NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees nie haastig in jou gees om jou te vererg nie, want ergernis rus in die boesem van die dwase – Prediker 7:9

IS DAAR SPOKE?

Ds AE van den Berg

Efes.6:10-20

Is daar werklik so ’n iets soos spoke?  Die antwoord hierop hang alles af van wat presies met spoke bedoel word?   Indien dit geestelike wesens (sonder ’n liggaam) is, is die antwoord ’n baie besliste ja.   Indien dit die geeste van afgestorwenes beteken, is die antwoord ’n baie besliste nee.

Die Bybel sê baie duidelik dat daar geestelike wesens bestaan – goeies en slegtes, maar wys die idee van geeste wat ontslape mense wat op aarde agterbly om mense vrees aan te jaag, beslis af.    “En net soos die mens bestem is om eenmaal te sterwe en daarna die oordeel” (Heb.9:27).   Sodra die mens sterf, volg die oordeel.   Jesus sê vir die misdadiger aan die kruis: “…Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees” (Luk.23:43).   Die Paradys is die wagkamer na die hemel.   Wie hul daarin bevind, is oorstelp van vreugde omdat hulle ná die oordeel saam met Jesus na die hemel vertrek.

In die Gelykenis van die Talente gee die ontevrede heer opdrag:  “En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; want daar sal geween wees en gekners van die tande” (Mt.25:30).    Die buitenste duisternis is die wagkamer na die hel.   Wie hulle daarin bevind, vrees vir die hel wat ná Jesus se finale oordeel op hulle wag!  Wanneer ’n mens sterf, weet hy wat sy eindpunt gaan wees.  Daar is ná die dood geen omdraai kans nie.  Daarom ween en kners die ongelowiges op die tande – hulle weet wat op hulle wag.

In hierdie lig gesien, is daar geen moontlikheid om op die aarde agter te bly nie.  Beslis nie in die vorm van ’n spook nie!   Wie spoke waarneem, moet weet dat dit nie die geeste van ontslape mense is nie.

Die Bybel leer dat mense wel met geestelike wesens kontak kan en dat hulle in ons fisiese wêreld kan verskyn.  Daar is twee soorte geestelike wesens – engele en bose geeste.   Engele is geeste wat God van hul skepping af getrou dien.   Hierdie engele is regverdig, goed en sondeloos.

Die engele dien God en word ook deur Hom gebruik om gelowiges by te staan: “Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie? “ (Heb.1:14).

Bose geeste is gevalle engele wat teen God in opstand gekom het.  Hulle is boos, misleidend en vernietigend. “….Want die Satan self verander hom in ’n engel van die lig.  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie, maar hulle einde sal wees volgens hulle werke” (2 Kor.11:14, 15).   Dit is dus binne hul vermoë om as spoke te verskyn en selfs die voorkoms van ’n ontslapene aan te neem.

Bose geeste is onder beheer van Satan en hy is in beheer van die wêreld:  “Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê” ( 1 Joh.5:19).   Bose geeste deurkruis die aarde om gelowiges te vernietig: “Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind” (1 Pet.5:8).   Hulle is slu, slim en deeglik van die mens se swakheid bewus om kennis van die onbekende te verkry, veral as dit buite die wetenskaplike sfeer lê.

Let op die besetene van Gadara (Mark.5).   ’n Horde van bose geeste het hom beset en hom tussen die grafte laat hou.  Mense kon hom selfs vir ’n spook aangesien het.  Nee, hy was nie ’n spook nie, maar ’n mens wat deur bose geeste beheer is ten einde mense vrees op die lyf te jaag.

Daar is niks goed aan bose geeste nie.   Hulle verrig skade soos diewe.   “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.  Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Joh.10:10).   Bose geeste doen alles in hul vermoë om mense te mislei d.w.s. weg van God af te lê.   Dit verklaar spookbedrywighede.  Waar bonatuurlike dinge plaasvind, is bose geeste betrokke.

Kan bose geeste nie goeie dinge doen nie?  Spiritiste maak daarop aanspraak dat hulle geeste oproep en handige inligting verkry.   Op die TV is daar ’n reeks oor heldersiende speurders (psychic detectives) wat deur geeste gehelp word om misdaad op te los.    Hierdie hulp uit die onderwêreld het ten doel om mense te mislei.  Dis mos die doel van bose geeste - misleiding.   Mense vertrou op die heldersiende persoon i.p.v. God.  Mense stroom na sulke mense.  Marietta Theunissen in Suid-Afrika en John Edwards in Amerika is voorbeelde hiervan.    Bose geeste is gewillig om selfs ware inligting te verskaf indien dit mense van ’n geloof in God kan weerhou.   Satan het ’n beperkte kennis van die toekoms!

Daar is ’n ontstellende toename in belangstelling in die bonatuurlike.  Daar is selfs enkelinge en ondernemings wat voorgee om spookvangers (ghost busters) te wees en teen ’n prys van hulle in huise ontslae kan raak.    Geestesmediums, die oproep van geeste (séance), fortuinkaarte (tarot cards) en ander booshede word al hoe meer as ’n normale deel van die lewe geag.  Mense soek antwoorde op verkeerde plekke!    In plaas daarvan dat mense hul toevlug na God en sy Woord neem, laat hulle hul deur die geesteswêreld mislei.

Die woord bonatuurlik (paranormal) word as volg omskryf:  ’n gebeure wat sonder wetenskaplike verduideliking plaasvind.   Bonatuurlike bedrywighede sluit spoke, goëlary, buitengewone waarnemingsvermoë (ESP) en geeste in.

Die TV is ’n magtige instrument in Satan se hande wanneer dit by die beeldsending van rolprente kom wat oor bonatuurlike dinge gaan.  Dit wek sensasie op.    In 2007 is ’n goedkoop rolprent Paranormal Activity in Amerika gemaak en het een van die winsgewendste rolprente van alle tye geword!

Hoe moet gelowiges reageer wanneer hulle van spokery en ander bonatuurlike bedrywighede hoor?    Die eerste ding wat ons moet weet, is dat dit nie die geeste van ontslapenes is wat op aarde agtergebly het om mense die skrik op die lyf te jaag nie.

Baie van die bonatuurlike bedrywighede waarvan mense praat, is kullery.  Die mensdom soek gedurig na iets nuut en glo selfs onsin.   Dit gebeur ook dat mense onwetend verkeerde waarnemings maak oor wat hulle gesien het terwyl daar in werklikheid ’n logiese verklaring daarvoor is.   Waar daar werklike bonatuurlike bedrywighede is, is bose geeste aan die werk.   Gelowiges mag nie daardeur aangegryp of daardeur uitgelok word nie.   “Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien” (Ps.91:8).  Ef. 4:27 eis van gelowiges om Satan geen vastrapplek in hul lewe te gee nie.

Bonatuurlike bedrywighede moet gelowiges eerder aan die geestelike stryd in die gelowige se lewe herinner asook Satan teen wie ons worstel.  Efes.6 praat van ’n stryd wat nie teen vlees en bloed is nie, maar teen die onsigbare magte van die duisternis.

Hierdie magte van die duisternis lok egter al meer belangstelling.   Daar is in werklikheid niks wat mense se belangstelling in die donker wêreld van Satan behoort te prikkel nie.   Jesus het dan juis aarde toe gekom om Satan se werke te vernietig:  “Hy wat sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af.  Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn om die werke van die duiwel te verbreek” (1 Joh.3:8).   En dit het Hom sy lewe gekos!  Hoe durf die werke van Satan die gelowiges se belangstelling prikkel!

Wat moet ’n gelowige se reaksie op die werksaamhede van bose geeste wees?  Weersin!   Dit moet ons daaraan herinner dat demoniese werksaamhede tot die dood van ons Verlosser gelei het.   Was die Joodse kerklui van destyds nie instrumente in die hande van Satan nie?   Ons het met hom niks te doen nie en vermy derhalwe alle skakeling met die bonatuurlike.  Die Bybel sê dat Satan jou later sal uitlos:  ”Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel en hy sal van julle wegvlug” (Jak.4:7).

Satan is ’n indringer en dring selfs sekere volke se tradisies binne.   Bose geeste word onder die skyn van voorvadergeeste aanbid.    Die Bybel verbied mense om met die geeste van afgestorwenes te skakel. “Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie.  Soek hulle nie om julle te verontreinig nie.  Ek is die Here.” (Lev.19:31).

Daar is geen skakeling tussen lewendes en dooies moontlik nie. Luister wat sê vader Abraham aan die ontslape ryk man: “En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot kloof gevestig, sodat dié wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (Luk.16:26).

Al lê die wêreld in die mag van Satan, is God steeds Meester daarvan.  Die Bybel praat oor God se mag as Skepper:  “U alleen die Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die see en alles wat daarin is en U hou dit alles in die lewe en die leër van die hemel buig hulle voor U neer” (Neh.9:6).

Ongelowiges is weerloos teen die aanslae van Satan en sy trawante.   Wie volgens Satan se kode leef, word aan sy reëls gebind.   Let daarop dat mense wat hul vertroue nie in die Here stel nie, al hoe meer in die dinge van Satan vasgevang word.

Bose geeste/spoke maak mense bang omdat vrees die teenoorgestelde van liefde is.  God is liefde en Satan vrees.   Daarom geniet bose geeste dit as mense bang is, want vrees verlam jou lewe en trek die aandag van God af weg.   Gevolglik is die geloof in Jesus Christus bevrydend:  “Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite…” (1 Joh.4:18).  Gee aan Satan geen vastrapplek nie!

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1832 gaste aanlyn