NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die lewe is soos ‘n eenrigtingstraat.  Dit maak nie saak hoeveel ompaaie jy neem nie, nie een van hulle lei terug nie.  Ons beweeg altyd vorentoe.  Van een ding kan ons baie seker wees en dit is dat ons lewe ‘n einde gaan kry.

DIE CHARISMATIESE GEVAAR (11)

Ds AE van den Berg

Lees reeks by Die Charismatiese Gevaar

DIE DOEL VAN GEESTELIKE GAWES

" Mense sal nie wasgoedpennetjies, geskenkpapier of spykers namaak nie.  Geld, juwele en skilderye wel.   Net dit wat waarlik waardevol is.  Dis wat die Satan in Korinthe gedoen het.  Hy het waardevolle dinge vervals.  Hy doen dit vandag nog.  Die charismatiese kerke wemel daarvan! "

“So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente” ( 1 Kor.4:12).

Die Bybel waarsku dat diegene wat tekens en wonders doen, dit nie altyd met God se krag doen nie.  Talle charismatiese leiers maak van hipnotiese tegnieke en suggestie gebruik.  Sommige maak selfs van bose magte gebruik.  Sataniese nabootsing van die gawes van die Gees neem skokkende afmetings in charismatiese kringe aan!  Nêrens word van enige apostel of kerkleier melding gemaak wat mense bv. deur die Gees laat omslaan het nie.   Charismate noem dit "slain in the Spirit."  Dit wat hulle doen, stem vir seker nie met die Bybelse gawes van die Heilige Gees ooreen nie!

Van vroegs af het die versugting na opwindender geestesgawes die charismatiese beweging geestelik gekelder.  Geen verhaal of ervaring skyn vandag te vergesog te wees om geglo te word nie!  Daarom glo die meeste charismate dat God uitsluitlik  bonatuurlik werk.   Derhalwe huldig hulle die leuen dat dit wat eg geestelik is, nie met die verstand begryp kan word nie.  Daarvoor moet mense in ‘n beswyming gaan!

Daarom is die charismatiese beweging deurspek van beswymings, waansin, histerie en selfs geestesversteurdheid.   Desondanks beskou hulle dit as gawes van God.  Hoe mense dit enigsins as gawes van God kan sien, gaan ‘n mens se verstand te bowe!  Dis sonder twyfel demonies!

Dit wat in charismatiese kringe gebeur, is egter niks nuut nie.   Dieselfde ding het eeue gelede in die gemeente van Korinthe gebeur.  “As die hele gemeente dan saam vergader het en hulle sou almal in tale spreek en daar kom onkundiges of ongelowiges binne, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig is nie?  ...want God is nie ‘n God van wanorde nie...  Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan” (1 Kor.14:23,33, 40)

Toe die Korintiërs toegelaat het dat die misterieuse hul verstand benewel, het dit amok in die gemeente veroorsaak.  Daarom skryf Paulus iets baie belangrik oor die gawes van die Gees – dit moet gelowiges verstandig laat optree.  “So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente” Vers 19 sluit hierby aan: “maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tienduisend woorde in ‘n taal”

Johannes waarsku die vroeë Christene: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan” (1 Joh.4:1).  Charismatiese kerke lê besaai met geestelike ongevalle omdat  hulle mense ontmoedig om die Skrif en hul gesonde verstand te gebruik.  Gevolglik kan hulle nie die waarheid van die leuen onderskei nie.   Charismate hou op om te dink.  Hulle minag die verstand en luister eerder na hulle gevoelens.  Dis die teelaarde vir mistisisme en is arseen vir die godsdiens!

Geestesgawes is nie veronderstel om die kerk van ons Here Jesus af te breek nie, maar om dit eerder op te bou: “.....sodat die gemeente stigting kan ontvang....laat alles tot stigting geskied” (1 Kor.14:4,26).  Valse gawes breek ‘n gemeente soos in Korinthe gebeur het.  In 1 Kor.14 maak Paulus sy misnoë oor die toedrag van sake in hierdie gemeente baie duidelik nadat hy vir 18 maande daar gewerk het.  Na sy vertrek het ander leraars gekom.  Sommige was gewild en ander berug sodat die gemeente amper geskeur het.   Die situasie was so benard, dat Paulus se eerste brief aan hulle uitsluitlik daaroor gehandel het.   Partyskappe, klieke, persoonlikheidsgevegte, sedelike verval en ander lelike dinge het die kerk baie seergemaak.  Een faksie het selfs opstand teen apostoliese gesag gestook.

Dis mos hoe die Satan werk; as hy die kerk nie van buite af skaad nie, doen hy dit van binne.  Hoeveel van ons eie kerk se gemeentes het nie al oor soortgelyke dinge tot niet gegaan nie!   Dit gebeur as die vlees seëvier!

Korinte was een groot, korrupte gemeente.  Gemeentelede het daarin geslaag om ‘n klomp booshede, eie aan hulle eertydse heidenlewe, in die kerk te vestig.  Dit het hulle nie aan geestelike gawes ontbreek nie, hulle kon net nie tussen die gawes van die Heilige Gees en die nabootsings van die Satan onderskei nie, veral nie die spreek in tale nie.  Hulle het, soos die charismate vandag, lelike wanopvattings oor die Heilig Gees gehad en geestesvervulling met onwillekeurige, uitbundige, misterieuse handelinge verwar.   Hoe vreemder mense opgetree het, hoe voller is hulle geag.

Die behoefte om deur ander raakgesien en as geestelik hoogstaande beskou te word, was een van die vernaamste redes waarom die spreek in tale in Korinte so misbruik is.  Toe Paulus daar begin werk het, het die Heilige Gees wonderlike dinge in hul midde laat gebeur.  Maar toe hy daar weg is, het die gemeente die werk van die Gees met hul eertydse heiden-gebruike verwar.

Benewens Jode wat tot bekering gekom en in Korinte by die gemeente aangeluit het, het die meeste ander uit die heidendom gekom.  Heidene het graag oor verskillende filosowe geargumenteer.   Dis waar die partyskappe en klieke vandaan gekom het.  Die invloed van die heidense misterie-godsdiens die Christendom bedreig en verskeie vorms aangeneem wat almal in Babel ontstaan het.  Elke valse godsdienssisteem se oorsprong kan na Babel se misterie-godsdiens teruggespeur word en word altyd aan ekstatiese belewenis gekenmerk.

Aanhangers van misterie-godsdienste beywer hulle vir ‘n bonatuurlike gemeenskap met die onsienlike en smag daarna om in ‘n half bewustelose, hipnotiese, waansinnige toestand te beland.   Hulle glo dat dit hulle met God in aanraking bring.   Charismate het identiese ervarings!  Uit 1 Kor.14 is dit duidelik dat heidense gebruike en rituele die gemeente ingesypel en eredienste in waansinnige, onsamehangende chaotiese optredes laat ontaard het.

Dieselfde probleem kasty die charismatiese beweging vandag.  Hulle weet nie of hul belewenis uit God is of nie omdat hulle hul nie aan die waarheid van die Skrif steur nie.  Neem die spreek in tale as ‘n voorbeeld.  Die egte gawe van die spreek in tale was die vermoë om in ‘n bestaande vreemde taal te kon praat soos die apostels op Pinksterdag.   Niks in die NT dui daarop dat hierdie gawe ekstaties van aard was nie!

Heidene praat tydens beswymings brabbeltaal.  Waarom sou God iets soortgelyks doen?    Korinte was vol priesters, towenaars en waarsêers wat brabbeltaal in beswymings gebesig het.  Dit het onder gemeentelede bygeval gevind toe valse leraars gemeentelede aangespoor het om die Heilige Gees op bonatuurlike wyse te soek en die vervulling met die Gees met heidense ekstase verwar!

Paulus wou seker maak dat die gelowiges nie onkundig oor die gawes van die Gees is nie omdat ‘n gemeente daarsonder nie heilig en volwasse kan wees nie.  Daarom probeer die Satan dit, waar moontlik, na te maak.   Hy verwek wanvoorstellings en verwar mense oor die gawes.

Dit wat in Korinte gebeur het, gebeur vandag weer.   Mense raak in soortgelyke vervoering. “Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is” (1 Kor.12:2).  Die Korintiërs kon nie tussen die waarheid en die leuen onderskei nie en het die slagoffers van ‘n valse godsdienssisteem geword.   Die Griekse woord vir wegvoer is apago en beteken om soos ‘n gevangene onder dwang weggeneem te word.   So is die Korintiërs deur valse gawes weggevoer.

Paulus sê vir hulle dat toe hulle heidene was, demone hulle in ‘n verrukking van sinne meegevoer het.  Nou laat hulle dieselfde ding in die kerk toe!   Die resultaat is ‘n onheilige chaos!   As heidene was hulle daaraan gewoond om weggevoer te word.  Dit pas egter nie by gelowiges nie.  ‘n Onbeheerste persoon is nie met dinge van die Gees besig nie.  Diegene wat glo dat hulle deur die Gees omslaan, mag wel deur ‘n gees omgeslaan word, maar dis nie die Heilige Gees nie!   Nêrens in die Skrif sien ons dat die gawes van die Gees mense onbeheers laat optree of bonatuurlike stuiptrekkings ervaar nie.  Die teendeel is waar.  Gal.5:22 sê dat selfbeheersing een van die vrugte van die Heilige Gees is.

Paulus maak ‘n interessante stelling: “Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie....” (1 Kor.1:13).  Skynbaar het van die gemeentelede in Korinte tydens eredienste in vreemde tale gepraat en sommige mense laat glo dat dit ‘n gawe was.  Dit was nie.  Demone het deur daardie mense Jesus gevloek!  Hulle godsdienspeil was op so ‘n laagtepunt dat hulle nie meer kon onderskei wat uit God en wat uit die Satan was nie.

Egte gawes is kosbaar vir ‘n gemeente.  Dis waarom Satan dit vervals.  Niemand vervals ‘n ding wat waardevol is nie.  Mense sal bv. nie wasgoedpennetjies, geskenkpapier of spykers namaak nie.  Geld, juwele en skilderye wel.   Net dit wat waarlik waardevol is.  Dis wat die Satan in Korinthe gedoen het.  Hy het waardevolle dinge vervals.  Hy doen dit vandag nog.   Die charismatiese kerke wemel daarvan!   Baie charismate is werklik ernstig met hul godsdiens en het die Here Jesus waarlik lief.  Ongelukkig is hulle deel van ‘n sisteem wat in beginsel presies dieselfde foute as die vroeë kerk in Korinthe maak!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 9540 gaste aanlyn