Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons Afrikanervolk kan nie vandag roem op 'n geskiedenis van verstandigheid en harte wat aan die geloof van reg en verkeerd vasgehou het nie. As ons het, sou ons nie vandag in ons eie land verkneg gewees het onder 'n ateïstiese swart owerheid nie.
Die twee Emmaüsgangers was so teleurgesteld dat Jesus dood is omdat hulle gedink het Hy sal die Een wees wat die volk Israel gaan red, en hulle het nie besef Hy het opgestaan en praat nou self met hulle nie want hulle het nie aan die beloftes van sy opstanding vasgehou nie. Daarop het Jesus aan hulle gesê het "o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!" Bid dat God ook óns volksondes vergewe en ons laat bly leef!
VOLKSSTUDIES (2/5)
Lees reeks by Volksstudies
Ds. André van den Berg
WERK, WERKLOOSHEID EN ARMOEDE
5.1 Geen ontwikkelende land nie
Regeringslui reken dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is. Daar is ongelukkig geen noemenswaardige ontwikkeling te bespeur nie. Al wat duidelik waarneembaar is, is 'n ontstellende agteruitgang op elke lewensvlak. Die vernietiging van ons paaie, skole, ekonomie, lewensstandaarde, sedes, wet en orde is elke dag in die nuus.
Dit was nie nodig dat Suid-Afrika in die dryfsand van onbevoegdheid en wanadministrasie moes versink nie. Die ANC-regering het genoeg bevoegdes geërf om die land doeltreffend te kon administreer as hulle wou. Rassehaat en onbeskaamde diskriminasie het dit egter gekelder. Toe die Bybelse merietebenadering vir 'n skaamtelose velkleurbenadering moes plek maak, was die spreekwoordelike hond in die pot.
5.2 ‘n Sosio-ekonomiese moeras
As ‘n mens vandag na al die foute van die ANC-regering kyk, is dit moeilik is om te sê watter een die grootste is. Werkloosheid staan redelik bo aan die lys. Ons arbeidsterrein is besig om in 'n sosio-ekonomiese moeras te verander, want oral waar onbevoegdes aan die stuur van sake geplaas word, ly die ekonomie skade.
Werkloosheid het 'n negatiewe rimpeleffek op enige beskaafde samelewing en lei tot ‘n menigte van sosiale probleme. Dis natuurlik ook die weiveld van opstokers en ondermyners. Suid-Afrika het na beraming ongeveer 3 miljoen werkloses! Die ANC-regering steur hom blykbaar nie veel aan sakelui en ekonome se waarskuwings dat Suid-Afrika op 'n ongekende werkloosheidskrisis afstuur nie.
Die ANC se oggend- en aandpraatjies kom nie ooreen nie. Hulle het hul bv. ten doel gestel om 500,000 werksgeleenthede per jaar te skep. Daarvan het niks gekom het nie. Werksgeleenthede word eerder ingeperk. Al mense wat nog wel werk kry, is 'n handjievol swartes wat in poste aangestel word wat van beter opgeleide blankes geroof word.
5.3 Skadelike praktyke
In plaas van die ekonomie te bevorder, hou die regering hul eerder met ekonomies skadelike praktyke besig. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die duur berade, simposiums, vergaderings, indaba's en samesprekings wat nie net baie geld kos nie, maar die ekonomie ook niks baat nie. Dis eerder staatsgefinansieerde partytjies!
Elke stap wat die swart regering tot dusver m.b.t die ekonomie geneem het, het tot groter staatsinmenging en ‘n doelbewuste verarming van blankes gelei. Twee jaar voor die magsprysgawe het 'n wetenskaplike ondersoek getoon dat 32% van die blankes (3,88 miljoen) toe alreeds onder die broodlyn geleef het. Hierdie syfer is vandag heelwat hoër.
Teoreties gesproke is blankes vandag baie slegter daaraan toe as tydens die depressiejare van die vorige eeu. Die Carnegie-kommissie wat die armblankevraagstuk ondersoek het, het bevind dat 15,6% van die blanke bevolking van 1,8 miljoen destyds onder die broodlyn geleef het. Al hoe meer blankes verloor vandag hul werk terwyl relatief min nuwe werksgeleenthede geskep word.
Sommige werkgewers stel dit baie duidelik dat alleenlik swartes vir betrekkings oorweeg sal word. En dit in 'n land wat kwansuis kleurloos geword het! Werkloosheid is nie net vir swak gekwalifiseerdes en onbevoegdes ‘n probleem nie. Selfs gegradueerde blankes sukkel in die huidige onregsbedeling om geskikte werk te bekom en moet dikwels t.w.v oorlewing minderwaardige betrekkings aanvaar.
Suid-Afrika benodig baie dringend buitelandse kapitaal vir werkskepping. Die dilemma is dat beleggers nie in ons misdaadgeteisterde land wil belê nie. Ons het self nie geld vir werkskepping nie. Daarvoor het die swart soustreinryers die staat se geldkoffers tot op die bodem geplunder.
5.4 Luiheid
Mensekapitaal bly egter altyd belangriker as geldkapitaal. 'n Land se ekonomie
Luiheid is 'n ernstige probleem aan die suidpunt van Afrika. Die swak voorbeeld wat die ANC-regering stel, stel mense aan 'n etiek van prestasievermyding bloot. Daar word baie gou na mense wat tradisioneel nie bereid is om positiewe produseerders te wees, as agtergeblewenes of minderbevoorregtes verwys. Watter waarde het mense wat gedurig vir 'n gratis dit of 'n gratis dat bakhand staan vir ‘n land?
Hierdie iets-vir-niks mentaliteit doen ‘n land onnoemlike skade aan. Die verskil tussen voorspoed en armoede hang ten nouste van mense se arbeidsbenadering af. Daar is bv. in Duitsland ‘n geheel ander vennootskap tussen werker en werkgewer as by ons. Met sy inspraak in besluitneming, probeer die Duitse werker nie soveel geld vir so min werk as moontlik kry nie. Hy sal eerder die onderneming waarvoor hy werk in samewerking met die werkgewer tot voordeel van albei uitbou.
5.5 Leer by
Wat is
Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark word toenemend geknou deur werkers waarvan die produktiwiteitsvlakke uiters onbevredigend is. Dis gewoonlik mense by wie arbeidstrots feitlik geheel ontbreek. Voeg daarby die massas swart werkloses wat totaal werksonbevoeg is, en jy kry ‘n droewige prentjie. Werkgewers
Slotopmerking
Europa beskik oor ‘n baie effektiewe arbeidsopset. Werkers wat arbeidsprestasies- en dissipline dwarsboom, word onmiddellik afgedank. In Suid-Afrika sorg sosialistiese vakbonde weer daarvoor dat swak werkers hul werk behou en produksie skaad. Produktiwiteit was nog nooit vakbonde se sterk punt nie. Alvorens meriete nie weer die enigste arbeidsmaatstaf word nie, sal Suid-Afrika ekonomies bly verval.