NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jy waarlik gelukkig wil wees hier op aarde, moet jy jouself verloor in 'n saak wat groter, beter, blywender en van groter waarde is as jou eie klein bestaan. Geen mens kan gelukkig wees as jy net vir jouself leef nie.

KOM ONS PRAAT OOR DIE DOOD

Die satan het daarin geslaag om met die virus-kabaal mense paniekerig te maak. Mense is dikwels bang vir die dood, veral as hulle nie seker is wat hulle nadoodse bestemming is nie. Ons hoor die afgelope jaar knaend oor die nuus hoeveel mense sterf aan Covid want dit is hoe hulle die publiek beangs maak en so hou. Daar het niks meer mense in 2020 gesterf as in vorige jare nie, inteendeel, die statistiek gee aan dat daar ‘n afname in totale sterftes was as in 2019. Maar mense is nou eenmaal maar mens en val elke keer vir die satan se leuens.

Tog is dit ‘n goeie ding om oor die dood te besin. Daar gaan vir elkeen ’n nuwe jaar aanbreek waarvan hy die Oujaar nie sal sien nie. Niemand gaan ʼn ooreenkoms met die dood aan nie. Die Bybel sê dat die dood die kleedkamer is waar ons vir die ewigheid aantrek:

Want om hierdie rede ...   verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie” (2 Kor.5:2.3).

Die lewe is nie ʼn besitting nie, maar ʼn lening. Ons is huurders en God die eienaar. Hy kan die huur enige tyd opskort waarna ons die lewe moet teruggee. Hierdie teruggee is die dood. Daar is niks so seker as dat ons dit eendag sal moet teruggee nie en gevolglik huiswaarts reis.

“...en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het” (Pred.12:7)

Die ewigheid kan of met vreugde in die hemel of met pyn in die hel deurgebring word.   Dit hang van die bekering af. Daarom is dit beter om oor die lewe te besin as om oor die dood te kwel.

In die hemel:

“ ... Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer “ (Mt.25:23)

In die hel:

“En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem. En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam” (Luk.16:23,24).

God wil ons almal in die hemel sien:

Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel” (Eseg.33:11).

Die lewe is ʼn gewigte saak; almal gee op een of ander tyd onder die gewig daarvan mee.   Of ons oud of jonk is, ons is almal op ons laaste vaart. Vir gelowiges mag die dood nooit ʼn verrassing wees nie omdat dit elke dag verwag word. Dawid sê vir Jonathan:

“ ... so waar as die HERE leef ... daar is maar net een tree tussen my en die dood” (1 Sam.20:3)

Die Bybel verstrek die rede vir die dood:

“Want die loon van die sonde is die dood...” (Rom.6:23).

Om te sterf, is ʼn skuld wat almal moet vereffen. Die dood is die kwitansie daarvoor.

Mense is oor die algemeen net so bang vir die dood soos kinders vir die donker. Kinders se vrese word gewoonlik deur allerlei wolhaarstories opgejaag. So ook baie mense se vrees vir die dood. Daar is etlike mistastings oor die dood. Baie mense sien dit as ʼn ewige slaap. Vandaar die talle Rus in Vrede grafskrifte. Net die teenoorgestelde is waar; die dood is ʼn laaste ontwaking en is die mens vir ewig wakker:

En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef...” (Luk.16:23).

As God se vinger ons aanraak, is ons vir ewig wakker. En dis vir gelowiges groot vreugde want hulle het soos gouderts wat deur die smeltoond van die dood gegaan en is as goud vrystel. Die res word weggegooi:

“...en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het...” (Pred.12:7).

Ja, hoe broos is die omhulsel wat ons siele huisves!

Die dood is nie ʼn terminus nie, maar die oplaaipunt na die Nuwe Jerusalem. Dis soos ʼn lig wat afgeskakel is omdat die dag aangebreek het. Al wat soms baie onaangenaam kan wees, is die oorgaan van die lewe na die dood as dit met pyn en lyding gepaard gaan.

Wie die dood verwag, behoort elke dag voluit te leef.   Om dood te gaan, is geen kuns nie. Selfs die slegste mense kry dit reg. Om sinvol te leef, is egter ʼn ander saak - nie almal slaag daarin en bekeer hul betyds nie.

Die dood is ʼn vinnige skaduwee op pad na die hemel. Dis soos ʼn verhuising van die een huis na ʼn ander een. Moet dus nie aan ʼn geliefde wat dood is dink soos aan ʼn blom wat doodgegaan het nie, maar as ʼn blom wat in ʼn ander bedding oorgeplant is om daar mooier te blom, al kan dit nie gesien word nie.

Die sekerheid dat Christus vir ons ʼn ewige woning berei het, het geen gelyke op aarde nie:

“In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei”(Joh.14:2).

Wie dit ontken, leef ʼn troostelose lewe en gaan te laat probeer regmaak:

“Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie” (Mt.25:11,12).

Om te sterf, is vir gelowiges in werklikheid ʼn ongelooflike avontuur. Vir ongelowiges is dit egter ʼn ongekende verskrikking.

Gelowiges moenie die dood as ’n kwaad aan die einde van ’n goeie lewe sien nie. As jy verantwoordelikheid vir jou lewe neem, neem Christus dit vir jou na jou dood. ʼn Gelowige het by geleentheid gesê dat hy nie bang is vir die dood nie omdat hy jare gelede saam met Christus gesterf het.

Elkeen van ons se lewe eindig met die dood. Dis net die fyner besonderhede van hoe ons geleef en gesterf het wat ons van mekaar onderskei. Niemand leef verkeerd en sterf reg nie! ʼn Eerbare dood is altyd beter as ʼn oneerbare lewe. Boosdoeners het egter altyd ʼn weersin in die dood.

Sorg dan dat jy jou nie onnodiglik kwel oor die berigte van sterftes nie. Kwel jou eerder oor hoe jy leef; sorg dat jou geestelike lewe in orde is, wees gehoorsaam aan God se gebooie en ken Hom in al jou weë sodat jou pad gelyk kan wees. Dan sal die paniek jou nie tref nie en kan die satan jou niks maak nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1952 gaste aanlyn