NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

'n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde só dat hy ander ook daardeur kan leer. Net 'n dwaas besin nie oor sy woorde aan ander nie – hy maak dus nie die keuse om wyse dinge te sê nie en ploeter net voort.

DIE DOOD VAN 'N HELD

M T STEYN STERF OP 28 NOVEMBER 1916

"Die Afrikaner onder die Afrikaners,” so het mense president Steyn genoem. Maar hy was ook ’n groot Suid-Afrikaner. Soos Louis Botha was hy ’n man met die ideaal om alle gemeenskappe in die land in vrede en harmonie te sien lewe. Hy het geregtigheid vir almal nagestreef: vir Afrikaner, Engelssprekende, Kleurling, Swarte en Indiër. Maar hy wou dat elke groep sy eie identiteit, sy eie kultuur, en alles wat vir hom heilig en dierbaar is, behou sodat elk met trots en waardigheid sy eie plek kan volstaan. Die Afrikaners is verpletter. Slegs deur weer op te staan, met volkstrots en waardigheid, kon hulle hul regmatige plek inneem. Alle Engelssprekendes wat lojaal aan Suid-Afrika was en wat hul Afrikaanse landgenote met regverdigheid, vriendelikheid en respek behandel het, was na aan Steyn se hart.

In Europa het die oorlog steeds voortgeduur, die grootste slagting in die geskiedenis van die mens. In Suid-Afrika het die stryd tussen Botha en Hertzog ook voortgeduur. Elkeen was oortuig dat hy reg is. Hertzog is in sy beleid sterk deur Steyn beïnvloed, maar hy was nie so diplomaties as die president nie. Steyn het aangevoel dat sy einde naby was, en die skeuring in die volk het sy einde verhaas. Tibbie het dikwels nagedink oor ’n gesprek wat hulle in die tweede helfte van 1916 op die stoep van Onzerust gehad het. Hulle het gesels oor ’n nuwe dam wat Steyn wou laat bou.

"Ek wonder of ek gespaar sal word om die dam te sien,” het hy opgemerk. "Ek dink nie so nie.” Tibbie het hom verbaas aangekyk. "Ek wens ek kan sommer doodgaan,” het Steyn vervolg. "Ek bedoel, stil, skielik, wanneer ek moet. Dit sal makliker vir jou wees as ek nie ’n lang siekbed het nie. Ek hoop werklik dat ek voor jou gaan, ou vrou, want as ek weer hulpeloos moet wees, sal ek nooit sonder jou kan regkom nie."

Tibbie neem toe sy hand. "Nee, my ou man. Ek het ook eens so gedink, maar nie meer nie. Jy is die sterke, en ek is die swakke.”

"Wanneer ek te sterwe kom, wil ek nie weggeneem word nie. Ek wil begrawe word waar ek doodgaan.” Hy het reeds tevore in dieselfde trant gepraat. Aangesien hy besonder fiks gelyk het, was Tibbie verbaas dat hy weer die onderwerp aanroer.

"Jy sal tog seker maar hier sterwe, op Onzerust.”

"Ek hoop so. Weet jy waar ek begrawe wil wees ?”

"Ja, naby die koppie.”

"Net onder daardie koppie waar ons die byekorwe het, daar wil ek wees. Net gras en bossies moet my graf bedek.”

"Theuns, ek kan niks belowe nie. Jy behoort tog aan die volk. Dis nie vir my of die kinders om te besluit nie. Die volk moet besluit.” Dit het sy ook al voorheen gesê. Toe sit hulle stil na die lug, na die bome en veld en kyk.

Steyn het nog steeds uitnodigings na allerlei byeenkomste ontvang. Hulle is egter almal beleef van die hand gewys. Toe hy na ’n groot Geloftedagviering op Senekal genooi word, het Steyn die uitnodiging as ’n uitdaging beskou. Dit sou ’n geleentheid wees om weer sy volk toe te spreek, miskien vir die laaste keer. Tibbie en die kinders het hom afgeraai, maar Steyn was vasbeslote. "Ek moet dit doen, al beteken dit ook my dood.” Hy het dadelik sy Senekal-toespraak begin skryf, met albei hande, en nie in Nederlands nie, maar in Afrikaans. Daarin het hy liefde teenoor die medemens en die uitbreiding van kennis en kulturele ontwikkeling bepleit. Hy het ook gevra dat almal in die na-oorlogse periode moes saamstaan. Broers moes weer broers omhels, "want ons is tog een vlees en bloed, een volk”. Mag hulle daardie Dingaansdag weer ’n verenigde volk wees. Steyn se pleidooi is met verbasende vuur vir so ’n siek man geskryf, maar hy sou dit nie kon lewer nie.

Hy het ook ’n uitnodiging ontvang na ’n kongres van die Oranje-Vrouevereniging wat op 28 November in Bloemfontein gehou sou word. Hierdie uitnodiging het Tibbie baie meer aangestaan. Dit was nie so ver as Senekal nie en sou minder vermoeiend wees. As hy dit uitputtend vind, moes hy belowe om sy besoek aan Senekal af te stel. Steyn het ingestem, want die vroue van die Vrystaat was baie na aan sy hart. Op hulle beurt het die vroue hom vereer vir al sy werk vir die Vrouemonument, vir sy vaderlandsliefde en standvastigheid. Vir die Vrystaters was daar geen groter en meer geliefde man in Suid-Afrika nie.

Hy het ’n goeie nagrus gehad en het die oggend van 28 November 1916 heeltemal goed gevoel. Hulle sou Onzerust per motor verlaat. Tibbie het met vreemde voorgevoel wakker geword. Toe sy gereed was, het sy in die motor gaan sit, en Steyn was baie geamuseerd toe hy haar daar sien sit en wag. Dit was winderig, en op pad het Tibbie hom gevra om nie te praat nie, want sy was besorg oor sy keel. In Bloemfontein het hulle eers by ’n dogter aangery en is toe na die Gedenksaal waar die kongres die oggend om elfuur sou open. Dit was bekend dat president Steyn aanwesig sou wees en die saal was stampvol. In die verlede was dit sy gewoonte om op dergelike byeenkomste belangrike verklarings te doen, en almal was nuuskierig om te hoor wat die president gaan sê. Daar was ook heelparty lede van sy eertydse personeel teenwoordig.

Almal was baie opgewonde toe Steyn, sy lang baard oor sy bors, opstaan om te praat. "Ek is bly om te sien dat hier ander mans ook is,” het hy begin, "anders was ek Maljan onder die hoenders.” Almal het lekker gelag. "Ek en my vrou is baie bly om hier te wees. Ek is ten volle bewus van die grootse werk wat die vroue die afgelope jaar verrig het.” Hy het verwys na die vroue se belangrike bydrae tot die Helpmekaar en die wonder van die beweging self. Steyn se rede was geskoei op die lees van sy Senekal-toespraak, en hy was net lekker aan die praat toe hy meteens ophou, sy hand na sy voorkop lig asof hy iets vergeet het, en stadig inmekaar begin sak. Almal het opgestaan en Tibbie was dadelik aan sy sy. President Steyn was bewusteloos.

Sy ou makkers het die swaar man opgetel en tussen die wenende vroue deur uitgedra. Dr. Krause was gou op die toneel, maar dit was nie eens nodig om Steyn te ondersoek nie. "Die president,” het hy verdrietig verklaar, "is dood.” Tibbie het haar man nie weer gesien nie, net sy kis. Sy het altyd gehoop dat hulle saam sou sterf, maar nou moes sy alleen deur die lewe gaan - en baie jare lank,  want sy sou baie oud word. Soos sy verwag het, is daar dadelik besluit dat Steyn by die Vrouemonument begrawe moes word.

Die roudiens is gelewer deur Steyn se groot vriend, ds. Kestell, en die kis het gestaan op dieselfde plek waar Steyn twintig jaar tevore as staatspresident ingesweer is. Baie mense het teruggedink aan daardie dag toe die forse jong man onder die Vrystaatse vlag gestaan het. Daar was ook die besef dat ’n era tot sy einde gekom het.

Kestell het in sy rede gesê daar is geen rede vir wanhoop nie, want president Steyn se gees sou voortlewe. "Ons dink aan hom as ’n mens, ’n man van God en ’n groot patriot. Hy was die Afrikaner onder die Afrikaners. Suid-Afrika het alles vir hom beteken, maar hy was nie onverskillig teenoor die res van die wêreld nie. Die wêreldwye lyding het sy hart gebreek. Maar boweal was hy ’n Suid-Afrikaner, en die Vrystaat was sy lewe. Altyd het hy die swakkes verdedig teen die sterkes . . .”

By die Vrouemonument was daar weer die gedreun van perdepote, die gebulder van kanonne. Dit was ’n staatsbegrafnis, en groot manne het hul plekke ingeneem: genl. Louis Botha, genl. Barry Hertzog, genl. Christiaan de Wet, oud-president Frank Reitz, se¬nator C. W. Marais, regter-president De Villiers. Daar was ook lede van al die ou Vrystaatse families, die pioniers en krygsmanne, armes en rykes, bekendes en onbekendes. Ook die nie-blankes het hul hulde gebring. Dit was ’n nasionale roudag. "Vir my persoonlik is dit die verlies van ’n liewe vriend,” het die Eerste Minister, Louis Botha, gesê. "Dit voel soos gister toe ons nog albei jonk en boesemvriende was.” Genl. De Wet, grys en sieklik, het van Steyn gepraat soos van ’n geliefde vader. Genl. Hertzog het verwys na Steyn se harmonieuse lewe, sy standvastigheid, sy pragtige gees.

Soos Tibbie geluister het, het sy gemoedsvrede gevind. Sy het besef dat sy ook eendag daar sou rus. Die flouheid wat haar wou oorval, het gewyk. Saluutskote is afgevuur, en die reuse-skare het uitmekaar gegaan. Die Vrystaat het sy grootste seun op ’n paslike wyse begrawe. Die aand nege-uur is Tibbie terug na die stil Onzerust. Haar man se bril was nog waar hy dit neergesit het, so ook die boek wat hy besig was om te lees. Oral kon sy nog sy teenwoordigheid aanvoel. Selfs die lug, die voëls en die bome het haar aan hom herinner. Honderde telegramme en briewe is afgelewer. Mettertyd sou sy hulle almal beantwoord. Soos Tibbie van sy lessenaar na sy stoel gestap het, en uit op die stoep, was dit wonderlik om te voel dat hy nog daar is.

Steyn se lewe getuig van liefde en somtydse pret, van die goeie wat oor die kwaad triomfeer, van absolute lojaliteit, van diens en arbeid. Hy het alles gegee wat hy kon gee en het nooit sy plig versuim nie. En tog was hy ook so menslik, so na aan die harte van die Afrikaners sowel as die Suid-Afrikaners. As ’n seun van die veld het hy nie net die storms trotseer nie, maar ook gewys met hoeveel krag en geloof die mens onheil die hoof kan bied. Hy het nie gesoek na helde of martelare nie, maar na diegene wat bereid was om hul beste in diens van die mensdom te stel. En as ’n seun van die veld het hy ’n voorbeeld gestel.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2283 gaste aanlyn