NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geld is kosbaar, 'n huis ook goed, maar die allerbeste is 'n goeie vriend, in donker dae gee hy jou moed. Groete aan al ons vriende in die geloof!

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (1)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

“Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie.  Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mt.7:22,23).

INLEIDING

Satan haat die kerk van die Here Jesus en doen alles in sy vermoë om dit te skaad.  Hy doen dit op twee maniere.  Eerstens val hy die kerk van buite af aan soos tydens die Joods-Romeinse vervolging aan die begin van die Christelike era en eeue later tydens die kommunistiese bewind in Oos-Europese lande.

Tweedens val hy ook die kerk met dwaallering van binne af aan.   Dit skep verwarring omdat die leuen met die waarheid vermeng word om die Woord van God kragteloos te probeer maak.  Satan weet dat die Bybel die lewenskompas is wat God aan mense gee om hul lewenspad mee reguit te hou.  Net soos wat ‘n foutiewe kompas mense nie by hul bestemming gaan uitbring nie, so ook nie ‘n verdraaiing van die Bybel nie.  Vir die Satan gaan dit uiteraard om een ding – mense moenie by die hemel uitkom nie!

Dwaallering is skadelik omdat die waarheid vir die leuen verruil word sodat mense dwaallig vir sterre aansien.  Maar waarom dwaal mense?  Jesus antwoord diè vraag in Mt.22:29 as Hy vir die Sadduseërs sê :”......Julle dwaal omdat julle die Skrifte nie ken nie...” MENSE KEN NIE DIE SKRIF NIE!

Mense doen nie moeite om dit te bestudeer nie en aanvaar wat ander vir hul sê.  Ongelukkig leef ons in ‘n era waar mense met tweedehandse inligting tevrede is.   Hulle stel nie vas of dit wat gesê en verkondig word, die waarheid is nie.  Hulle het lui geword.  Daarom neem dwaling toe, veral op godsdiensgebied.  En dis baie gevaarlik.  Jou siel is op die spel en kan jou die ewige lewe kos!

Ek wil by een van die grootste dwalings van ons tyd stilstaan;  - die charismatiese gevaar.   Dit maai veral onder ons jeug en rig skade aan mense se geesteslewe aan.  Gelowige is geroepe om die waarheid teenoor die leuen te verdedig.  Johannes Calvyn het gesê dat ‘n hond minstens blaf as sy eienaar aangeval word.  Ons kan nie niks wil doen as ons hemelse Eienaar aangeval word nie!

Om die leuen maar sy gang te laat gaan uit vrees vir konfrontasie, is om aan God ongehoorsaam te wees.  Gelowiges moet dwaalleraars summier die stryd aansê.  “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16).

Baie gelowiges besef dat charismate dwaal, maar swyg omdat hulle nie die kennis het om hulle dwalings teen te staan nie.  Ek wil u help deur vir u die nodige inligting te gee om dwaalgeeste tereg te wys soos God van ons verwag.  Die waarheid moet t.w.v. eerbied vir Christus en ‘n liefde vir die waarheid altyd oor die leuen seëvier!

Die Woord van God eis van ons om vredemakers te wees.  “Jaag die vrede na met almal...” (Heb.12:14).  Nogtans moet ons nooit t.w.v. oppervlakkige vrede terugdeins en dwalings duld nie.  Ons moet iets daaraan doen.   Verdraagsaamheid teenoor dwaalleer, neem deesdae epidemiese afmetinge in baie Protestantse kerke aan.

In Hand.17 word iets prysenswaardig van die gelowiges in Berea (Griekeland) gesê:  “En hierdie mense was edelmoediger as diè in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was” (:11).  Dis nie verkeerd om kerke se leerstellings in die lig van die Bybel te ontleed en dwaallering aan die lig te bring nie.  Ons moet dit as ‘n verpligting ag en nie terugdeins om leuens uit te wys nie.  Paulus het mense dikwels baie sterk aangespreek.  Hy skryf aan Timoteus van twee dwaalgeeste wat hy selfs aan die Satan oorgegee het (1 Tim.1:20)!

Elkeen wat God liefhet, het die waarheid lief.  Wie die leuen liefhet, het God nie lief nie.  ‘n Liefde los van die waarheid is huigelagtige oorgevoeligheid wat dwaalleer in gemeentes laat ontstaan.  Die Bybel leer ons egter om die waarheid altyd liefdevol te verkondig. “maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus” (Efes.4:5).

Ek wil met hier die lig van God se Woord op die charismatiese dwaal- beweging laat val wat baie van ons jongmense van hul geestelike ankers losgemaak het.   My raad aan jongmense is die raad van Paulus aan die jong Timoteus: “Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het” (2 Tim.3:14).

Die charismatiese beweging wemel van onskriftuurlikhede.  Die gevaarlikste is die oorbeklemtoning van ervaring.  Alles in die charismatiese kerke draai om die as van geestelike ervarings. Baie van dit wat hulle leer, is subjektief en nie bewysbaar nie.  En kritiseer jy hulle, is die gort gaar!   Hulle haal graag 1 Kron.16:22 aan: “Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie” Hoe kan leuendienaars gesalfdes of profete wees?   Nie almal wat daarop aanspraak maak dat hulle gesalfdes van God is, is deur Hom geroep nie.  Let op die teksverse.

Charismate getuig van bo-natuurlike ervarings met die Heilige Gees, genesings en boodskappe wat hulle persoonlik van God ontvang het sonder om Skrif enigsins reg te verkondig nie.  Subjektiewe ervarings verdring die boodskap van God!

Vir baie charismate is ‘n Evangelie sonder tekens en wonders onaanvaarbaar.  Hulle toets die Bybel aan hulle ervarings i.p.v. hul ervarings aan die Bybel te toets!  Dis mos nie wat jou ervaring van die Bybel sê nie, maar wat die Bybel van jou ervaring sê, wat tel!   As charismate dit maar net wou doen, sal hulle tot hulle skok agterkom dat hulle dinge leer wat nie met die Bybel strook nie.  Wie sulke dinge verkondig, is ‘n kragtige instrument in die hand van die Satan!

Charismate glo dat mense eers tekens en wonders moet sien alvorens hulle sal glo.  Dit het aan die begin van die 1980’s ‘n nuwe rigting in hul midde laat ontstaan wat as die Teken- en Wonderbeweging bekend staan.   Nee, ervaring kan nooit die toets vir Bybelse waarheid wees nie!  Alles wat as Christelik opgedis word, is nie noodwendig van God nie.   Kyk weer na die twee teksverse.   Daar is net een toets – die waarheid soos in die Bybel opgeteken is.

Die charismatiese beweging is geen eenheid nie, maar ‘n horde van versplinterings.  Gevolglik is dit baie moeilik om hierdie beweging dogmaties te omskrywe.  Daar is egter sekere leerstellings wat by almal voorkom – die opvallendste is die leer van die doop met die Heilige Gees wat glo ná die bekering plaasvind.  Charismate sien dit as ‘n tweede seën (second blessing) waarna bewustelik gestreef moet word.   Daarsonder is jy as’t ware ‘n tweedeklas gelowige!   Dis ‘n skerp verdelende faktor; diegene wat die doop met die Heilige Gees het en diè wat dit nie het nie.  Laasgenoemdes word as geestelike agtergeblewenes beskou.

Diegene wat die sg. doop met die Heilige Gees ontvang, is dikwels gespanne omdat hulle altyd meer geestelik as die ander moet voorkom, al ervaar hulle ook geestelike laagtepunte.  Hulle is dan met die Heilige Gees gedoop!   Daar is baie toneelspel!

Gelowiges moet leerstellings in die in die lig van die Skrif ondersoek en soos die gelowiges van Berea wees wat in die Skrif gaan kyk het of alles wat aan hulle verkondig is, waar was.   Mense kan so maklik dink dat hulle met die dinge van die Here besig is en dan is dit nie so nie.  Paulus het wyse raad: “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thess.5:21).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10487 gaste aanlyn