NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself – Prediker 10

LEWE EN DOOD VAN JOPIE FOURIE

Hierdie artikel handel oor die lewe en dood van Jopie Fourie, wat as rebel in 1914 deur die regeringsmagte gevang en soos ons dit hier in ons KULTUURDAGBOEK gemerk het, op 20 Desember met dagbreek tereggestel is.


Die lewe en dood van kaptein Joseph Johannes Fourie

Dr JP Botha

Jopie Fourie is op 28 Augustus 1878 op die plaas Hartebeesspruit gebore, in die distrik Pretoria.  Hy was dus ten tye van sy dood 36 jaar oud.  Hy het aanvanklik die plaasskool te Wildebeeshoek besoek en daarna die skool van die heer Louis te Pretoria.  Hy was ook nog in een of meer ander skole in die stad, totdat hy in 1893 saam met generaal Joubert se seun en ‘n paar ander Transvalers na Grey College in Bloemfontein gestuur is.   Hier het Jopie drie jaar lank ywerig studeer en hom as ‘n goeie leerling onderskei. Hy het later ook ‘n tyd lank sy studies te Stellenbosch gaan voortsit.  Met die Jameson-inval het hy na Pretoria teruggekeer en deel gehad aan Jameson se oorgawe by Doornkop.

Terug in Pretoria, word hy aangestel in die kantoor van die Ouditeur-generaal, waar hy as amptenaar werksaam was totdat die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek het.  Daarna is Fourie aangestel as rapportryer op generaal Joubert se personeel.  Hy het in hierdie hoedanigheid die Natalse veldtog meegemaak en hom in menige geveg weens sy onverskrokkenheid en kalmte onderskei.  Op sy jeugdige ouderdom het hy toe al reeds ‘n merkwaardige invloed op sy medeburgers uitgeoefen.  In sy kommando was dit later vanselfsprekend dat wanneer daar iemand nodig was om ‘n paar manne in die uitvoering van ‘n buitengewone diens te lei, of dit nou in die dag of die nag, in reën of sonskyn was, dan was Jopie Fourie sonder uitsondering die man daarvoor.

Na die inname van Pretoria is hy vir besondere rapportdiens in die afdeling van advokaat Ewald Esselen  na die weste gestuur, maar hy het spoedig agter die Magaliesberg teruggekeer en as kommandant weer by sy kommando aangesluit en na die hoëveld vertrek.  Daarna sluit hy aan by sy oom, kommandant Willem Pretorius, van die Wyk Hoëveld, Heidelberg.

In ‘n skermutseling noord van Pretoria, word hy in die been gewond en gevange geneem.  Die operasie  -  eintlik twee of drie  -  wat daarna in die hospitaal plaasgevind het, word deur sy intieme vriende beskryf as van ‘n besonder pynlike aard te wees. Hy het daarna half mank geloop. Hy het later vertel dat toe hy daar in die hospitaal as gewonde gevangene gelê het, het ‘n Engelse offisier hom met die kolf van sy rewolwer geslaan en verwond.  Dit het sy afkeer in die Engelse nasie versterk.

Na die Oorlog het kommandant Fourie op sy plaas te Wildebeeshoek geboer. Die moeilike jare daarna tot 1910 het verbygegaan en die vier Suid-Afrikaanse state het verenig in die Unie van Suid-Afrika, met generaal Louis Botha as eerste minister en generaal Jan Smuts as sy minister van verdediging, wat volkome in beheer van die weermag was. Kommandant Joseph Fourie is aangestel as Kaptein van die Noordelike Berede Skutters (13th Mounted Rifles) en sy broer, Johannes Petrus, as Luitenant hiervan.

In hierdie nuwe hoedanigheid was Jopie Fourie van plan om sy vaderland in sy nuwe vorm te dien, maar die regering se houding teenoor die aartsvyand, Engeland, het hom nie aangestaan nie.  Toe die Eerste Wêreldoorlog in 1914 uitbreek, was die atmosfeer in die land al klaar weer pure Brits.  ‘n Voorval op 10 Oktober 1914 het daartoe bygedra dat Fourie se afkeer in die Engelse oorgekook het en generaal Botha se deelname aan die Oorlog aan Engelse kant, vir hom onvergeeflik was.

Jopie Fourie en sy vriend en buurman, Oswald Teichmann, was saam in die stad op 10 Oktober.  Hulle was albei van plan om dieselfde aand na hulle plase terug te keer, toe die weer opsteek en hulle laat besluit om oor te bly tot die volgende môre.  Daardie middag het hulle verneem dat president Kruger se verjaarsdag dié aand met ‘n funksie in die Operagebou herdenk sou word.  Fourie was egter geklee in ‘n rybroek en baadjie, wat na sy mening nie deftig genoeg was vir bywoning van hierdie besondere funksie nie en het daarom ‘n beskeie plek op die galery gaan inneem, waar hy gemeen het dat hy nie opgemerk sou word nie.  Buiten hy en sy vriende, was hier egter ‘n groot aantal ongewenste persone teenwoordig, wat van plan was om die verrigtinge in die war te stuur.

Toe daar ‘n sangkoor op die verhoog optree, begin hierdie bende allerlei straatliedjes te sing.  Fourie het op die been gekom en hulle in Engels aangespreek en gevra om tog respek te toon vir die geleentheid wat die Afrikaners besig was om hier te herdenk. Indien hulle nie na generaal Beyers wou luister nie, kon hulle gerus die saal verlaat. Nog nooit in die verlede het Afrikaners uit hul pad gegaan om deur stuitlike demonstrasies ‘n fees van die Engelse ingesetenes te ontwrig nie en sal dit ook nooit doen nie.  Hy doen ‘n beroep op hulle om hul laakbare gedrag te staak. In die guns van die Engelssprekendes moet hier vermeld word dat ‘n paar van hulle daarna opgestaan het om Fourie te ondersteun.  Hulle het die onordelikes betig en gevra dat hulle hul tog as gentlemen moes gedra.

Die lawaai het nie opgehou nie.  Die onwelkom element was blykbaar daar met net één doel voor oë, naamlik om die suksesvolle verloop van die verrigtinge te versteur.  Hulle het daarin geslaag.

Die volgende môre het Fourie na ‘n vriend in Gezina gery en aan hom gesê dat die gebeure van die vorige aand duidelik aantoon dat sommige mense nog steeds daarop uit was om die Afrikaner te vertrap, en so sal dit bly.  “Alles wat ek jare lank al vergeet het en alles wat ek ernstig probeer het om te vergeet en te vergewe, dit pomp vandag weer onkeerbaar deur my bloed!” het hy gesê.

Vanaf daardie aand in die Operagebou het Joseph Fourie ‘n rebel geword.

Toe die Afrikaners in 1914 in opstand kom teen Louis Botha se deelname aan die Europese oorlog aan Engelse kant, het kaptein Joseph Johannes Fourie en sy jonger broer, luitenant  Johannes Petrus Fourie, by die rebelle aangesluit.  Kort daarna is hulle egter op 16 Desember 1914 saam met 43 ander rebelle op die plaas Nooitgedacht, noordwes van Pretoria, tydens ‘n skermutseling met die regeringsmagte gevange geneem en na Pretoria gebring, waar hulle voor ‘n algemene veldkrygsraad op 18 en 19 Desember tereggestaan het op die aanklag van verraad, want die twee offisiere was in regeringsdiens, waarteen hulle nou in opstand gekom het.

Tydens die sitting van die krygsraad het Jopie sy saak verdedig deur die redes aan te toon waarom hy in opstand gekom en gerebelleer het.  Hy het onder andere ook die voorval van 10 Oktober genoem en gesê:  “As dit Britse gelykheid is, dan wil ek nie daaronder leef nie.  Dan is dit vir my ‘n groter eer om hier as gevangene te staan, as om ‘n offisier in die Engelse leer te wees.” Hy het met nadruk verklaar:  “Wat ek gedoen het, is met oop oë en uit eie vrye oortuiging. Wat my broer betref, wil ek meedeel dat sy doen en late onder my invloed plaasgevind het.  Hy het my bevele en instruksies uitgevoer en daarom vra ek dat die hof in aanmerking moet neem dat hy nog jonk is.  Hy is my jongste broer en hy glo in my.  Ek is nie van plan om die hof om genade te smeek nie.  Die genade van my God wat my gelei het is vir my genoeg.  Maar ek vra net dat die manskappe wat onder my gedien het, genadig behandel sal word.  Hulle was sterk onder my invloed.”

Die hof het verklaar dat hy die vonnis sal oorweeg.

Daardie Saterdag is verskeie versoekskrifte in die stad rondgestuur, waarin gevra word dat indien die doodvonnis oor die twee Fourie-broers uitgespreek word, dit nie voltrek moet word nie. ‘n Afvaardiging is saamgestel om dit aan die Minister van Verdediging te oorhandig, naamlik dr DF Malan, ds C Neethling, ds HS Bosman, Jan (genl) Joubert, dr AE Grunberger en dr Gey van Pittius.  Hulle het verneem dat generaal Smuts  nie meer op Pretoria was nie, maar op sy plaas te Irene.  Die afvaardiging het skriftelike toestemming van kommissaris Truter verkry om na Irene te gaan.

Toe hulle by die plaas van generaal Smuts aankom, het ‘n vroulike bediende hulle meegedeel dat die Generaal gaan wandel het, en dat hulle nie weet waar hy was, of wanneer hy sou terugkeer nie.  Die afvaardiging het besluit om te wag.  Nadat hulle omtrent ‘n halfuur daar gesit het, het daar ‘n motorvoertuig agter die huis opgedaag en ‘n oomblik later is aan hulle meegedeel dat die Generaal haastiglik deur die Verdedigingsdepartement na Pretoria ontbied is en dat die motor hom kom haal het.

Die afvaardiging is toe na Pretoria terug.  Hulle besluit toe dat dr Malan, ds HS Bosman en ds Neethling die versoekskrifte aan generaal Smuts persoonlik moet oorhandig, maar hulle het nie daarin geslaag om ‘n onderhoud met hom te reël nie.

Om 10 uur verneem hulle dat die doodvonnis wat oor kommandant Fourie uitgespreek is, bekragtig is.  Die versoekskrifte is toe aan luitenant Louis Esselen oorhandig, wat beloof het om dit aan generaal Smuts voor te lê.  Luitenant Esselen slaag daarin om telefonies met generaal Smuts kontak te maak.  Die Minister se antwoord aan Esselen was dat die versoekskrifte die volgende môre (Sondag) om 10 uur aan hom oorhandig kon word.  Die volgende môre was dit nie meer nodig nie, want die doodvonnis was toe al voltrek.

Daar was ook twee vroue wat feitlik die hele dag lank vergeefse pogings aangewend het om ‘n onderhoud met generaal Smuts te verkry.  Mevrou Joubert, weduwee van generaal Piet Joubert, en kommandant Fourie se ou moeder, het die Saterdagmiddag ure lank in ‘n motor rondgery om na hom te soek, maar kon hom nie opspoor ne.

Kaptein Fourie is Saterdagaand om 9 uur in sy sel in die aanklagtekantoor in kennis gestel dat hy ter dood veroordeel is. Die beampte wat die kennisgewing aan hom besorg het, het Fourie aan die slaap gevind.  Nadat Fourie wakker geword het, is hy hierdie woorde toegevoeg:  “Joseph Fourie, you are to be shot to-morrow morning at daybreak.”

Daardie nag het ds Neethling van Eloffsdal vir Jopie onderskraag.  Hulle is om 12 uur  na die plaaslike gevangenis oorgeplaas.  Die sipier het op Jopie se versoek aan hom ‘n tafel en papier verskaf om te kan skryf. Hy het die hele nag al biddende, skrywende en pratende deurgebring.  Hy het verskeie briewe aan sy ouers, sy vrou en ander familie geskryf  Een van dié aan sy vrou  lui as volg:  “Aan my dierbare vrou, Susanna Fourie, van haar ou Jopie. Vertrou op die Here, van ganse harte! God sal met ons wees tot ons mekaar weer sien, geliefde!  Troos jou daaraan dat Jesus my Leidsman is.  Hy gaan my vandag vergesel na sy Vaderhuis.  Daar is nou net tien manne hier verby om my af te sien na Gods huis.  Dag geliefde, ek gaan huis toe. Jopie.”

Dit was kwart oor vyf toe daar bevele van buite af opklink. Toe hulle uitstap, sê Fourie aan ds Neethling: “Hulle moet my tog nie in my gesig skiet nie. Ek het ‘n groot Afrikanerhart, met genoeg plek om in te skiet.”  Toe hulle aan die agterkant van die tronk aankom waar die vonnis voltrek sou word, gaan Fourie op die stoel sit, bind die blinddoek om sy oë en begin met ‘n vaste stem te sing: “Als wij de doodsvallei betreen, laat ons elk aardse vriend alleen...” Toe die laaste woorde daarvan wegsterf, val die skote en Fourie was nie meer nie.

In die verslag wat die Verdedigingsmag aan die pers uitgereik is, word gemeld dat Jopie se broer luitenant Johannes Fourie, begenadig is en sy vonnis verander is na 5 jaar gevangenisstraf met harde arbeid, dat kaptein Josepf Johannes Fourie se doodvonnis vanmôre, die 20e deser, om 5 uur voltrek is in die gevangenis te Pretoria.  Die peleton wat die teregstelling uitgevoer het, het uit 12 man bestaan en die dood was oombliklik.  Die oorlede offisier het sy dood met kalmte en sielskrag tegemoet gegaan.

Moontlik het eerste-minister Louis Botha se gewete hom oor Jopie Fourie gekwel tot sy eie dood in 1919, maar minister van verdediging, Jan Smuts, wat Jopie se dood beveel het, het blykbaar tot sy eie dood in 1950, nooit aan enige gewetenswroeging daaroor gely nie.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1191 gaste aanlyn