NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Geloof is geen opium wat jou verblind en verdoof nie – geloof is harde werk. Dis om te dóén in plaas van net te sê. Dis om jouself prys te gee soos Christus gedoen het – maar dit maak jou gelukkig!

EK HET GESTERF ! (11)

Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf

deur Anita Joubert

Ek was ʼn lesbiër, en toe ek voor Jesus staan, het ek besef dat Hy alles van my weet – al my verkeerde keuses, diepste vrese en weggesteekte pyn. Hy het geweet van my hartseer, my woede – en tog het Hy my liefgehad.

       Ek het nooit geglo dat die stories oor nabydood-ervarings die waarheid is nie. Ek het altyd gedink dit is waandenkbeelde van mense wat probeer aandag soek. Wat egter met my gebeur het, is die waarheid en het my lewe vir ewig verander.

       My naam is Stephanie en ek het grootgeword in Guatemala. Totdat ek 34 jaar oud was, was ek absoluut seker wie ek was en wou wees. Ek was altyd prakties, onafhanklik en sterk. Van ʼn baie jong ouderdom af het ek geleer, dat om op ander mense staat te maak, ʼn fout is. Ek het my moeder gesien swaarkry toe ek ʼn kind was, omdat my vader haar verlaat het. Sy het altyd gesê dat mans sleg en niks werd is nie, en daardie woorde is in my ingeprent as die absolute waarheid.

       Op die ouderdom van 16, het ek besef dat ek glad nie aangetrokke voel tot seuns nie. Ek was meer geïnteresseerd in meisies. Ek het my eerste verhoudings gehad en na ʼn tyd het ek aanvaar dat dit my identiteit is – ek is gay. Ek wou nooit hê dat ʼn man deel van my lewe moet wees nie. Ek kon net glad nie die nodigheid daarvoor insien nie. Wanneer iets in die huis gebreek het, het ek dit self reggemaak. As iets swaar gedra moes word, het ek dit gedoen. As ʼn gloeilamp vervang moes word, het ek dit self gedoen – en dit was presies dít wat tot my dood aanleiding gegee het.

       Daardie aand was ek, soos gewoonlik, alleen tuis. Die stoep se lig was dood en ek het, sonder om twee maal te dink, die lang leer gegryp en opgeklim om die gloeilamp om te ruil. Dit was nie moeilik nie en ek het dit al talle kere in my lewe gedoen. Daardie dag het daar egter iets gebeur. Ek het my arm bietjie te ver uitgestrek om die nuwe gloeilamp in te draai en die leer het skielik ongebalanseerd gevoel. My voet het van die leer se trap afgegly en ek het geval. Alles voor my het dof geword en die laaste ding wat ek onthou, was ʼn skerp pyn, ʼn gesing in my ore en toe – stilte.

       My buurman, Charles, het die harde slag van die val gehoor en homself na my huis gehaas. Hy het my bewusteloos aangetref en my so vinnig moontlik hospitaal toe geneem.

       Wat egter met my in daardie klein rukkie gebeur het, het my hele lewe vir ewig verander. Ek het die pyn van die val op die grond gevoel; die veraf klank van my buurman wat my naam roep; toe stilte. Absolute stilte.

       Ek het onbeskryflik lig gevoel. Daar was geen pyn nie; geen gewig nie; geen vrees nie. Ek het sonder enige moeite opgestaan, maar toe ek afgekyk het, het my liggaam steeds daar gelê. Dit wat ek gesien het, het my getref. Daar het ek op die vloer gelê, bewegingloos, bleek met my oë half oop – leweloos. My eerste reaksie was om te skree om hulp, maar geen klank het uitgekom nie. In werklikheid het ek nie asemgehaal nie. Paniek het my oorval. Dit kan nie wees nie! Dit is onmoontlik! Ek het probeer om aan my eie arm te vat, maar my vingers het regdeur my arm gegaan asof ek van wasem gemaak was.

       Wanhoop het oor my gespoel, maar skielik het ek voetstappe gehoor en my buurman, Charles, het verskyn. Ek het sy uitdrukking in skok gesien verander. Hy het langs my gekniel en my naam geroep. “Steven, kan jy my hoor!”

       Ek was reg langs hom, maar hy kon my nie sien nie. Ek het deur die huis begin hardloop in ʼn poging om te verstaan wat aangaan. Dit is tóé eers dat ek besef het dat iets baie erg aan die gang is. Ek het nie op die grond getrap nie, maar deur die lug gegly. Daar was geen wrywing nie; geen gewig nie; geen beperkings nie. Dit was asof swaartekrag net eenvoudig nie bestaan het nie.

       Toe skielik, sonder enige waarskuwing, is ek opgetrek. Die huis het verdwyn. Alles rondom my het donker geword, maar dit was nie ʼn gewone, bekende donkerte nie. Dit was nie soos wanneer ʼn mens jou oë toegemaak het nie. Dit was ʼn absolute niks – geen geluid, geen klank, geen vorm. Ek het iets ervaar wat ek nog nooit vantevore ervaar het nie. Dit was ʼn eensaamheid wat alle hartseer te bowe gaan.

       Toe het ek stemme gehoor. Dit het soos fluisteringe begin, toe soos veraf eggo’s geklink en later het dit duidelike woorde geword. Wat vir my die ergste was, was dat hulle van my gepraat het. “Sy het nooit geglo nie. Altyd die waarheid verwerp. Gedink sy weet alles.” Die vrees het teen my ruggraat opgekruip. Wie sê dit en waar is ek? My instink het vir my gesê dat ek moet hardloop, maar ek het nêrens gehad om heen te gaan nie. Ek het in ʼn rigtinglose ruimte rondgedryf.

       Ek het meteens ʼn toneel gesien wat onder my vorm aangeneem het, asof ek deur ʼn onsienbare glas gekyk het. Dit was die hospitaal. Ek het my eie liggaam gesien wat deur die gange gestoot word. Dokters en verpleegsters het die trollie omring. Een dokter het op my voorkop gedruk en probeer om my by te bring. Ek het elektrodes gesien wat aan my bors vasgekoppel was; ek het die paniekerige bewegings van die span gesien en ek onthou dat een van die dokters na die horlosie gekyk en iets gesê het wat ʼn rilling langs my ruggraat afgestuur het: “Tyd van dood: 11:47 nm.” Die hospitaalpersoneel het later gesê dat my hart gaan staan het vir presies agt minute. Wat gedurende daardie agt minute met my gebeur het, was iets wat ek myself nooit sou kon indink nie. Dit was iets wát alles wat ek geglo het, weerlê het.

       Ek is skielik, asof iets my weggetrek het van daardie toneel af, teruggegooi in die leë ruimte. Die gevoel was erger as enigiets wat ek nog ooit ondervind het. Dit het gevoel soos om te val sonder om ooit die grond te tref. Dit was amper soos om te skreeu, maar niemand hoor jou nie.

       Daar was meteens ʼn lig – eers net veraf, maar soos wat dit nader gekom het, het ek gevoel dat iets binne in my verander. Die vrees het begin vervaag, so asof die lig die krag het om al die duisternis om my te verlig. My hart, of wat ook daarvan oor was, het saamgetrek. Iets het my laat verstaan dat dit nie sommer net ʼn lig was nie – dit was Iemand. Toe ek uiteindelik kon sien, het my wêreld verander. Die lig het gegroei en dit het nie soos die son of ʼn gloeilamp gelyk nie. Dit was iets of iemand wat lewe. Ek kon die lig voel – soos ʼn warmte wat nie gebrand het nie. Dit was soos ʼn omhelsing wat elke deeltjie van my menswees omhels het.    

     Toe het Hy verskyn. Eers soos ʼn silhoeët, maar soos wat Hy nader gekom het, het ek sonder twyfel geweet dat dit Jesus was. My borskas was beklemd. ʼn Golf van emosies het oor my gespoel. Dit was ʼn mengsel van vrees, skaamte en vrede – alles tegelyk.

     Ek wou praat, maar ek kon nie. Hy het na my gekyk en in daardie oomblik het ek geweet dat Hy alles van my weet. Nie net van my lewe, my verkeerde keuses en foute nie. Hy ken my diepste vrees en weggesteekte pyn. Hy weet van al die nagte wat ek alleen gelê en huil het – alleen die woede in my hart gedra het. Hy weet hoe dikwels ek die gedagte dat Hy ʼn werklikheid is, verwerp het. Tog het Hy my liefgehad. Jesus het sy hand na my toe uitgesteek en onmiddellik het alles rondom my verander.

       Die donker leegte het verdwyn. Skielik was ek in ʼn plek wat menslike woorde nie kan beskryf nie. Dit was pragtig, maar nie op die gewone manier mooi nie. Dit was nie soos ʼn mooi natuurskoon of ʼn stad vol liggies nie. Dit was ʼn heilige soort skoonheid – soos iets wat my wou laat kniel en huil omdat ek vir die heel eerste keer in my lewe gevoel het dat ek presies op die plek was waar ek moes wees. Die vrede wat vanuit die plek gestraal het, was iets wat ek nog nooit gevoel het nie.

       Ek het nog nooit vantevore kleure soos hierdie op aarde gesien nie. Ek het geluide gehoor wat nie werklik musiek was nie, maar wat my siel só direk geraak het. Die lug was gevul met liefde en genade – iets suiwer en onverganklik.

       Jesus het begin loop, en ek het Hom gevolg. Om ons was daar hemelse wesens. Ek weet nie of hulle engele was nie, maar hulle teenwoordigheid het ʼn onbeskryflike eerbied uitgestraal. Sommige het gesing terwyl ander net aanbid het op ʼn manier wat ek as mens kon verstaan.

       Alhoewel alles om my so wonderlik was, was daar iets in my wat swaar gevoel het. Ek het nie daar gehoort nie. Dit het nie saak gemaak hoe fantasties die plek was nie, ek het ervaar dat iets my keer om waarlik deel daarvan te wees – so asof my siel ʼn swaar gewig moes dra wat my verhoed het om daardie wêreld binne te gaan.

       Jesus het gaan staan en weer vir my gekyk. Op daardie oomblik het ek verstaan dat daar iets was wat ek nodig gehad het om te hoor – iets wat alles sou verander. Jesus het gepraat met ʼn stem wat geklink het asof dit iets van die ewigheid dra en Hy was op die punt om dit aan my te openbaar.

       Hy het voor my gaan staan en in my oë gekyk. Daardie kyk was nie oordeel of misnoeë nie – dit was liefde. ʼn Liefde so diep dat my bene my kwalik kon dra. ʼn Warrelwind van emosies het my oorweldig – skaamte, vrees en die sekerheid dat ek dit nie verdien om daar te wees nie.

       Jesus het egter nie teruggestaan nie – net geglimlag. Toe, sonder om sy lippe te beweeg, het Hy beelde voor my laat verskyn asof ek my eie lewe voor my sien afspeel het, vanuit ʼn perspektief wat ek nog nooit vantevore gesien het nie. Ek het my kinderjare gesien, my ma wat só seer was omdat my pa haar so in die steek gelaat en van ons af weggegaan het. Ek hoor hoe sy die woorde wat my lewensuitkyk gevorm het, herhaaldelik sê: “Mans is sleg en vir niks goed nie.” Ek sien klein Stephanie grootword met daardie uitkyk in haar hart ingegraveer, ek sien die tiener wat haarself van alle mans gedistansieer het, wat mure om haar gebou het om haarself te beskerm, wat gekies het om nooit op enigeen staat te maak nie. Toe sien ek iets wat ek te midde van al die pyn en verwerping, nooit raakgesien het nie.

       Daar wás goeie mans rondom ons – ek sien die buurman wat altyd bereid was om ons te ondersteun en my ma te help om dinge in en om die huis reg te maak. Ek sien haar baas wat haar altyd vroeër laat loop het wanneer ek siek was. Ek sien die onderwyser wat my so aangemoedig het om te gaan studeer en gesê het dat ek te slim was om my skoolloopbaan op te skop. Ek sien die kelner by die restaurant wat ons altyd met ʼn glimlag bedien het en ons elke keer met respek behandel het.

       My hart was weer beklemd. Waarom het ek dit nooit vroeër raakgesien nie? Ek het altyd geglo dat alle mans sleg is, maar hier is die waarheid. God het baie goeie mans oor ons pad gebring, ek wou dit net nie raaksien nie. Ek het ʼn knop in my keel gevoel, maar die grootste openbaring moes nog kom.

       Jesus het sy hand weer uitgesteek en die toneel voor my het weer verander. Hierdie keer het ek my pa gesien. Hy lyk ouer as wat ek hom onthou en hy sit alleen in ʼn stoel; starende voor hom uit, na niks. Toe sien ek dat hy huil – huil van spyt en selfverwyt. My verstand het uitgeroep: “Nee! Hy het ons verlaat en hy verdien nie my vergifnis nie.” My hart het egter reeds geweet wat die waarheid is. Ek het my hele lewe deur haat, pyn en verwerping in my binneste rondgedra, maar niks daarvan het my ma heelgemaak of my verlede verander nie. Niks daarvan het my gelukkig gemaak nie. Die haat wat ek teenoor hom gevoel het, het my verwoes.

       Toe Jesus gepraat het, was sy stem heeltemal anders as enige gewone klank. Dit het diep in my weerklink – al die mure wat ek oor die jare gebou het, afgebreek.

       “Vergewe Stephanie.” Ek het gebewe. My eerste instink was om te weier, te sê ek kan nie. Voordat ek kon antwoord, het Hy voortgegaan: “Jy dra ʼn las wat jy nie hoef te dra nie. Ek ken jou vanaf jou moederskoot en Ek ken jou pyn, jou stryd jou vrese, maar dit is nou tyd om dit te laat gaan. As jy wil vry wees, dan moet jy vergewe.” My trane het begin stroom. Vergewe! Dit na alles.

       Jesus het nog nader aan my gekom en alles het verander. Die pyn wat ek gevoel het, die bitterheid, die woede – alles het weggesmelt in sy teenwoordigheid. Jesus het vir my gewys wat ek nooit wou erken nie. Ek het nie die afstand tussen my en mans gekies omdat ek vroue liefgehad het nie. Ek het dit gekies want ek wou myself beskerm, daarom wou ek mans altyd van my af wegstoot. Ek wou nie die risiko loop om so seer te kry soos wat my ma seergekry het nie. Dit was vir my ʼn skok gewees.

       Vir so baie jare het ek geglo dat my identiteit bepaal is – dat ek lesbies gebore is. Maar nou, in die aangesig van die waarheid (Jesus is die waarheid – Joh. 14:6) maak alles sin. Dit was nie my begeerte nie. Dit was alles uit vrees.

       Jesus het weer na my gekyk en Hy het iets gesê wat in my diepste wese ingebrand het: “Ek het jou met ʼn doel gemaak. Alles wat ek geskep het, is met beplanning gedoen (Ps. 139). ʼn Man en vrou is geskep om mekaar aan te vul, om mekaar te ondersteun, om families te hê. Dit is hoe Ek dit beskik en beplan het, maar God, my Vader, is so wonderlik dat Hy aan elkéén ʼn vrye keuse gegee het.”

       Jesus het voor my gaan sit en my hande aangeraak. Vir die eerste keer het ek Hom gevoel, en sy aanraking was vrede, liefde, lewe.

       “Jy kan nou kies, Stephanie.” My hart het geruk.

     “Jy kan voortgaan op die pad wat jy gekies het, of jy kan My vertrou, dat my keuse die regte pad vir jou is.”

       Die lig rondom Hom het gelyk asof dit klop – so asof die hele hemel wag vir my antwoord. Ek het my oë toegemaak, diep asem gehaal en toe ek dit oopmaak, was daar nét een ding wat ek wou sê. Ek wil kies om in Christus te leef.

     Op daardie oomblik het ek gevoel dat iets besig is om van my af weggeskeur te word – so asof onsigbare kettings gebreek het en die las wat ek my hele lewe lank gedra het, verdwyn. Vir die eerste keer in my lewe het ek ware vrede ervaar. Dit was egter nie klaar nie, want Jesus het geglimlag en gesê: “Nou gaan jy terug, want daar is nog iets wat jy moet gaan doen, anders kan jy nie my koninkryk binnegaan nie.”

       Voordat ek kon vra wat Hy bedoel, het die donkerte my weer omvou en toe ek my oë oopmaak, was ek terug in die hospitaal.

       Die eerste ding wat ek gevoel het, was pyn. Dit was asof ek met geweld geruk is uit ʼn plek waar daar geen swaarkry was nie en teruggegooi is in ʼn swaar, swak, gebreekte liggaam. My bors het gebrand, my kop het geklop en die biep-geluid van masjiene om my was oorweldigend. My oë het in die lig probeer aanpas en alles het dof gelyk. Dit was eers toe ek ʼn diep asemteug geneem het, dat ek besef het ek leef. Dit het my ʼn paar oomblikke geneem om te verstaan waar ek was en ek het die gewig van die kombers oor my gevoel. Die reuk van ontsmettingsmiddels was in die lug, die elektrodes was aan my bors vasgeplak en daar was stemme om my hoorbaar.

       Eers was dit dof, en het later duideliker geword. “Sy is terug! Kom kyk, sy is terug!” ʼn Verpleegster het uit die kamer gestorm, al roepende na die dokters. Die geluid van haastige voetstappe het in die gang geklink. Ek wou praat, maar my keel het droog gevoel, asof ek vir dae lank nie gepraat het nie.

       Toe het die realiteit my getref. Ek het gesterf, en nog meer as dit – ek het vir Jesus gesien. Die herinnering daaraan het my getref met ʼn oorweldigende krag. Die helderheid van sy stem, die waarheid wat Hy met my gedeel het. Alles was só lewendig in my, só werklik, maar hoe kon ek aan iemand anders verduidelik?

       Die dokter het hom terug gehaas en my begin ondersoek. Hy het na my hart geluister en my aangekyk asof hy ʼn wonderwerk aanskou.

       “Stephanie, jy het ons regtig laat skrik. Jy was dood vir 8 minute.” Net 8 minute! Dit het soos ʼn ewigheid gevoel, maar ek het geweet dat iets diep binne in my, vir altyd verander het.

       Die dae wat daarop gevolg het, was soos ʼn warrelwind. My ma het hospitaal toe gekom en in trane uitgebars toe sy my gesien het. Ek het probeer om te verduidelik wat gebeur het, maar die woorde wou nie uitkom nie. Hoe kon ek haar vertel dat Jesus my alles gewys het wat ek nooit wou sien nie – dat die haat wat ek só lank, vir so baie jare, vir my vader in my rondgedra het, my vernietig het, want my persepsie van my eie identiteit, is uit vrees gebore en nie uit liefde nie. Ek het probeer vertel, maar dit het gelyk asof niemand verstaan nie. “My skat, jy het jou kop baie hard gestamp. Dit wat jy ervaar het, kan net ʼn gevolg wees van die besering. Jy was bewusteloos. Jou brein het daardie beelde geskep, of dit was net ʼn droom.” Ek het egter geweet dat dit nie net ʼn droom was nie, dit was die werklikheid. Hoe meer ek probeer het om stil te bly, hoe meer het dit in my gebrand. Ek moes vir die wêreld vertel wat Jesus vir my gewys het, maar sou enigiemand my glo?

       Die waarheid was dat eksélf nog probeer het om te verstaan. Wie was ek nou? Eers toe ek ontslaan is, het ek besef dat my lewe nooit weer dieselfde sou wees nie. Moes ek hierdie waarheid vir altyd wegsteek, of moes ek die moed bymekaar skraap om te vertel dat ek nie meer dieselfde mens is nie. Niks binne in my pas meer in die mens wat ek vroeër was nie. Wanneer ek in die spieël gekyk het, het ek ʼn bekende gesig gesien, maar binne het ek verander. Om uiterlik te verander, was nie maklik nie.

       Die eerste paar dae het ek probeer om terug te kom in my ou roetine – op te staan, werk toe te gaan, met dieselfde vriende te gesels, voor te gee dat niks gebeur het nie.

       Al het ek ook hoe hard probeer, daar was iets binne my wat geskreeu het. Ek kon nie langer na die lewe kyk met dieselfde oë nie. Die gesprekke wat my vroeër vermaak het, voel nou so leeg. Die standpunte wat ek vroeër so heftig verdedig het, voel nou so ver verwyderd – asof dit iemand anders se siening was, maar nie myne nie.

       Die ergste van alles was die vrees om dit wat ek ondervind het, vir mense te vertel – dat ek gesterf het; in die hemel was, vir Jesus gesien het en heeltemal veranderd teruggekom het. Hoe moes ek vertel dat Hy aan my waarhede geopenbaar het wat ek my hele lewe lank ontken het? Hoe kon ek sê dat Hy my ʼn keuse gegee het en dat ek gekies het om vir Hom te lewe?

       Vir ʼn tydjie het ek alles in my weggesteek, maar hoe langer ek stilgebly het, hoe meer het dit vir my gevoel asof ek versmoor. Dit was soos om ʼn vuur in my borskas rond te dra. Een aand, terwyl ek probeer het om aan die slaap te raak, het Jesus se woorde weer na my toe teruggekom. “As jy wil vry wees, moet jy vergewe.”

       Op daardie oomblik het ek besef dat my verandering nie sal begin totdat ek gehoorsaam is aan dit wat Jesus my gevra het nie. Ek moes my pa vergewe – en dit het my angsbevange gemaak. Ek het vir jare lank myself oortuig dat hy nie my vergifnis verdien nie. Maar sê nou vergifnis gaan nie oor wat jy verdien nie, maar wel oor vryheid?

       Die volgende dag het ek die foon geneem terwyl my hande gebewe het en my hart woes geklop het. Toe ek my pa se stem gehoor het aan die anderkant, het iets binne in my gebreek. Hy was stil toe ek vir hom sê dat ek Hom vergewe het. Hy het ʼn gedempte snik gegee. “Ek is so jammer, my dogter. Dankie dat jy my vergewe.”

       Op daardie oomblik het ek geweet dat God se liefde nie net vir my vrygemaak het nie, maar ook vir hom.

       Dit was die eerste tree op my nuwe lewenspad. Van daar af was my reis een van leer en oorgee. Ek het die Bybel gretig begin bestudeer en wou graag meer oor Jesus leer wat my ʼn tweede kans gegee het.

       Die waarheid was altyd daar, maar ek wou dit nooit sien nie. Nou kon ek dit nie langer ontken nie. Ek het alles laat gaan wat eens op ʼn tyd my identiteit bepaal het, en ek het geweet dat my ware identiteit nog altyd in Jesus Christus was.

       Vandag weet ek dat God ʼn doel vir elkeen van ons het. Hy het ons geskep met liefde. Hy het vir ons ʼn plan, en Hy het vir elkeen van ons ʼn opdrag gegee, asook ʼn vryheid om te kies. Ek het vir Jesus gekies en ek het gekies om weer Stephanie te wees.

       Die Skrifgedeelte wat my hele verandering beskryf en waaraan ek altyd sal vashou, is Johannes 8:32 waar Jesus vir die Jode wat in Hom geglo het, gesê het: “. . . en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

Mag die Waarheid (Jesus Christus) ook elkeen wat hierdie getuienis lees, waarlik vrymaak. Hy het gesê: “Ek is die weg, en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe, behalwe deur My nie.” (Joh. 14:6)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2842 gaste aanlyn