NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Net ‘n huigelaar bid vir ‘n lang lewe maar vrees die ouderdom. Moenie sê: “Nou is ek oud” nie.  Sê liewer: “Ek het ‘n lewe wat nooit gaan ophou nie”.

LEER OM MEKAAR SE VOETE TE WAS

Ds Andrè van den Berg

“As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was” - Joh.13:14                 Die laaste aand van Jesus se aardse bediening was dramaties.  Hy het die Pasga saam met sy dissipels genuttig waarna een van hulle Hom vir geld verraai het.  Dit wat daarna gebeur het, was ʼn bitter beker om te drink en het op sy kruisdood uitgeloop.   Net vóór hulle die Pasga genuttig het, het Jesus sy dissipels ʼn belangrike les in diensbetoon geleer wat van elke gelowige waar moet wees.

In Joh.13 maak Jesus die doel van sy koms na die aarde duidelik - Hy het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.  Hy wys vir sy dissipels watter hart sy volgelinge moet hê.   Kom ons ondersoek ons eie harte vanoggend in die lig van die Skrif en vra onsself die vraag af: Hoe lyk my hart vir die Here?

   En as Jesus deur sy Gees met ons praat om te herstel, dat ons dit onverwyld sal doen:
“Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie...” (Heb.3:7,8).

Al was Jesus aan die einde van sy aardse bediening, was sy hart steeds met liefde vir sy dissipels gevul.  Hy het hulle volkome en onvoorwaardelik liefgehad net soos vir ons vandag.   Paulus skryf in Rom.8 dat niks ons van hierdie liefde van Jesus kan skei nie, selfs nie eens die dood nie!  Ongeag wat in gelowiges se lewe gebeur, het Jesus ons volkome, onvoorwaardelik en ewig lief.

Vers 3 sê dat Hy wat sondeloos was deur God gestuur is om sonde vir ons te word:
“Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak...” (2 Kor.5:21).

Hy sou alles volbring om daarna na die heerlikheid van sy hemelwoning terug te keer.  Sy hoofdoel op aarde was om vir sondaars, soos ons, se sonde te sterf:
Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk.19:10).

Die kruis is die onteenseglike bewys van hierdie liefde:
" ...maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was”
(Rom.5:8).

Jy kan aan enigiets wat God vir jou doen twyfel behalwe Jesus se liefde deur sy offerdood aan die kruis vir jou.   Sy kruis staan soos ʼn monument van God se liefde in elke wedergeborene se lewe vasgemessel.

In verse 4 en 5 doen die Meester die werk van ʼn slaaf.   Dit was die gebruik dat slawe die voete van besoekers as teken van gasvryheid gewas het.  Daarom was die dissipels verbaas toe die Here Jesus opgestaan en hulle voete begin was.  As Alwetende het Hy elkeen se lewe geken soos dit was; nie soos voorgegee is nie.  So het Jesus die voete van ʼn man gewas wat Hom ʼn paar uur later drie maal sou verloën.  Jesus het ook Judas se hart geken:

“... Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai.  .... Het Ek nie twaalf uitverkies nie?  En een van julle is ʼn duiwel!” (Joh.6:64;70).

En ten spyte van alles het Jesus Judas steeds kans gegee om hom te bekeer voordat dit te laat was.   Wat ʼn les; Jesus se liefde en vergewensgesindheid eindig nooit!

Jesus het Petrus laat skik; hy kon nie glo dat Jesus hom wou dien nie.  Hy het gemeen dat hy dit nie verdien nie.  En Petrus was reg.  As ons van die Here moet ontvang wat ons verdien, beland ons almal in die hel!   Dank God dat Hy ons nie gee wat ons verdien nie, maar juis dit wat ons nie verdien nie!  Redding en al die seëninge daaraan verbonde is produkte van God se genade. 
“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie” (Efes.2:8,9).

Toe Petrus besef wat Jesus wil doen, reageer hy negatief:
“... U sal my voete in der ewigheid nie was nie...” (:8).  Petrus verbreek die eerste reël van dissipel wees nl. gehoorsaamheid.   Hy weier om hom aan Jesus te onderwerp.  Dis valse trots!  Dan herinner Jesus hom aan ʼn groot waarheid – indien die gelowige hom nie aan die gebod van God onderwerp, kan hy geen gemeenskap met God hê nie:
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15). 
Gehoorsaamheid is die bewys van ons liefde vir Jesus.

Toe Jesus hom teregwys, werp Petrus hom ten volle op Jesus:
“...Here, nie net my voete nie, maar ook die hande en hoof” (:9). 
God seën sulke oorgawes want dit bring ons op die punt waar ons van onsself wegkyk en God se wil eerste stel.

Toe Jesus vir Petrus sê:
“... Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein...” (:1) bevestig Hy ʼn groot waarheid; as ons Jesus as Verlosser aangeneem het, is ons vir altyd van die sonde-oordeel gewas: 
“... Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed” (Openb.1:5). 
Ons hoef nie elke keer as ons sondig van voor af tot bekering te kom nie.  Ons moet egter dadelik na Hom vir vergifnis kom sodat die geestelike lug gesuiwer en die verhouding met Jesus herstel word.  Indien ons dit nie doen nie, word die gaping tussen ons en God groter.

Die geheim van geestelike vreugde is om belydenis van sonde te doen.  Jesus was steeds die voete van sy kinders!
“My sonde het ek U bekend gemaak en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie.  Ek het gesê: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe” (Ps.32:5).

Jesus is ʼn voorbeeld van nederigheid, een van die mooiste eienskappe waaraan gelowiges herken word.   Miskien het die dissipels onder mekaar getwis oor wie die slaaf se rol sal vertolk en die voete was.   Miskien het die meeste van die dissipels gevoel dat dit benede hulle was en die toets gedruip!
“En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees”
(Mark 10:44).   
Jesus sê dat die pad van ware grootheid in die koninkryk van God deur nederigheid loop; een van die talle teenstellings van die geloof.  (Daar is ook ander soos: Om te lewe moet jy sterwe en om te ontvang, moet jy kan gee).

In vers 16 gee Jesus ʼn opdrag – as Hy bereid is om ʼn dienskneg te wees, moet sy volgelinge ook diensknegte wees.   Jesus het nie net diegene gedien waarvan Hy gehou het nie.   Al was Johannes die lieflingdissipel en het hy en sy broer Jakobus altyd so ʼn entjie voor die ander dissipels probeer wees, het Jesus hulle nie voorgetrek nie.  En wat van Petrus wat Jesus drie maal sou verloën?   Dan was daar ook Thomas die twyfelaar, nie eens van Judas die verraaier te praat nie!   Jesus het nie toegelaat dat enige subjektiewe faktor sy liefdediens beïnvloed nie, maar almal eenders hanteer.

ʼn Dienskneg van God is nie bevooroordeeld nie.  Hulle het die hart van Christus en dien mense ongekwalifiseer.   Dien ons almal werklik eenders?
... salig is julle as julle dit doen” (:17).  “Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde” (Jak.4:17).

Waarom is dit soms vir ons so moeilik om ander mense te dien?  Jesus het nooit ʼn probleem daarmee gehad nie.   Dit was vir Hom so natuurlik soos asemhaal.  Mag God ons help om ware diensknegharte te hê!   Dis net moontlik wanneer ons op die punt kom dat ons meer oor ons medemens as oor onsself besorg is:
“Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n” (Fil.2:4).

Jesus het vir ons ʼn voorbeeld van diensbetoon nagelaat om na te volg.   Sy lewe was ʼn lewe van diens-aan-ander.  Volg jy sy voorbeeld of moet jy soos die dissipels erken dat jy dikwels maar net jou eie belange bevorder?
“...want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges”(Rom.16:18).

Miskien lees iemand nou hier wat net soos Judas van ouds is; in die kerk (binnekring) omring met Christelike dinge, maar nooit werklik tot bekering gekom het nie.   Daar is hoop vir jou.  Doen dit wat Judas moes doen maar nie gedoen het nie – kom na Jesus vir redding.  

Kom ons ondersoek ons eie lewens.  Dien ons werklik soos Jesus gedien het?    Godsdiens gaan oor diensbaarheid.   Diens is die huur wat ons vir Christus betaal vir die voorreg om te leef.   Geen mens is ooit vereer vir wat hy ontvang het nie, maar slegs vir wat hy gegee het.  Wat gee jy vir Jesus?

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1543 gaste aanlyn