Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Slegs die wysste van mense ken hierdie geheim – en hulle is gewoonlik nie ryk aan materiële dinge nie: As jy gelukkig wil wees, geniet dit wat jy reeds besit, hoe min ook al.
AFRIKAANSE TAALKWESSIES (4)
(Lees reeks by Afrikaanse Taalkwessies)
ANGLISISMES
Jeanette Koekemoer
Toe die Afrikaner in die begin van die vorige eeu voortdurend te kampe gehad het met doelbewuste anglisasiebeleidsvoeringe, toe hy hom minderwaardig beskou het teenoor die magtiger en ryker kultuurtaal Engels, het hy sy eie taal soos 'n tere plantjie vertroetel en gekweek – anders as vandag waar Afrikaners dink dis "cool" om drie uit elke vier woorde in geradbraakte Engels tussenin Afrikaans te gebruik in al wat spreektaal en sogenaamde 'Afrikaanse' liedere vir jongmense is. Ná die dwang wat op Afrikaners toegepas is ook tydens die Tweede Wêreldoorlogsjare toe Smuts met sy verering vir Brittanje beheer oor Suid-Afrika gehad het, het Afrikaners se geesteshouding later gelyk aan dié van sy Engelse medeburger geword want hy het in opstand gekom teen doelbewuste vernedering en verlaging van die stand van sy mooi taal.
DOMINEE, WAT SÊ JY DAAR ?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
‘n Aantal jare gelede moes ‘n gemeente ‘n nuwe predikant ontvang en in hul midde verwelkom. Tydens die verwelkomingsfunksie het die leierouderling wat as programleier opgetree het, die erns van die verrigtinge opgeluister deur grappies te vertel oor predikante.
Uiteindelik is die dominee wat ontvang word, aan die woord gestel. Hy sê toe: “Ek wil ook graag vir die gemeente iets oor predikante vertel: Daar was ‘n waardige ou predikant wat drie seuns gehad het. Sy oudste seun was ook ‘n predikant en so ook die tweede oudste, maar die jongste seun was die swartskaap van die familie wat sy ou vader baie kommer besorg het.
Een winter het die vier mans alleen saam gaan vakansie hou.
"Na hulle eerste dagreis, slaap hulle die eerste nag in ‘n hotel.
CANTO LAMENTOSO IN A
Hierdie klaaggedig van A G Visser kom uit sy pelgrimsjare uit. Dis nie te sê dat hy nie van mooi musiek en sang gehou het nie, maar ons stem met hom saam dat wat te erg is, darem nou eenmaal te erg is! Geniet dit saam met ons:
Ek verdien ‘n martelaar se kroon
Na al my folteringe:
Die dametjie wat bo my woon
- Miskien ook my verdiende loon -,
Leer net Musiek en Singe.
Vertwyfeld sug ek menigmaal:
“Erbarm U,”- maar in vano –
“Ag, handel sag met die pedaal;
“Speel die vermaledyde skaal
“Eén liewe maal piano.”
DIE BYBEL (8)
Lees reeks by DIE BYBEL
Dr JP Botha
In hierdie artikel wil ons ‘n bietjie meer kennis opdoen oor Die Boeke van die Bybel. Benewens die Bybel self, gebruik ons as bron daarvoor Die Bybel A-Z, van Jan van der Watt.
Die Bybel is eintlik ‘n biblioteek van boeke. Die boeke is oor ‘n lang periode van ongeveer 2 000 jaar geskryf en verskil dus baie, nie alleen wat die verskillende situasies betref waarin die boeke ontstaan het nie, maar ook wat inhoud betref. Natuurlik was daar ook baie verskillende skrywers. Ook die literêre styl van die boeke verskil: Party boeke is geskiedenis-beskrywings, ander is gedigte, ander bevat weer ‘n klomp wette of kort wysheidspreuke. Die Bybel is dus nie net ‘n biblioteek boeke omdat daar baie boeke (66 in totaal in die Afrikaanse Bybel en 82 in die Rooms-Katolieke Bybel) is nie, maar ook omdat dit ‘n baie wye verskeidenheid boeke bevat.
TERRORISME IN DIE MIDDE-OOSTE
Lees reeks by Suid-Afrikaanse Terroristebewegings
DIE SEWENTIGER- EN TAGTIGERJARE
Jeanette Koekemoer
" Ghadaffi van Libië wat deesdae weer baie in die nuus is het skynbaar heelwat hulp aan Nidal verskaf soos wat hy ook aan talle ander terroriste-organisasies geldelike hulp verleen het en daardeur vandag nog terroristevriende, ook in Suid-Afrika, het. Aan Nidal het hy in die tagtigerjare na bewering jaarliks 5 miljoen dollar gegee en sowat 6 miljoen vir die aanvalle op die lughawes van Rome en Wenen betaal tesame met aktiewe hulp waar nodig. Dit is nie bekend hoeveel hy aan die ANC tydens hulle aktiewe terrorisme-jare betaal het nie."
Alhoewel hierdie artikel nie hoofsaaklik oor 'n Suid-Afrikaanse terroristebeweging handel nie hou dit verband en word dit onder dieselfde reeks geplaas.
Aan die begin van die sewentigerjare het die organisasie Tahir al Hatani al Falsetini (Al Fatah) die Palestynse Bevrydingsorganisasie (PBO) oorgeneem. Yassir Arafat, toe nog leier van Al Fatah, het die leier van die nuwe groep geword wat as die PBO bekend gestaan het. Andrew Mack beweer dat een groep nie as verteenwoordigend van die Palestynse volk gesien kan word nie omdat daar soveel verdeeldheid onder die Palestyne bestaan. Wiesband en Roguly verklaar egter dat "the end of 1974 and early part of 1975 witnessed the rise of the PLO as fully authorised representative of the Palestinian people".
Volgens Eliyahu Tal het die groep reeds in 1964 ontstaan, maar dit het later 'n sambreelorganisasie geword vir 'n wye verskeidenheid groepe wat dikwels antagonisties teenoor mekaar was. Die meeste van hierdie groepe is in die laat sestigerjare en vroeë sewentigerjare gestig.
DIE BESTAAN VAN AFRIKAANS (6)
(Lees reeks by Die bestaan van Afrikaans )
WINSTE EN VERLIESE IN VERSKILLENDE TAALFUNKSIES
en DIE STATUS VAN 'N TAAL
Dr JC Steyn
Ons gebruik taal vir talle soorte situasies. Die baie woorde wat na taalgebruik verwys, toon dit aan: praat, spreek, preek, skryf, lees, luister, gesels, skerts, vloek, sing, skinder, stry, vra, antwoord ... Daarby kan ons praat met gesinslede, vriende, vreemdelinge, parlementslede, predikante, kroegmaats, kinders, grootouers...; jy kan spreek op 'n politieke vergadering, jy kan iets vra by 'n polisieman, 'n mens lees boeke, jy luister radio en jy kyk-luister televisie.
Op grond hiervan onderskei taalsosioloë soms tussen twee basiese soorte taalfunksies: 'hoë' en 'lae' funksies. Die hoë funksies is die gebruike van taal in staatsinstellings, kerkdienste, universiteitslesings, radio en televisie.
Die lae funksies is soos die gebruik van taal in gesprekke met vriende en familielede, vir grappe en informele kommunikasie. Albanese Griekse kinders praat omtrent oral Grieks behalwe wanneer hulle skurwe grappe vertel. Die seuns praat nie in Griekse Albanees met meisies nie behalwe as hulle wil aandag trek.
Die hoë funksies is so uiteenlopend van aard dat 'n mens moet onderskei tussen:
DIE KEEROMSTRAAT- KLIEK (3)
Lees die reeks by Die Keeromstraat-kliek
SA STAP AF VAN GOUDSTANDAARD
Dr At van Wyk
Intussen het die toestand versleg en het Die Burger, onbewus van die nuwe wending wat voor die deur staan, nog op 27 Desember 1932 hardnekkig volgehou dat die Regering nie van goud sou afstap nie. Toe het Stanley die Britse regering reeds op 24 Desember aan die hande van "sterk dog geheel en al onbevestigde gerugte" per kabel in kennis gestel van die voorgenome afstapping van goud op 28 Desember, wanneer die banke sou heropen.
Hy was vol in die kol. Dinsdagaand 27 Desember om 10:30 reik die Suid-Afrikaanse Tesourie 'n verklaring uit. Dit is heel rustig in die redaksie van Die Burger. Daar is weinig belangwekkend om oor te berig. Die kan gemmerbier word nadergetrek. Omstreeks elfuur lewer Reuter se bode die Tesourieverklaring af. Die hoofsubredakteur, Otto du Plessis (later Administrateur van Kaapland), lees die berig en herkou die laaste, die sleutelsin. Dit meld dat die Regering toegestem het om die Reserwebank te onthef van sy verpligting om met goud vir sy note te betaal en dat sulke note 'n wettige betaalmiddel van die Reserwebank word. Hy snap dit nie mooi nie; die vertaler, JF (Kowie) Marais, ook nie.
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (7)
Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA
DIE SMIT-MOORDE (2)
Terwyl Robert Smit oppad terug van Switserland is skakel Hendrik van den Bergh vir Eschel Rhoodie in Amerika en vra dat hy op die eerste vlug na Johannesburg klim, waartoe Rhoodie dadelik instem.
Intussen het Smit die Vrydag tuis opgedaag en met sy motorbestuurder gereël om hom die volgende oggend om agtuur te kom oplaai om na John Vorster te gaan. By Vorster is daar met die deur in die huis geval.
"Die meeste dinge is so helder soos daglig maar daar is nog 'n paar kwessies wat bevestig moet word," het Smit aan Vorster gesê.
"Met ander woorde, daar is nog bietjie speurwerk wat gedoen moet word?"
"Ja, die kuns gaan wees om antwoorde te soek sonder om die bynes oop te krap," was Smit se antwoord aan Vorster.
"Het jy hulp nodig, Robert?" wou Vorster weet.
"Nee, liewer nie. Dis erg genoeg dat ek Jeanne-Cora sal moet vra om die verslae te tik omdat ek nie daartoe instaat is nie," het Smit gesê.
Terwyl Smit se Mercedes terugry, het 'n wit Ford dit op 'n veilige afstand agtervolg, by 'n telefoonhokkie gestop, die bestuurder het uitgeklim en 'n nommer geskakel:
"Van den Bergh hier."
"Dis ek."
"Wat het gebeur?"
POLITIEKE SLUIPMOORDE IN SUID-AFRIKA (6)
Lees reeks by Politieke sluipmoorde in SA
DIE SMIT-MOORDE (1)
Dit was 'n lang dag vir Robert Smit in die NP-kantoor in Springs. Die Eerste Minister, John Vorster het daarby nog 'n verrassingsbesoek aan die kantoor gebring. Smit was besig met 'n aardskuddende verslag wat Saterdag gereed moes wees, 'n taak wat hy aanvanklik as 'n uitdaging beskou het. Hy dink weer terug aan daardie dag toe Vorster hom geskakel en gevra het om hom te kom sien. Die ekonoom het dadelik ingestem om die volgende oggend daar te wees – min wetende van die taak wat Vorster hom wil gee en wat presies nog alles op hom wag...
Oppad daardie oggend na Vorster het Smit nog sit en dink aan die slinkse maniere wat hy in die departement van finansies al moes help bedink om produkte van militêre belang in die buiteland in die hande te kry. 'n Bank is altyd gebruik om die groot bedrae geld na die buiteland oor te plaas. Weens die 'sensitiewe' aard van die transaksies was die 'koper' en die 'verkoper' meesal die enigste twee wat geweet het wat die werklike waarde van die goedere was. Smit was in baie gevalle die tussenganger tussen die departement van finansies en die ander rolspelers. Die evaluering, monitering en ouditering van die buitengewone transaksies was enige bankier se nagmerrie. Sommige transies het mense soos PW Botha, Connie Mulder, Eschel Rhoodie en Hendrik van den Berg betrek. Smit se vaardighede is soms tot die uiterste beproef om op die hoogte van die 'verbeeldingryke' transaksies te bly.
REISIGER NA DIE KOELTE
LAND VAN ONS VADERS
(Lees reeks by Land van Ons Vaders)
Dolf van Niekerk
Jy wil hê ek moet aan die lente raak... en jou vertel hoe dit in mý land bot. Want, so sê jy mos, alle paaie lei na koelte, en elke rit het sy boom, en elke boom kry nou sy blaar. Ek weet – jy hét gesien toe die witstinkhout op die spruit se wal nou die dag spikkelgroen uitslaan. Of het die wilde salie vanjaar éérste ingespring? Want so gebeur dit mos: wanneer die dag stil raak, wanneer die son en die geluide gaan lê, dan kom die skemerluggie en roer aan die geure van die wêreld; hy krap in die spruit rond, stoot die saliegeur los, en dié ry loshand op die stilte tot by jou.
Maar ek sal jou sê: ek het gedroom dat die soetdoring se swart stam skielik uit die niet 'n groeisel aanhet – dié soort groen wat net die natuur kan meng: dié groen waarin jeug se hart, die oog van vreugde, 'n skewe glimlag van die skoonheid en stuifmeel van die liefde saamgeroer is. En elke boom ken dié genade van die seisoen: wanneer die eerste warmte, selfs sonder vog, hom aangeraak het. Tot die mees beskeie boom wat in my land groei. Daarom sal ons op dié rit seker altyd koelte hê tot in die hart van die Kalahari.
WAT IS IN 'N NAAM?
Hans du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Ry ek en HP toe Limpopo toe om te gaan werk. Nee, die provinsie, nie die rivier nie. Ons is Lepalale toe, jy weet, net daar wes van Mokopane, nee man, bietjie verder van Polokwane...
Ons was in Ellisras, as jy dan nou moet weet.
Wat is in 'n naam?
Ek moet sê dié Lepalale lyk vir my nog baie na Ellisras: mooi Bosveld met die groot maroelas, bietjie raasblaar en baie rooibos, hardekool en kierieklapper. Jy hoor nog die fisante in die oggend, en neushorings wieg nog altyd op hulle eie stemme; en die katlagters lag nog altyd en die kwê van die kwêvoël klink nog net soos toe dit Ellisras was.
Vir wat loop verander hulle al die name?
Hulle?
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (7)
GOD GEE LEIDING DEUR SY WOORD
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
God praat vandag nog met mense. Een van die redes waarom mense kerk toe gaan, is om leiding uit die Woord van God te ontvang. Dát mens die Woord kan hoor, is maklik om te sê, maar die vraag hóé 'n mens die Woord hoor, is vir baie 'n probleem.
'n Professor by die kweekskool vertel van 'n jong predikant wat met sy intreepreek gesê het dat hy oortuig is dat die Here hon geroep het. Ná die diens het 'n ouerige dame hom voorgekeer en gevra: " Dominee, het jy regtig die Stem gehoor?" Selfs vir baie gelowiges is dit 'n vraag wat presies bedoel word as 'n gelowige sê dat hy deur die Here "geroep" is of as hy sê: "Die Here het hierdie boodskap vir my gegee om te verkondig."
Diegene wat kennis dra van die 'charismatiese beweging' is dikwels in die verleentheid omdat hulle gekonfronteer word met allerlei profesieë en gesigte. 'n Tyd gelede het daar byvoorbeeld 'n 'profesie' in Kaapstad die rondte gedoen dat Christene nou moet begin grond koop! Baie mense se reaksie daarop was dat hulle gesonde verstand dit ook vir hulle kon gesê het – dit was nie nodig vir 'n openbaring nie. Paulus leer ons om versigtig te wees vir mense wat te maklik met openbaringe te koop loop. Dis juis teen sulke geesdrywers wat hy te velde trek in sy tweede brief aan die Korinthiërs in hoofstukke 10-13. Blykbaar het hulle gespog dat sy openbaringe nie so goed soos hulle s'n was nie!
Daar is verskeie maniere waarop iemand se aanspraak dat God met hom gepraat het, verstaan kan word:
DIE BEDELAAR
Hans du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die honger laat hom aanhou loop, en loop is nie maklik nie, die sypaadjie se sement brand warm deur die gat in die linksersool.
En dis juis my linkervoet wat deesdae nie so lekker is nie, dink hy; swaar om arm te wees, sug hy by homself, vloek binnensmonds die vreemde hond wat teen die vreemde hek knor.
Dit is een van die strate wat hy nie ken nie, maar hy het spesifiek vir vandag op 'n nuwe straat besluit, die ou strate gaan nie vandag werk nie; hy voel dit sommer, soos wat hy vooraf weet by watter huis hy watter storie met sy pet in die hand gefrommel, moet opdis. Sy ou kastimmers gee ook nie meer geld nie want hulle ken al sy stories oor die kindertjies by die huis wat nie skoolgeld het nie, en die siek vrou wat ook nie meer kan werk kry nie. En hy wat nie kan werk nie. "Die long, Mevrou, asbesmyne is nie 'n grap nie." As hy net vooraf geweet het Ermelo het nie asbesmyne nie...
HELDEDOM IN KUNS
Dr F.E.J. Malherbe
"Heldedom, waarom verlang die mensheid steeds weer na heldedom?"
In ons tyd van oorloë en gerugte van oorloë en van 'n verpolitiekte kultuur is dit makliker vir die ernstige om 'n sinikus te wees as 'n gelowige. Maar ware erns is liefde, liefde tot die verhewene. Ware erns is stryd, stryd om die volmaking van eie lewe. Erns en voleidiging soek die stilte op. Maar ware liefde soek na die daad, die daad wat tot die broeder uitgaan, maar nooit vóór die stryd in eie stilte besleg is nie. Wie aan die siel van die broeder arbei, voor hy dit aan sy eie siel doen, is 'n woordkramer en 'n huigelaar.
'N LEESLUSTELOSE VOLK
OU KRIEWELKOP
Ons praat oor leeslus, en die aankweek daarvan, en oor opleiding, want hoe sal 'n mens lees as hy nie geleer het om te lees nie? En ons praat oor geleentheid, want hoe sal 'n mens lees as hy nie boeke in die hande kry nie? Maar as die allereerste voorvereiste moet daar leesbare leesstof wees, en dat dié taak om diegene wat nie lees nie aan die lees te kry, in die eerste plek op die skrywers rus is nie betwisbaar nie. Met ander woorde, nie alleen kan jy nie lesers hê as jy nie skrywers het nie, maar jy sal nie lesers hê as jy nie vir hulle skrywers het nie. Om dan te praat oor hoe ons vir meer lesers sal sorg, is om by die verkeerde punt te begin; dis agterstevoor redenasie. Ons moet vra wat daar vir ons te doen is om te sorg dat ons skrywers sal hê wie se werk gelees sal word.
VOLKSVERRAAD (4)
Koos Bester
Lees reeks by Volksverraad
AFRIKANER-POLITIEK "STINK"
"Op die graf van De Klerk moet 'n goeie vaderlander die volgende grafskrif aanbring: 'Hier lê De Klerk. Hy het regs gewys en links gedraai.' ... By die Afrikaner se grafskrif sal dan staan: 'Hier is die enigste volk ter wêreld wat so min van homself gedink het dat hy selfmoord gepleeg het!'."
Terwyl dan nou hier 'n woord gespreek word oor wantroue, is dit dalk gepas om 'n gewese Vryheidsfront-wetgewerlid, dr Christo Landman, aan die woord te stel soos hy hom oor die saak uitgelaat het in die AEB lyfblad, Impak, van 10 November 2000. Hy raak die netelige saak van die IDASA-komplot en verbandhoudende optrede in die relaas aan, en daarom is dit te meer uiters gepas om van hierdie standpunt kennis te neem. Hy skryf onder die opskrifte 'Herstel vertroue só in die politiek', en, 'Politici moet "stink naam" regstel' :
"Die politiek het vir homself die naam verwerf van 'dit stink'. As die politiek stink, dan is politici self daarvoor verantwoordelik. Van die vernaamste argumente wat ons hoor is:
- politici misbruik die 'volk' deur oor volksbelang maar alleen te praat;
- eenmaal verkies is 'eie belang' en by politici deurslaggewend;
- jy kan politici nie op hul woord neem nie vanweë geheime agendas;
- in kort: politici het 'n onverdiende geloofwaardigheidskrisis 'verwerf'. Voorbeelde is daar legio.
VOLKSVERRAAD (3)
Koos Bester
Lees reeks by Volksverraad
DIE IDASA-KOMPLOT
In 1997 steier die Konserwatiewe Party oor onthullings van die sogenaamde "Conservative Dialogue Programme" (CDP) van die Amerikaans-befondste 'Institude for a Democratic Alternative for South Africa. (Idasa).
Idasa se frontmense in Suid-Afrika was die gewese Progressiewe Federale Partyleier en onderleier, onderskeidelik Frederick van Zyl Slabbert en Alex Boraine. Boraine sou sy swanesang in Suid-Afrika se ver-linkse politiek sing as lid van die berugte Tutu-kommissie. Idasa was in sy aanvangsjare en kort nadat Van Zyl Slabbert en Boraine die parlementêre politiek verlaat het sodat hulle die toneel buite die parlement in gereedheid kon bring vir die ANC en die SAKP, oënskynlik selfs te dik vir 'n daalder vir Nasionale Perskoerante.
In Februarie 1992 was Idasa gereed om pens en pootjies by die KP in die bed te klim. Die Trojaanse perde was die tweelingbroers Constand en Abraham Viljoen.
VOLKSVERRAAD (2)
Koos Bester
Lees reeks by Volksverraad
DIE AVF/ANC-OOREENKOMS
Een van die fakse wat by Radio Pretoria uitgekom het, was uit die AVF-kantoor. Dit is die "Memorandum of agreement between the African National Congress and the Afrikaner-Volksfront." Die memorandum gedateer vir ondertekening deur genl Constand Viljoen as leier van die AVF-afvaardiging en Thabo Mbeki vir 18 Desember 1993 in Johannesburg, is glad nie deur die aangewese twee onderteken nie.
Op die getikte memorandum is verskeie veranderings in handskrif aangebring deur 'n onbekende persoon.
Gegewe die inhoud van die memorandum kan met reg aangevoer word dat die AVF-leierskap totaal afgewyk het van die Konserwatiewe Party se verklaarde standpunte – soos goedgekeur deur die KP se provinsiale en spesiale kongresse – teen onderhandelings met die ANC en die besluite wat die Volksvergadering op 29 Januarie 1994 sou neem, vooruitgeloop het.
Punt 1.1 verklaar:
VOLKSVERRAAD (1)
Koos Bester
VAN KP TOT AVF
Geen enkele geskrif het dieper wonde in behoudende Afrikaner-geledere geslaan as die opsienbarende werk, VOLKSVERRAAD, van oud-Nasionale Intelligensie-agent, Piet Pretorius nie.
Dit het aanleiding gegee tot verskeie siviele gedinge. In een uitspraak ten gunste van die destydse KP-leier, dr Ferdi Hartzenberg gegee, in 'n ander teen die HNP, en in nog 'n geding teen genl Tienie Groenewald en ten gunste van die HNP en mnr Jaap Marais. Genl Groenewald het aangevoer dat mnr Marais die eintlike outeur van die boek is.
Dit is geen verrassing dat genl Groenewald met soveel wrewel teen die HNP en mnr Marais losgetrek het nie. In VOLKSVERRAAD is aangevoer dat genl Groenewald in diens van die Amerikaanse CIA sou wees; daarin is uitgewei oor genl Groenewald se broer Jan, op sy dag hoofsekretaris van die AWB en op 'n kritieke tydstip wegbreker van die AWB, se beweerde betrokkenheid by die inligtingsdienste. Die HNP het in sy lyfblad, Die Afrikaner, ook groot gewag gemaak van die bewering dat genl Groenewald die eintlike gees agter FW de Klerk se Rooi Vrydag-toespraak is, waarin die kommuniste en die ANC ontperk is.
EK IS MAAR NET AFRIKAANS
Hans du Plessis
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
"Sonder Afrikaans is ek niks," het wyle Jan Rabie by geleentheid gesê. Sonder taal is ek heeltemal niks, wil ek bysê. Ek is wat ek praat en ek praat wat ek is. Dit is taal wat van my mens maak, 'n spesifieke mens. Ek is Afrikaans omdat ek Afrikaans praat en ek praat Afrikaans omdat ek Afrikaans is, en die keuse om dit te bly, is my eie.
Ja, ek ken die statistiek, ek ken die taalkundige argumente en ek hoor die politieke retoriek, ek dink ek verstaan selfs soms die mosie. Maar maak taal dood en jy maak mense dood, want taalmoord is wettig. Natuurlik kan 'n taal doodgaan, oorle Paulus het dit hoeka vir die Korinthiërs gesê; die aarde wemel van dooie tale...
As daar een argument in die taaldebat is wat my op Engels laat lag, is dit dat Afrikaans sal bly lewe as daar mense is wat haar praat. Natuurlik is dit nodig dat iemand 'n taal praat om haar lewendig te hou, maar 'n blote praattaal se oorlewingskans is maar skraal.