Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Veral in ons liefde vir ons naaste word ons gehoorsaamheid aan God soms baie erg beproef. Wanneer dit in sulke tye so moeilik is om gehoorsaam te bly moet ons steeds onthou dat God se liefde die enigste uitkoms is en daaraan vashou deur bedaard en rustig voort te werk volgens sy Wil.
DIE BELEG VAN MAFEKING (2)
Dr JP Botha
Lees reeks by Die Beleg van Mafeking
Ons het in die eerste artikel nagegaan waarom die Boere vanaf 15 Oktober 1899 Mafeking gaan beleer het, tot groot vreugde van die Engelse, en wil nou ‘n bietjie kyk wat Baden-Powell alles in die dorp en omgewing aangevang het om die Boere van sy lyf af te hou. Vooraf gesê, hy het daarin uitmuntend geslaag om twee redes: Die Boere het geglo dat Mafeking oninneembaar sterk teen ‘n aanval verskans was, en dat die Britse Bevelhebber oor ‘n ontsaglike groot besettingsmag beskik het. Hulle het gemeen dat die dorp alleen teen ‘n geweldige lewensverlies aangeval en ingeneem kon word, en daarteen het generaal Piet Cronjé opgesien.
Intussen het kolonel RSS Baden-Powell, deur die Britse owerheid daartoe gelas, twee regimente op die been gebring, die Protectorate Regiment met ongeveer 770 troepe vir Mafeking en die Rhodesian Regiment wat hy noordwaarts gestuur het.
MONUMENTE WAT LEWE
ONS GESKIEDENIS VASGELÊ OP DVD
Ons is verheug om te kan bekend maak dat ons ‘n verdere twaalf titels toegevoeg het tot die reeks van DVD’s wat deel vorm van ons historiese DVD-projek. Dit bring die totale aantal titels nou op twee en-dertig te staan.
In Suid-Afrika is daar tans ‘n berekende en sistematiese veldtog aan die gang om die sigbare tekens van ons volk se geskiedenis te vernietig. Dit geskied deur die verandering van die name van plekke, strate, berge, damme en riviere en deur die verwydering van standbeelde en monumente. Dit is gerig op die uitwissing van ons historiese bewussyn en op ons uiteindelike permanente verslawing. Iemand het gesê: "Die geskiedenis is die wapen waarmee die oorwinnaar die oorwonnene in permanente knegskap wil hou." Ons het egter nie nodig om dit toe te laat nie.
Ons vyand kan die sigbare getuienis van ons geskiedenis vernietig, maar niemand kan die monumente wat deur middel van beeld en klank op ons hartsnare en ons breinselle gebou word, vernietig nie.
DIE MOORDVIRUS (1)
EJG Norval
POLITIES-KORREKTE VIGS
In die vroeë 1980's het 81 regerings wette gemaak wat mense onder andere verplig het om MIV-toetse te ondergaan. Europese lande het MIV-draers uit hul lande gedeporteer en in stede soos München is MIV-positiewe staatsdienswerkers afgedank. Kuba het tussen 1986 en 1988 sowat een en 'n half miljoen MIV-toetse uitgevoer, 174 MIV-positiewe mense is geïdentifiseer en agter tralies geïsoleer. Indië en China het buitelandse studente getoets en alle MIV-draers gedeporteer.
In Junie 1987 het die Amerikaanse Republikeinse Koukus voorstelle ingedien om MIV-draers te kwarantyn. In Minnesota, Texas en Colorado is wette aanvaar dat MIV-draers in daardie state gekwarantyn moes word. Wetenskaplikes het die Reagan-administrasie en ander regerings tydens die Third International Conference on AIDS in Junie 1987 heftig gekritiseer oor verpligte MIV-toets, deportasies en beperkings op immigrasie. Die Senaat het nietemin daarvoor gestem dat alle voornemende, buitelandse studente, immigrante en langtermyn besoekers na die VSA toetse moes ondergaan en MIV-negatief moes toets alvorens hulle verblyf in die VSA toegestaan sou word. Hierdie bepaling word nie meer toegepas nie want sedert 1991 het 11 miljoen Meksikane (die meeste onwettig) die VSA ingestroom.
SÓ LYK DIT AS SATAN JOU REGEER
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
PG du Plessis noem hierdie skets NYD:
Nyd. Dis die woord. Nyd.
Nou weet ek driekwart van die hedendaagse Christene ken nie eens meer die woord nie, laat staan nog om te weet die ding is sonde.
Laat my dan maar verduidelik. Nyd, sê die woordeboek, is iets soos baie bitter jaloesie; hy’s haat se boetie en hy’s afguns se ouboet. So: is jy nydig, dan gun jy niemand spesifiek, of jou medemens in die algemeen, nie sy kolletjie sonlig nie. Jy gun hom nie ‘n mooier motor as joune nie, jy gun hom nie ‘n sagte geliefde in sy nag-arms nie; jy gun haar nie witter wasgoed, slimmer kinders, suksesvoller mans, beter matte nie. So iets. In Engels heet bure-nydigheid Jones.
Kry die begrippe reg, want ek wil vertel van die Knoetses. Hulle middelname moes almal met ‘n “N” begin het. Karel N Knoetse, Johanna Wilhelmiena Nydiena Knoetse. Jacobus Nydarius Knoetse.
DIE BYBEL (10)
In hierdie artikel kyk ons na GESINNE EN WAARDES IN DIE BYBELSE TYD
Groepkultuur
In die Bybelse tyd was mense groepsmense. Mense is altyd met hulle familie, met hulle herkoms of selfs die stad waar hulle vandaan kom, geassosieer. (Simon, seun van Jona, Jesus van Nasaret). Met jou geboorte kry jy die karaktertrekke van jou pa, jy aard na hom. Jy word noukeurig volgens die waardes en gedrag van jou groep grootgemaak. Die mense van Nasaret wou Jesus nie aanvaar nie, want hulle het sy familie geken en gesê dat niemand met so’n familie iemand belangriks kan wees nie. Die individu se karakter is bepaal deur die groep waaraan hy behoort het.
DIE BELEG VAN MAFEKING (1)
Dr JP Botha
Hiermee wil ons u graag laat kennis maak met een van die interessantste stukkies geskiedenisse wat in die Tweede Vryheidsoorlog plaasgevind het. Ons wil in verskeie artikels vir u vertel wat daar vanaf 15 Oktober 1899 tot 16 Mei 1900 in hierdie klein, onbelangrike dorpie, wat tans Mafikeng genoem word, plaasgevind het, toe die Engelse hom verdedig het teen die beleg van die Boere gedurende daardie sewe maande.
Mafeking was saam met Kimberley en Ladysmith die drie plekke waar die Engelse voor die uitbreek van die Oorlog troepesametrekkings in opgebou het om hiervandaan vinnig op die Republieke te kon toeslaan wanneer die Oorlog uitbreek. Daarom het die regering van die Z A R die ultimatum aan Brittanje gelewer en geëis dat hierdie troepe weggeneem moes word. Na Brittanje se weiering het die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek.
Van die drie genoemde dorpe was Mafeking vir die Britte die minste belangrik want die Britse leerleiding het nie beoog om langs hierdie roete die Republieke binne te val nie.
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (8)
Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA
DIE SMIT-MOORDE (3)
Robert Smit het in die verkiesing vir Springs gestaan en daarom 'n tydelike kantoor in Springs gehad. Die NP 'n huis in Wezdalaan gehuur tot ná die stemdag waar Robert en Jeanne-Cora tydelik ingetrek het terwyl hulle kinders in Pretoria gebly het met familielede wat by hulle kom bly het vir hierdie tyd. Jeanne-Cora het Robert op alle moontlike maniere ondersteun, ook om voltooide dokumente en verslae te tik want sy was die enigste mens wat hy met vertroulike inligting kon vertrou.
IS DIT HOE BREINSPOELING WERK?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
PG du Plessis
Hy weet nie waar reg en geregtigheid lê nie, sê Jan Odendaal vir my, want hy weet nie of ‘n man nou juis op dinge kan roem waaraan jy niks hoef te gedoen het nie. Dink hy maar, sê hy.
Ons ken mekaar al jare, ek en Jan Odendaal, en ek kan hom dus maar reguit sê ek verstaan nie ‘n woord wat hy sê of iets van die rigting waarin hy praat of waarom hy nou skielik met so’n wysheid by die gesprek aangesit kom nie.
Die omstandighede waaronder ons verkeer is ook nie lekker nie, want êrens aan die romantiese Wildekus, weet ons, is die vrou wat ons albei van kleins af liefgehad het, nou besig om deur die ondenkbare aksies van haar wittebrood te gaan.
Saam met haar nuwe man, Jollie Dijkman. Bid jou aan: Jollie Dijkman. Stel jou voor: Jollie Dijkman. Wil jy nou sowaar: Jollie Dijkman. Jollie Dijkman van alle mense. Dik Jollie Dijkman. Jollie Dijkman, die eenkant, onaanvaarbare klier van ‘n mens.
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (7)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
FAKTORE WAT TAALGROEI EN -AGTERUITGANGSPROSESSE VEROORSAAK
Dr JC Steyn
"Militêre mag alleen is nie genoeg om 'n taal te laat uitbrei nie maar alle tale wat sterk gegroei het, het dit reggekry met behulp van die mag en gewelddadigheid van hul sprekers. Tale groei meesal omdat die sprekers hulle aan magsmisbruik skuldig maak. Ander tale kwyn omdat hul sprekers magteloos is en deur sterker volkere oorrompel en geregeer word. 'n Taal kan oorleef as sy mense die seggenskap oor hul eie sake behou. (En hier lê die gevaar vir Afrikaans in Suid-Afrika vandag – die Afrikaner het geen politieke en militêre mag, en geen seggenskap oor enige van sy voormalige eiendom nie)."
Tale groei of kwyn as gevolg van demografiese prosesse en taalverskuiwing vind plaas ten gevolge van noue kontak tussen mense van verskillende taalgroepe, winste of verliese in hoë funksies, veranderde houdinge teenoor die eie en die ander taal en groter of kleiner taalgetrouheid. Maar wat lei tot elke van hierdie prosesse of verskynsels?
DIE BYBEL (9)
Dr JP Botha
Lees reeks by DIE BYBEL
DIE APOKRIEWE BOEKE
Ons gaan eers ‘n bietjie kyk na die Apokriewe van die Ou Testament. Die Griekse vertaling van die Ou Testament asook die Rooms-Katolieke Bybel bevat twaalf boeke of byvoegings by Hebreeuse boeke, wat deur die Protestante die apokriewe boeke genoem word. Hierdie boeke is in die Griekse vertaling opgeneem, maar deur die Jode uitgelaat tussen die boeke wat hulle besluit het deel van hulle kánon (gesaghebbende geskrifte) moet wees.
Hierdie besluit is moontlik aan die einde van die eerste eeu nC geneem, alhoewel die Jode vir ‘n lang periode oor die onderwerp gedebatteer het. Omdat dit in die Griekse kánon opgeneem is, het die vroeë Christelike kerk dikwels van hierdie boeke en byvoegings gebruik gemaak. Hul posisie in die Christelike Bybel is nooit volledig uitgeklaar nie tot die Rooms-Katolieke Kerk in die 16e eeu in reaksie op die Protestante se besluit om dit nie in die kánon op te neem nie, besluit het dat dit wel deel van die Roomse kánon is. Die Hervormers het toegegee dat die boeke gelees kan word, maar het bepaal dat leerstelling nie daaruit geformuleer mag word nie. Gelowiges mag dit lees tot eie bemoediging.
OP DIE PAD NA BITTERFONTEIN
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Oom Willem, my pa se goeie vriend en buurman, se plaaswerker van baie jare is skielik dood en oom Willem besluit toe, uit respek vir die getroue werker, om vir hom ‘n goeie doodkis in Kaapstad te gaan koop. Oom Willem spreek met my pa af om saam te ry en sodoende die lang pad korter te maak.
Saterdagoggend pak die twee toe die vier uur lange reis Kaap toe aan met oom Willem se blou-en-wit Chevrolet-bakkie. Daar gekom, het hulle redelik vinnig die doodkiskopery afgehandel, maar toe moes hulle nog ‘n bietjie inkopies vir die vroumense doen. Uiteindelik kon hulle die terugtog plaas toe aandurf en oom Willem het die ou Chev redelik hard gery, want hulle wou nog voor donker tuis wees.
1838: PIET UYS EN DIRKIE UYS SNEUWEL
KULTUURDAGBOEK 11 APRIL
Petrus Lafras (Piet) Uys, Voortrekkerheld, is op 10 Julie 1797 op Potteberg, Swellendam, gebore. In September 1834 is hy die leier van 'n geselskap van twintig wat as gesante van die inwoners van Albanië en Uitenhage die moontlikheid om na Natal te emigreer, ondersoek. Hulle het tot aan die Tugelarivier gereis en in Maart 1835 met 'n gunstige verslag teruggekeer. Hierna het die Sesde Grensoorlog uitgebreek waarna Uys en ander Trekkers onder leiding van sy vader, Jacobus Uys, uit die Kaapkolonie emigreer. Saam met Andries Hendrik Potgieter en Gerhardus Marthinus Maritz, trek Piet Uys in November 1837 te velde teen die Matebele in Transvaal en behaal 'n groot oorwinning.
In Februarie 1838 word die Natalse Trekleier, Pieter Retief, vermoor deur Zoeloes, wat daarna op die treklaers toeslaan. Leierloos nader hierdie mense Uys en Potgieter om hulp. Hulle trek op teen die Zoeloes maar Uys en sy mense word by Italeni in 'n lokval gelei waar Piet, sy dapper seun Dirkie, en agt ander mans sneuwel.
SOOS EERS
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
P G du Plessis het hierdie baie interessante skets van hom so genoem. Hy sê hy het ‘n “uitpak”-gesig, want almal kom altyd hulle probleme voor hom bieg. Hy sê:
Jy moet die gesig daarvoor hê. Nou wát dit is wat die ding in ‘n gesig sit, sou ek nie kon weet nie, maar as hy daar is, dan is hy daar, en dan ly jy. Ek praat van ‘n uitpak-gesig. Daarmee bedoelende dat die eienaar van so’n gesig gedoem is om die probleme, die intieme detail, die geheimsinnigste wense van ander mense aan te hoor. Dié soort gesig wat die dienaars van kerke wat aan die bieg glo, sou wou hê.
Jy word, met so’n gesig, bygeloop op partytjies oor ingroeiende toonnaels, verontregtings deur huweliksmaats, verneukery deur broers, die onregverdigheid by die werk, die probleme met tienderjarige kinders en so verbrands voorts.
Ek het so ‘n gesig, so, met mooiigheid het dit niks te maak nie – seker meer met my vermoë om almal aan te hoor en die ongeloof uit my oë uit te hou.
ONS SONNIGE SUID-AFRIKA
Hierdie gedig het M H Neser (1874 - 1932) in die vorige eeu oor ons pragtige land geskrywe. Dit getuig van sy mooi vaderlandsliefde. Gelukkig vir Neser, weet hy nie hoe dit vandag in Suid-Afrika lyk en gaan nie. Kom ons deel in sy vreugde van destyds oor ons dierbaar land:
Hoera! Vir ons skone, soete land
Ons fraaie Afrika;
Die land hier aan die Suiderstrand
Die land van pa en ma
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (8)
HOE LEI CHRISTUS SY KERK?
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
As ons oor die leiding van die Heilige Gees praat, is dit noodsaaklik om daarop te let dat die belofte van Goddelike leiding nie in die eerste plek aan enkelinge gegee is nie maar aan die gemeenskap van gelowiges as geheel. Onder die gemeenskap van gelowiges moet ons die kerk van Christus verstaan, wat van die begin van die wêreld tot aan die einde bestaan en wel uit alle ware gelowiges uit alle nasies, taalgroepe en volkere.
DUITSE WESIES (9)
GENL SMUTS DIE STOK IN DIE SPEEK (2)
(Lees vorige aflewerings onder Duitse weeskinders 1948 )
Werner (Shellack) van der Merwe
Om sake verder te bemoeilik het die meeste skenkers na aanleiding van die regering onder Smuts se besluit daarop aangedring dat hulle donasies aan hulle terugbetaal word. So byvoorbeeld, het die voorsitster van die plaaslike komitee van Swellendam, mev ME Rothmann, die bestuur versoek om al die geld wat sy ingesamel het (450 pond) terug te stuur sodat sy dit aan die donateurs kon terugbesorg. Mev Rothmann het die hoop uitgespreek dat sake spoedig 'n meer gunstige wending sou neem en dat sy die geld dan weer aan die Fonds kon oorhandig.
In die lig van die ongunstige wending wat sake geneem het, was die dagbestuur verplig om die donasies aan die skenkers terug te stuur, maar daar is nietemin besluit dat gelde slegs op uitdruklike aanvraag uitbetaal sou word. Die bestuur was van mening dat die geld wat tot in daardie stadium ingesamel was en nie op aanvraag aan die skenkers terugbetaal moes word nie, vir noodlenigingswerk ten behoewe van Dietse kinders aangewend kon word. Etlike bestuurslede was byvoorbeeld ten gunste van die gedagte dat weeshuise in Duitsland gefinansier word. Daar is aangetoon dat die Langlaagte weeshuis grootliks gefinansier was met geld wat die Duitse volk na die afloop van die Tweede Vryheidsoorlog aan die Afrikaners geskenk het.
SWAMME
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (3)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Soos beloof praat ons nou oor swamme wat ook onder mikrobes geklassifiseer word omdat dit onder die wêreld se kleinste organismes gereken word.
Hierdie soort mikrobes ken ons in die daaglikse lewe baie goed. Swamme is die eenvoudigste vorm van 'n plantjie. Net soos die plant uit 'n saadjie ontwikkel, ontstaan uit 'n swamspoortjie 'n lang en baie dun draadjie wat hier en daar in sytakkies verdeel. Op hierdie takkies ontstaan die spoorknoppies. As die spoortjies ryp is, van hulle af. Kom hulle op 'n geskikte bodem te lande, dan swel hulle op, ontkiem en vorm opnuut swamdraadjies.
Daar is derduisende soorte swamme. Daar is dié wat in die grond nuttig is en saam met die bakterieë 'n belangrike rol by stikstofverwerking en by die vorming en verbruik van humus speel.
Maar daar is ook swamme in die grond wat vir die landbou baie gevaarlik kan wees. Dit is hulle wat plantsiektes veroorsaak.
AFRIKAANSE TAALKWESSIES (4)
(Lees reeks by Afrikaanse Taalkwessies)
ANGLISISMES
Jeanette Koekemoer
Toe die Afrikaner in die begin van die vorige eeu voortdurend te kampe gehad het met doelbewuste anglisasiebeleidsvoeringe, toe hy hom minderwaardig beskou het teenoor die magtiger en ryker kultuurtaal Engels, het hy sy eie taal soos 'n tere plantjie vertroetel en gekweek – anders as vandag waar Afrikaners dink dis "cool" om drie uit elke vier woorde in geradbraakte Engels tussenin Afrikaans te gebruik in al wat spreektaal en sogenaamde 'Afrikaanse' liedere vir jongmense is. Ná die dwang wat op Afrikaners toegepas is ook tydens die Tweede Wêreldoorlogsjare toe Smuts met sy verering vir Brittanje beheer oor Suid-Afrika gehad het, het Afrikaners se geesteshouding later gelyk aan dié van sy Engelse medeburger geword want hy het in opstand gekom teen doelbewuste vernedering en verlaging van die stand van sy mooi taal.
DOMINEE, WAT SÊ JY DAAR ?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Aantal jare gelede moes ‘n gemeente ‘n nuwe predikant ontvang en in hul midde verwelkom. Tydens die verwelkomingsfunksie het die leierouderling wat as programleier opgetree het, die erns van die verrigtinge opgeluister deur grappies te vertel oor predikante.
Uiteindelik is die dominee wat ontvang word, aan die woord gestel. Hy sê toe: “Ek wil ook graag vir die gemeente iets oor predikante vertel: Daar was ‘n waardige ou predikant wat drie seuns gehad het. Sy oudste seun was ook ‘n predikant en so ook die tweede oudste, maar die jongste seun was die swartskaap van die familie wat sy ou vader baie kommer besorg het.
Een winter het die vier mans alleen saam gaan vakansie hou.
"Na hulle eerste dagreis, slaap hulle die eerste nag in ‘n hotel.
CANTO LAMENTOSO IN A
Hierdie klaaggedig van A G Visser kom uit sy pelgrimsjare uit. Dis nie te sê dat hy nie van mooi musiek en sang gehou het nie, maar ons stem met hom saam dat wat te erg is, darem nou eenmaal te erg is! Geniet dit saam met ons:
Ek verdien ‘n martelaar se kroon
Na al my folteringe:
Die dametjie wat bo my woon
- Miskien ook my verdiende loon -,
Leer net Musiek en Singe.
Vertwyfeld sug ek menigmaal:
“Erbarm U,”- maar in vano –
“Ag, handel sag met die pedaal;
“Speel die vermaledyde skaal
“Eén liewe maal piano.”