NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan maar enige ding doen om uiterlike skoonheid te bevorder maar daar is in werklikheid net een geheim tot skoonheid wat waarlik blywend is en duidelik wys: lewensblyheid. Geen skoonheid is bekoorlik sonder 'n lewensblye gesindheid nie.

ADINA SE BRIEWE (9)

Dr JP Botha

Lees reeks by Adina se briewe

O, DIE ONGELOOF!

Na  ontvangs van sy dogter se brief waarin sy met soveel geesdrif vertel het hoe Jesus deur middel van gelykenisse die mense meer van die koninkryk van God leer, het die rabbi haar baie ernstig gewaarsku om nie die skrifgeleerdes en Fariseërs te kritiseer nie, want niemand weet beter as hulle wat in die wet van Moses staan en hoe om dit na te kom nie.  As hulle fout vind met dié Jesus oor wie sy so baie skryf, dan moet hulle baie goeie redes daartoe hê.  'n Paar van die rabbi se Fariseër-vriende van die Sanhedrin in Jerusalem het Alexandrië besoek en vir hom vertel dat die Nasarener die volk teen hulle oprui en dat die Romeinse owerheid dit as rebellie teen hulle self mag beskou.  Hulle vertel ook dat Jesus sê dat Hy die Seun van God is en hy vra of sy dogter dit dan nie as godslastering beskou nie.  Dit lyk vir hom of die doel waarvoor hy haar na Jerusalem laat gaan het, groot skade ly en hy dink dat dit vir haar beter sal wees om na Alexandrië terug te keer, waar sy nie aan soveel verkeerde invloede blootgestel is nie.

Adina was wel in 'n mate geskok om so'n uitspraak van haar ortodokse pa te ontvang, maar sy het met baie minder hartseer as tevore, en feitlik met 'n jubeling in die hart, geskrywe wat die wonderlike Jesus verder alles doen:

Aan my liewe Pa

Baie dankie vir u brief.  Ek was bly om so gou van u 'n antwoord op myne te ontvang.  U moenie oor my bekommerd wees en dink dat ek permanent hier in Jerusalem wil bly nie.  Laat my asseblief toe om nog 'n rukkie verder getuie te wees van die merkwaardigste gebeurtenisse wat nog ooit op die aarde plaasgevind het.

Toe ek en Salóme in Galilea was, het ek gehoor iemand vra vir Jesus waar Hy tuis is.  Jesus het vir hom gesê die jakkalse het gate en die voëltjies van die hemel het nessies, maar Hy, die Seun van die mens, het nie 'n plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.  Ek kon toe nie help om te sien dat sy klere nie meer van die heel beste was nie.  Met ons terugreis na Jerusalem het ek en Salóme besluit om na ons tuiskoms vir Hom 'n goeie onderkleed te weef.  Ons het dit onder toesig van tant Hanna, met groot toewyding gedoen.  Ek voel trots daarop dat ons 'n baie mooi kledingstuk, sonder enige naat, voltooi het.  Daarna het ons net op 'n geskikte geleentheid gewag, wanneer Jesus hier na Jerusalem sou kom, om dit aan Hom te oorhandig.

Hy het met sy dissipels die huttefees hier in Jerusalem kom bywoon.  Op hulle lang pad vanaf Galilea hierheen, het hulle deur 'n streek van Samaria gereis.  Laat een middag, toe Jesus en sy dissipels al baie moeg was, het Hy by 'n waterbron gaan sit om 'n bietjie te rus.  Dit word die fontein van Jakob genoem.  Sy dissipels het na die stad Samaria gegaan om vir hulle kos te koop.

Onderwyl Jesus vir hulle sit en wag, vra Hy vir 'n vrou wat kom water skep het, 'n bietjie daarvan om te drink.  Die vrou was verbaas dat Hy, wat 'n Jood is, vir haar, 'n Samaritaanse vrou, dit kon vra, maar Jesus het vir haar gesê, as sy geweet het wie Hy is, sou sy vir Hom lewende water gevra het, wat Hy aan haar sou gegee het.

Sy was nog meer verbaas, omdat Jesus nie eers 'n skepding by Hom gehad het nie.  Hy het vir haar gesê, elkeen wat van hierdie put se water drink, sal weer dors kry, maar elkeen wat van die water drink wat Hy gee, sal nooit weer dors kry nie, want dit sal in hom 'n fontein word van water wat opborrel tot in die ewige lewe.

Toe wou die vrou graag van hierdie lewende water hê, maar toe Jesus vir haar vra om haar man te gaan roep, het sy gesê sy het nie 'n man nie.  Jesus het geweet sy het nie 'n man nie; sy het alreeds vyf mans gehad en dié een met wie sy nou saamleef, is ook nie haar man nie.

Jesus was nog besig om haar op die pad van saligheid en ware aanbidding te lei, toe sy dissipels daar aankom en wonder waarom Hy so met 'n vrou sit en praat.  Sy het haar waterkan net daar gelos en na die stad gehardloop en vir die mense van Jesus vertel en gevra of Hy nie miskien die Christus is nie.  'n Aantal van hulle het daar na die put van Jakob toe gekom en tot geloof in Jesus gekom, nadat Hy met hulle gepraat het.

Pappa, dis vir my baie duidelik dat die saligheid in die ewige lewe nie net vir Israel alleen beskore is nie, maar ook vir Samaritane en mense van ander nasies wat in Jesus Christus glo as die Seun van God, wat hulle van hul sonde kan verlos en dit vergewe.  Ek bid dat Pappa dit sal insien en met my saamstem en dit self sal glo.

Ons het gehoor dat Jesus en sy dissipels 'n paar dae by hul vriende, Martha, Maria en Lasarus gaan tuisgaan, voordat hulle na Jerusalem kom vir die fees.  Ek en Salóme het die kleed wat ons  vir Hom geweef het, geneem en na Betanië gegaan.  Die dissipels het onder die koeltebome langs die huis gerus toe ons binnegaan.  Jesus was besig om met Maria te praat toe Martha die vertrek binnekom en vir Hom vra om vir Maria aan te sê om haar met die voedsel-voorbereiding te gaan help.  Jesus het gesê sy moet haar nie oor sulke dingetjies bekommer nie; Maria wil graag meer van die ewige dinge weet wat Hy besig is om vir haar te vertel.

Toe ek en Salóme naderstap, het my hart weer in my keel geklop, want ek het besef ek staan weer met al my onwaardigheid voor die heilige Seun van God.  Maar Jesus het my vriendelik aangekyk en gesê:  "Liewe Adina, Ek sien jy en Salóme het vir My hierdie mooi kleed gebring.  Baie dankie daarvoor.  Julle sal vir julle goedhartigheid geseën word."

Pappa, kan u dink wat hierdie heerlike woorde vir my beteken?  Hy ken ons name.  Hy weet met watter liefdevolle harte ons vir Hom daardie kleed vervaardig het.  Hy het dit aanvaar.  Hy gaan dit gebruik!

Toe ons weer buite kom, was daar al weer 'n aantal mense wat ontdek het dat Jesus en sy dissipels in Betanië aangekom het.  Almal wou Hom tog só graag sien.  'n Sekere Fariseër, wat Simon die melaatse genoem word en in Betanië woon, het ook gehoor dat Jesus daar was.  Hy nooi Hom toe uit na 'n maaltyd by sy huis.  'n Vrou, wat vantevore nie 'n alte mooi lewe gely het nie, het van die ete by die Fariseër se huis gehoor.  Net toe almal aan tafel was, kom sy daar in en gaan direk na Jesus toe en kniel by sy voete neer.  Sy het hartroerend begin huil.  Haar oorvloedige trane het sy voete natgemaak en sy het dit met haar hare afgedroog.  Sy het sy voete gesoen en dit met salf gesalf.

Die Fariseër het nie baie daarvan gehou nIe.  Hy het gedink Jesus weet nie watter soort vrou Hom aangeraak het nie.  Jesus het sy gedagtes geken en vertel toe vir hom 'n klein gelykenis:  "Simon, daar was twee mense wat aan 'n geldskieter geld geskuld het, die een vyfhonderd rand en die ander een vyftig rand.  Omdat hulle hom nie kon betaal nie, het hy hulle die skuld maar kwytgeskel.  Simon, watter een van die twee sal die dankbaarste wees en die geldskieter die meeste liefhê?"

Hy het natuurlik gesê dat dit die een is wat die meeste skuld gehad het.  Toe het Jesus met hom verder gesels:  "Sien jy hierdie vrou?  Toe Ek in jou huis gekom het, het jy My geen water gegee om my voete te was nie, maar sy het hulle met haar trane gewas en met haar hare afgedroog.  Jy het My geen verwelkomingsoen gegee nie, maar sy het vandat sy ingekom het, nog nie opgehou om my voete te soen nie.  Jy het My nie gesalf nie, maar sy het my voete gesalf.  Daarom sê Ek vir jou, omdat sy baie liefgehad het, is haar baie sondes vergewe.  Maar vir hom wat min liefhet, is min sondes vergewe."

Daarop sê Jesus vir die vrou:  "Jou sondes is vergewe.  Jou geloof het jou gered.  Gaan in vrede."

Almal wat saam met Jesus aan tafel was, het groot oë getrek en gevra:  "Wie is hierdie man wat selfs mense se sondes vergewe?"

Hoe bly is ek dat ék weet wie hierdie Man is wat sondes vergewe.  Hy is Jesus, die Christus, die Seun van God, wat ook my sondes vergewe het.  Daarvoor wil ek Hom voortaan loof en prys en dank en dien met my hele hart!

Jesus en sy dissipels het vanaf Betanië in Jerusalem aangekom.  Die dag daarna het Hy na die tempel gegaan.  Sy teenwoordigheid in die stad het gou bekend geword en die mense wat vir die fees gekom het, het na die voorhof van die heidene gestroom, waar Jesus met die mense gepraat en hulle van die koninkryk van God geleer het.

Een môre het 'n aantal Sadduseërs daar by Hom gekom om te kyk of hulle Hom tog nie kon vasvra nie.  Pappa weet mos, hulle glo nie aan die opstanding uit die dood nie en vertel toe vir Jesus 'n opgemaakte storie.  'n Vrou het dan glo sewe mans wat broers van mekaar was, een na die ander as man gehad, voordat sy gesterwe het.  Hulle wou by Jesus weet watter een van die sewe broers se vrou sy na die opstanding sal wees.  Jesus het vir hulle gesê in die opstanding word daar nie in die huwelik uitgegee nie.  Mense trou nie, want hulle sal soos die engele in die hemel wees.  Hulle dwaal met hulle ontkenning dat daar 'n opstanding sal wees.  Die Here het vir Moses by die brandende doringbos gesê dat Hy die God van Abraham, Isak en Jakob is.  Hy is nie 'n God van dooies nie, maar van lewendes.

Die Sadduseërs het toe maar ewe ongemerk tussen die mense verdwyn, maar 'n rukkie later kom daar 'n klompie skrifgeleerdes en Fariseërs met 'n vrou na die plek waar Jesus was.  Hulle sê vir Hom dat sy op heterdaad betrap is toe sy owerspel gepleeg het.  Die wet van Moses sê sy moet met klippe doodgegooi word.  Nou wil hulle weet wat Jesus daarvan sê.

Hy was besig om met sy vinger op die grond te skrywe.  Toe hulle aanhou neul, het Hy regop gekom, hulle aangekyk en gesê:  "Laat dié een van julle wat sonder sonde is en 'n skoon gewete het, die eerste 'n klip op haar gooi."

Hulle het stil geraak en toe een-een begin verdwyn.  Toe Jesus weer opkyk, het net Hy en die vrou daar tussen 'n klompie nuuskieriges gestaan.  Hy het vir haar gesê Hy veroordeel haar nie.  Sy moet huis toe gaan en nie weer daardie sonde doen nie.

Pappa, ek kan nie help om te dink dat die skrifgeleerdes en Fariseërs 'n wrede God van wraak en geweld aanbid nie.  Maar ons God is liefdevol, regverdig, genadig, vergewensgesind en vol goedertierenheid.

Ek weet Pappa sal nie daarvan hou as ek vir u sê wat Jesus daar in die tempel vir die Fariseërs gesê het nie.  Hy het eers met die volk gepraat en gesê die Fariseërs en die skrifgeleerdes sit op die stoel van Moses.  Hulle besit die gesag om die wet van Moses te vertolk, maar hulle doen self nie wat hulle sê nie.  Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word.  Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye en van die voorste plekke in die sinagoges en wil graag op straat deur die mense begroet word en as "rabbi" aangespreek word.  Jesus het hulle dwase, huigelaars en blinde leiers genoem, wat die muggie uit die beker uitskep, maar die kameel insluk.  Daar wag ellende op hulle, want hulle is soos witgeverfde grafte, wat van buite af mooi lyk, maar binne in vol doodsbeendere is.  Van buite lyk hulle vroom, maar van binne is hulle vol huigelary.  Hy het hulle selfs slange genoem, 'n addergeslag wat nie hulle straf in die hel sal vryspring nie.

As Pappa hier in Jerusalem was en kon sien hoe hierdie leiers teenoor die volk en veral teenoor Jesus optree, sou u sekerlik saamgestem het met hierdie veroordeling van hul dade.

 

Toe die Fariseërs sien hoe baie mense begin glo dat Jesus die Christus is, het hulle haat teenoor Hom nog verder opgevlam.  Hulle het toe wagte aangestel wat as luistervinke altyd in sy nabyheid moes wees om te hoor wat Hy sê en Hom ook vir hulle gevange moet neem.  Na 'n paar dae het hierdie wagte vir die priesterhoofde en Fariseërs gaan sê dat hulle onmoontlik vir Jesus kan arresteer, omdat Hy so wonderlik praat oor die koninkryk van God, soos niemand dit nog ooit vantevore gedoen het nie.

Die Fariseërs was kwaad!  "Is julle tog nie ook mislei nie?  Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in Hom geglo, of een van die Fariseërs?  Dis net hierdie vervloekte klomp mense wat nie ons wet ken nie!" het hulle uitgeroep.

Een van hulle, Nikodemus, met wie Jesus een nag oor die wedergeboorte gepraat het, sê toe dat hulle wet nie toelaat dat iemand sommer veroordeel word sonder om sy kant van die saak te hoor en vas te stel wat hy doen nie.  Hiermee het ook Nikodemus hom die wrewel van sy mede-Fariseërs op die hals gehaal.

Is dit nie vir Pappa ook verskriklik dat ons andersins geëerde volksleiers hulself so onwaardig en haatlik gedra nie?  Ek is seker daarvan dat hul motiewe om Jesus kwaad aan te doen, nie deur Jehova aangevuur word nie, maar deur bose magte beheers word.

Die dag daarna het Jesus saam met sy dissipels van die tempel af weggestap, toe Hy 'n man sien wat van sy geboorte af blind was.  Jesus het vir die dissipels gesê hierdie man is blind gebore, sodat almal kan sien hoe God deur hom gaan werk.  Daarna het Hy 'n bietjie klei aangemaak, dit op sy oë gesmeer en gesê dat hy hom in die Siloambad moet gaan was.  Die blinde het dit gedoen en toe hy terugkom, kon hy sien.  Sy bure en almal wat hom as bedelaar geken het, was verbaas.  Sommige sê:  "Dit is hy."  Ander sê:  "Nee, dis nie hy nie.  Hy lyk maar net soos daardie man."  Hy self sê:  "Dit is ek!"

Die mense het al meer en meer in rep en roer oor hom geraak.  Hulle drom om hom saam en vra:  "Hoe het jou oë reggekom?"

Hy antwoord:  "Die man met die naam Jesus het 'n bietjie klei aangemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê om my in Siloam te gaan was.  Ek het dit gedoen en nou kan ek sien!"  Hy kon nie vir hulle sê waar Jesus was toe hulle hom dit vra nie.

Daarna het hulle hom  na die Fariseërs toe gebring.  Omdat sy genesing op 'n sabbatdag plaasgevind het, wou hulle hoor wat die Fariseërs daarvan sê.  Hulle het hom weer gevra hoe dit gekom het dat hy kan sien en hy het maar geduldig weer vertel dat Jesus klei aangemaak het, dit op sy oë gesmeer het, dat hy hom gewas het en nou kan sien.

'n Paar Fariseërs sê toe:  "Daardie Jesus kom nie van God nie, want Hy hou nie die sabbatdag nie."  Maar verskeie van hulle het darem erken dat 'n sondaar nie sulke wondertekens kan doen nie.  Die voorval het hulle egter erg ontstel.  Hulle neem toe die man weer onder hande en vra vir hom wat hy van Jesus dink, want Jesus het mos sy oë genees.  Hy het vir hulle gesê dat Jesus 'n profeet is.

Pappa, die Fariseërs het jou werklik waar nie geglo dat die man blind was en Jesus sy oë genees het, sodat hy nou kan sien nie.  Hulle het sy ouers ontbied en vir hulle gevra of dit hulle seun is van wie hulle beweer dat hy blind gebore is.  Hoe kan hy dan nou sien?  Sy ouers was maar 'n bietjie skrikkerig vir die deurlugtige volksleiers en het baie versigtig geantwoord:  "Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is, maar hoe hy nou sien, weet ons nie, en wie sy oë genees het, weet ons ook nie.  Vra vir homself, want hy is tog oud genoeg om vir homself te praat."

Toe neem hulle hom 'n tweede keer deeglik onder hande en sê vir hom:  "Gee die eer aan God; ons weet hierdie  Man is 'n sondaar."  Hy antwoord:  "Of Hy 'n sondaar is, dit weet ek nie.  Maar een ding weet ek wel:  Ek was blind en nou sien ek."

Dit het hulle nie tevrede gestel nie en hulle vra weer vir hom:  "Hoe het Hy met jou gemaak?  Hoe het Hy jou oë genees?"  Die seun het nie soveel respek vir die geleerdes gehad soos sy ouers nie, toe hy hulle antwoord:  "Ek het julle mos al vertel en julle het nie geluister nie.  Waarom wil julle dit al weer hoor?  Wil julle ook dissipels van Hom word?"

Dit het hulle laat ontplof en hulle begin om hom uit te skel:  "Jy is 'n dissipel van Hom.  Ons is dissipels van Moses.  God het met Moses gepraat en nie met hierdie man nie.  Ons weet nie waar Hy vandaan kom nie."

Toe begin die man, wat soveel genade ontvang het, vir Christus vuriglik verdedig:  "Dis darem alte snaaks!  Julle sien Hom elke dag en julle weet nie waar Hy vandaan kom nie.  Julle weet ek was blind en julle sien dat ek nou kan sien, maar julle wil dit nie glo nie.  God luister nie na sondaars nie, maar as iemand vir Hom ontsag het en doen wat Hy wil hê, luister God na hom.  Dit het nog nooit vantevore gebeur dat iemand die oë van een wat blind gebore is, genees het nie.  Hierdie Man wat dit vir my gedoen het, kom van God af, anders sou Hy dit nie reggekry het nie."

Die Fariseërs het hom boos aangekyk en gesê:  "Wie dink jy is jy om vir ons te probeer leer?  Jy is van jou geboorte af net die ene sonde.  Ons ban jou uit die sinagoge uit.  Jy sit jou voete nie weer daar nie!"

O die ongeloof!  Pappa, dis erg genoeg dat hulle nie in Jesus as die Messias van God wil glo nie, maar nou probeer hulle iemand anders se geloof verongeluk.  Hierdie man glo!  Jesus het hom later in die tempel gekry en vir hom gevra of hy in die Seun van die mens glo.  Hy wou toe weet wie dit is, sodat hy kan glo.   Jesus het vir hom gesê dit is Hy wat met hom praat, waarna  hy neergeval en Hom aanbid het.

Toe die fees van die tempelwyding aanbreek, was Jesus nog in Jerusalem.  Hy het daar in die pilaargang van Salomo geloop, toe die Fariseërs en die skrifgeleerdes weer op Hom afkom.  Hulle wou toe by Hom weet of Hy regtig die Christus is.

Pappa, ek gaan nou vir u skryf wat Jesus hulle geantwoord het.  Ek vra asseblief dat u, wanneer u dit lees, dit sonder enige vooroordeel sal doen.  Hy het vir hulle gesê:  "Ek het alreeds vir julle gesê dat Ek die Christus is, maar julle wil dit nie glo nie.  Die dade wat Ek hier op die aarde in die naam van my Vader doen, bewys wie Ek is.  Maar julle glo nie omdat julle nie van my skape is nie.  My skape luister na my stem; hulle volg My en Ek gee hulle die ewige lewe.  Hulle sal nooit verlore gaan nie, want niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.  Ek en die Vader is een."

Die Fariseërs het oor hierdie woorde van Jesus só kwaad geword dat hulle Hom wou stenig, maar toe hulle na klippe begin soek om Hom dood te gooi, het Hy uit hulle hand ontglip.  'n Paar dae later het Hy met sy dissipels deur die Jordaan gegaan, by die plek waar Johannes die Doper vroeër die mense gedoop het.

Ek wil graag vir Pappa skryf wat van die Doper geword het, nadat hy die mense en ook vir Jesus by die Jordaan gedoop het.  Ek hoop Jehova sal my in die lewe hou, sodat ek dit in 'n volgende brief aan u kan vertel.

Van u verlangende dogter  Adina.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 9298 gaste aanlyn