NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons vra so graag vir God om hulp en vertel Hom al ons probleme, maar ons wonder dikwels waarom Hy ons nie antwoord nie. Gebed is 'n tweegesprek waar ons uit genade met God praat, maar waar ons ook in gehoorsaamheid moet luister. Ons moet leer om na sy Stem te luister sodat ons antwoorde op ons probleme sal vind.

EK HET GESTERF ! (12)

Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf

deur Anita Joubert

   Ek was ʼn toegewyde Jehova Getuie. Toe ek egter voor Jesus Christus staan, het ek probeer om weg te kyk, maar ek kon nie. Hy is dan God! Majestieus, koninklik, heilig! Só vol liefde en outoriteit dat my bors daarvan gepyn het.

         Ek het nooit gedink dat ek ooit in my lewe oor my geloof so geskud sou word nie. Vanaf my vroegste kinderjare, vandat ek my verstand gekry het, was ons huisgesin, Jehova Getuies. My ouers was baie toegewyd daaraan en ek het hulle gevolg, sonder om vir ʼn oomblik te twyfel. Ons het byeenkomste bygewoon en van deur tot deur met boeke en traktaatjies geloop en vir mense gepreek, waar ons kon.

       Ek het met my hele hart geglo dat dit net óns geloof is wat God se ware boodskap aan die mensdom ontvang het. Enigiemand wat enigiets anders glo, is vals. Ek het gereeld vir vreemde mense vertel dat daar net één manier is om gered te word en dit is deur die Jehova Getuies en hulle organisasie. Ek was dus nooit bang vir die dood nie, want ek het mos die waarheid ontvang.

       Ons het geglo dat die dood net ʼn diep, droomlose slaap is totdat Jehova my eendag weer gaan terugroep tot lewe. Dit is vir ons geleer van kleinsaf, en ek het dit nooit bevraagteken nie.

       Geleidelik het daar klein krakies sigbaar begin word – dinge wat vir ons as die absolute waarheid geleer is, het skielik stilletjies verander en is met ʼn ander leerstelling vervang. Die ouderlinge se verskoning was dat dit nuwe openbarings is, want Jehova openbaar dinge nie alles gelyktydig nie. Ek het myself afgevra waarom waarheid dan kan verander.

       Verder het ek ook dinge gehoor wat ek nie veronderstel was om te hoor nie. Lede wat die organisasie verlaat het, het vertel dat hulle vir Jesus gevind het. Ek kon dit nie verstaan nie, want ons het dan van Jesus gepraat. As mense Hom eers gevind het nadat hulle van ons af weg is, wat het ons dan al die jare gedoen?

       Sulke vrae was baie gevaarlik, want dit kon my alles kos, my familie, my vriende, my hele lewe. Daarom het ek probeer om dit op die agtergrond te skuif en net harder te probeer om ʼn goeie Jehova Getuie te wees. Tog het my twyfel en ongemak al hoe erger geword.

       My gesondheid was vir ʼn tyd lank glad nie goed nie en ek het vir myself vertel dat dit net moegheid en spanning was. Een aand, net voordat ons wou gaan slaap, het ʼn skerp pyn deur my borskas geskiet. Ek het probeer om kalm te bly, maar my visie het skielik dof geword, die kamermure het begin draai. My bene het padgegee onder my en ek het hard op die vloer geval. My vrou se stem het geklink asof sy van veraf my naam uitroep.

       Ek wou vir haar sê dat sy nie bekommerd moet wees nie, maar my mond wou nie die woorde uitspreek nie. Alles het meteens swart geword voor my. Ek het altyd geglo dat so ʼn swartheid beteken slaap – geen bewustheid, geen pyn, niks, totdat Jehova ons roep.

       Die niksheid het egter nie aangebreek nie, want ek was steeds van alles om my bewus. Die grondslag van dít wat ek geglo het, het skielik wyd oopgebars.

       Ek was nie langer in my liggaam nie; ek kon my vrou sien waar sy oor my liggaam buk, huilend en desperaat. Ek kon die ontsteltenis op haar gesig sien, maar ekself het geen pyn meer gevoel nie. Ek het lig gevoel, soos nog nooit in my lewe nie, sonder enige gewig. Ek het paniekerig gevoel, want dit is nie wat vir ons geleer is nie. Ek moes nou opgehou het om te bestaan, en hier is ek nog steeds.

       Ek kyk af op my liggaam waarin ek dekades lank geleef het. My gesig is bleek, my oë half oop. My vrou se trane drup op my wange.

       Skielik was daar geluide in die kamer hoorbaar. Die lug het swaar geword en donker skadu’s beweeg in die kamer rond. Hulle fluister vir mekaar in ʼn taal wat ek nog nooit gehoor het nie. Hulle stemtoon was laag en koud. Ek probeer wegbeweeg, maar ek kon nie. My voete het nie die grond geraak nie, en ek het nie beheer oor myself gehad nie.

       Ek is meteens weggetrek na ʼn plek wat ek nie kon sien nie. Ek het met alles in my geveg, maar dit was nutteloos. Die donkerte het my ingesluk en die fluisterstemme het harder geword. Sommige het wreed gelag en ek het sonder enige twyfel geweet dat ek met geweld êrens heen geneem word. Dit, nadat ek my hele lewe deur geglo het dat daar niks na die dood is nie, geen hel nie, geen oordeel nie, net stilte.

       Wat as ek verkeerd was? Ek roep uit in die donker; my stem breek van angs. Dit voel ontsettend warm en onheilspellend om my. Ek het geweet dat ek dringend hulp nodig het.

       Skielik het alles stil geword. Die gefluister het opgehou en die duisternis het gesplinter soos glas. ʼn Lig het deur die donkerte gebars, wit, verblindend. Dit was lewendig en het nie geskyn nie; dit het gebrul.

       Die lig het al my vrees weggewas en die lug het meteens koel gevoel. Ek het gevoel asof ek weer kan asemhaal. Toe ek Hom sien, het Hy daar gestaan met strale om Hom soos ʼn krans. Diep in my het ek dadelik geweet wie dit is – Jesus.

       Maar dit kan nie wees nie! Ons het geleer dat Hy nie Goddelik is nie – dat Hy Jehova se eerste skepsel is, net ʼn boodskapper; nie God self nie. Ek het deur Hom gebid, maar nooit tot Hom nie, en tog was Hy nou hier.

       Ek het probeer om weg te kyk, maar ek kon nie. Sy Goddelike teenwoordigheid het my vasgegryp. Hy is dan God! Majestieus, koninklik, heilig! Hy is so vol liefde dat my bors daarvan gepyn het. Hy het outoriteit so volkome besit, dat ek nie woorde daarvoor kon kry nie.

       Toe Hy praat, het dit my soos ʼn harde hou getref. “Gabriël, ken jy My?” Natuurlik behoort ek Hom te ken. Ek het dan vir ander van Hom geleer, maar ek ken Hom nie. My keel wou toetrek en kon nie die woorde uitkry om Hom te antwoord nie.

       Hy het nader gekom en die lig rondom Hom, was polsend, so asof dit lewe. Daar was geen woede op sy gesig nie, net liefde. “Jy het ʼn organisasie gevolg, maar het jy My gevolg?”

       My gedagtes was verward. Ek het vir Jehova nagevolg – al die leringe van sy organisasie, maar ek het diep binne in my geweet dat dit nie dieselfde is nie. My knieë het lam gevoel. Ek het my lewe lank gedink dat ek vir God volg, maar ek het nooit werklik Jesus self gesoek nie. Noudat ek voor Hom staan, besef ek wat ek nog altyd gemis het.

       Jesus se teenwoordigheid was oral om ons. Hy was ʼn krag, so ontsagwekkend, dat die lug om ons gebewe het. Tog was Hy kalm en sag. Sy krag is nie dié soort wat jou verpletter nie, maar dit skud jou binneste en alles wat jy gedink het jy weet.

       Vir baie jare het my lewe om sy Naam gedraai en het ek oor Hom gepraat, maar toe ek voor Hom staan, van aangesig tot aangesig, het ek gevoel dat daar iets gebeur het waarvoor ek nie voorbereid was nie. Ek het Hom nooit werklik geken nie. My hart het gepyn en ek wou verduidelik, maar my woorde wou nie kom nie. Wat kon ek sê? Verduidelik dat ek my lewe aan ʼn organisasie gewy het wat verkondig het dat hulle die enigste weg na redding is?

       Ek het almal verwerp wat vir my probeer sê het dat Jesus veel meer is as wat ek sê Hy is, en nou staan Hy voor my. Sy Teenwoordigheid vul alles om ons. Hy kyk my in die oë. Hy was nie kwaad nie, ook nie teleurgesteld nie. Hy het net gewag in stilte.

       My stem het gebewe toe ek myself forseer om te praat. “Ek weet wie U is.”

       Hy lig sy wenkbroue en vra: “Weet jy regtig?” Sy stem het diep in my weerklink en my hart het gepyn. Ek wou vir Hom vertel dat ek my lewe daaraan spandeer het om van deur tot deur te preek en vir ander van Hom te vertel. Tog het ek diep in my hart goed geweet dat ek net reëls gevolg het, leerstellinge, ʼn organisasie. Ek het Hom glad nie gevolg nie.

       Trane brand my oë toe Hy nader aan my beweeg en saggies sê: “Jy het ʼn pad gevolg wat deur mense aan jou gegee is, Gabriël. Ek het nooit daarvoor gevra nie.” Tydens elke studie, elke les, elke byeenkoms, in elke tydskrif, is ons geleer dat Jehova belangrik is, nie Jesus nie. Hy mag nie aanbid word nie, want Hy is net ʼn Middelaar. Om tot Hom te bid, was verbode, want Hy is self ʼn skepsel.

       Hoe langer ek in sy teenwoordigheid was, hoe meer het daardie lering voor my oë verkrummel. Jesus was nie net belangrik nie; Hy was alles.

       My bene het swak gevoel. Ek het voor Hom neergeval en gevoel asof ek hol is van binne. Die besef dat alles wat ek geglo het, vir ander geleer het en self geweier het om na te luister wanneer ander dit vir my wou sê, was net te veel vir my.

       Jesus het by my gekniel. Sy stem was sag maar deurdringend: “Jy het jou lewe daaraan spandeer om na die waarheid te soek, maar jy het My nooit gevra om dit vir jou te wys nie.”

       Hy was reg. Daar is vir ons vertel dat alles wat ons nodig gehad het om te weet, deur die Wagtoring tydskrif sou kom. Ons mag nêrens anders gesoek het nie. Ons mag niks bevraagteken het nie, nie getwyfel het nie, en daarom het ek nooit vir Jesus self gevra nie.

       Ek kon niks sê nie, net swaar sluk. “Noudat jy weet wat die waarheid is, wat gaan jy nou doen?” Ek het nie geweet wat om te antwoord nie.

       Hy het sy hand uitgesteek en aan my skouer geraak. Iets binne in my het oopgebars. ʼn Wete het warm deur my gebruis – Hy weet alles van my af, en steeds het Hy my lief.

       My hele lewe deur het ek gedink dat ek deur gehoorsaamheid gered word, deur lojaliteit aan die Jehova Getuies se organisasie. Ek het geglo dat die enigste manier waarop ʼn mens die groot Armageddon kan oorleef en ʼn plek in Jehova se koninkryk kan kry, is deur die reëls na te kom wat deur die beheerliggaam van die Organisasie opgestel is.

       Terwyl ek voor Jesus staan, het al hierdie leerstellinge skielik in flenters geval. Dit het nog nooit oor ʼn organisasie gegaan nie. Dit gaan nog altyd net oor Hom.

       Trane het oor my wange gestroom: “Ek verdien nie u genade nie.”

       “Niemand verdien dit nie,” was sy antwoord. “Waarom gee U dit dan vir my?” “Omdat Ek jou liefhet,” het Hy met ʼn sagte glimlag gesê. My hart het gebons binne in my. Sy woorde het oor my gespoel. Jesus was altyd ʼn veraf figuur in my gedagtes. Ek het nooit besef dat Hy my so liefhet nie. Sy woorde was só eg, só persoonlik.

       Hy het weer sy hand uitgesteek en gesê: “Kom saam met My.” Ek het gehuiwer. Dit was nie omdat ek bang was nie, maar omdat ek só onwaardig gevoel het. “Ek weet nie hoe nie,” het ek gesê.

       “Al wat jy moet doen, is om My te vertrou.” My hele lewe deur het ek ʼn organisasie vertrou, of mans in pakke klere wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle namens Jehova praat, maar ek het nog nooit vir Jesus vertrou nie.

       Nou staan Hy voor my en ek maak ʼn keuse – nie op grond van wat vir my geleer of gesê is nie, maar op grond van die Waarheid wat voor my staan en wat ek sien.

       Ek neem sy hand en voel dat Hy my lei. ʼn Lewendige warmte het deur my gevloei. Dit was ʼn gevoel wat geen studie, geen byeenkoms of enige koninkryksaal nog ooit vir my kon gee nie.

       Die lig om ons was lewe en waarheid, begrip. Ek het nie meer gesweef nie en my voete was skielik gegrond op iets wat solied was. Jesus het na my toe gedraai en my in die oë gekyk. Sy oë was só vol liefde, dat dit my eintlik seer gemaak het.

       “Wat ek vir jou gaan wys, is die waarheid,” het Jesus met ʼn lae, stadige stemtoon gesê. My keel het benoud gevoel, maar nog voordat ek kon praat, het die atmosfeer om ons verander.

       Voor my oë het my lewe op ʼn skerm begin afspeel – nie soos ʼn film nie, maar asof ek weer binne in elke situasie staan. Ek het myself gesien elke keer wanneer ek vir iemand vertel het dat hulle geloof nie reg is nie; dat die enigste manier om gered te word, deur die Jehova Getuies se organisasie is. Ek het myself gesien toe ek so seker was daarvan dat ek God se werk doen.

       Die visioen het verander en ek het dit met ander oë gesien – oop oë. Ek sien nie net die gemanierde glimlaggies van die mense en die knik van hulle koppe nie. Ek sien nou hulle harte – die verwarring en die pyn wat ek veroorsaak het. Ek sien hoedat die gewig van my woorde soos klippe in hulle binneste neersak. Ek het hulle laat twyfel deurdat ek vir hulle vertel het dat hulle liefde vir Jesus nie genoeg is nie – dat hulle meer moet doen. Hulle moet aanvaar word deur ʼn organisasie voordat hulle vir God aanvaarbaar sal wees.

       Ek sien ʼn jong vrou met wie ek gepraat het, pas klaar gestudeer. Haar hande het gebewe toe sy die deur agter my toegemaak het. Trane het oor haar wange geloop. Sy het vir Jesus haar lewe lank liefgehad, Hom vertrou en tot Hom gebid, maar nou het sy gehoor dat dit nie genoeg is nie.

       Ek het ʼn ouerige man gesien. Hy het in ʼn stoel gaan sit en saggies gebid – gevra of alles wat hy dan al die jare geglo het, ʼn leuen was.

       My hart het gepyn, swaar gevoel oor wat ek gedoen het.

       “Ek het net probeer om hulle te help.” My stem het gebreek soos ʼn stuk droë hout. “Ek het hulle net vertel wat vir my geleer is.”

       “Ek weet. Jy was opreg,” het Jesus gesê, terwyl Hy in my oë kyk. “Die probleem is dat opregtheid en waarheid nie altyd dieselfde ding is nie.”

       Daar was niks wat ek kon sê nie, niks wat ek kon verduidelik nie. Alhoewel ek met my hele hart geglo het, het glo dit nie reg gemaak nie. Trane het my oë gebrand terwyl ek verder gekyk het na die visioen voor my.

       Ek sien toe myself alleen in my kamer. Geen deur tot deur prekery nie, geen skare mense nie, net ek alleen met my Bybel oop voor my. My oë staar na die bladsye voor my. Ek kan dit goed onthou – dit was laat een nag. My Bybel was oop by ʼn gedeelte in die Evangelies waar dit gevoel het asof Jesus duidelik met my praat. Ek het gevoel dat ek daaraan moet aandag gee, maar in plaas daarvan om dit te doen, het ek ʼn Wagtoring tydskrif opgetel en daarin gesoek na die antwoord wat die Organisasie ons gee. Ek het dit oor en oor gedoen – elke keer wanneer ek gevoel het dat die Skrif en die Organisasie se lering met mekaar bots. Ek het nooit daaroor gebid of vir Jesus gevra om my te antwoord nie.

       Ek het myself elke keer na die publikasies gewend, want dit is wat vir my geleer is om te doen. My hele liggaam het geruk. “Ek het U nooit gesoek nie!”

       Jesus het net stilswyend na my gekyk – wagtend. “Ek het gedink ek ken die waarheid. Ek het U nooit gevra nie.” My knieë het meegegee en ek het geval. “Ek is só jammer.” My stem was so sag dat klank amper nie oor my lippe gekom het nie.

       Jesus het langs my kom kniel, sy hand warm en gerusstellend, het op my skouer gerus. “Ek wys die dinge nie vir jou om jou te veroordeel nie. Ek doen dit sodat jy kan verstaan.”

       “Wat moet ek verstaan?” het ek gevra.

       “Jy moet verstaan dat Ek nog altyd daar was. Ek het nog nooit ʼn organisasie nodig gehad om enige mens te bereik nie. Ek het nog nooit van enigeen verwag om mense se reëls te volg sodat hulle My kan ken nie. Redding en vergifnis van sondes, is nog altyd deur My verkry.”

       Trane het oor my wange gestroom. “Ek sou geluister het as ek net geweet het.” Jesus kyk na my met ʼn betekenisvolle kyk wat dwarsdeur my verskonings sien. “Sou jy regtig?”

       Ek sluk swaar en ek wonder self: “Sou ek geluister het?” Die antwoord tref my hard. “Nee,” fluister ek sag. “Ek sou die ander mense se waarskuwings as vals en misleidend afgemaak het.”

       “Maar nou weet jy,” het Jesus gesê. Ek het in sy oë gekyk opsoek na ʼn oplossing. “Wat nou?” Hy het sy arm gelig en vir die eerste keer sien ek die geweldige litteken aan sy pols. Iets diep binne in my het oopgebars. My hele lewe deur is ek geleer dat Jesus nie genoeg vir redding is nie. Daar is meer nodig. Hier staan Hy nou egter voor my, met littekens en al – so eg. Hy wag vir my asof dit die oomblik is waarheen my hele lewe op pad was.

       Sy stem is sag, amper net ʼn uitaseming, toe Hy vir my sê: “Volg My.” Ek het na sy hand gestaar en dit het soos die mees natuurlike keuse in die hele wêreld gevoel. Ek moes vorentoe geleun het en sy hand geneem het, maar ek het nie.

       Nie omdat ek nie wou nie, maar omdat ek angsbevange was. As ek Hom sou volg, sou ek alles verloor waarop ek my hele lewe gebou het, alles wat ek nog altyd geglo het. Ek het geglo, en so is ek grootgemaak, dat Jehova Getuies die enigste mense is wat werklik God se wil ken. Ek het al my tyd, my lojaliteit, my energie en my geld daaraan gewy. Noudat ek hier voor Jesus staan, moet ek erken dat dit alles ʼn leuen was.

       “Ek weet nie hoe om dit te doen nie,” het ek gefluister. “Dit is nie nodig vir jou om te weet hoe nie. Jy moet My net vertrou,” het Jesus geantwoord, sonder om te beweeg, steeds met sy hand uitgestrek na my.

       Vertrou! Ek is geleer om die Organisasie te vertrou, die ouderlinge, die reëls. As ek daaraan sou twyfel, dan is dit net so goed asof ek aan Jehova self twyfel.

       Jesus vra my nou om Hom te vertrou, en nie mense nie. “Ek weet nie of ek kan nie.” Jesus se oë kyk na my met ʼn ondeurgrondelike diepte. “Waarom?” vra Hy.

       “As ek U vertrou, dan beteken dit dat ek my hele lewe vermors het. Dit sal beteken dat ek mense van U weggelei het, in plaas van na U toe.” My skaamte neem so toe dat ek kwalik kan asemhaal. Ure se nuttelose klop aan deure, lering dat redding net deur ʼn organisasie verkry kan word. “Hoe sal ek daarmee kan saamleef?”

      Jesus se gesig bly rustig en kalm. “Dink jy Ek het dit nie alles van jou geweet nie? Dink jy Ek het nie jou erns en jou passie vir God raakgesien nie? Gabriël, ek hou nie jou verlede teen jou nie. Al wat Ek vra, is neem die waarheid nou aan; Ek is die weg en die waarheid en die lewe.”

       Sy woorde tref my soos ʼn golf wat oor ʼn rots breek. Jesus veroordeel my nie, Hy red my. Ek wil Hom glo, ek wil sy hand vat, maar iets hou my terug.

       “Wat van my familie? Ek dink aan my vrou, my broers en susters. Hulle is almal Jehova Getuies. Hulle glo almal in die Organisasie se lering, hulle beheerliggaam. As ek vir Jesus sou volg, sou ek hulle almal verloor. Ek het dit gesien gebeur – mense wat afgesny en geïgnoreer word wanneer hulle die Organisasie verlaat. Hulle word behandel asof hulle nooit bestaan het nie. Daar is vir ons vertel dat dit uit lojaliteit teenoor Jehova is – ʼn manier om die geloof suiwer te hou.”

       Ek sien egter nou alles baie duidelik. Dit het nooit oor suiwerheid gegaan nie. Dit gaan alles oor beheer.

       Jesus se gesig het niks verander nie. “Vertrou jy My?” Ek het bewend gehuiwer. “As jy My volg, gaan jy baie dinge verloor: verhoudings, die lewe wat jy altyd geken het. Wat jy egter gaan wen, is die moeite werd, ver meer as wat jy ooit gehad het.”

       Ek het eenvoudig geweet dat, al sou my familie hulle rug op my keer, dan kan ek nie maak asof ek nie weet wat ek nou weet nie. Ek kan nie teruggaan na ʼn leuen toe net ter wille daarvan om hulle te behou nie.

       “Sal hulle ooit verstaan?”

       Jesus glimlag ʼn hartseer glimlag. “Sommige sal, ander nie.” Ek sluk swaar. “En as hulle nie verstaan nie?’

       “Dan sal ek genoeg wees vir jou.” Trane rol vrylik oor my gesig. My hele lewe deur het ek geglo dat Jesus tweede kom, ʼn veraf figuur agter Jehova. Dat Hy slegs vir ons intree, niks meer nie. Dat Hy nie so belangrik is nie.

       Nou het ek geweet, so seker as wat ek my eie hartklop kan hoor, Hy is en was nog altyd genoeg. Ek was my hele lewe deur blind daarvoor.

       Ek gee ʼn snik wat êrens diep uit my binneste kom en my hand bewe toe ek sy hand neem. Sy vingers vou om myne en ʼn heerlike warmte spoel deur my.

       In sekondes het elke leuen wat ek geglo het, elke vals lering, elke las wat ek gedra het, elke ketting wat om my gedraai was en my vasgebind het, weggeval. Dit het my so lig laat voel. Ek kon weer asemhaal.

       Jesus het my van my knieë af opgetrek, en ek was verstom deur sy krag. Vir die eerste keer in my lewe het ek vry gevoel. Ek was nie meer gebind deur leerstellings nie, nie gebind deur ʼn organisasie nie, nie voortgedryf deur vrees nie. Ek het voor Hom gestaan, die enigste een wat nog ooit saakgemaak het, en Hy het my gekies.

       Die besef het my stom gelaat. Alles wat ek ooit in my lewe geglo het oor geloof, oor doel en my plek in die wêreld, het verander. Ek was nog altyd gebind deur mense, reëls, ʼn organisasie. Ek het probeer om Jehova se guns te wen deur gehoorsaamheid, lojaliteit en vrees, maar ek was verkeerd. Ek het al die tyd aan Jesus behoort. Hy het my duur gekoop met sy bloed, sy lewe ook vir my gegee.

       Ek kyk op na Jesus en my hart bons. “Wat gebeur nou?” My stem was skor en sag. “Jy gaan nou terug.” Sy woorde het my geruk. “Terug waarheen? Nee, ek kan nie!” My maag het geruk. “Ek weet nie hoe nie.”

       “Jy mag nie hier bly nie. Jy moet eers my volgeling op aarde gaan wees. Jy hoef nie te weet hoe om dit te doen nie. Vertrou my net,” het Jesus liefdevol gesê.

       “Wat gaan gebeur wanneer mense my nie glo nie? Sê nou hulle verwerp my?” het ek huiwerig gevra.

       “Sommige sal – ander nie.” Jesus se stem was sag, maar ferm. “En as hulle dit doen, dan het jy nog steeds vir My.”

       Sy woorde was vir my vertroostend, maar tog ook ontstellend. Ek het aan my familie gedink, aan my vriende, ook aan die Organisasie. Wanneer ek vir hulle vertel wat ek gesien en beleef het, gaan hulle sê ek is mislei.

       “Ek gaan my mense verloor. Sal ek hulle ooit weer terugkry?” Jesus het nie dadelik geantwoord nie. Die stilte het swaar en heilig gevoel.

       “Jy sal hulle uiteindelik terugkry. Sommige van hulle sal die waarheid leer ken deur jou, ander sal nie. Dit is vir jou om te besluit.”

       Ek knyp my oë toe en sukkel om asem te haal. Jesus het nader aan my gekom en sy stem dra ʼn krag en gesag wat ek nie geken het nie. “Gabriël,” het Hy gesê. Die manier waarop Hy my naam uitgespreek het, het iets in my oopgebreek. “Jy was gewillig om jou lewe vir ʼn organisasie te gee. Sal jy nou vir My lewe sodat jy die ewigheid saam met My kan deurbring?”

       “Ja, ek sal.” Ek het nie geweet hoe nie en ook nie wat gaan gebeur nie, maar vir die eerste keer in my lewe was ek nie bang nie.

       Die wêreld om ons het begin verander. Die lig, die warmte, die eindelose vrede het alles begin vervaag soos wanneer die son ondergaan.

       “Wag! Nie nou nie.” Jesus het sy hand uitgesteek en my voorkop aangeraak. Sy aanraking het soos vuur gebrand, maar was ook bemoedigend terselfdertyd.

       “Gaan!” het Hy saggies gesê. “Gaan vertel vir hulle die waarheid.”

       Alles het donker geword – en toe die pyn. Masjiene se geluide en stemme om my was hoorbaar. “Hy is terug!” het iemand uitgeroep. My liggaam het swaar gevoel. Die pyn in my borskas was ontsettend. Ek kon kwalik beweeg. ʼn Verpleegster het oor my gebuk en gesê: “Meneer, jou hart het gestaan vir meer as drie minute.”

       Ek het swaar gesluk. Dit het soos ʼn leeftyd gevoel. My vrou het langs my gesit, my hand styf vasgehou en haar oë was vol trane. “Gabriël, ek het gedink dat ek jou verloor het.”

       “Ek het Hom gesien!”

       “Wat?” Ek het probeer om te praat, maar my keel was seer en rou. “Ek was dood, en ek het vir Jesus gesien. Alles wat ons nog altyd geglo het, is verkeerd.”

       My vrou het gefrons en my hand stywer gedruk. “Rus! Jy moet rus.” Ek het my oë toegemaak en die realiteit van alles het ingesink. Ek het teruggekom, maar ek is nie meer dieselfde mens nie. Ek was nie meer ʼn Jehova Getuie nie; ek het nou aan Jesus behoort. Ek het ʼn opdrag gehad om sy waarheid te vertel aan almal wat daarna wil luister, al sou dit my ook alles kos.

Op sy klere, by sy heupe, was daar ʼn Naam geskrywe: “Die Koning van die konings en die Here van die heersers” (Op. 19:16).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2818 gaste aanlyn