NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God het ons nie die lewe vir fisiese genot gegee nie, maar vir iets baie groter – om Hom te geniet.   Nie om deur ander raakgesien en vereer te word nie, maar om deur God raakgesien en geseën te word.

EK HET GESTERF (1)

Hierdie ware naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur

Anita Joubert

“Ek het gesterf, en toe ek voor Jesus staan, het Hy vir my gevra: ‘Het jy werklik gedink dat Ek jou nie sien wanneer jy pornografie in die geheim kyk nie?’ ”

Ek het soos ʼn man van God gelyk. As jy vir iemand in my kerk sou vra, sou hy of sy vir jou gesê het dat ek werklik ʼn gelowige is, betroubaar, met ʼn salwing van die Heilige Gees. Sondae het ek die aanbidding voor die kerkdiens gelei – met my hande in die lug en met trane van aandoening wat oor my wange geloop het, verlore in die mooi melodieë waarmee ons God geloof het. Ek kon Skrifgedeeltes aanhaal, met welsprekendheid vir ander bid en hulle bemoedig.

       Tog het nie ʼn enkele mens die waarheid oor my geweet nie. Agter toe deure, was ek ʼn ander mens. Ek het ʼn geheim gehad wat ek jare lank gedra het. Een wat geen mens ooit sou verwag nie. Die enkeles wat dit dalk soms vermoed het, het die moontlikheid vinnig laat vaar. Ek is nooit uitgevang nie en ek het gedink dat ek dit reggekry het om dit selfs vir God weg te steek.

       Alles het begin toe ek 14 jaar oud was, met die druk van ʼn knoppie op ons familie-rekenaar. ʼn Advertense het begin speel en ek het per ongeluk op die webtuiste ingegaan. My ma was nie op daardie oomblik in die kamer nie, en dit was dit. Een enkele foto, een enkele oomblik.

       Iets het net daar in my gebeur – opwinding, skaamte, verwarring. Die ergste van alles was dat ek meer wou hê. Soos wat ek ouer geword het, het dit ʼn gewoonte geword, later ʼn verslawing, toe ʼn dubbele lewe. Ek het vir myself vertel dat dit nie so erg is nie. Ek slaap darem ten minste nie rond nie, het ek geredeneer. Ek lei darem die aanbidding, ek gaan darem kerk toe en ek glo steeds in God. Ek lees darem my Bybel elke oggend, en saans kyk ek pornografie. Ek het myself daarvan oortuig dat ek oukei is, want ek sê darem elke keer dat ek jammer is.

       Die waarheid is egter, dat ek nooit werklik berou gehad het nie. Ek het verskonings vir God gefluister – nie omdat my hart gebreek was oor my sonde nie, maar omdat ek dit gehaat het om so skuldig te voel. Ek was nie bedroef omdat ek oortree het teenoor ʼn heilige God nie; ek het net nie daarvan gehou om so vuil te voel nie – en ek was baie goed daarmee om dit weg te steek.

Niemand het geweet wat ek doen wanneer die huis stil was nie. Niemand het gesien waarna ek kyk wanneer ek laatnag, ure agter my rekenaar deurbring nie. Ek het kleingroepe van die kerke gelei, vir ander gebid, mans wat met dieselfde probleem gesukkel het, beraad. Ek het vir al die mans wat hulle wellus en mislukkings bely het, vertel dat God hulle kan vergewe.

Dit alles terwyl ek besig was om in presies dieselfde put te verdrink. Ek het vir myself beginvertel dat God verstaan, dat Hy geduldig is, dat Hy my hart ken. Die mees skrikwekkende van hierdie leuen wat ek geglo het, was dat dit juis dit was wat my daarvan weerhou het om waarlik berou te hê en weg te draai van my sonde.

Ek het vir myself vertel dat daar mos darem genade is. Ek sal wel eendag ophou – maar ek het nie.

Die verslawing het donkerder, meer intens geword. Ek het na dinge gekyk wat ek nooit gedink het ek sou doen nie. Ek het oor dinge gefantaseer wat vir my te afgryslik is om hardop uit te spreek. My siel en gees het afgestomp geraak. Stadig maar seker het die gevoel van sonde-oortuiging verdwyn. Ek het begin besef dat iets binne in my doodgegaan het.

Steeds het ek kerk toe gegaan, met my hande in die lug en trane oor my wange aanbiddingsliedere gesing. Ek het almal om my bedrieg, asook myself. Ek het geglo dat my verhouding met God steeds reg was, want daar is mos genade. Dit is die lewe wat ek gelei het – totdat ek gesterf het.

Dit was ʼn reënerige Donderdagmiddag. Ek was oppad na die kerk toe vir ʼn oefening van die aanbiddingsgroep. Ironies genoeg, het daar op daardie dag drie dae verby gegaan waarin ek na niks onrein gekyk het nie, en ek het gevoel dat ek darem beter vaar, besig is om te oorwin.

God moet eintlik baie trots wees op my vandag, het ek vir myself vertel.

Ek onthou dat ek, terwyl ek bestuur het, met my vingers op die stuurwiel getik het op die maat van ʼn Christelike lied wat oor die radio gespeel het. Ek het goed gevoel, selfs skoon.

Toe het alles net meteens swart geword. Ek het nie die kar gesien wat oor die rooi robot gery het nie. Ek het nie die botsing gehoor nie, ook geen pyn gevoel nie. Een oomblik het ek nog bestuur, en die volgende oomblik was daar net ʼn totale stilte. Geen pad, geen reën, geen musiek – net niks.

En toe was daar lig! Dit was nie ʼn gewone lig nie – dit was lewendig en polsend en het my nadergetrek met ʼn krag wat ek nie kon weerstaan nie. Ek het gewigloos gevoel, so asof my siel my liggaam verlaat het. Ek het geweet, sonder dat enigeen nodig gehad het om dit vir my te sê, dat ek gesterf het.

       Ek was egter nie bang nie. Inteendeel, ek het vrede en verligting ervaar, amper asof ek tuis gekom het. Ek het daaraan gedink dat ek uiteindelik vir Jesus gaan sien. Ek het myself ingedink hoedat Hy my gaan omhels en dat ek gaan hoor: “Mooi so, goeie en getroue slaaf!” Dit is mos wat ek myself oortuig het. Dat ek ʼn goeie slaaf was.

       Wat toe gebeur het, het hierdie illusie van my vir ewig verpletter. Soos wat ek dieper in die lig ingetrek is, het ek al hoe meer ontbloot begin voel – so asof iets in my besig was om oopgesny te word. My verstand, my siel, elke weggesteekte, verborge ding binne in my.

       Skielik was die lig nie net wonderskoon nie, dit was heilig, rein, skitterend met ʼn heerlikheid wat so intens was dat elke stukkie donkerheid in my begin wriemel en kriewel het. Toe het ek Hom gesien – Jesus. Nie die sagte Herder op die skilderye nie, maar die opgestane Koning. Glorieryk! Skrikwekkend wonderbaarlik.

Sy oë het nie ná my gekyk nie, maar déúr my. In daardie oomblik het ek geweet dat Hy alles gesien het – elke geheime oomblik. Die rondsoek-geskiedenis op my rekenaar wat ek uitgevee het, die kere wat ek gesê het dat ek gaan ophou en dit nie gedoen het nie. Hy weet van al die aande wat ek aanbiddingsliedere met onrein lippe gesing het. Hy weet van al die fantasieë wat ek gedink het skadeloos was. Hy het dit alles gesien maar Hy het nie vir my geskreeu of my met ʼn weerligstraal getref nie! Hy het net een vraag gevra: “Het jy werklik gedink dat Ek jou nie gesien het toe jy pornografie in die geheim gesit en kyk het nie?”

Op daardie oomblik kon ek nie asemhaal nie. Dit was asof alle lug weg was, asof alles in my ineengestort het. My siel het meteens besef dat dit naak voor die Waarheid self, staan. (Joh. 14:8) Daar was geen plek om weg te kruip nie, geen verskoning om agter te skuil nie, geen geestelike masker om te dra nie. Ek het voor die Here van alle heerlikheid gestaan en vir die heel eerste keer in my lewe het ek verstaan hoe dit voel om geheel en al ontbloot te wees.

Sy oë, o my God, sy oë! Hulle was nie vol woede soos wat ek gevrees het nie. Wat ek in sy oë gesien het, was veel erger – dit was ontsettende smart. Hy het na my gekyk soos ʼn vader wat toekyk hoedat sy kind gewilliglik en doelbewus oor en oor in ʼn vuur inloop. Hy het gelyk soos iemand wat my gewaarsku het, liefgehad het, gesmeek het, maar ek wou nooit luister nie.

Toe het ek ʼn visioen ontvang. Ek weet nie hoe om dit anders te beskryf nie. Dit was of ʼn skerm voor ons verskyn het. Dit was egter nie asof ek na ʼn film gekyk het nie. Dit was asof ek die herinneringe weer een vir een herleef het. Ek het myself gesien, tien jaar gelede, gebukkend voor my skootrekenaar in die donker. My gesig was verlig deur die lig van die rekenaarskerm, terwyl ek na iets gekyk het wat ek nooit sou wou hê dat my vrou, my pastoor of my vriende, sou moes sien nie.

       Maar Jesus het dit gesien. Ek het weer ʼn volgende en ʼn volgende toneel herleef. Dosyne, honderde – elke geheime oomblik. Elke keer wanneer ek gedink het dat ek veilig is, alleen is. Al die kere toe ek gesê het: “Nog net hierdie een keer.” Ek sien die kere wanneer ek die soek-geskiedenis skoongemaak het en halfhartig gebid het: “God, vergewe my,” net om die volgende aand weer aan te gaan.

       Ek het siek gevoel; nie ʼn fisiese siekte nie, maar my siel het begin ineenkrimp van berou en verskrikking. Ek het gesien hoedat ek myself regverdig, rasionaliseer, maak asof dit nie so erg is nie, terwyl Jesus langs elke toneel staan met ʼn gebroke hart. Hy het my nie met woorde beskuldig nie, die tonele het dit sommer self gedoen.

       Toe sien ek iets wat ek glad nie verwag het nie. Ek het die geestelike uitwerking van dit wat ek gedoen het, gesien. Elke keer wanneer ek dit gedoen het, het daar iets donker in die kamer ingesluip. Elke keer wanneer ek toegegee het, het ek ʼn deur oopgemaak. Deur die krakies in my siel het demone toegang gekry, en ek het gesien hoedat hierdie skadu’s hulself rondom my draai – eers liggies, dan al hoe stywer.

       Ek het gesien hoedat hulle my vermoë om God se stem te hoor, strem; hoe hulle my vermoë om my vrou en kinders waarlik lief te hê, vervorm en my vasbind sodat ek nie in vryheid kan leef nie.

       Ek het gesien hoedat daar swart bande rondom my keel gespan was wanneer ek probeer het om God te aanbid. Ek het probeer om ander te lei, terwyl ek self kettings, wat ander mense nie kon sien nie, agter my aangesleep het.

       Jesus het vir my gefluister: “Jy het gedink dat sondebelydenis net ʼn vinnige verskoning is.” Ware belydenis beteken ʼn ommeswaai, en ek het dit nie gedoen nie. Ek het net in die rondte gedraai soos ʼn hond wat teruggekeer het na sy eie braaksel toe (2 Pet. 2:22). Soos ʼn man wat sy mond afvee en sê: “Ek het niks verkeerd gedoen nie.”

       Ek het op my knieë neergeval en geween op ʼn manier wat ek nooit gedink het moonlik was nie – nie net omdat ek gesondig het nie, maar omdat ek dié Een wat my liewer het as enigeen nog ooit, so ontsettend bedroef en seergemaak het.

       Jesus het langs my kom kniel. Hy was nie kwaad nie. Dit was sy heiligheid wat ondraaglik was.

       Ek het die verlies ervaar van elke vermorsde geleentheid, elke keer wanneer ek sy stem stilgemaak het, elke keer wanneer Hy probeer het om my van sonde te oortuig en ek Hom weggestoot het.

       Toe het Hy vir my iets gewys wat vir my nog meer ontsettend was as die hel self. Hy het vir my gewys wat en wie ek kon gewees het – ʼn weergawe van myself as ek nee sou sê vir wellus. Ek het ʼn man gesien wat sy lewe ten volle aan Hom gewy het. ʼn Man wat in reinheid, outoriteit en vryheid geleef het. ʼn Man wie se huwelik stralend gelukkig was, wie se gebede kragtig was, wie se aanbidding nie so besoedel was nie. Daardie man het soos Jesus gelyk. Hy het gegloei soos ʼn heilige vuur.

       Ek het besef dat ek daardie weergawe van myself verruil het vir tydelike plesier en digitale skadubeelde. Vir vyftien minute van fantasie – vir dooie beelde wat satisfaksie belowe het, maar my elke keer nog meer leeg gelaat het as wat ek was.

       Ek het ontsettend begin huil, geskreeu: “Jesus, ek is só jammer. Ek het nie geweet dat dit so ernstig is nie.” Jesus het na my gekyk met ʼn baie hartseer uitdrukking en gesê: “Jy het goed geweet. Ek het dit vir jou uit my Woord gesê. (Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:18). Ek het dit vir jou in jou gees gesê deur jou te oortuig van sonde. Ek het dit vir jou deur preke gesê, deur drome, deur mense wat Ek gestuur het om jou te waarsku. Jy wou net eenvoudig nie luister nie.”

       Ek kon nie stry nie. Ek het geen verskoning gehad nie. Ek het honderde sagte aanmanings in my gees geïgnoreer, waarskuwings afgelag, die stem in my gees stilgemaak, want ek wou hê wat ek wou hê.

     Toe sê Jesus iets wat my heeltemal gebreek het: “Weet jy waarom Ek so ontsettend hartseer is? Omdat jy jou sonde liewer gehad het as vir My.” Ek het ineengestort, want dit was die waarheid. Ek het my geheim meer begeer as sy teenwoordigheid. Ek het my gewoontes meer geniet as sy heiligheid. Die opwinding van die fantasieë was vir my belangriker as om my lewe aan Hom oor te gee. Ek het die een vir wie ek gesê het dat ek Hom liefhet, verraai.

     Nou staan ek hier voor Hom, met niks om te sê nie. Geen woorde, geen verskonings, net skaamte, net spyt, net stilte.

       In daardie stilte het Jesus begin om vir my te wys waarheen mense gaan wanneer hulle sterf sonder om vergifnis te vra. Hy het langs my gestaan, stil, sonder ʼn geluid. Skielik het alles rondom ons verander. Die lig het flouer geword – nie omdat sy teenwoordigheid verdof het nie, maar omdat iets anders my weggetrek het. Dit was asof die hele am+osfeer verander het. Hy het niks gesê nie, maar ek het geweet Hy was van plan om vir my iets te wys wat nie normaalweg vir mense-oë bedoel was nie.

       Ons het begin beweeg, maar ek kan nie onthou dat ons geloop het nie. Daar was geen grond onder ons nie. Dit was meer iets soos ʼn siel wat van een realm na ʼn ander geneem is. Ons was in ʼn plek waar tyd nie bestaan het nie, en tog het elke sekonde swaar gevoel. Wat ek toe gesien het, het elke illusie wat ek ooit oor sonde gehad het, verpletter.

       Ons was in ʼn enorme gang wat gelyk het asof dit van antieke stene gebou is. Daar was weerskante deure met inskrywings daarop. Die inskrywings was nie name van mense nie, maar name van sonde. Dit was ook nie net algemene sondes soos wellus, gierigheid of dronkenskap nie. Nee, dit was diep, persoonlike beskrywings van sonde. “Die prediker wat pornografie in die geheim gekyk het”; “Die vader wat fantasieë bo sy gesin verkies het”; “Die jong man wat genade as ʼn verskoning gebruik het”. Die woorde op die deure het soos dolke deur my gesteek.

Jesus het my na ʼn spesifieke deur geneem waar dit baie donker was – donkerder as enige plek wat ek nog ooit op aarde gesien het. Dit is dié soort donkerte wat nie net die afwesigheid van lig is nie, maar die teenwoordigheid van oordeel.

       Hy het na my gekyk en gesê: “Jy moet sien wat sonde doen wanneer dit nooit na die kruis gebring word nie.”

       Die deur het oopgegaan. Wat ek binne gesien het, ontstel my nou nog steeds geweldig. Dit was ʼn vertrek, koud, eindeloos groot, versmorend. Binne was daar siele van mense, maar hulle het nie gelyk soos wat ʼn mens sou dink geeste behoort te lyk nie. Hulle was verwronge, vasgebind, misvormd – nie omdat iemand dit aan hulle gedoen het nie. Dit is wat hulle sonde in hulle geword het. Een man het kettings rondom sy oë gehad. Hy het aanhoudend geskreeu: “Ek het net gekyk. Ek het nooit aan enigiemand gevat nie. Ek het niemand ooit verneuk nie.” Sy hande was egter in skadu’s wat gelyk het soos duisende vuil prentjies wat oor hom gekruip het. ʼn Ander siel het gebukkend in ʼn hoek gestaan, heen en weer gewieg en aanhoudend gemompel: “Niemand het geweet nie, niemand het geweet nie.”

Selfs die mure het polsend gefluister en dit het weerklink soos elke klikgeluid van elke rekenaar-soektog, elke oomblik wat hy gedink het was in die geheim. Ek het besef dat hierdie nie net siele was wat gesondig het nie. Dit was siele wat nooit hulle sonde bely het nie. Dit was die siele van mense wat agter maskers geleef het, wat in die kerk gedien het, die regte woorde gesê het, maar nooit weggedraai het van die duisternis in hulle nie. Die ergste van alles was dat baie van hulle net soos ek gelyk het. Mede-aanbiddingsleiers, kleingroepleiers, mans wat die Bybel aanhaal. Sommige predikers het selfs nog hulle pakke klere aan gehad. Hulle was almal daar.

     Ek het in afgryse na Jesus toe gedraai. “Maar hulle het in U geglo. Hulle het U “Here” genoem.” Sy antwoord was ferm tog vol hartseer. “Nie almal wat vir my sê: “Here, Here,” sal die koninkryk van God binnegaan nie, maar net hulle wat die wil van my Vader doen” (Matt. 7:21-23).

       Ek onthou daardie vers in Matteus 7. Ek het selfs een keer daaroor gepreek. Ek het ander mense gewaarsku, en nou staan ek hier tussen dieselfde mense van wie ek gedink het dat ek anders is.

       Weer het ek gevra: “Maar hoe het hulle hier beland? Hulle was gelowiges.” Jesus se antwoord was: “Hulle het geweier om oor te gee. Hulle het hulle sonde liefgehad en my Naam as ʼn bedekking gebruik. Hulle het My nooit toegelaat om hulle te reinig nie. Sonder heiligmaking, sal niemand vir God sien nie.” (Matt. 12:14).

       Die huilende uitroepe van die siele het al harder geword. Nie uitroepe om vergifnis nie. Hulle is by daardie punt verby. Hierdie was uitroepe van spyt, oor verlore kanse, kere wat hulle aangekla gevoel het, maar dit geïgnoreer het. Ek het toegekyk hoe die siele teen die mure hamer met hulle vuiste, al skreeuende: “Nog net een uitnodiging om vorentoe te gaan. Net nog een kans. Ek sou gehardloop het hierdie keer.” Die deur was egter gesluit. Die ewigheid het vir hulle begin.

       Jesus het omgedraai en my buitentoe geneem. Die oomblik toe die deur sluit, het ek gevoel hoedat iets my siel vasgryp. Dit was nie verskrikking nie, dit was helderheid. ʼn Helderheid wat ek nog nooit vantevore ervaar het nie.

       Dit gaan nie daaroor dat God wreed is nie. Dit gaan oor regverdigheid, heiligheid en keuses. Elke siel in daardie kamer is baie tyd gegee, waarskuwings, oortuigings, preke, drome, Skrifgedeeltes. Hulle het selfs die sagte influistering van die Heilige Gees laatnag ontvang wat gesê het: “Stop! Kom na My toe. Ek kan dit heelmaak.”

       Hulle het dit egter geïgnoreer. Jesus het weer na my gekyk: “Sien jy wat weggesteekte sonde aan ʼn siel doen?” Ek het my kop geknik, al wenende. “Ek het nie besef dat dit werklik so is nie – hierdie ewigheid.”

       Hy het geantwoord: “Dit is omdat die wêreld vir julle vertel dat dit net prentjies is. Maar in die geesteswêreld is dit gif. Dit maak deure oop, dit nooi oorheersing in. Die ergste van alles is dat dit ʼn skeiding veroorsaak tussen jou en My.”

       Skielik het ek gesien hoedat my sonde ander mense beïnvloed het. Ek het my vrou gesien, hoedat sy alleen gehuil het. Sy kon nie verstaan waarom ek so afsydig was nie. Ek het ʼn jong man gesien wat deur my gementor is en later in dieselfde verslawing beland het, omdat my woorde geen geestelike outoriteit gedra het nie.

       Ek het aanbiddingsdienste gesien wat ek gelei het, wat vol verwarring was omdat my geestelike onreinheid die hele atmosfeer besoedel het. My trane het nou onbeheersd gevloei.

Ek het gedink die pornografie het net vir my beïnvloed, maar nou sien ek hoedat dit almal om my beïnvloed het – my familie, my kerk, my geestelike nalatenskap.

       Die ergste van alles was, dat ek díé Een wat my liewer gehad het as die lewe self, so ontsettend bedroef het.

       Jesus het nie nodig gehad om dit te sê nie, maar ek het dit in elke hoekie van my siel gevoel. Dit wat jy in die geheim doen, vorm dit wat jy gaan wees vir die ewigheid. Ek kon kwalik nog staan.

       Alles wat ek gesien het, die geheime wat ontbloot is, die kettings wat rondom die siele gebind was, die kamers vol siele met onbelyde sonde, alles het my gebreek. Ek het altyd geglo dat ek veilig is. Ek het geglo dat ek bedek was. Maar nou het ek besef dat ek op geleende genade geleef het wat ek nooit geëer het nie; nooit waardeer het nie; nooit dankbaar voor was nie.

     Ek het in stilte voor Jesus gekniel. Ek het nie gewaag om te praat nie. Wat sou ek kon sê? Ek was ʼn bedrieër. Ek het sy bloed gebruik soos ʼn pleister, nie as ʼn geneesmiddel nie. Ek wou vergifnis hê, sonder om myself aan Hom oor te gee. Ek wou gereinig word, maar ek wou nie verander nie.

     Hy het afgekyk na my, nie met haat nie, maar met ʼn hartseer so diep dat dit in my gees ingesteek het – meer as wat enige wraak sou kon doen.

       Toe het Jesus weer gepraat. “Ek het vir jou gesterf, maar jy wou nie aan jouself sterf nie.”

Ek het gebewe en Hy het voortgegaan: “Ek het geklop, so baie nagte geklop toe jy alleen was en jy skuldig gevoel het. Dit was Ek wat geklop het. Wanneer jy jou skootrekenaar of selfoon vinnig afgeskakel het en skaam gevoel het, dit was Ek wat probeer het om jou te bereik. Elke keer wanneer jy ʼn preek oor pornografie gehoor het en jou hart geklop het – dit was Ek wat na jou geroep het sodat jy om vergifnis kon vra.”

       Trane het van my wange afgerol. “Ek het gehoor,” het ek gefluister. “Ek wou dit net nie prysgee nie.”

       Hy het stadig geknik. “En dit was jou keuse. Maar weet dit, elke keuse vorm jou ewige lewe.”

     Die atmosfeer het weer verander. Alles rondom ons het stil geword. Die tyd het gaan stilstaan. Die geluide, die visioene, die drukking van oordeel, alles het gewag. Vir die eerste keer vandat ek gesterf het, het ek iets onbekend gevoel – genade.

       Jesus het sy hand uitgesteek en ek het gevoel hoedat ek skielik ligter voel. Dit het nie deur geweld gebeur nie, maar deur genade. Ek het weer warm gevoel. Daar was hoop. Nie omdat ek dit verdien het nie, maar omdat Hy vol genade is, en dit terwyl ons monsters is.

       Hy het gesê: “Ek gee jou ʼn kans om terug te gaan en te gaan getuig, maar moet nie hierdie kans verspeel nie. Baie sal na jou storie luister en vir jou lag. Sommige sal spot, ander sal jou ignoreer. Maar sommige sal luister. En al is dit net een siel, dit beteken vir hom die ewigheid.”

       Ek het na Jesus gestaar. “Here, ek verdien dit nie.” Sy antwoord was: “Niemand verdien dit nie. Dit is waarom my genade so duur is.”

     Ek het in sy oë gekyk – daardie vlammende hartseer, liefdevolle oë, en ek het verstaan. Sy genade is nie ʼn lisensie vir sonde nie. Dit is ʼn uitnodiging. Dit is heilig, Dit is gevaarlik. Dit vereis alles.

     Hy het bygevoeg: “Vertel vir hulle dat alle sonde wat hulle wegsteek, eendag geopenbaar sal word. Vertel vir hulle dat geheime pornografie nie skadeloos is nie. Dit is ʼn stille moordenaar van siele. Vertel vir hulle dat my genade groot genoeg is om die kettings te breek, as hulle net oorgee aan My.”

     Op daardie oomblik het ek gevoel hoedat ek agteroor getrek word. Die lig het dof geword. Die grond onder my het verdwyn en die lug het by my verby gestroom.

       Ek het uitgeroep: “Jesus, moet my nie los nie. Moet my asseblief nooit los nie!” Sy stem het nog een laaste keer in my siel weerklink: “Loop dan in die lig en moet nooit weer na die duisternis toe terugkeer nie!”

       Ek het wakker geword en na asem gesnak. Dokters en verpleegsters het oor my gebuk, ek het geluide van biepende masjiene gehoor en hospitaalligte gesien. Ek het gelewe, maar ek was nie dieselfde mens nie. Die man wat die ewigheid ingegaan het, vol geheime, het daardie dag gesterf. Die man wat teruggekom het, steek niks meer weg nie.

     Ek het alles teenoor my vrou, my pastoor en die mans wat ek gementor het, bely. Ek het sommige verhoudings verloor, ek het my posisie in die kerk verloor, maar ek het iets veel meer kosbaar gewen, naamlik vryheid – ware vryheid.

Ek leef nou elke dag met ʼn dringendheid, want ek het gesien wat wag agter die voorhangsel. Ek het voor die Heilige Een gestaan. Ek weet ook dat dít wat ons in die donker doen, eendag van die dakke af uitgeroep sal word. Aan elkeen wat hier lees en dink dat niemand sien wat jy doen nie, Jesus sien dit. Moenie dink die stilte is sy genade nie. Dit is Jesus wat roep. Aan elke gelowige wat sy sonde regverdig met slim teologiese redenasies, daar is geen slimmigheid in die hel nie.

       Bely jou sonde en moenie wag nie! Moenie met jou ewige lewe dobbel nie. Die heel ergste ding wat ek geleer het, is nie dat Jesus al my sonde gesien het nie. Dit was dat ek geweet het dat Hy alles weet en nog steeds gekies het om dit te doen.

       Hy het vir my gewys waarheen daardie pad sou gelei het. Jy het nog tyd. Moenie hierdie kans laat verby gaan nie!

“Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ʼn mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam” (1 Kor. 6:18).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2818 gaste aanlyn