NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Waarom is ons bang vir die dood as ons weet dat ons geliefdes op ons wag?  Om met hierdie wete te sterf, is in werklikheid ʼn wonderlike avontuur!

BYBEL EN VOLKSTRYD (6)

Ds C R Kotze

Lees reeks by Die Bybel en ons volkstryd

In hierdie reeks word 20 preke aangebied wat almal betrekking het op die Afrikaanse volkslewe en die politiek. Dit is geskryf deur wyle ds. C R Kotze wat as jongman by die Boeremagte tydens die Tweede Vryheidsoorlog aangesluit het. Hy is in ’n veldslag gewond, gevange geneem en na St. Helena as krygsgevangene verban. Hier het hy onder diep geestelike indrukke gekom en besluit om sy lewe te wy aan die bediening van die Goddelike Woord.

GEEN UITLANDER-REGERING NIE

Deut. 17:15: “Dan moet jy sekerlik ’n koning oor jou aanstel wat die Here jou God sal verkies; uit die midde van jou broers uit moet jy ’n koning oor jou aanstel ; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie”.

GOD het die volk uit die Egiptiese slawerny verlos. God gee hulle wette. God lei die volk na hul vryheidserfenis. Maar die Here sê : As julle daar kom en julle wil ’n koning kies, dan moet julle geen uitlander kies nie. Net een uit jul eie volk. En ’n man wat God vrees. So regeer God oor ’n volk, deur ’n persoon of persone daar in die regering te stel wat God dien.

God kan sonder middels ook werk, maar in die reël gebruik God middels. God gebruik wolke om te laat reëln en God gebruik mense om deur hulle oor ’n volk te regeer. Gods regering

Daar moet ’n regering wees. God is nie ’n God van wanorde nie. God verlos Israel uit die slawerny van Egipte en lei hulle kortpad na Sinai om wette te kry.

In die huis moet gesag wees.

Die kerk het ’n bestuur.

Die volk moet ’n regering hê.

Dit mag nie 'n vreemde regering wees nie. ’n Kind moet onder gesag van sy ouers staan. ’n Heiden moet onder ’n voog staan. Dis ook waar van ’n volk wat nog kinders is, of ’n heidense volk. Die kind of heiden kan nie vry wees nie, kan nog nie sy eie baas wees nie.

Maar ons Boerevolk is in Suid-Afrika die grootste, mees ontwikkelde en mees christelike volk.

As ons let op die universiteitseksamens, dan is verreweg die meeste B.A.’s, M.A.’s en doktore net Afrikaners.

Ons is die mees ontwikkelde volk.

Ons is ook die mees kerkvaste en Bybelvaste volk.

Die mees christelike volk.

Ons is dus die een volk in Suid-Afrika wat volgens Gods Woord geen vreemde gesag oor ons mag hê nie, geen voogd, maar ’n eie regering.

Ons moet ‘n eie regering hê. Die leiers en regeerders moet kom uit ons eie volk !

Eseg. 22:30 sê : Ek soek ’n man uit hulle wat die muur sal toemuur !

Yir 300 jaar het God ons volk gelei, bewaar en gered en steeds laat groei. God het ons lief, maar ons moet Hom dien. Nie net op ons knieë in die kerk nie, maar ook in die werk, in die handel, in die vriendekring, in die politiek.

Kies een wat die Here sou gekies het. Is dit nie ’n spottery as ek bid en dink dat God regeer, maar ek kies ’n heiden as leier en regeerder nie ! Kies dus een wat die Here kan gebruik, een wat in die Here se diens staan.

Tot watter skande en ellende het die volk gekom, deurdat hulle vir Absalom as leier en regeerder gekies het.

Hoe het verkeerde leiers ons volk verskeur en in ellende gedompel !

Die leier en regeerder moet sterk wees.

Daar is skatte en weelde binne sy bereik ; daarom moet hy sterk wees.

Daar is versoekings. Hy moet sterk wees.

Daar is vleitaal; hy moet sterk wees.

Daar is omkooppryse ; hy moet sterk wees.

Alleen God kan hom help om vas te staan. Alleen ’n man met Bybel en gebed kan as leier of regeerder sterk staan !

Nog nie een sonder godsdiens kon staan nie.

Saul het sy volk in ellende gedompel.

Jerobeam het ’n vreemde godsdiens ingevoer.

Agab het sy eie kerkmense vervolg.

Kan ’n mens nou God bid en dank dat Hy regeer, as die mens sulke leiers en regeerders kies ?

Waarorn roem ons net Retief, Cilliers, Kruger, Steyn en De Wet ? Waarom roem ons net hierdie godsdienstige manne ? Omdat die ongodsdienstige manne almal hul volk in die steek gelaat het.

Die ellende van Europa vandag, is te danke aan die verkeerde leiers !

Nog nie een leier met ware godsdiens het geval nie ! Dawid, Hiskia, Josia. Hulle is nie een onfeilbaar nie, maar hulle hou koers vir volk en kerk.

Daar is ’n krisis voor die deur. Die saak is ernstig. Die saak eis spoed. Alleen God kan reg lei en help en bewaar. Daarom kies reg ! Kies geen uitlander nie, maar een uit u eie mense, een wat die Here kies.

En vertrou dan. Wees vol vertroue. Ons het leiers met Bybel en gebed. Onse God regeer.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1543 gaste aanlyn