NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

 

Wie liewer oud wil word as om vroeg te sterf, moet nie oor die kranklikheid van die ouderdom kla nie.

'N WARE SLAGVELD

Hiermee 'n kostelike kommando-storie uit die Tweede Vryheidsoorlog van wyle oom Jan Steyn wat net na die Slag van Bakenlaagte in Transvaal saam met sy kommando'tjie aan die trek na Machadodorp was. Die wêreld was kaalgestroop en verniel en kos was skaars en dit was dae waarin hulle meesal niks te ete gehad het nie.

Op een besondere dag het hulle ver gery en heeltemal niks gehad om te eet nie. Kort-kort moes hulle van koers verander om uit die pad van sterk Kakiemagte te bly. Maar so teen twee-uur die middag was hulle redelik veilig en kon toe begin soek na iets om te eet.

Hulle was al so erg honger dat toe hulle Swartes se strooise gewaar sommer reguit soontoe ry. Maar dit was dadelik duidelik dat dié spul hulle vyandig gesind is en toe verklap die hoofman die rede met dié woorde: "Die Engelsman het gesê ons moenie die Boer kosgee nie."

Maar oom Jan vertel, ná so bietjie veldsielkunde en veral nadat 'n kêrel met die naam Jan Pieterse sy rondte onder hulle gedoen het, toe begin die onderhandelinge vlot. Kort voor lank toe het die kommando 'n halwe streepsak rou grondbone.

Oom Jan sê hulle sou nog meer te ete gehad het maar net toe skree iemand: "Klim burgers, daar kom hulle!" Dit was nog 'n patrollie Engelse aan die kom.

Die boere het nog nie behoorlik saal gekry nie toe slaan die stof tussen hulle soos die Engelse skiet. Maar die burgers jaag los onder die spulletjie uit en omdat die wêreld daarlangs baie glooiings het, kry hulle dit reg om agter 'n bult in te kom en kort om te sit sodat hulle en die Engelse in teenoorgestelde rigtings jaag.

Eers na 'n hele ruk kry die burgers weer 'n klomp strooise en hulle tref een van die grootste gelukskote in dae want die Swartes het pas 'n lekker vet vark geslag. Net daar verkwansel die manne toe alles wat hulle kon vir van dié vleis en hulle is daar weg met 'n hele paar stukke varkvleis vasgemaak aan die saals.

Daarvandaan neem 'n burger wat die omgewing goed ken, hulle na 'n veilige laagte waar hulle vir die nag kamp opslaan onder 'n klomp wilgerbome. En hulle breek in die omgewing hout en begin vuurmaak voordat hulle later die varkvleis op die kole sit.

Oom Jan sê later toe smaak dit dis ene fees want daardie hele leegte ruik die ene braaivleisreuk. En die manne sak toe op die vleis en saam daarmee eet hulle die klomp rou grondbone.

Toe dit donker word sit hulle vir die nag wagte uit en hulle blus die vure en elkeen kruip in sy kooigoedjies in. So hier en daar het nog 'n paar so rukkie gesels, en toe raak dit stil.

Maar nie lank nie toe begin die laer van voor af lewe; die vet varkvleis en die rou grondbone sluit toe 'n bondgenootskap…

Ai toggie!

Dan roer een ou hiér, staan op en loop die donkerte diékant toe in. En dan kom 'n ander ou dáár orent en vroetel in die donkerte vir sy skoene en dan's hy die nag suintoe in weg. En so raak die burgers die een na die ander wakker; dié wat nie van hul mae wakker word nie, skrik wakker van wat daar om hulle aan die gebeur is. En dis nie hóé lank nie, toe's húlle ook aan die beurt.

En so, soos wat van die manne moet uit, so kom van die ander terug. En dié's pas terug, dan moet hulle al weer hol.

En so is daardie laer later skoon 'n miernes van 'n deurmekaar ganery en kommery.

Oom Jan sê later toe weet jy nie meer waarlangs moet jy gaan en waarlangs moet jy kom nie. Hy sê maar toe dréún darie laagte met die een sarsie op die ander.

Hy sê toe werk dit op die stelsel dat as dit dreun, die manne opmerkings maak oor die grondbone en die vark, en dan lag hulle. En as hulle lag, laat dreun hulle. En as hulle laat dreun, dan lag hulle van voor af.

En só hou dié golwinge van dreun en lag daar aan. Maar diep in die nag in toe kon hulle begin sien wat daar aangaan want toe kom daar 'n klein maantjie op.

Oom Jan sê toe het party van die ouens al hulle broeke uitgetrek en daar aan die wilgerbome opgehang of oor van die takke gegooi sodat hulle meer onbelemmerd kan kom en gaan.

Toe sê een ou oom: : "Kyk, ons het al baie Tommies gevang en kaal uitgetrek en net so gelos en hulle klere gevat, maar ek sou in my leefdag nie gedink het lat 'n vark 'n hele Boerekommando uit hulle klere sou kon ja nie."

'n Ander ou sê toe hierop: "Nee boeta, maar hier't nog nie één gehensop nie. Hoor daar: hulle hou aan bittereinde toe."

Oom Jan sê toe hy en 'n vriend, oom Andries van Niekerk, toevallig weer 'n slag daar saam in die voorste linie is, toe sê oom Andries: "Jan, weet jy, ons laat my vannag aan die Israeliete dink."

Om Jan vra: "Hoe so Andries?"
Hy antwoord: "Man, ons lees mos daar in Psalm 137 dat die ou Jode, toe hulle weggevoer is, daar by die riviere van Babel uit verdriet hulle harpe aan die wilgerbome opgehang het. En hier het ons nou vannag in hierdie leegte met ons ellende ons broeke aan die wilgerbome opgehang."

En so op dié manier breek die dag later, en die kommando saal weer op, en hulle trek daar uit dié leegtetjie weg. En toe maak 'n paar van hulle so ry-ry 'n rympie oor die nag se doenigheid:


In hierdie leegte was 'n Boerekamp

en is daar nag-deur wreed geskiet;

oor die slagveld hang 'n kruitdamp

vanmôre erger as liddiet.

 

Uit Jan Spies se Pille vir Servette

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1942 gaste aanlyn