NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kan vir God niks wegsteek nie; nie ons swaarkry, ons sonde of ons liefde vir Hom nie. Kyk net hoe goed ken Hy ons: in Ps 139 sê Dawid: "U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend. Want daar is nog geen woord op my tong nie – of U, HERE, U ken dit geheel en al".  Natuurlik, want Hy het ons gemaak!

DIE DEUGSAME VROU

VROUE IN DIE BYBEL

Spreuke 31: Die deugsame vrou

Om Spreuke 31 ten volle te waardeer moet jy iets verstaan van die doel van Spreuke in die algemeen. Spreuke is ‘n versameling wyshede en gee uitdrukking aan die waarheid met direkte stellings, teenstellings en vergelykings. Dis deel van die Ou Testament wat bekend is as die “Wysheidsliteratuur” wat Job, Spreuke, Prediker en sommige psalms insluit. Spreuke handel oor die toepassing van God se wysheid op spesifieke situasies en besluite in ons lewe. Koning Salomo, Dawid se seun, het die grootste gedeelte van Spreuke geskryf, maar daar is ‘n paar gedeeltes, insluitend die inhoud waaroor ons vandag praat, wat heel waarskynlik deur ander skrywers geskryf is. Lees Spreuke 31 sorgvuldig deur.

Die deugsame vrou in Spreuke 31 kry die lof en bewondering van haar man en kinders. Hulle wat haar die beste ken, sal haar die meeste prys. Kyk wat haar man hier sê: “Daar is baie knap vrouens, maar jy oortref hulle almal!” In die oë van haar lewensmaat is sy net die beste. Hoe hartseer is dit nie ons ons ons dikwels voor vreemdelinge op ons beste gedra en ons ergste, onnadenkende woorde en dade hou vir ons gesin.

Ons weet uit vers 22 dat hierdie deugsame vrou nie haar uiterlike voorkoms verwaarloos nie maar hierdie vers stel dit duidelik dat haar versiering nie net uiterlik is nie. Hierdie vrou klee haarself met sterkte en eer. Watter balans is daar nie in hierdie eienskappe nie! Maar waar kom hierdie balans vandaan? Vertroue wat in die self gesetel is, maak ‘n mens hoogmoedig en word nie gewoonlik met waardigheid uitgeleef nie, maar selfvertroue wat gesetel is in ‘n regte begrip van God en wie Hy jou gemaak het om te wees, word altyd getemper deur nederigheid, Dit is hierdie begrip van God wat haar instaat stel om “te lag oor die dag wat kom”. Iemand wat weet hoe om God te vertrou slyt nie haar dae in angstigheid en bekommernis nie. Die gelowige is nie immuun teen sulke emosies nie maar moet nooit daardeur beheer word nie.

“As sy praat, is dit met wysheid”. Wens jy nie ook daar kom wysheid voort elke keer as jy jou mond oopmaak nie? Onthou dat wysheid nie maar net kennis is nie. Dis kennis wat prakties gemaak word, gefokusde waarheid gekenmerk deur liefde; wysheid wat kom uit ‘n liefdevolle hart.

Vertroue is opgebou. 'n Mens kan sien dat hierdie aspek van die deugsame vrou tyd neem. Dit behoort die doelwit te wees in elke belangrike verhouding waarin ons staan. Dit spreek boekdele oor enige vertroulike verhouding, maar hoeveel te meer nie van die intiemste van alle menslike verhoudings, naamlik die huwelik nie. Wat bou vertroue? Deursigtigheid, kommunikasie, jou woord hou, jou lewensmaat opbou - dis die stene en sement wat lei tot 'n vertrouensverhouding. Hierteenoor is oneerlikheid, afsydigheid, gebrek aan kommunikasie en gedurige kritiek die dinge wat vertroue vernietig.

As daar in ons huis ‘n veilige en bevredigende verhouding is, is ons alreeds 'n sukses. Dan het ons die belangrikste bate wat die lewe kan bied. 'n Geskiedenis van goeddoen en nie kwaad doen nie, bring ons uit by die plek waar die belangrike persone in ons lewe ons kan vertrou. Let of die frase "al die dae van haar lewe". Hierdie soort verhouding is nie die resultaat van 'n vinnige naelloop nie; dis 'n langafstandwedloop en dit vra volharding.

In Spreuke 31 is die man bekend as gevolg van sy deugsame vrou. Wat 'n wonderlike gedagte dat hy bekend is as gevolg van haar! Baie van ons besef nie hoeveel impak ons het op mense om ons nie. Nie lank gelede nie was daar 'n godvrugtige man in 'n gemeente wat afgekeur is as ouderling, nie op grond van sy lewenswandel nie, maar omdat sy vrou bekend was as 'n skindertong. God wil hê 'n man moet beter daaraan toe wees omdat hy 'n vrou het. Spreuke 18:22 sê: "Wie 'n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here." Dis sy begeerte, sy plan. Hy wil hê die vrou moet van haar man 'n beter mens maak. Sy moet hom so sterk ondersteun dat mense goed van hom dink as gevolg van haar.

Die deugsame vrou hanteer nie net haar verhoudings in die huis goed nie, sy reik ook uit verby hierdie kring na die wat God in haar wêreld inbring. In Spreuke 31:18 (1953­-vertaling) lees ons: "Sy voel dat haar wins goed is," met ander woorde, sy is tevrede met die stand van sake. Dan lees ons: "In die nag gaan haar lamp nie dood nie." As 'n mens vinnig kyk, sal jy dalk dink dit beteken sy bly laat op om te werk. Ons sien alreeds dat sy vroeg opstaan. Dalk brand sy die kers aan albei kante. Maar as ons die kultuur verstaan, kom 'n ander prentjie na vore.

Eerstens kon 'n mens in daardie kultuur nie gou supermark toe gaan en 'n dosie vuurhoutjies koop nie. 'n Doel­treffende huis het altyd een lamp brandend gehou as 'n bron van vuur. Nog belangriker egter, 'n gasvrye huis het 'n lamp in 'n venster brandend gehou om besoekers in te nooi. Destyds was herberge maar skaars en daar was nie iets soos 'n hotel nie sodat reisigers gewoonlik afhanklik was van plaaslike gasvryheid. Of dit nou 'n gesinslid, 'n buurman of -vrou of 'n verbygaande vreemdeling was, die deugsame vrou was altyd gereed om te dien.

Sy "brei haar handpalm uit na die ellendige". In die vo­rige vers (v. 19) het ons gesien sy "steek haar hande uit na die spinstok" — sy steek die hand uit die mou om te werk. Hier sien ons dat haar hande ook gereed staan om te dien. Die bewoording beeld iets meer uit as net lukraak goeie dade. Om "uit te steek" of "uit te brei" praat van doelbewuste be­diening, om uit jou pad te gaan vir iemand. Sy het 'n hart wat op die uitkyk is vir ander se behoeftes en help hulle bevredig.

Hoe meer ons kyk na die besonderhede van hierdie hoofstuk, hoe groter raak die gevaar om oorweldig te voel. Die outeur sluit in vers 30 af deur ons te herinner aan die belangrikste verhouding in die deugsame vrou se lewe. Sjarme en uiterlike skoonheid is die dinge waarin wêreldlinge hulle vertroue plaas. Tog is dit nie die sinvolle verhoudings nie. Trouens, as jy mooi daaraan dink werk hierdie dinge téén egtheid, téén verhoudings.

Die fondament van alle horisontale verhoudings is ‘n vertikale verhouding; ons verhouding met God. Dit gee ons die sekuriteit om opreg en kwesbaar te wees. Dit is die lewe in God se genade wat van ons instrumente maak vir ander mense. Selfs ons vermoë om te vra vir vergifnis is verbind aan ons verhouding met Hom. Ons kan nie van onsself 'n deugsame vrou maak nie. Dit kan net gebeur indien ons dag na dag met God wandel en ons lewe oorgee aan sy beheer. Dan alleen sal Hy aanhou om ons meer soos Jesus te maak totdat Hy weer kom.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1164 gaste aanlyn