Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Here beproef dié wat aan Hom behoort, nie met ligte beproewings nie en Hy oefen hulle nie sagkens nie, maar Hy dryf hulle dikwels tot die uiterste toe en wanneer hulle daartoe gedryf is, laat Hy hulle soms lank in die slyk bly voordat Hy hulle enige smaak van sy soetheid bied.
VOLKSVERRAAD (33)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE COUP D'ETAT (STAATSGREEP): FINALE LINKSE OORNAME VAN DIE KABINET
Intussen het die Vrymesselaars (die Rockefeller CIA-konneksie) besef dat 'n persoon uit die Doppergeledere die leisels by P.W. Botha as Staatspresident moet oorneem. F.W. de Klerk (lid van die Afrikaner Broederbond en 'n Vrymesselaar) wat op die ou einde daardie Dopper was, het veral sedert1988 begin met sy aanslag om Staatspresident te word. In die Afrikaner Broederbond het sy aanhang toegeneem.
Die leierskapstryd in die NP het 'n aanvang geneem. P.W. Botha was nie meer gesond nie. Hy het ligte beroerte aanvalle gehad, wat vir die publiek weggesteek is. Hy kon nie meer die pas volhou nie, en is by een geleentheid inderhaas na 2 Militêre hospitaal in Wynberg geneem. Na wat onbevestig verneem is, is daar tydens sy hospitalisasie ook 'n aanslag op sy lewe gemaak. Die aankondiging dat P.W. Botha na 2 Militêre Hospitaal in Wynberg gehaas is, het die bespiegelinge oor opvolging laat opvlam. Toe Chris Heunis op 19 Januarie 1989 ingehuldig is as waarnemende Staatspresident, het almal gedink dat dit sy kanse sal verbeter om as kroonprins in P.W. Botha se voetspore te volg, en kort na sy beroerte is hy deur Chris Heunis en Pik Botha besoek.
Heunis en Pik Botha het die tyd nou ryp geag om hul eie posisies te verstewig. Heunis wou graag Eerste Minster word onder P.W. Botha as Staatspresident op die Franse model. Pik Botha wou net sommer sy naamgenoot as Staatspresident opvolg. Altwee het P.W.Botha aangeraai om die partyIeierskap neer te lê en aan te bly as Staatspresident. Hy het toe as leier van die NP bedank, en so die weg gebaan vir sy uiteindelike slagting. Daar was vier moontlike aanspraakmakers. Pik Botha, Chris Heunis, Barend du Plesis en F.W. de Klerk. Daar moes drie keer gestem word omdat nie een van die kandidate in die eerste twee rondtes 'n volstrekte meerderheid van 130 koukuslede behaal het nie. In die eerste ronde het Pik Botha onverwags uitgeval toe hy, ondanks sy groot openbare aanhang, slegs sestien stemme ontvang het. In die tweede ronde het Heunis sy stemme van 25 tot 26 opgestoot maar is uit die finale rondte weggelaat. Barend du PIessis wat as die leier van die tegnokrate beskou is, moes die knie buig voor F.W de Klerk wat 69 stemme teenoor 61 ontvang het.
Uiteindelik is De Klerk in Februarie 1989 as leier van die NP verkies en het die NP die verkiesing onder sy leierskap aangedurf. Pik Botha word toe as't ware F.W. de Klerk se skadubeeld. Pik Botha het in 'n groot mate F.W. de Klerk se 'visie' gemanupileer. P.W. was nog Staatspresident, maar die antagonisme oor sy onversetlike houding teenoor die Kommunisme en Mandela se vrylating het hom al hoe meer onder druk geplaas en voortdurend spanning in die kabinet veroorsaak. Hy het nou feitlik man-alleen in die NP nog probeer weerstand gebied teen die uitlewering van sy volk aan die barbarisme van Afrika, aan die verradelike Kommunistiese ideologie; en ook man-alleen gestaan vir die behoud van 'n kosbare kulturele erfenis wat oor 'n tydperk van meer as drie eeue gevestig is. .
Maar die swaard was reeds agter hom uitgetrek en met sy bedanking as leier van die Nasionale Party, kon die vyande van die Afrikaner Blankedom toe sonder enige weerstand hulle greep op die binnewerking van die Nasionale Party verstewig. Met Pik Botha as tussenganger was die Illuminati nou weer in beheer van die politieke oorgawe van Suid-Afrika en Suidwes-Afrika. Die vêr Iinkse faksie in die kabinet het met die bedanking van P.W. Botha as leier van die Nasionale Party feitlik onmiddellik 'n plan in werking gestel wat voorberei was om die sogenaamde hervormingsproses in Suid-Afrika in ‘n rewolusionêre fase in te stoot.
'n Geheime gesprek tussen P.W. Botha en Nelson Mandela het tydens Mandela se gevangenisskap op 5 Julie 1989 in Tuynhuys plaasgevind. Neil Barnard en Wynand Bezuidenhout van die Nasionale Intelligensiediens was ook in die agtergrond teenwoordig. Hulle het sorg gedra dat die gesprek op band opgeneem word. Mandela het in sy personderhoud met die Britse blad, Observer, vroeg in 1995 die kollig laat val op die gesprek waarin hy meld dat hy P.W. Botha versoek het om die regses voor te berei op die politieke oorgangsproses. P.W. Botha het Mandela reguit gesê dat hy hom wil vrylaat, maar dat sy vrylating onderhewig was aan die afsweer van geweld. Mandela wou egter nie geweld afsweer nie. P.W. Botha wou nie verder voortgaan met die bevrydingsproses van Mandela nie. P.W. Botha het nou besef dat indien Mandela bevry word dan sou die ANC en die SAKP ontban word; dit was ietwat in stryd met sy opvattings oor Kommunisme. P.W. Botha het nou die politieke hetvormingsproses ontmoedig. In die Broederbond het gerugte die rondte gedoen dat P.W. Botha moet bedank. Die November 1989-Verkiesingsdag het nader gekom en 'n kraak in die Nasionale Party was duidelik sigbaar.
Pik Botha het tydens 'n besoek aan die Britse Premier, mev. M. Thatcher, gedurende die eerste helfte van 1989 haar volledig ingelig oor die stryd tussen die meer radikale "hervormingsgesindes" in die kabinet en die ander. Pik Botha het aan haar gesê dat "die hervormingsgesindes nou die oorhand het. Hy het verwys na die swak posisie van die Nasionale Party in Transvaal en die feit dat dit F.W. de Klerk minder afhanklik van "konserwatiewe steun" gemaak het. Die verlies aan steun vir die NP in Transvaal het De Klerk volledig afhanklik van die steun van die NP se linkervleuel gemaak. As gevolg van die verswakking van De Klerk se politieke basis, het Pik verklaar dat De Klerk wil hê dat Thatcher 'n aktiewe rol moes speel om Swartes, waaronder die ANC, te oortuig om aan die demokratiese proses in Suid-Afrika deel te neem.
In die eerste week van Augustus 1989 het F.W. de Klerk en Pik Botha in uiterste geheimhouding 'n lang samespreking tydens 'n middagete met die voorsitter en die ondervoorsitter van Anglo-American, Gavin Relly en Julian Ogilvie Thompson gehad. Dit is deur Bill Jameson van die Britse nuusblad, Sunday Telegraph gerapporteer. Hoewel die inhoud van die gesprek onbekend is, is dit duidelik dat die Geldmag minstens ingelig was dat P.W. Botha as Staatshoof binnekort deur F.W. de Klerk onttroon sou word. Voorts het die Geldmag hoë verwagtinge van De Klerk gekoester om onderhandelingspolitiek in die Suid-Afrikaanse politieke arena in te voer. De Klerk en Pik Botha het aan Reily Thompson van die Nasionale Intelligensiediens, die se konsep van die Nuwe Suid-Afrika meegedeel en wat hulle beoog het vir wanneer De Klerk die leisels by PW Botha sou oorneem. Reilly het aan De Klerk gesê daar word van hom verwag om eers die klimaat vir werklike onderhandelings met die ANC te skep. Daarna word van hom verwag dat hy Mandela en ander Swart politieke gevangenes vrylaat. Om die klimaat te skep, moet De Klerk die vereistes in die Hararedeklarasie nakom. Dan eers kan daar werklik onder handel word.
Allan Hendriks rig toe 'n direkte uitdaging tot P.W. Botha deur 'n baaiverbod op Gekleurdes in Port Elizabeth te ignoreer en in die see te gaan swem. Dit het gelei tot Hendricks se ontslag as Minister en ook byna die konstitusionele bestel met sy drie-kamerparlement . Asof hy net hiervoor gewag het, gryp F.W. de Klerk toe gedurende Augustus 1989 in, en neem die binnekringe van die Afrikaner Broederbond 'n finale besluit rakende die bedanking van P.W. Botha as president. Binne die Kabinet is die finale swaai na links op die spits gedryf toe F.W. de Klerk president P.W. Botha in 1989 gedwing het (by wyse van afpersing om laasgenoemde se lidmaatskap van die Nasionale Party op te skort) om te bedank as Staatshoof van die Republiek. Eschell Rhoodie meld in sy boek P.W. BOTHA THE LAST BETRAYAL op bladsy 298: "At a private week-end meeting in mid-August Mr De Klerk won the cabinet's support for his demand to inform Mr. Botha that the President had become an embarassment to the NP; a loose canon; and a dangerous one. No-one argued more heatedly in favour of giving the President the boot than Mr. Pik Botha who, if nothing else, is an expert at reading the right moment for a political kill. On Monday August 14, 1989 the cabinet, most of whom were handpicked by Mr. Botha during his heyday as dictator, asked Mr. Botha for his resignation. When he refused he was told that papers would be handed to him on, departure ending his membership of the National Party. That same evening he announced his resignation on national television, lashing out that his authority was being defied by his own cabinet, leaving him no option but to resign."
P.W.Botha het as Staatshoof van die Republiek bedank. F.W. de Klerk is op 15 Augustus 1989 ingehuldig as Staatspresident.
Vervolg...