Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Wat jy tot My gebid het... het Ek gehoor". Ook in tye van krisis en nood luister die HERE na sy kinders soos Hy hier geluister het en Hiskía gehelp het.
ELIA EN ELISA (1)
MANNE VAN GOD
Lees reeks by Boek: ELIA EN ELISA
Dr JP Botha
Elia, die eerste van die groot profete in die Ou Testament, wat op bevel van die Here die volk moes waarsku om nie die afgodediens van koning Agab na te volg nie, was 'n man van die veld, wat die eensaamheid en die stilte in die natuur tussen die berge liefgehad het. Daar het hy in sy afsondering sy krag geput uit sy daaglikse gemeenskap met God, waar hy tuis was tussen die bleek heuwels en die eensame berge.
Hy het feitlik 'n asketiese lewe gevoer, weg van die gedrang van mense in die stede, maar hy het nooit gehuiwer om onverskrokke voor die massas en die vyandige koning te staan en die Woord van die Here te verkondig nie.
Elisa, die tweede van die groot profete van die Here, was nie soos sy voorganger 'n alleenloper nie, of 'n seun van die woestyn nie, maar het op 'n vreedsame plaas in die Jordaanvallei grootgeword. Hy was meesal in die stad, of by die profetegemeenskap, of by sy huis in Samaria. Hy het hom met die alledaagse lewe van die volk bemoei, mense uit hul moeilikheid gehelp en 'n aktiewe aandeel aan die politiek geneem.
Die groot Elia het ook die volk se toewyding geniet, maar het nie so in kontak met hulle geleef soos Elisa nie. Elisa was nie so 'n groot konfrontasiemens soos Elia nie. Hy het deur al die wonders wat deur hom plaasgevind het, bewys dat God ook aandag skenk aan die klein dinge in menselewens, aan die konkrete, alledaagse behoeftes van die mens en nie net aan volkskrisisse nie. Daarom word die mens geroep tot naastediens en praktiese hulpverlening. So het Elisa die toewyding en geloof in God onder die volk bevorder.
Die twee groot profete vertel nou elkeen persoonlik vir ons hoe hulle deur God gebruik is om in die bres vir sy volk te staan, in 'n tyd toe Israel deur goddelose konings tot afgodediens verlei is.
Elia gaan met sy wonderlike verhaal begin en na sy hemelvaart, kom Elisa aan die beurt.
Mag u 'n geseënde rukkie deurbring in die geselskap van hierdie twee groot manne van God.
______________
Inhoud
Voorwoord
Die skeuring
My herkoms
Afgodediens by Salomo
Staatkundige probleme
Die skeuring
Agteruitgang
Baäl kry vastrapplek in Israel
Verdere onrus in Israel
Goddeloos maar bekwaam
Die wonderlike Samaria
Gruwelike afgodediens
Agab neem oor
Die Baäl-diens word gevestig
Isébel
Die Baäl-diens floreer in Israel
Geweeg en te lig bevind
Isébel verag Israel
Ek word God se boodskapper
Die groot droogte
Na Samaria
My boodskap
Die droogte slaan toe
Ek vlug na Krit
Ek vlug na Sarfat
Die meel in die pot en die olie in die kruik
Haar seun sterf maar word weer opgewek
Op die berg Karmel
Agab soek weiveld
Die Here stuur my na Agab
Israel trek op na Karmel
Die uitdaging
Die Here is God!
Die Baäls word gestraf
Nou gaan dit reën!
Ek vlug na Horeb
Isébel wil my vermoor
Ek vlug
Onder die besembos
By Sinaï
In God se skool
Ek ontvang 'n nuwe opdrag
Agab se oorloë
Die sondes duur voort
Die Arameërs
Samaria word beleër
God gee uitkoms
'n Tweede oorwinning
'n Onheilige verdrag
Nabot se wingerd
Die Jisreëlvallei
Die wingerd
Kinderagtige Agab
Moordplanne
Die straf
Agab se berou
God se strafgerig
Opkoms van 'n nuwe wêreldmag
Die Assiriërs slaan toe
'n Nuwe bondgenootskap
Oorlog met die Arameërs
Die 400 profete
Die leuengees
Die geveg
Agab sneuwel
Ahasia sit afgodediens voort
Ahasia se ongeluk
My laaste opdrag
Deur vuur verteer
Ek gaan na Samaria
Joram word koning
Uitroeiing van Agab se geslag
Elisa
Na die paradys
My herkoms
Gesalf as profeet
My opleiding
Sy aardse taak is afgehandel
Elia se laaste reis
Die profetegemeenskap
Na Jerigo
Na die Jordaan
Die opvaart
Jerigo se water
Die twee bere
Water in die woestyn
Lieflike wonderwerke
Die byl dryf op die water
Die giftige kos
Kos vir 100
Die weduwee se olie
Die Sunemmitiese vrou
Die Here sorg vir sy kinders
Naäman se genesing
Die krygsraadsitting in Damaskus
Die Arameërs wil my vang
Hulle word blind
Jy moet jou vyand liefhê
'n Dogtertjie word weggevoer
Naäman se siekte
Die brief
Gaan was jou in die Jordaan
Hoe sê 'n mens dankie?
Vanwaar, Gehasi?
Hongersnood in Samaria
Die Arameërs maak weer oorlog
Die beleg begin
Die honger begin knaag
Die twee vroue
Jy sal dit met jou eie oë sien
Die Arameërs vlug
Die vier melaatses
Volkome verlossing
Jy sal nie self daarvan eet nie
Meedoënlose Jehu
Jehu gesalf as koning
Joram se einde
Ahasia se einde
Isébel se einde
Die dood van 70 prinse
Ek is 'n jaloerse God wat die misdaad
van die vaders besoek aan die kinders
Die slagting van die Baäl-aanbidders
Jehu se koningskap
Elisa neem afskeid
Na Damaskus
Benhadad sterf
Hasael se oorloë
Jehu se opvolgers
My siekte
My toekoms
Epiloog
Van dieselfde Skrywer:
Langs die Toelanie
Met ryperd en Mauser
Voortrekkerpioniers in Oos-Transvaal
Die Mafeking-debakel
Die Bittereinders op die Pad van Suid-Afrika
Paulus, bittereinder vir God
Adina se Briewe...