jy vir die Rosenthals gesê?" wou hy weet.