NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As die hoof van ‘n land onreg bedryf en bose wette uitvaardig, mag die gelowige hom nie daarin volg nie. In hierdie verband spel Hand.5:29 vir gelowiges die goue reël uit waar ons lees: “En Petrus en die apostels antwoord en sê: Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense”.

RORKESDRIFT

LAND VAN ONS VADERS

(Lees reeks by Land van Ons Vaders)

Dr WJ de Kock

Uit die pen van 'n Britse soldaat

Wanneer ek dink aan groot nagte in dié land se geskiedenis – nagte van moed, van vlug, nagte van bloed en bid - dan is die nag van 22 Januarie 1879 onder die voorste nagte. Die plek: Rorkesdrift, Natal.

Kyk daar onder, dis Buffelsrivier daar wat met sy groot kronkeldraaie na die Tugela loop en verder, baie verder tot waar ons daardie dae die forte gebou het, nog verder tot by die see waar die seesoldate was in die swaar dae van Ketsjewajo se oorlog.

En daar, effens links, kyk, dis die berg van die "Skaap se Blaarpens" – Isandhlwana – waar 1 000 mense se bloed gevloei het die oggend voor ons die Zoeloes hier gekeer het.

En hier by ons is die plek waar ons handjievol daardie nag gestaan het. Eenkant, daardie selfde woonhuis waar die Sweedse sendeling nou woon, dit was die hospitaal. Daardie kant waar hul kerk nou staan, die pakskuur. Hier was ons laer in die middel, en hier waar ons manne nog rus, onder grafstene, netjies en wit en mooi versorg, hier het hulle tussen die Zoeloes gelê. En die Zoeloes is ook nog hier na al die jare – daar by die groot sinkskuur waar die swart klip tussen die taaibosse staan, daar het ons hulle by hope begrawe voor die warm somerson op hul blink lywe kon skyn...

'n Wonderwerk was dit daardie nag. Noem dit wanhoop, noem dit dapperheid of wat jy wil, maar so iets gebeur net een maal. 'n Verhaal om oor te vertel net om te wys wat vlees en bloed vermag as die dood vlak voor jou staan: siek mense, halfdooies en 'n paar wat skynbaar deur geen koeël of assegaai geraak kon word nie, almal wat soos besetenes skiet en baklei tot dagbreek toe.

Ons het dit nooit verwag nie – dat so iets kon gebeur in dié ellendige ou plekkie waar ons daardie Januariemaand ons manne oor die ponte sien trek het, duisende Rooibaadjies oppad in die arm son oor die bulte om hul eerste kamp onder Isandhlwana se berg op te slaan. Een van die drie rooi kolonnes wat Ketsjewajo se land moes platloop. Maar in tyd van oorlog gebeur dit nie altyd soos jy dit beplan nie; die dinge swaai om en dan moet jy keer. Soos ons hier wat gedink het ons pas mielies en beskuit en siek soldate op tot die oorlog oorkant die rivier oor is...

Dis julle Boere wat die eerste in hierdie wêreld die Zoeloe-assegaai leer ken het. Die land wat julle Voortrekkers wou hê om in te woon, het die Britse kolonie Natal geword. Die krag wat Dingane van Tsjaka geêrf het, het julle Andries Pretorius leeg getap by Bloedrivier en in die Makonko-heuwels. Maar hierdie land oorkant Tugela en tot bo in Drakensberg se hoek het nog die trotse Zoeloe-volk van Panda gedra. Sagsinnige ou Panda wat vriend van Boer en Brit gebly het, en die lemme van sy jongmanne nooit in witmensbloed laat doop het nie. Ook nie toe sy seun Kesjewajo ongeduldig teen die lang vrede diknek begin maak het nie. Meer as 30 jaar het hy goedgehou met die Engelse regering, tot hy na sy vadere verhuis het en Ketsjewajo sy nuwe kraal by Ulundi gebou het, nie ver van waar julle Voortrekkers in 1838 die ou Dingaanstat verbrand het nie.

Van toe af was die pad na die oorlog toe afdraand – afdraand tot die jaar 1879. Kort na die Nuwejaar was dit Brit teen Zoeloe. Ons wou hulle gaan soek oorkant die Tugela, met drie kolonnes. Ek was by die een in die middel, maar by Rorkesdrift moes ek agterbly – by die blikkiesvleis, mielies en beskuit, en die siek kêrels wat deur diarree en disenterie platgetrek is op die pad na Zoeloeland...

Rorkesdrift. Ek weet nou nog nie wie die man was wat sy naam aan die plek gegee het nie. Daardie dae al was dit 'n sendingstasie van die Swede. Twee huise waarvan in die een ons 'n hospitaaltjie gehad het, sowat 35 man. Buitemure van klip, binnemure van klei en party kamers met net 'n buitedeur. Dertig tree verder die ander (ook strooidak soos die eerste) wat 'n kerkie was maar wat ons as stoor gebruik het. Agtertoe, klein krale en vrugteboord, en daar aan die suidekant die koppie wat Oscarsberg heet. Soldate was daar nog nie honderd nie, die meeste van die 24e regiment, die South Welsh Borderers. Ons bevelvoerder was 'n jong luitenant van die Royal Engineers; 'n lang, skraal kêrel met die naam wat vandag beroemd is: John Chard.

Die somerreëns het die swart turfwêreld om Rorkesdrif deurweek daardie jaar, en die gras het liggies gegolf duskant Buffelsrivier en ver oorkant waar ons mense moes wees onder die vingerberg by Isandhlwana. Die sonnetjie het ons lui gebak. Werk was daar nie, behalwe as die waens van Helpmekaar se kant kom met al die kiste en sakke wat in die stoor gestapel word. Chard was onder by die drif besig om die pont reg te maak. Toe gebeur dit, drie-uur daardie middag, 22 Januarie 1879...

Twee ruiters oorkant wink en skree. Een is 'n Boer, 'n luitenant Adendorff. Die perde is kapot gejaag. Die tyding wat hulle bring, is te verskriklik om waar te wees: die Zoeloes het pas die hele kamp onder die berg oorval en uitgemoor! Meer as 'n duisend siele. En hulle kom – hulle kom hierheen, die aasvoëls van Ketsjewajo. Hier is die poort na Natal.

Staan of vlug? Hoe kan jy vlug? Helpmekaar toe? Dis te ver, met siekes daarby en 'n pad wat opdraand loop. Staan? Teen die hordes van Ketsjewajo wat nou reeds halfpad hierheen is, duisende van hulle, bloeddronk van vanmôre se sege oor die Rooibaadjies? Hoe lank kan jy staan voor die assegaaie hul werk doen? Maar daar is nie tyd vir aarsel nie. Daar sal baklei word. Chard en Bromhead het hul besluit geneem en elke man wat op sy voete kan staan, sukkel uit die hospitaal om te help.

Oor 'n uur is hulle hier. Raak vat en gou vat. Matrasse in die vensters, skietgate in die kleimure stamp, beskuitkiste opstapel, mieliesakke pak. Die paar waens trek soos die Boere dit in hul groot gevegte met hierdie mense al so dikwels moes doen. So word kerk, kraal en hospitaal 'n laer, waar 141 man die dood moet afkeer met koeël en bajonet en die leeuemoed wat in die uur van hul nood van elkeen 'n held maak – elkeen behalwe dié wat te swak en siek is om te roer...

Dis vieruur en hulle is hier: die vyand wat geen genade ken nie, twee hele regimente van Ketsjewajo se uitsoekmanne onder bevel van Dabulamanzi self – die Witskilde, die manne van die impies Ulundi en Gqikazi, vars in die stryd, want hulle het vanmôre nie aan die moordslag deel gehad nie.

Het jy dit algehoor as 4 000 Zoeloes op die skilde trommel en stamp op die aarde en Usutu bulder? As die horings agter om jou skamele laertjie sluit en jy weet dis nou hulle of jy! Nie net assegaaie nie, ook koeëls. Want gewere was daar ook – Martini's wat hulle, gode sy dank, nog nie goed kon hanteer nie.

Jy skiet terug en hulle kom weer, jy skiet dood en daar is honderde agter hulle. Dan spring jy maar met die bajonette oor die mieliesakke. Bajonet teen assegaai. Hulle val terug na die boord, die son sak. Hulle kom weer terug. Ons veg van kamer tot kamer in die hospitaaltjie, ons sukkel die kreunende siekes daaruit. Ons breek gate in die kleimure waar net 'n buitedeur is, haal dit net van kamer tot kamer voor die dood sy voet insteek. Skielik is daar die reuk van brandende gras en dit rook. Hulle het die hospitaal aan die brand gesteek! Een van die siekes brand dood. Ons kan hom nie meer red nie. Terug na die binnelaer waar jy laag buk agter die mieliesakke, raak skiet, want elke skoot is 'n wig teen die dood. Tussen ons lê ons eie dooies en sterwendes – aaklig in die grillige, dansende vlamme. Dis 'n helse toneel van worstelende mense, swart en wit, Satanslawaai en krete wat die bloed koud in die are laat loop. Oor alles heen hang die rookwalms waarin jy stik en die brandende reuk van die kruit. Die geweerlope is so warm dat daar blare op jou hande staan. Hoe lank nog? Hoe lank nog voor die patrone op sal wees? Die dak is uitgebrand. Die nag is stikdonker. Daar val weer 'n balk wat soos 'n spooklantern die gruweltoneel verlig. Skiet waar dit roer. Skiet raak. Tot dit nie meer roer nie.

Dit word stiller. Uit die nagkring kom nog enkele flitse. Wat gaan hulle doen, hierdie jaghonde van Ketsjewajo? Eén laaste aanval om ons plat te loop soos die gras van die veld? Maar dis te stil, daar gebeur niks. Die wonder het gebeur – in die ooste skiet die eerste lig van die daeraad deur die hemel oor Zoeloeland. Oorkant Buffelsrivier verskyn hulp – Britse troepe, manne van die hoofmag en die bevelvoerder self. Dabulamanzi het soos die nag self gewyk met sy Witskilde – maar byna 400 het hy om die laer van Rorkesdrift gelaat. Dis hulle wat ons hier in die taaibos begrawe het. En daar lê ons 17 – offer van die nag se verskrikking.

Wie sal sê wie in hierdie nag die dapperste was? Nie almal kan medaljes dra nie. Maar elf kry die Victoria-Kruis, elf vir wat hier plaasgevind het – 'n ongelooflike prestasie in die geskiedenis van die Britse wapens. Hulle moet die simbool bly, almal van hulle, van Chard, Bromhead en dokter Reynolds af tot by die wilde Switser, Schiess, wat soos 'n besetene heen en weer oor die mieliesakke met sy bajonet gespring het en telkens op wonderbaarlike wyse die assegaaie ontwyk het – simbool van die durf en die glorie van die manne van Rordesdrift wat oor geslagte heen spreek...

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3208 gaste aanlyn