NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons herdenk die Slag van Bloedrivier as 'n groot daad van God in ons geskiedenis, 'n daad wat ons nie mag vergeet nie en aan óns opkomende geslagte moet oordra. Daarby gedenk ons dit as 'n groot daad in die geskiedenis van die Kerk van die HERE in ons land en oor die hele wêreld.

ADINA SE BRIEWE (2)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

Adina in Jerusalem

Nie lank na Adina se aankoms in Jerusalem nie, het sy aan haar vader,  rabbi Efraim van Alexandrië oor haar wedervarings by haar nuwe tuiste geskryf en vertel watter indruk die heilige stad op haar gemoed gemaak het:

Liewe Vader,

Ek kan amper nie meer wag dat die volgende kameel-karavaan hierdie week na Alexandrië moet vertrek nie, want ek brand om u te vertel wat ek alles beleef het vandat ek 'n maand gelede hier in Jerusalem aangekom het.  Die karavane se halte is buite die stad by die Gihonfontein, naby die Waterpoort.

Die lang reis was maar baie vermoeiend.  Die ou groot diere stap tog so stamperig oor die grond.  My lyf was voos gekneus en die warm son het ons daelank geteister.  Dit was op sy ergste toe ons die kant van die Sinaïwoestyn bereik het.   Ons paar passasiers se verligting was groot toe ons uiteindelik die glinsterende koepels van die sinagoges in die deinserige vertes voor ons gewaar.

Oom Simon en tant Hanna en my liewe niggie Salóme, het my by die karavaanhalte kom haal.  Hulle het deur die Waterpoort gekom met 'n groot en gerieflike rytuig wat deur twee mooi perde getrek is.

U het my nooit vertel dat oom Simon 'n baie vermoënde man is nie.  Hulle het 'n mooi, groot huis in die stad, naby die Skaappoort.  Hulle het my so vriendelik ontvang en verwelkom dat ek dadelik tuis gevoel het.  My niggie, Salóme, is net so oud soos ek.  Ek het sommer dadelik van hierdie liewe meisie gehou, en sy ook van my, sodat daar reeds 'n hegte vriendskap tussen ons ontwikkel het.

Ná my eerste week se verblyf by ons vriendelike familie, het Salóme aangebied om my die besienswaardighede van die heilige stad te gaan wys.  Ek weet u het jarelank hier in Jerusalem gewoon en ken die stad seker nog baie beter as ek, maar sedert u na Alexandrië verhuis het, het hier baie veranderinge plaasgevind.  Daarom vertel ek maar vir u so een en ander van wat ek gesien het en wat 'n groot indruk op my gemaak het.

Ek en Salóme het heel eerste die Olyfberg gaan besoek.  Dit is eintlik 'n sabbatsreis ver uit die stad en ek wou dit graag sien.  Dit is 'n belewenis om op die berg te staan en op die twee dele van Jerusalem af te kyk.  Aan die voet van die berg lê die pragtige tuine van Getsémané.  Op ons terugtog van die berg af, het ons deur die tuin gestap.  Toe kom ons by 'n lae heuweltjie verby, waar daar 'n snaakse rots bo die ander uitstaan.  Dit het my laat gril, want dit het duidelik die vorm van 'n menslike kopbeen.  Salóme sê hierdie heuwel word Golgota genoem en is die plek waar die Romeinse owerheid sy ter dood veroordeelde misdadigers aan kruise spyker om te sterf.

Ek hou nie van hierdie plek nie.  Ons het maar vinnig verder gestap totdat ons aan die westekant van die stad deur 'n groot poort 'n kolossale ringmuur binnegegaan het.  Dit is geleë op die plato van die tempelberg, waar al die voorhowe op reusagtige terrasse gebou is.  Die een lê hoër as die ander en die tempelgebou self steek in stralende prag bo almal uit.  Dit is 'n wonderlike gesig om te aanskou!

Was hierdie pragtige tempel al voltooi of nog in aanbou toe u Jerusalem destyds verlaat het?  Oom Simon sê, alhoewel niemand hier 'n goeie woord het vir koning Herodus die Grote wat hierdie tempel herbou het nie, moet ons tog maar teen wil en dank erken dat dit mooier is as die tempel van Salomo.

Ons het deur die westelike poort tot in die buitenste voorhof gekom.  Salóme het gesê dis die voorhof van die heidene.  Dit is 'n groot plein wat alkante deur pilaargange omring word.  Vanaf hierdie plein kan 'n mens deur 'n ander poort die Romeinse vesting, Antonia, bereik.  Daar is nege poorte wat tot die eintlike tempel toegang verleen.  Ons het deur die Skone Poort in die voorhof van die vroue ingegaan.  Ons moes daar omdraai omdat ons as vroue nie die reg gehad het om in die voorhof van die Israeliete in te gaan nie.  Hier mag nie-Jode ook nie inkom nie.  Daar is ook 'n voorhof vir die priesters en agter hom is die Heilige, wat deur 'n swaar voorhangsel van die Allerheiligste geskei word.

Hier vanaf die tempelberg het 'n mens 'n baie mooi uitsig oor die bo-stad, wat die suid-westelike deel van Jerusalem uitmaak.  'n Mens kan daarvandaan die indrukwekkende paleis van Herodus sien en 'n klein endjie verderaan ook die swierige huis van die hoëpriester Kajafas.  Reg voor die paleis van Herodus kon ons die praetorium sien waar goewerneur Pilatus gewoonlik regspraak hou en ook die groot plein, of Gabbata, waar hy die volk toespreek.  Die raadsaal van die Sanhedrin is ook langs hierdie groot plein in die bo-stad geleë.

Die ryk mense, soos oom Simon, woon almal in die bo-stad.  Salóme het my ook deur 'n deeltjie van die onder-stad geneem.  Die huisies lyk maar armoedig.  Salóme sê hier woon baie armes wat baie dae nie weet wat hulle die volgende dag gaan eet nie.

Onderwyl ons so in die nou straatjies tussen die mense gestap het, het hulle almal net Aramees gepraat.  Dit lyk vir my ons volk ken nie meer Hebreeus nie.  Ek weet dat een van die redes waarom u my na Jerusalem laat kom het, is om my kennis van ons taal, Hebreeus, op te knap, sodat ek die geskrifte van die profete beter kan ontsyfer wanneer ek weer by u in Alexandrië kom woon.  Ek skryf maar vir u hierdie brief in Grieks, die taal wat ons almal in Alexandrië so goed ken.  Ek het die Afgelope week hier meer Aramees geleer as Hebreeus.  Dit is 'n mooi taal wat 'n mens maklik aanleer, want dit is verwant aan Hebreeus.

Met ons rondkuiery in die bo-stad op die groot markplein en in die tempel se voorhof van die heidene, het ons heelwat Hebreeus gehoor, veral by die deftige skrifgeleerdes en Fariseërs en Sadduseërs wat daar oral rondgestap het.  Maar Pappa, ons het iets daar in die tempel gesien waarvan ek niks hou nie.  Toe ons nog so in die groot voorhof tussen die mense rondstap en alles bewonder, hoor ons 'n geweldige harde stem deur die saal weerklink.  Ons het saam met 'n klompie mense in die rigting beweeg waarvandaan dit gekom het.  Langs die pilaargang het 'n Fariseër op 'n verhogie gestaan, sodat ons hom mooi kon sien.  Hy was besig om te bid en hy het dit net so luidkeels gedoen as waartoe hy in staat is.  Hy het vir Jehova vertel hoe 'n goeie man hy is en dat hy nie so vol sonde is soos die armsalige mense wat hier rondom hom staan nie.  Nadat hy amen gesê het, wou 'n paar van die mense met hom praat,  maar hy het gemaak asof hy hulle nie raaksien nie.  Hy het met sy neus in die lug en met sy oë na bo, met 'n paar papirusrolle onder die arm, daar weggestap asof ons nie bestaan nie.

Oom Simon sê dit gebeur amper elke dag in die tempel en dit bring wantroue en verwydering tussen die volk en die leiers wat vir hulle die pad na die Here moet aanwys.  Hy sê elkeen kan met 'n stok voel dat sulke luidrugtige gebede in die openbaar net bedoel is om vir die mense te wys hoe wonderlik hulle in hul eie oë is.  Hy noem al die Fariseërs van die Sanhedrin 'n eiegeregtige, hardvogtige en hoogmoedige klomp, wat nooit enige meegevoel of genade aan hul volksgenote betoon nie.  Oom Simon sê hy het eenmaal toe hy in die tempel gaan offer het, gesien hoe een van die Fariseërs daar by die poort 'n hulpelose blindgebore bedelaar te lyf gaan, omdat dié vir hom 'n aalmoes gevra het.

Pappa, so het ek nie ons Fariseërs in Alexandrië leer ken nie.  U is self een en u het my altyd op die hart gedruk dat die Here van ons verwag om reg en geregtigheid te handhaaf en al die bepalings van sy wet streng na te kom.  Skrywe asseblief vir my wat u van hierdie voorval dink.

Gedurende die afgelope maand het ek reeds al baie van die stad en omgewing gesien.  Oom Simon het vir my en Salóme en tant Hanna een môre met sy perdewa na sy plaas geneem.  Ons het die heeldag daar vertoef, onderwyl oom Simon saam met sy voorman die verskillende afdelings van sy groot boerdery nagegaan en sake met sy werkers bespreek het.

Om daar te kom, ry 'n mens oor die pragtige dorpie Betanië en dan nog ongeveer vier kilometer ooswaarts.  Dit is 'n groot plaas wat besproei word uit 'n hele paar standhoudende fonteine en 'n paar vlak waterputte.

Pappa was seker al op oom Simon se plaas toe u en Mamma in Jerusalem gewoon het.  Vir my was dit 'n wonderlike belewenis om saam met Salóme tussen die pragtige olyfbome, wat teen die helling van 'n heuwel geplant is, rond te kuier.  Langs die olyfboord strek sy goedversorgte wingerd verderaf na 'n laagte toe.  In die vallei word groente gekweek soos lensies, erte, bone, komkommers, knoffel en uie.  Oorkant die vallei is 'n vrugteboord wat hoofsaaklik vye en granate lewer.

Oom Simon gebruik ook 'n stuk grond aan die onderkant van sy boorde om koring en gars te saai.  Ek en Salóme het by sy groot dorsvloer langs gestap en ook 'n draai gemaak by die parskuipe en olyfpers, voordat ons die diere in die netjiese stalle gaan bekyk het.  Oom Simon hou nie osse aan vir ploeg- en karweiwerk nie, maar gebruik 'n klompie esels daarvoor.  Die voertuie waarmee hy self rondry, word deur spogperde getrek.

Hierdie mooi plaas word bewerk en versorg deur 'n paar slawe en 'n aantal gehuurde arbeiders.  Oom Simon het vir almal huisvesting voorsien.  Sy voorman, Jason, is self 'n kundige boer en baie pliggetrou.  Oom Simon besoek maar sy plaas so eenmaal per week.  Hy laat gereeld voorrade stad toe bring vir huishoudelike gebruik en bied sy produkte te koop aan op die groot markplein van die stad.

Pappa, ek het die uitstappie na die plaas baie geniet.  Nou weet ek hoe baie van ons mense hier in die heilige land leef.  Oom Simon hulle is egter van die min bevoorregtes wat so ryk bedeel is met aardse goedere.  Salóme sê haar pa is nie 'n suinige man nie.  Hy gee gereeld een-tiende van sy inkomste vir die werk van die Here.  Sy glo dat Jehova hom daaroor seën met so baie aardse besittings.

Skrywe asseblief vir my of dit daar in Alexandrië nog goed met u gaan.

 

Van u dogter   Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10638 gaste aanlyn