Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Dosis gif wat jy sluk kan net vir jou, en jou net een maal vergiftig; 'n slegte boek of film kan jou intellek en jou hele nageslag s'n bly vergiftig – sorg dat jy die regte stof lees en kyk!
AFRIKANER- NASIONALISME (7)
T B Floyd
Lees reeks by Afrikaner-nasionalisme
Die Stryd om Christelik-nasionalisme
Gewoonlik raak ’n verowerde nasie in ’n stryd om nasionalisme net teen een vyand, nl. die veroweraar, gewikkel. In die geval van die Afrikaner moes hy stry teen die Engelse veroweraar en verengelsing aan die een kant en die swart barbaredom aan die ander kant. Selfs verder in sy groeistadium, toe die Afrikanernasie nog baie klein was, is hy gedwing om die stryd aan te knoop. So het die Afrikaner of Boerenasie in die eerste honderd jaar van sy stryd die bewondering van ander afgedwing. Dat hy nie verdwyn het nie, is alleen te danke aan die leiding van God. Vir hierdie genade van God moet die Afrikaner dankbaar wees en dit nooit vergeet nie.
Waar soms deur afvalliges gesê word: „Vergeet die verlede”, moet die antwoord van die ware Afrikaner wees: „Onthou jou verlede, jy is tog self iets wat uit daardie verlede ontstaan.” Soos Tobie Muller dit uitdruk: “’n Nasie wat weier om te onthou hoe God in die verlede sy weëbestier het, kan moeilik opgevoed word om te sien dat die Here ’n besondere plan en doel met hom het.”[1]
Die stryd van die Afrikaner teen die Engelse imperialisme en die swart barbaredom is die basis van die politieke stryd en verdeling in ons land. Die politieke groeperings of partye vind op hierdie grondslag plaas, want die verskille ontstaan oor die verhouding van Afrikaner teenoor die ander vreemde blanke elemente, d.w.s. die Engelssprekendes, en ook die verhouding tussen die Blanke en Nie-blanke. Dit was in die begin so en sal so bly totdat die Afrikaner finaal wen of verdwyn.
As die grondslag van die politieke groepering goed begryp word, word dit duidelik dat geen ander basis van groepering blywend kan wees nie. Die rede hiervoor is duidelik dat geen ander faktor as die bestaan van ’n nasie vir hom groter kan wees nie. Pogings soos Arbeider- partye, ens., het dan ook altyd misluk. Alle pleidooie vir ’n ander politieke verdeling berus op onkunde, opportunisme of word bepleit om doelbewus te verlei en verwarring onder die Afrikanerdom te saai.
Van vroeg af in die stryd het die Engelse bondgenootskap met die Nie-blanke gesoek. So iets was vir die Afrikaner onmoontlik. Ten eerste het hy instinkmatig gevoel dat om met die Nie-blanke saam te trek, speel hy met vuur. Die Nie-blanke en vernaamlik die Bantoe6 0 was, en is, nie beskaafd genoeg om nasionalisme te begryp nie, maar verstaan eerder imperialisme wat nader aan barbaarsheid is. Die Afrikaner kon onmoontlik nie anders as om alleen te staan waar hy veg vir sy land en eie identiteit nie.
Met die Engelse was dit anders. Hy veg vir baasskap oor ’n land wat nie sy eie is nie. Nooit is sy eie identiteit en taal wat elders bewaar word, in gevaar nie. Selfs verbastering in ’n kolonie raak sy moederland nie. Dus kon en het die Engelse allerlei metodes gebruik om die guns van die Nie-blanke te wen. Die Afrikaner moes dit teenstaan en moes dus noodwendig in die oë van die Nie-blanke sleg teenoor die Engelsman afgesteek het. So het die Engelse ’n valse atmosfeer opgebou dat die Afrikaner die vyand van die Nie-blanke en die Engelsman sy vriend is.
Die Engelse het ander blanke elemente, selfs Jode, beweeg om kant te kies teen die Afrikaner. Dit het die Afrikaner gedwing om te staan teen alle ander elemente, selfs teen ’n verdwaalde en swak verraaierelement van sy eie. Deur hulle sterk propaganda-wapens en die hulp van internasionale kapitalisme en dus die ekonomiese voordele wat geoffer kon word, het die Engelse dit reggekry. Alleen persone wat sterk gestaan het op die beginsels van nasionalisme - en hulle was net ’n klein persentasie van die buite-blanke element - het die Afrikaner se kant gekies. Baie van hulle het dan ook Afrikaner geword. Die Jode wat amper almal Sionisme en Joodse nasionalisme ondersteun, staan hoofsaaklik teen die Afrikaner, omdat die Jode in hul nasionalisme nie suiwer is nie. Heelwat van hulle is werklik imperialisties in hul patriotisme. Dit geld gedeeltelik ook vir ander nasie-elemente. Enige suiwer nasionalis in ’n vreemde land kan nie anders as om die nasionalisme van daardie land te ondersteun nie, of so nie verkrag hy sy eie nasionalisme. Dit vind ons dan by dié wat nie suiwer of sterk is nie. Die houding van die Jode in Suid-Afrika kan geen regdenkende persoon prysenswaardig vind nie.
Dit was dus van Afrikanerkant ’n stryd om selfbehoud - ’n taalstryd, ’n kultuurstryd en ’n stryd om die handhawing van sy lewenshouding, of ’n stryd van nasionalisme teen imperialisme. In die poging om die eie te behou, kon die vryheidstryd nie uitbly nie. Vryheid het absoluut nodig geword om die eie te bewaar en te kon uitbou. Die stryd vir staatkundige vryheid, wat nie in homself ’n doel is nie maar liefs ’n middel
- Die Indier het later die land ingekom en is ’n ander probleem en op ’n ander peil van beskawing.
tot ’n doel, het ontstaan. Alleen dit kon persoonlike en kulturele vryheid veseker.
Waar verowering plaasgevind het, kon die vryheidstryd langs drie weë - geweld, lydelike verset of konstitusioneel - voortgesit word. Al hierdie metodes word deur nasionalisme erken en regverdig. Dit is vir ’n nasie om te kies watter van hierdie metodes op ’n bepaalde tydstip reg is. In die verlede het die Afrikaner gebruik gemaak van geweld of rebellie en van konstitusionele metodes. Min gebruik is gemaak van lydelike verset. In ’n besondere vorm is laasgenoemde wel met sukses tydens die Groot Trek gebruik. Paul Kruger het ook daarvan gebruik gemaak toe hy na die anneksasie deur Shepstone ’n Volksregering binne die Engelse regering tot stand gebring het. Dit was ’n vorm soortgelyk aan die „Sinn Fein”-gedagte wat Arthur Griffith in Ierland toegepas het. In albei gevalle het die lydelike verset uiteindelik tot gewapende verset ontwikkel.
Lydelike verset is ’n moeilike wapen wat baie morele moed en geduld eis. Dit pas nie by elke nasie se geaardheid nie en miskien nie maklik by die Afrikaner s’n nie, hoewel die geduld wat die Afrikaner te midde van onreg en onderdrukking openbaar, amper ongelooflik groot is. As lydelike verset toegepas word, kan dit slaag, soos met die Groot Trek wel bewys is. Gandhi het hierdie wapen met ’n mate van sukses in Indië gebruik.
Die gebruik van gewapende verset deur die Afrikaner is soms met sukses bekroon, soos in die geval van die Eerste Vryheidsoorlog, maar meermale het dit misluk. By Slagtersnek het die nasie die leiers enklein groepie helde in die steek gelaat.
In 1914 was daar ’n guide geleentheid om die onreg teenoor die Afrikaner reg te stel, maar toe is die militêre leiers, d.w.s. Generaals Koos de la Rey en Christiaan de Wet, in die steek gelaat deur ontroues en die wat die saak oppervlakkig en nie in sy volle diepte en betekenis benader het nie. Onder laasgenoemdes was heelwat politieke en kerkleiers.
Weens die houding van die leiers was dit ’n tydperk van groot verwarring. Die politieke leiers het net nie begryp dat dit ’n tydperk was waarin hulle moes terugstaan en die militêre leiers laat oorneem nie. Die eie-ek speel ’n groot rol in die mens en alleen ’n buitengewone groot gees soos Arthur Griffith in Ierland kon terugstaan vir ’n ander leier ter wille van ’n saak. So min van die politieke leiers het verstaan dat die stryd van Afrikaner-nasionalisme ’n stryd was om die verowering ongedaan te maak en die Godgegewe regte van vryheid en die land van die Boerenasie terug te wen. Enige leier wat dan leier van die Afrikanernasie word, neem hierdie plig op hom.
Generaals Koos de la Rey en Christian de Wet is in die steek gelaat deur Generaal Botha, wat nie sy erewoord aan hulle om te rebelleer, nagekom het nie. As hy trou gebly het, kon daar ’n rebellie sonder bloedvergieting plaasgevind het. Generaal Botha, soos baie ander, het geskuil agter sy eed van getrouheid aan die Engelse en sy handtekening op die Verdrag van Vereeniging. Altwee was tog nie moreel bindend nie, want dit het onder dwang plaasgevind. Sy erewoord aan Generaal de la Rey wat hy so maklik gebreek het, was anders want dit was vrywillig gegee. Dit geld ook vir sy plig as Afrikanerleier. Sy plig teenoor die Godgegewe regte het hy ook afgeskud.
Vir baie kon die onreg eerder voortduur as dat daar tydelike ongerief en stryd moes wees. Met so ’n houding het hulle hulle plig versuim en hulleself medepligtiges aan die onreg teenoor hulle nasie gemaak. Die Godgegewe regte wat verlore was, het hulle gering geskat. Verraaiers was daar ook, soos altyd. So het ’n guide geleentheid om alles reg te maak, verbygeglip.
Die regeringsleiers het Engelse imperialisme bo nasionalisme en selfs patriotisme verities; onreg bo hulle Christelike plig gestel. Sodoende het hulle heelwat welmenende mense beïnvloed om ook hulle plig te ont- duik. Die bitterste pil om te sluk, was dat hulle hul daad met ’n huigelaarskleed wou bedek. Dit is voorgestel dat dit ’n ereplig was om by die Engelse regering te staan en selfs sy rowerswerk vir hom te verrig. Selfs kerkleiers het hulle onderskraag met die bewering van die Anglikaanse Kerk dat almal onderdanig moet wees aan die owerheid, selfs as hy verkeerd optree. In hierdie groot tragedie van die Afrikanernasie het heelwat mense ’n lelike rol gespeel, sommige vir die tweede maal in vyftien jaar.
Hoe anders was dit by Paardekraal in 1877 waar onder die regte leiding amper al die burgers hulle plig gedoen het? Hier was wel nie ’n gedwonge eed of handtekening op die spel om sake te vertroebel nie.
As Paul Kruger, wat verklaar het „dat op staatkundige terrein bely ek die ewige beginsels van Gods Woord”, kon rebelleer onder soortgelyke omstandighede as 1914, in watter opsig was generaals De la Rey en De Wet dan verkeerd ?
Die houding van ’n burger teenoor die owerheid en die reg om te rebelleer, is reeds in afgehandel. In 1914 was daar rebellie sowel as ’n gewapende protes, wat tog tot wapengebruik gelei het. Die rebelliegedagte van generaal De la Rey was ’n opstand soos in die geval van president Kruger teen ’n veroweraar, teen ’n wederregtelike regering. Dit is waar dat die regering deur die bevolking gekies is en dus anders as direkte regering deur die veroweraar, maar dit was nie ’n regering vrylik deur die Afrikanernasie daargestel nie. Dit was tog nog ’n onderdanige regering aan die Engelse - dit was sy agent. Engelse troepe en ’n vlootafdeling was nog in die land. Ten spyte van die feit dat Afrikaners ’n seggenskap in die daarstelling van die regering gehad het, was dit ’n wederregtelike regering wat verhoed het dat die Afrikanernasie sy Godgegewe regte bekom het.
Die gewapende protes het ontstaan omdat die regering diefstal wou pleeg deur Suidwes-Afrika van die Duitsers af te neem. Verder wou hy die burgers verplig om hierdie misdaad te pleeg. Dit was ’n optrede duidelik teen die Woord van God.
Die gedagte van rebellie teen die bestaande owerheid was reg. In hierdie verband sê Terence MacSwiney: „So much for De facto Government. It is ursurpation; by being consummated it does not become legitimate. When its decrees are not resisted, it does not mean we accept them in principle - nor can we even pretend to accept them - but that the hour to resist has not yet come. It is the strategy of war.”[2]
Ds. C.R. Kotze het in ’n preek gesê dat die Hollanders rebelle teen die Roomse Kerk en die Hugenote rebelle teen die owerheid was.8 2 In ’n preek uit Deut. 17:15 sê hy: „In die huis moet daar gesag wees. Die kerk het bestuur. Die volk moet ’n regering hê. Dit mag nie ’n vreemde regering wees nie.” Verder het hy in ’n preek uit Luk. 19: 41-44 gesê: „God bemoedig Gideon om te rebelleer.”[3]
Op ’n vraag of die Kerk in sekere omstandighede die owerheid ongehoorsaam kan wees, het prof. A.D. Pont soos volg geantwoord: „As die owerheid faal in sy plig, sodat die Kerk verhinder word om sy taak uit te voer, dan kan die Kerk hom verplig voel om ongehoorsaam teenoor die owerheid te wees. Dit is egter nooit ’n besluit wat ligtelik geneem mag word nie en wat steeds as die uitsondering gesien moet word.”[4]
Juis in die stelling dat daar ’n uitsonderingsituasie kan ontstaan, blyk die sterk vryheidsdrang van die Calvinisme wat ook in die Afrikaner oorgeplant is. Hierdie opvatting het in die verlede ’n belangrike rol in die politieke denke van die Afrikaner gespeel. Hoewel die Afrikaner die gehoorsaamheid aan die owerheid aanvaar as ’n opdrag en plig, hoewel die Afrikaner nie ’n wettelose mens is nie, hoewel hy in sy vryheidstrewe altyd eers soek na seggenskap in sy regering, beteken dit nie dat die Afrikaner, gevorm deur die Calvinisme, die owerheid altyd in alles gehoorsaam sal wees nie.
Sy vryheidstrewe, soos veranker in sy godsdiens, beteken wel dat daar tye en geleenthede in sy geskiedenis was waar sy trou aan sy lewensopvatting, sy vryheidsideaal, sterker was as sy aanvaarding van die owerheid van die dag. Outokrasie, politieke absolutisme en veral vreemde oorheersing, of dit nou fisiek of geestelik is, sal altyd teen die vryheidstrewe van die Afrikaner stuit.
In die lig van die voorgaande, en vernaamlik die laaste paragraaf van prof. Pont se stelling, kan dit afgelei word dat die gewapende protes teen die optrede van die regering in 1914 reg was. Aangesien die regering ’n Engelse instelling was onder ’n Engelse wet wat die Unie tot stand gebring het, dat daar geen vrye keuse in 1910 vir die Afrikaner was om sy eie soort regering te kies nie, en dat die ministers verteenwoordigers van die Engelse koning was, het ons hier - ten spyte van ’n Afrikaanse Eerste Minister en ander Afrikaanse lede in die regering - met ’n owerheid te doen wat wederregtelik die mag toegeëin het. Dit beteken in werklikheid ’n owerheid wat deur ’n daad van geweld en diefstal tot stand gekom het. Rebellie van die verowerde nasie, d.w.s. die Afrikaner, was dus heeltemal regverdig en dit was die plig van die nasie om die veroweraar en sy regering, wat die Afrikaner se Godgegewe regte geskend het, met geleentheid te verwerp.
Die oordeel van die Afrikanernasie waarin die rebelle tot helde verhef is, en nie die wat hul teengestaan het nie, is dus heeltemal reg.
Die gevolge van die Rebellie was dat nasionalisme onder die Afrikaner opgevlam het soos nog nooit na 1902 nie. Die Nasionale Party onder generaal Hertzog het destyds tekens van agteruitgang getoon tot so ’n mate dat generaal Hertzog oorweeg het om uit die politiek te tree. Gefrustreerd met die poging om met die wapen die onreg teenoor die nasie te herstel, het die Afrikaner sy toevlug tot die stryd geneem om sy regte met konstitusionele metodes te verkry. Dit het dan nasionalisme sterk in die politiek laat optree.
In die stryd van Afrikaner-nasionalisme het daar dikwels ’n oplewing, maar helaas net so dikwels ’n verflouing, ’n verwatering en ’n afdwaling plaasgevind.
In 1858 toe die Vrystaat se Volksraad met ’n meerderheid van een stem, ten gunste van federasie met Kaapland besluit het, was daar ’n insinking van nasionalisme in die Vrystaat.5 5 In 1872 vind ons dieselfde toestand in Kaapland. „Die Afrikaner het ingesluimer en was op die punt om sy nasionaliteit, sy karakter, te verloor. Gelukkig toe die nood op die hoogste was, was redding naby en het die klein groepie manne die Volk wakker geskud en tot ’n besef van gevaar gebring. Toe volg die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners.”[5]
In Transvaal was die Afrikaner ook aan die slaap toe president Burgers sy pligte versuim het en Theophilus Shepstone met ’n handvol Engelse polisie die Transvaal op 12 April 1877 geannekseer het.
Die verflouing van nasionalisme net voor die Rebellie in 1914 was ’n geval van onsekerheid van hoe om uiting aan nasionalisme te gee.
Na ’n groot oorwinning in 1926 en toe dit skyn of die Afrikaner sterk staan - en in werklikheid het hy sterk gestaan - het ’n insinking begin.
Daar was tye dat nasionalisme opgevlam het en hoogtepunte bereik het. As ’n persoon besiel is met Afrikaner-nasionalisme, met liefde vir sy nasie en gevul is met groot ideale vir sy nasie, dan stem dit tot droefheid om die geskiedenis na die tydperk 1926-31 te lees. Daar is wel dankbaarheid vir die tye wanneer die nasie aan die verlange van sy hart gehoor gegee het, - tye toe die nasie aan die pligte wat God op hom ge- plaas het, gehoorsaam was. Sulke tydperke het voor 1931 bestaan en dit was tye wat aangenaam was vir enige patriot wat dit deurleef het. Daarna was dit altyd ’n heerlike herinnering. Sulke tydperke was die opstande van Graaff-Reinet, Swellendam en Slagtersnek, die Groot Trek, die Eerste Vryheidsoorlog, die Tweede Vryheidsoorlog, die Rebellie van 1914, die verkryging van staatkundige vryheid in 1926 en die verklaring wat daarop volg in 1931 - almal prestasies om op trots te wees en gebeurtenisse wat inspireer.
In sowel die bevordering van sy taal en kultuur as die verkryging van politieke regte het die Afrikaner gewoonlik die konstitusionele weg gekies en na 1914 het hy alleen hierdie pad gevolg. Normaalweg was hierdie weg ’n wyse een om te volg en een waarop die grootste mate van ondersteuning verkry kan word en nog verkry word. In 1926 met die verkryging van staatkundige onafhanklikheid en in 1931 met die verdere verduideliking van hierdie status het die deur wyd oopgegaan vir hierdie metode en wapengebruik uitgeskakel.
Na die verkryging van staatkundige vryheid het heelwat Afrikaners onder die indruk gekom dat die stryd teen die Engelse imperialisme beëindig was. Dit is ’n absolute wanindruk. Die vernaamste stryd teen die Engelse imperialisme was ’n kultuur- en geestelike stryd om die identiteit van die Afrikaner te bewaar. In sy kern was dit ’n stryd om die verowerings van 1805 en 1902 ongedaan te maak. Die staatkundige was ondergeskik en was alleen nodig om die kultuur- en geestelike erfenis van die Afrikaner te beskerm. Selfs na republiekwording bly daar nog die vernaamste stryd, die eeue one stryd, oor. Vandag is die stryd van selfbehoud nog net so nodig as ooit tevore. Die staatkundige oorwinning kan met sterk leiding die Afrikaner se stryd tot oorwinning lei, maar helaas word dit nie begryp of verstaan nie, of anders ontbreek die moed en durf.
Waar ’n stryd van nasionalisme hoofsaaklik op die politieke front plaasgevind het, het dieselfde verskynsels van verflouing en opvlamming in lerland plaasgevind. Dit het Thomas Davis, een van die Jong Ierland-Groep wat in botsing met Daniël O’Connell gekom het asook met die lerse Nasionale Party toe die party versleg en verslap het, met bitterheid laat skrywe: „Earth is not deep enough to hide the coward slave who shrinks aside; Hell is not hot enough to scathe the ruffian wretch who breaks his faith.”5 7 Met die verflouing in die stryd van Afrikaner-nasionalisme by tye het dit soms voorgekom asof die Afrikanernasie as ’n aparte identiteit sou verdwyn, maar altyd op die donkerste tydperk het ’n klein minderheid, soos ’n Gideonsbende van ouds, die nasie weer wakker gemaak uit sy sluimerende toestand.
Die Vryheidsoorlog van 1899-1902 was ’n geweldige toets vir die Afrikaner. Sy manne het hulle dapper gekwyt van hulle taak en die vrouens en kinders het met heldemoed hulle lyding gedra. Hulle bloed roep tot ons, nie om wraak nie, maar tot optrede, tot koers hou en tot sterkte. Soos dr. Tobie Muller gesê het: „Die bloed van ons voorouers roep nie om wraak nie, maar dit roep ons om te handhaaf die sedelike en religieuse beginsels waarvoor hulle gely het.”58
Na die Tweede Vryheidsoorlog moes die Afrikaner deur ’n tweede toets gaan. Hierdie keer was dit een van morele moed. Verbrysel in die oorlog en ekonomies geruïneer, is hierdie buitengewone swaar toets op hom gelê. Die openbaring van morele moed en lcrag in daardie tyd het selde sy gelyke in die geskiedenis van die nasies van die wêreld belewe. Die Afrikaner het gewys hoe taai die geslag van daardie tydperk was. Hoekom is dit nie tot die volgende geslag oorgedra nie ? Hoekom het die Afrikaner in vergelyking met die verlede dan na 1926-31 so swak opgetree ?
Met verstedeliking het die invloed van die internasionale kapitalisme deur sy ekonomiese mag en middels van beïnvloeding die Engelse geweldig in die stryd versterk. In sekere opsigte het die Afrikaner se stryd moeiliker geword, maar omdat hy 60 % van die blanke bevolking uitgemaak het, kon hy die politieke terrein beheer en die politieke mag verower. Met die Engelse politieke stelsels was die Afrikaner in staat om ’n twee derde-meerderheid in die Volksraad te verower; ’n politieke mag wat hom van 1961 in staat gestel het om al sy verlore regte terug te wen.
Waar lê die swakheid? Is dit inherent in die Afrikaner self? Is dit in sy kultuurorganisasies ? Is dit op die politieke front ?
Die geldmag wat altyd aan die kant van die Engelse was in hulle pogings om die Afrikaner deur verengelsing te vernietig, het sterker geword. Toe die Afrikaner hoofsaaklik op die plase gewoon het, was hy onafhanklik en sterk in sy isolasie. Met die trek stad toe het deurmekaar boerdery en ondertrouery plaasgevind. Die Afrikaner is die minder gegoede element in die stede en dus onder ’n mate van ekonomiese druk. Al hierdie swakhede kan egter met sterk politieke optrede geneutraliseer word.
Waar die Afrikaner 60% van die blanke bevolking is en die Engelse net 20 % met nog 20 % Engelssprekendes van ander afkomste, is dit ongelooflik dat die 20% vreemdes en nie die 60% wat die nasie van die land vorm nie, die toon aangee en ’n Engelse atmosfeer in die land skep. Tot die rooi briewebusse en burgermeesterstogas is Engels.
Gedurende 1940, in ’n tydperk van afwyking en verwarring onder Afrikaners, som prof. LJ. du Plessis die situasie soos volg op: Hy noern, die afwyking van die Calvinistiese geloofstradisie van die Afrikanerdom as die oorsaak van die verwarring en afwyking by die leiers. Die liberalisme het die gebondenheid aan die roeping losgemaak in ’n valse vryheidsleer. Die liberale vryheidsleer is die bron van opportunisme, imperialisme en kleurblindheid by die Afrikanerleiers wat nie meer soos pres. Kruger hulself verplig gevoel het om die ontwikkeling te lei uit die Woord van God ook op politieke gebied nie.”50
Prof. du Plessis soek dus die rede vir die verswakking in nasionalisme in 1940 by leiers wat nie meer die pad van pres. Kruger gevoJg het nie. Daar was ook na 1931 tot vandag ’n gebrek aan ’n duidelike besef dat dit die taak van Afrikaner-nasionalisme is om verlore regte te herwin, om onreg te verwyder en die Afrikanernasie in al sy Godsgegewe regte te herstel. Die besef dat die verowering ongedaan gemaak moet word en ’n helder besef van die Engelse probleem het by leiers ontbreek.
- Die Republikeinse Strewe deur N.G.S. van der Walt, p. 78 (Persverklaring in Volksblad 6 Augustus 1940.)
Een aspek van die boek Die Republikeinse Strewe handel, wat die Republikeinse stryd betref, oor die wisseling tussen die „Burgerstaat” - en die „Volkstaat” - gedagte en hoe die partyleiers gevang word in die net van die Engelse partystelsel. Dit dwing hulle in die rigting van die „Burgerstaat”, dit dwing hulle in die rigting van Britse demokrasie en weg van die Kruger-rigting van Afrikaanse demokrasie.
Verdere toeligting word verskaf in die volgende hoofstuk waarin die verskillende fronte van die stryd om Afrikaner-nasionalisme ondersoek word.
57. Wolfe Tone Annual 1947, First Felon for Ireland.
[2] Principles of Freedom deur Terence MacSwiney, p. 218-221.
[3] Ibid., p. 18 en 70.
[4] Die Afrikaner, 2 April 1971, p. 30.
[5] Tobie Muller - ’n Inspirasie vir Jong Suid-Afrika: Die geloofsbelydenis van ’n
Nasionalis. Stellenbosch 24 Oktober 1913, p. 143.