Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
O wederstrewige volk van God, luister nou na my onvervalste Woord! Julle het vir julle menige drêkgode bymekaar gemaak! Ek sal al hierdie sondes van julle eis. In die gloed van my toorn sal Ek dit eis van julle wat al julle geloftes aan My vergeet het.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (9)
DIE GEES LEI MY IN DIE GEBRUIK VAN SY GAWES
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Wat sal mens doen as jy 'n pasiënt in die hospitaal gaan besoek en jy vind dat die chirurg die persoon soos 'n motor se masjien heeltemal uitmekaar gehaal het? Oral lê daar hande, voete, oë en ore rond! Die beste wat 'n mens dan sal kan doen is om 'n begrafnis te reël.
Uit die Bybel leer ons dat die kerk ook 'n lewende "liggaam" is, die liggaam van Christus waarin elke orgaan noodsaaklik is vir die geheel. In hierdie liggaam is Jesus die kop, die diakens die hande, ouderlinge die oë en die predikant die mond, ens. Elkeen is 'n noodsaaklike orgaan. Wat sal met so 'n liggaam gebeur as iemand dit uitmekaar haal? As een oorgaan – klein of groot – nie sy deel doen nie is die liggaam lam of dood.
Een van die wonderlikste gawes wat die Here aan mense gee is die vermoë tot eenheid met hulle medemens. Dit is iets waarsonder mense nie kan lewe nie. Navorsers het bevind dat rotte wat in eensame afsondering gehou is makliker siek word en sterf as rotte wat saam aangehou word. So is dit ook met mense gesteld.
DUITSE WESIES (10)
DIE REGERING VRA 'N WAARBORG
(Lees reeks by Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
Soos daar in die vorige aflewering aangetoon is het die regering in September 1947 aan die DKF toestemming verleen om 'n 100 Duitse wesies na die Unie te bring. Uiteraard wou die Fonds graag baie meer kinders gebring het en daarom ontstaan die vraag of die onderneming ter wille van 100 kinders nog enigsins die moeite geloon het. Die dagbestuur was egter daarvan oortuig dat die skema uitgevoer moes word. Die belangrikste rede hiervoor moet daarin gesoek word dat die regering die Fonds te verstane gegee het dat, indien die eerste 100 kinders suksesvol uitgebring word, die regering geneë sou wees om op 'n latere tydstip nog kinders na die Unie te laat kom.
Die regering se toestemming om 100 Duitse weeskinders na Suid-Afrika te bring, was egter aan 'n baie belangrike voorwaarde gekoppel: Die DKF moes die regering van 'n waarborg voorsien dat die kinders tot en met hul mondigwording behoorlik versorg word sodat hulle nie van die staat afhanklik sou wees nie. In ruil vir hierdie waarborg het die regering onderneem om die vervoerkoste van die kinders en van ongeveer sewe volwasse begeleiders te betaal. Die regering het egter bepaal dat sy bydrae om die eerste 100 wese te bring nie die bedrag van 5 500 pond oorskry nie. Sou die Fonds wel daarin slaag om meer as 100 geskikte kinders te vind, was die Tesourie wel bereid om die bykomende onkoste te betaal.
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (4)
Lees reeks by Die Keeromstraat-kliek
NASIONALISME OP 'N KRUISPAD
Dr At van Wyk
Tussendeur het nie net Roos koalisie gepraat nie. Verskeie NP- en SAP-takke dwarsoor die land het besluite ten gunste van 'n Hertzog-Smuts-koalisie geneem. 'n Nat-Sap-afvaardiging uit Ventersdorp het rondom 11 Januarie 1933 'n beroep op Hertzog gedoen om 'n koalisie met Smuts te sluit. Hoewel Hertzog die versoek van die hand gewys het, het hy later daarin 'n "bewys" weet te vind dat die 'volk' koalisie begeer het. Die hand van NC Havenga was daarin; hy self sou later betoog dat hý die Ventersdorpers se versoek gebruik het om koalisie met Smuts aan te voor. Volgens hom wou Hertzog van die afvaardiging weet hoe hy met 'n party kon saamwerk wat nog altyd die Nasionanale Party beveg het. Een van die afgevaardigdes, vermoedelik kol Jacob Wilkens wat in die koalisieverkiesing van 1933 tot onafhanklike LV vir Ventersdorp verkies sou word en hom by die VP-smeltersparty sou aansluit, het geantwoord: "In godsnaam, Generaal, laat staan die taal en gee ons brood!" – naastenby die omgekeerde van Marie Antonette se beweerde antwoord aan die Paryse gepeupel aan die vooraand van die Franse Revolusie. Hierdie woorde is deur Havenga aan Hertzog 'uitgelê' en hy was diep beïndruk.
DIE MOORDVIRUS (4)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
VIGS IN AFRIKA (2)
Aanvanklik het die eerste VIGS-toetse die aantal siektes in Afrika hopeloos oorskat en in Uganda was soveel as 66% van die kinders positief getoets. Met die nuwe ELISA-toets moes die syfers weer aangepas word, byvoorbeeld soos gesien in die oorskatte 1985-syfer van 55% vir Zambiese STD-klinieke, wat na hertoetsing aangepas is tot 29%. In Afrika doen meer vroue as mans die siekte op. Die infeksie blyk ook meer aggressief te wees in sekere dele van Afrika aangesien die dood dikwels na so min as vyf jaar intree, terwyl dit in die VSA tussen 10 en 12 jaar eers 'n ernstige stadium bereik.
Een van die MIV-variante wat in Zaïre gevind is, is die sogenaamde NDK-MIV wat immuunselle 10 000 keer vinniger dood as MIV-variante wat in die VSA voorkom. Volgens die NS:Mei 1988 het navorsers MIV-infeksies in Zaïre beskryf wat die slagoffers binne drie jaar uitgewis het. Sommige navorsers het geglo dat die swartes in Afrika se immuunsisteem meer vatbaar vir die virus is, en heel moontlik ook dat die subtipe MIV wat in Afrika voorgekom het, vinniger versprei het. Die Afrika-MIV verskil ook baie van die Westerse variante wat hul genetiese struktuur betref.
EGTE STAAL
GOD BETAAL GOED
Hierdie wonderbaarlike ondervinding het in die vroeë Christelike lewe van C D Hedstrom plaasgevind. Hy het ‘n vooraanstaande Christelike sakeman in Chicago geword en mens kan maar net die Here dank vir die getuienis van so 'n man:
Op ‘n dag het ‘n dame die skoenwinkel waar ek werksaam was, binnegekom en skoene aangepas. Sy het op ‘n paar besluit, en toe ek haar die pakkie oorhandig, vra sy my watter nommer dit is. “Nommer 8, “ het ek gesê, waarop sy met ergernis sê dat sy nie so’n groot nommer dra nie.
“Wel, watter nommer dra u dan?” wou ek weet, en haar antwoord was: “Nommer 5.” “ Wel, ek kan u ‘n nommer vyf gee," het ek gesê, maar sy het geweier en wou dit nie neem nie. “Hulle pas mooi,” het sy gesê, “en hulle is die styl waarvan ek hou, maar onthou, jong man, ek dra nie so ’n nommer soos daardie nie.”
DIE BYBEL (12)
Dr JP Botha
HUISE IN DIE BYBELSE TYD
Omdat die Bybel oor so’n lang tyd en vir verskillende mense geskryf is, kry ‘n mens ‘n baie wye verskeidenheid woonplekke. Die heel eerste behuising in Palestina was grotte wat in die kalksteenberge uitgegrawe is. In daardie tyd was daar ook rondtrekkende groepe (nomade) waarvan die aartsvaders deel was. Hulle het natuurlik in tente gebly. Die tente was doeke wat op pale gesit is en dan ‘n groot area bedek het (nie in ‘n mooi driehoekvorm soos vandag se tente nie. Die ruimte binne-in is dan ook dikwels in kamers verdeel. Hulle kon die tente vinnig opslaan en vervoer.
Waar die mense hulle gevestig het, het hulle huise gebou. Nadat ‘n huis in Israel klaar gebou is, is dit aan die Here gewy, omdat dit as ‘n gawe uit sy hand gesien is. Hoe groot die huis was, het van die sosiale stand en rykdom van die bewoner afgehang.
MESSIAANSE MOEDERSKAP
Mev Anna van der Dussen
GESLAGSREGISTER VAN JESUS CHRISTUS NA DIE MENS
Ons glo dat ons Here Jesus Christus volkome God en volkome mens was, uitgesonderd die sonde (NGB Art 10 en 18). Jesus Christus het mens geword om aan die geregtigheidseis van God die Vader te voldoen ( HK Sondag 3). In die Kersnag is Jesus Christus in die stal van Betlehem gebore, 'n kindjie, 'n mens uit 'n vrou gebore, God wat mens geword het.
Hy is gebore soos elke ander mens uit die mensegeslag, met 'n voorgeslag in die heilshistoriese lyn.
In Matteus 1:1 lees ons 'Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham' en dan volg die name van die manlike voorgeslag van Jesus driemaal veertien geslagte, tot by Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus, wat Christus genoem word (Matteus 1:16). Ons glo en bely dat Josef nie Jesus se biologiese vader was nie. Tog word die mensheid van Jesus aan Josef se geslag gebind.
In die Bybel word Jesus al deur die profete die seun van Dawid genoem.
DIE AFRIKANER IN 'N DOODLOOP- STRAAT
Koos Bester
Daar word sedert die tagtigerjare gepraat van 'n grafskrif vir die Afrikanervolk. Mense is bereid om die Afrikanervolk dood te verklaar, ook vele wat uit die Afrikanervolk self voortgekom het. Dit is gelukkig geen mens of menslike instansie se taak om 'n volk lewend of dood te verklaar nie. Hierdie gewigtige saak is slegs die Allerhoogste beskore, Hy wat volkere en nasies in aansyn roep.
Ons is as Afrikaners nog lank voor 1994 betrokke by 'n verklaarde derde vryheidstryd. Hierdie stryd is op 20 Mei 1990 op Monumentkoppie in Pretoria by wyse van 'n plegtige onderneming en 'n gebed verklaar. 'n Beter aansporing tot omgording vir die stryd bestaan daar nie.
Was u daar?
Kan u u vandag met daardie onderneming vereenselwig?
Daardie plegtige onderneming, verwoord deur dr AP Treurnicht, het só gelui:
"Ons wat as verteenwoordigers van ons volk op 26 Mei 1990 hier op Monumentkoppie vergader is, in 'n gees van ootmoedige afhanklikheid van die Here, van toewyding aan Hom, met kinderlike geloof in sy almag en sy wyse voorsienigheid...
DIE BELEG VAN MAFEKING (4)
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
Dr JP Botha
DIE AANVAL OP PLATBOOMFORT
Na die Boere se nouer insluiting van Mafeking kon niemand die dorp meer ongesiens binnekom of verlaat nie en is die beweegruimte van die garnisoen en inwoners aansienlik beperk en het die beskikbare weiveld vir die dorpsvee te klein geword. Gulsige sprinkaanswerms het gedurende die vorige weke gehelp om die veld kort te hou en daarom het dit vir Baden-Powell noodsaaklik geword om ‘n poging aan te wend om die Boere op minstens een van die fronte terug te werp en hul stellings in die betrokke sektor te verower. Aangesien dit vir hom broodnodig was om met Plumer se troepemag in die noorde te probeer kontak hou, was dit die aangewese weg om die pad noordwaarts te probeer oopbreek. Hy het gereken dat as hy die Boere se Platboomfort, wat te Game Tree Hill opgerig was, kon verower, sou hy ‘n oop pad vir die Rhodesiese regimente bewerk en kon hulle van die noordekant af help om die burgermagte so besig te hou dat generaal Snyman nie in staat sou wees om enige versterkings vir ander fronte af te sonder nie en selfs genoodsaak sou word om nog meer burgers vir die beleg van Mafeking aan te vra.
VRY!
Hierdie pragtige sonnet deur AG Visser:
Op swarte agtergrond van al wat ons moet ly,
Blink as ‘n ster in duist’re nag die een woord: VRY!
U het, O Heer, ons volk met eie hand
Gelei, opdat hul rein u Woord bewaar,
Van Noord tot Suid langs weë wonderbaar
En onder vreemde sterre hier geplant.
“Om vryheidswil, verlaat die Suiderstrand,
Trek Noord en deins terug vir geen gevaar!”
‘t Was u bevel. Van Kaap tot Ewenaar
Lê nog ons bloedspoor deur die donker land!
Om weer – die vadererf verwoes, verbrand –
Na naamloos leed die onderspit te delf
In ongelyke stryd teen dwinglandy!
Ai, my! Ons ken geen ander vaderland.
Die drang na vryheid kom tog van U self;
Maak, Heer, ons volk, u Benjamin, weer vry!
SO GAAN DIT AS JY DINK JY’S WATWONDERS
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Kêrel skryf vir ons die volgende van homself:
Ek het my eie tande op ‘n baie vroeë ouderdom verloor. Dis nogal ‘n teer puntjie vir ‘n macho man wat baie gesteld is op sy uiterlike. Vanaf my tienerjare het ek baie hard aan my uiterlike gewerk. Dit was gewigoptel, hardloop, fietsry, swem, vitamines drink, rou eiers afsluk en opstootoefeninge en nog meer. Dinge wat normaalweg afwaarts moes wees, het permanent opwaarts gegaan, soos my ego. Ek was so vol van myself soos ‘n skaap wat in verlepte lusern gewei het.
Toe ontmoet ek die dolla van my drome.
DIE MOORDVIRUS (3)
Lees reeks by Die Moordvirus
EJG Norval
VIGS IN AFRIKA (1)
Dit blyk dat die eerste Afrika VIGS-gevalle vissermanne was, afkomstig van die Zaïre-kant van die Tanganjikameer, soos deur dr Piot teen die einde van die 1970's opgeteken. Die mense het aan 'n eienaardige longsiekte gely en Piot het hulle na Antwerpen oorgeplaas waar hulle ten spyte van behandeling gesterf het. Volgens Garret was die eerste VIGS-geval waarskynlik in 1977 in die Mama Yemo-hospitaal in Kinshasa, Zaïre, opgeneem en het die vrou die daaropvolgende jaar gesterf. 'n Bloedmonster van hierdie pasiënt het later bevestig dat sy aan VIGS gesterf het.
In die begin van 1983 het 'n jong Noord-Tanzaniese prostituut met VIGS-simptome gepresenteer en die storie was dat sy die virus van 'n materiaalverkoper gekry het. Die inwoners van die stat het haar toestand dadelik aan toordery toegeskryf, maar 'n Tanzaniese dokter het 'n bloedmonster geneem en dit aan die CDC vir ontleding gestuur.
Dit was daarna duidelik dat MIV ook na Afrika gekom het en die CDC het dadelik sy spanne 'safari scientists' na Afrika gestuur om die omvang van die infeksie te bepaal. Tanzaniërs wat die uitwerking van die siekte aanskou het, die uittering van en die veelvuldige Kaposi-letsels oor die hele liggaam, het aanvanklik verkies om selfmoord te pleeg deur Thiodan insekdoder te sluk wanneer hulle gehoor het dat hulle positief toets vir die nuwe siekte (wat aanvanklik die naam 'slim disease' gekry het).
WAT MIKROBES NODIG HET, EN WAT pH IS
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (7)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
" In heeltemal suiwer water is daar soveel waterstofdeeltjies aanwesig dat die pH-meter die syfer 7 aanwys. Hoe groter die getal waterstofdeeltjies hoe kleiner die pH-syfer. By 'n pH-syfer van 8 is daar 10 keer soveel waterstofdeeltjies as by pH 9. By pH 7 is dit 100 keer, by pH 6 is dit 1 000 keer, ens. By alle syfers onder 7 is die vloeistof suur, by alle syfers bokant 7 is dit alkalies."
Om te kan lewe het die mens goeie voedsel nodig, lug met voldoende suurstof, 'n temperatuur wat nie hoog en nie te laag is nie; kortom, die lewensomstandighede moet gunstig wees. Mikrobes is ook lewende wesentjies. Om te kan lewe en vermeerder moet die omgewing en die omstandighede ook vir hulle gunstig wees.
BLOEDRIVIER
Nog 'n besielende gedig deur AG Visser:
O heldeskaar wat in julle siele-angs
Julle hoë siele-adel het behou,
Aan eer en vryheid tot die dood getrou,
Vermoeid, verwond, die harde trekpad langs,
Hoe kan ons julle dank of eer betoon,
Aan julle nagedagtenis vergoed
Volharding weergaloos en stoere moed –
Ons wat op jul bloedspoor vreedsaam woon?
Geen marmersuil maak julle roem bekend,
Maar elke boerehuis wat veilig staan,
En elke ploegvoor, elke land vol graan
En elke pad is julle monument!
Vryheid het julle gedrywe, ‘n blanke wig
In donker Afrika – en daar was lig.
Mag hierdie besielende woorde elke Afrikaner wat dit lees, weer só begeester dat ons opnuut met krag sal streef om ons verlore vryheid te herwin.
VIRUSSE
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (6)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Ten slotte nog een mikrobe waaroor ons wil praat: die virus.
Virus beteken "smetstof", en dit is dus duidelik dat dit 'n stof moet wees waardeur 'n mens besmet en siek kan word. Dit geld glad nie net vir mense nie want ook diere en plante kan deur virusse besmet word.
NIMMER OF NOU
Nog pragtige gedigte by Gedigte
Geniet saam met ons A G Visser se mooi vaderlandse gedig, Nimmer of Nou.
Wank’lende skepies op went’lende bare,
Maar ‘n standvastige hand aan die roer –
So het die Almag deur duisend gevare
Voortyds ons voorsate hierheen gevoer.
Kennelik sien ons sy hand deur die jare
Nog in die wiss’lende lot van die Boer:
Wag’lend sy wa in ‘n see van barbare,
Vas sy vertroue op God en sy roer.
Sal ons die Voortrekkerstempel bestendig –
Heer van sy hoewe en baas van sy plaas -,
Of deur verslapping ontaard en lamlendig
Op ons geboortegrond kneg word en Klaas?
Had ons die Eendrag – die Mag – van ons leuse;
Had ons die Wil om te handhaaf, te hou. . . ,
Hier lê die kruispad, en kort is die keuse,
Maklik die dwaalweg, maar. . . lank die berou!
Ja, nadat ons op ons geboortegrond die kneg en Klaas geword het, het ons nie eers meer die wil om te handhaaf en te hou nie. Presies hoe lank gaan die berou daaroor nog wees?
DIE BELEG VAN MAFEKING (3)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
Die interessante storie van LADY SARAH WILSON
Baden-Powell het gereeld van die Barolongs van by Mafeking gebruik gemaak om boodskappe na geheime agente buite Mafeking te stuur, wat dan weer onderneem het om dit aan die militêre owerheid te besorg. Een van hierdie agente, ‘n sekere mevrou Abrams wat te Taungs gewoon het, het daarin geslaag om boodskappe van Baden-Powell, wat sy deur middel van swart rapportryers bekom het, verder suidwaarts te stuur, ten spyte van die feit dat Taungs deur die Boere beset was. Hierin is sy bygestaan deur kaptein Molala, wat die boodskappers van ryperde voorsien het.
Vanaf die begin van Desember 1899 het die Boerewagte kort-kort een of meer van hierdie swart spioene gevang en van die Engelse rapporte wat hulle by hulle gehad het, onderskep. Dit het die Boere op hul hoede gestel.
Afgesien van mevrou Abrams te Taungs het Baden-Powell ook van die diens van ‘n ander vrou gebruik gemaak, naamlik lady Sarah Wilson, wat haar op die vooraand van die Oorlog te Mafeking bevind het.
DIE BYBEL (11)
Dr JP Botha
Lees reeks by DIE BYBEL
OPGRAWINGS
Die wetenskap van Argeologie help ons om deur middel van opgrawings vas te stel hoe die mense destyds geleef het, hoe die stede in die ou tyd gelyk het, waarmee die mense geëet het en wat hulle as klere gedra het. Opgrawings word sistematies gedoen en daarmee kan baie vasgestel word, maar dit bly maar net een stukkie van die groot legkaart.
Opgrawings word gedoen op plekke waar die argeoloë weet of vermoed dat daar baie jare gelede mense gewoon het. Soms is daar ruïnes, maar soms is daar niks meer oor behalwe die oorblyfsels wat onder die grond versteek is nie. Op die plek word alles versigtig opgegrawe, aangeteken en bestudeer. Daar is omtrent geen einde aan wat argeoloë kry nie; van grafte en bene, meubels, implemente, kombuisware, potskerwe, juweliersware en wapens, gebalsemde diere, oorblyfsels van kos en so meer. Soos die opgrawings op ‘n plek vorder, word die groter prentjie ook geleidelik duideliker, byvoorbeeld hoe die huis gelyk het, die buurt en die dorp.
Een van die belangrikste ontdekkings van ‘n ou Romeinse hawestad is onlangs in Xanten, Duitsland gemaak, toe hulle ‘n pad oor ‘n oop veld wou bou.
WAS DIT 'N GOEIE VRYDAG?
Gister was dit die jaarlikse herdenking van die grootste weldaad wat daar ooit aan die mensdom bewys is: die kruisiging van Jesus wie in ons plek vir ons sondes moes ly sodat ons die ewige lewe kon verkry; dit was Goeie Vrydag – in elkgeval vir sommige. Vir die meeste van die Afrikanervolk was dit 'n dag van groot jolyt, sommige reeds by hul langnaweekbestemmings, ander nog op die pad. En soos tydens die meeste Paaslangnaweke was daar sommer vroeg Donderdagaand reeds 'n hele aantal sterfgevalle op die besige landspaaie in die groot uittog na plesier. Vir dié wat die uittog op die pad oorleef het, het die druk verkeer deur die nag hulle eers baie ure later laat arriveer en kon hulle seker Vrydag goed uitrus.
Maar daar was ook diegene wat, waar hulle ookal Vrydagoggend was, die behoefte gehad het om die versoeningsete saam met die HERE te eet, in die woorde van Jesus tydens sy laaste nagmaal voor sy kruisiging, "Ek het sterk verlang om hierdie pasga met julle te eet ..."
STAP SAAM AFRIKANERVOLK!
Ons hou 'n Volksoptog op 27 April 2011
Die gemelde optoggedagte is gebore uit diepe besorgdheid ten opsigte van ‘n Volk wat ‘n baie diep identiteitskrisis beleef. ‘n Toestand wat vir baie jare reeds bekend is.
Verdermeer is hierdie Volkie in die huidige demokratiese opset gereduseer tot ‘n vreemde soort minderheidsgroep. Dit bind haar in reg om Volk te wees en het haar uitgelewer aan die wêreldmanipuleerders. Die stelselmatige ineenstorting van die huidige RSA bestel, dwing hierdie Volkie om tot eenheid oor te gaan.
Dit is van uiterste belang dat hierdie Volk self haar volkskap aankondig en fisies demonstreer.
Hierdie is ‘n eerste fase-optrede waarin ‘n uitmekaar gejaagde Volk begelei word om weer die diep emosie van Volkskap te ervaar.