NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Mense is soos wyn – in die storms van die lewe word sommige asyn terwyl ander weer meer karakter verkry.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (3)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

SKRIF OF ERVARING?

"Jy toets nie die Skrif aan jou ervarings nie, jy toets jou ervarings aan die Skrif.   En dis die groot verskil tussen charismate en Gereformeerdes.   Ons sê soos die groot Hervormers van ouds Soli Scriptura – slegs die Bybel!"

“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte” ( 1 Pet.1:19).

Sou Petrus, indien hy uit die dood moes opstaan, onder charismate tuis voel?  Hy het tog in tale gepraat, siekes genees, geprofeteer en wonderlike ervarings gehad waarvan die verheerliking van Christus op die berg seker die wonderlikste was.   In 1 Pet.1:16 getuig hy juis daarvan: “...ons was aanskouers van sy majesteit”.

As Petrus ‘n charismaat was, sou hy net oor sy ervarings gepreek het.  Hy doen dit egter nie omdat die Bybel vir hom ‘n baie meer betroubare toetssteen vir sy geloof was.  Petrus sou vandag eerder onder Gereformeerdes tuis gevoel het.  Hy doen die regte ding en ag die Bybel belangriker as geestelike ervarings en wondertekens!

In die teksvers sê hy dat die profetiese woord baie vas is.   Ervarings en belewenisse het geen vastigheid nie.  Desondanks bou miljoene dwaalgeeste hul geloofslewe daarop.  Die Bybel is die enigste vaste fondament vir die geloofslewe.   Jy toets nie die Skrif aan jou ervarings nie, jy toets jou ervarings aan die Skrif.   En dis die groot verskil tussen charismate en Gereformeerdes.   Ons sê soos die groot Hervormers van ouds Soli Scriptura – slegs die Bybel!

Baie mense het al die charismatiese beweging uit frustrasie verlaat.  Om darem vir die res van jou lewe gedurig na nuwe ervarings te soek is genoeg om ‘n mens gefrustreerd te maak!    Die geloofslewe is vir charismate ‘n eindelose pelgrimstog van die een ervaring na die ander.  En as die een ervaring nie beter as die ander is nie, wonder hulle wat met hul geestelike lewe skort?

Sommige charismate maak selfs daarop aanspraak dat hulle Jesus al persoonlik gesien het.   Jy moet net genoeg geloof hê!   Jare gelede het ‘n Amerikaner vertel dat Jesus elke oggend vir hom in die badkamer kom kuier het terwyl hy geskeer het.  Dan het hulle so deur die skeer heen lekker gesels.  Dis loutere onsin!  ‘n Mens wat die Here sien, sal verskrik en nie familiêr met Hom raak nie, laat staan nog aangaan met skeer!  Toe Jesaja God sien, het hy bevrees uitroep: “...Wee my, ek is verlore!...” (Jes.6:5).   By geleentheid sê ‘n bedroefde Petrus vir Jesus: “Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige man!” (Luk.5:8).

Dit bring my by die heel skadelikste dwaling van die ganse charismatiese beweging:

DIE ONTKENNING VAN DIE GENOEGSAAMHEID VAN DIE BYBEL.

In kort kom dit daarop neer dat die Bybel nie genoeg vir ons sieleheil bied nie.  Daar moet telkens nuwe openbarings bygevoeg word.   Dit bots lynreg met ‘n duidelike en laaste waarskuwing in die Bybel: ”Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is” (Openb.22:18).

In Joh.14 sê Jesus vir die dissipels dat Hy hulle gaan verlaat.  Hulle moet egter nie ontsteld wees nie.  In Hom sien hulle die Vader.  Hy sal hulle nooit wees agterlaat nie, maar voorsien.   Filippus was egter nie tevrede nie.  Jesus se woorde was nie genoeg nie.  Hy het na ‘n teken, ‘n wonderwerk, ja, iets meer dramaties gesoek.  Daarom sê hy vir Jesus: “Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg” (:8)   Dit het Jesus bedroef.  Was Hy dan nie meer as genoeg nie?  Het Filippus dan nie Jesus se werke gesien en sy woorde gehoor nie?  Waarom wil hy nog meer hê?  Dit was ‘n belediging vir die Seun van God; ‘n belediging wat vandag nog deur almal wat meer as die Skrif wil hê, herhaal word.  Dis ‘n growwe belediging aan God wat Hom genoegsaam aan die mens in die Skrif openbaar.  Charismate doen presies dieselfde!

Gelowiges durf nie na ervaring bo die waarheid en genoegsaamheid van die Skrif smag nie. Alle ervaring is aan die Skrif onderworpe.  Dit wat daarmee ooreenstem, word aanvaar.  Dit wat nie daarmee ooreenstem nie, word verwerp.  Die Skrif is en bly genoegsaam!

By geleentheid was twee manne na die kruisiging oppad na hul huis in Emmaus.  Hulle was verward oor wat in Jerusalem gebeur het toe Jesus by hulle aangesluit het.  “En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het” (Luk.24:27).    Later sê hulle vir mekaar: “Was ons hart nie brandend in ons toe Hy.....vir ons die Skrifte uitgelê het nie?” (:32).

Hulle het ‘n wonderlike ervaring gehad; hulle harte het gebrand omdat Jesus vir hulle die Skrif uitgelê het.  Let op wat hulle harte brandend gemaak het - nie die ervaring om saam met Jesus te loop nie, maar sy gesagvolle Skrifuitleg.  “En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag gehad het....” (Mt.7:28,29).  Gelowiges soek slegs na die rykdom van die Woord van God.  Dis meer as genoeg!

Petrus het nie toegelaat dat sy ervarings, hoe wonderlik dit ook al was, sy geloofslewe vir hom voorskryf nie.  So ook nie Paulus nie.  En wat ‘n wonderlike ervaring het hy nie met sy bekering naby Damaskus gehad nie!   ‘n Verblindende lig het hom omstraal en ‘n stem uit die hemel met hom gepraat waarna hy van ‘n vervolger na ‘n volgeling van Jesus verander het.

Paulus kon maklik sy ervaring die hart van sy prediking gemaak het.  Nogtans doen hy dit nie.  Hy gaan reg te werk en gebruik die Woord van God! “En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte” (Hand.17:2).  Selfs nadat God hom later die hemel laat sien het (2 Kor.12:1-4), het hy nie oor die dinge wat hy daar gesien het, gepraat nie, maar oor die Skrif.  Ervaring verleen nie groter geloofwaardigheid aan die Evangelie as die verkondiging van die Woord nie.  Daarom steek charismatiese predikers met hul oordrewe klem op tekens en wonders sommer baie lelik by gesonde, Bybel-gefundeerde prediking af!

Paulus het tot aan die einde van sy lewe uit die Skrif bly preek. “....en baie het na hom in sy verblyfplek gekom.  En in ‘n kragtige getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus” (Hand.28:23).

Ongelukkig volg charismate nie Paulus se voorbeeld nie, maar bewandel eerder ‘n pad wat gereeld deur liberaliste, humaniste en heidene bewandel word.  Dit veroorsaak onderlinge spanning.  Enersyds wil charismate aan die Bybel vashou.  Andersyds is ervaring hul gesagsbron.  Dis ‘n teologies onhoudbare situasie!   Die Bybel het meer as genoeg gesag.  Dit het nie mense se ervaring nodig om dit ‘n hupstoot te gee nie.  Die Skrif is van meet af aan deur die Heilige Gees besiel.

Baie charismate is werklik ernstig met hul godsdiens.  Hulle laat my egter aan die Jode dink waarvan Paulus in Rom.10:2 skryf: “Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis” Charismate het ‘n ywer sonder kennis.  Dis die gevolg van ‘n geesdrif sonder ‘n Bybelse fondament.  Keen but clueless, in Engels.  Charismate benader die geloofslewe sonder hul verstand omdat hulle glo dat geestelike ervarings waardevoller as verstandelike instemming is.  Dis allermins wat die Bybel sê!

Die ganse openbaring is juis op kennis en verstand gegrond.  Ons kan God net bewonder indien ons dit met die verstand doen.  ‘n Godsdiens wat kennis verag, is onheilsaam.  Pas dus op vir die ervaringsteologie. Gevoelsgodsdienste lê bitter na aan die afgodsdienste.  Baie van die charismatiese gebruike herinner ‘n mens sterk aan heidense rituele – verrukkings, brabbeltaal en beswymings.

Wat is die oorsprong van hierdie vreemde aanbiddingsvorm?  Die Kanaänitiese Baäl-aanbidding.   Gevoelsgodsdienste is niks anders as ‘n herlewing van ‘n soort van Baäl-aanbidding nie!   Wees dus versigtig vir ervaring; Satan gebruik dit om mense se oog van die profetiese woord wat baie vas staan weg te neem.  Duisende mense word jaarliks slagoffers van die ervaringsgees en stroom na die lekker kerke wat al hoe groter word. Die ware kerk, daarenteen, word al hoe kleiner.

Die Bybel waarsku gelowiges dat daar baie Sataniese wonders en tekens net voor Jesus se wederkoms gaan plaasvind om mense wat nie aan die waarheid vashou nie, te mislei.  Mense gaan van die Bybel losgemaak word.  Dit gebeur alreeds!

Die stryd teen die gesag van die Skrif woed tans op twee fronte.  Eerstens is daar ontspoorde teoloë wat openlik sê dat daar foute in die Bybel is (Nuwe Hervormers).  Tweedens is daar ‘n groep wat die Bybelse gesag subtiel opsyskuif deur die genoegsaamheid daarvan te betwyfel (Charismatiese beweging).   Dis een en dieselfde stryd net uit verskillende oorde!

Hoe lyk gesonde godsdiens?   Dit staan op die waarheid.   Nie drome, ervarings, gesigte of watter bonatuurlike dinge ook al nie; slegs die waarheid.  In Joh.17:17 bid Jesus: “Heilig hulle in u Waarheid, u Woord is die waarheid” Wat die Christendom vandag nodig het, is nie ‘n klomp wolhaar-leerstellinge nie, maar ‘n herwaardering van die waarheid van die Skrif.

Mense moet tot stilstand kom en hulself die vraag afvra: “Is dit wat my kerk en my leraar vir my leer 100% in ooreenstemming met God se Woord?” Een van die Hervorming se leuses is Soli Scriptura – alleenlik die Bybel.  As ons dit nie toepas nie, verloor ons die stryd om die Bybel en gaan ons geestelike mure kort voor lank soos diè van Jerigo ineenstort.

Laat ons eerder soos die gelowiges van Berea (Hand.17) baie versigtig met die geloofslewe omgaan en alles aan die toets van die Skrif onderwerp.  Dit gaan enersyds groot inspanning verg, maar andersyds groot vreugde en seën bring!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10544 gaste aanlyn