NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

‘n Volk met ‘n gelowige leier is baie geseënd.   Sy gees is te edel om die volksvyand te bevoordeel en sy liefde vir sy volk te groot om hulle leed aan te doen.   So ‘n leier sterf in werklikheid nooit nie, maar bly vir altyd in die gees van sy volk voortleef.

EK HET GESTERF ! (2)

Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur

Anita Joubert

“ ʼn Homoseksuele miljoenêr het gesterf en toe hy voor Jesus staan, het Hy vir hom gesê: ‘Jou lewensboek is leeg, omdat jou keuses die storie wat Ek oor jou lewe skryf, uitvee.’ ”

My naam is Darren Whitmore, en op die 17 ͤ Augustus 2018 het my lewe op ʼn manier verander wat ek nooit gedink het enigsins moontlik was nie. Ek het in Vancouver, Kanada gewoon, in ʼn luukse wooneenheid wat oor die see uitgekyk het. Ek was ‘n senior vennoot in ʼn baie groot, finansiële firma wat bekend was daarvoor dat ons regtig groot kontrakte aangegaan het. Ek het saam met my lewensmaat Ryan geleef en ons was vir ongeveer tien jaar saam. Ons was, vir die meeste mense, ʼn prentjie van sukses en rykdom, omring deur die vernaamste sosiale kringe en ons was baie trots op wat ons bereik het.

       Ek was beroemd en baie LGBTQ+ - groepe het my genooi om hulle te gaan toespreek oor bemagtiging in besigheid. My kliënte het my bewonder, maar onder die masker van selfvertroue wat ek voorgehou het was daar iets wat ek voortdurend moes onderdruk – iets geestelik wat ek lang gelede agtergelaat het.

       My moeder was ʼn saggeaarde vrou wat nooit opgehou het om vir my te bid nie. Sy het my van tyd tot tyd gebel en haar gesprekke het altyd geëindig met die woorde: “Ek wil net vir jou sê, Darren, dat God jou baie liefhet.”

     Ek het altyd my oë gerol en haar uit ordentlikheid bedank, maar in my hart het ek gedink dat sy aan outydse feeverhale vasklou.

       Een Vrydagmiddag het alles egter ontplof. Ek het deur ons luukse kantore gestap, besig om voor te berei vir ʼn kontrak wat al baie lank sloer. Ek het weke lank nie goed geslaap nie, en die stywe, pynlike gevoel in my borskas, geïgnoreer. Ek het gedink dat dit angstigheid was, of dalk die baie Espresso’s wat ek soos water afgesluk het.

     Ek onthou dat ek in my raadskamer ingestap het, my skootrekenaar oopgemaak het, toe ‘n skerp pyn my visie verdof. Die kamer het begin draai en ek het om hulp geroep. Alles het swart geword. Op daardie oomblik het ek klinies gesterf. Wat ek daarna beleef het, was vir my meer werklik as enigiets anders wat ek ooit in my lewe beleef het.

     Ek het bokant my eie liggaam gesweef terwyl ek die mense rondom my paniekerig hoor skree het. Een van die junior vennote was besig om telefonies ʼn ambulans te ontbied. Ek kon alles sien en alles hoor, maar ek het geen pyn of paniek beleef nie, net kalmte. Ek is meteens uit die kamer opgetrek asof daar geen swaartekrag was nie. Ek was buite tyd van hierdie wêreld en daar was nie ʼn tonnel van lig soos wat mens baie keer hoor nie. Dit was soos lae lewende kleur en emosie waardeur ek beweeg het en skielik het ek nie net my lewe gesien nie, ek het dit beleef. Ek het elke gesprek, elke besluit, elke oomblik van liefde, wreedheid, lag of stilte herleef. Dit was nie net hoe ék dit beleef het nie, maar ook ander mense se emosies met wie ek te doen gehad het. Ek het gevoel hoe eensaam Ryan was elke keer wanneer ek hom geïgnoreer het ter wille van werk. Ek het die steekpyn in my moeder se hart gevoel wanneer ek haar geloof verkleineer het. Ek het die teleurstelling ervaar van diegene wat ek minagtend behandel het. Elke keuse wat ek gemaak het, het weerklink soos wat ek gevorder het.

Die emosies het swaarder geword, meer duidelik. In plaas van vrede en vreugde, het ek ‘n soort afrekening ervaar – nie oordeel soos wanneer iemand sy vinger voor jou neus rondswaai nie. Dit was eerder soos suiwer, ongefilterde waarheid wat ontbloot word. Daar was geen verskonings nie, nie ʼn wegkruipery agter sukses of pyn van die verlede nie. Alles het net oopgelê, op ʼn eerlike, pynlike manier. Ek het só ontbloot gevoel en vir die eerste keer in my lewe besef hoe ver ek van God weggedryf het, en ook hoe ver ek is van die persoon wat ek veronderstel is om te wees.

     Die oomblik wat ek nooit sal vergeet nie, het aangebreek. Ek het Hom eers gevoel voordat ek Hom gesien het. Dit was soos ʼn briesie wat oor jou waai wat aangekondig het dat Hy daar is. Dit was nie nodig dat iemand vir my moes sê wie Hy was nie – ek het dit net geweet. Dit was Jesus, nie soos ons Hom vanaf ou skilderye of loodglasvensters ken nie. Hy was soos lig.

Daar was ʼn soort vuur in sy teenwoordigheid, nie hitte nie, maar iets dieper, ʼn waarheid – só lewendig dat dit gevoel het asof Hy deur elke muur wat ek vir myself gebou het, kan sien. Ek was ontsteld, maar tog het ek nog nooit in my lewe so veilig gevoel nie. Ek wou op my knieë neerval en terselfdertyd probeer wegkruip.

       Hy het gepraat, nie met woorde nie, maar in my gees. Wat Hy vir my gewys het, het my gebreek. Ek het mense wat ek geken het, se gesigte gesien. Sommige was vriende saam met wie ons partytjies gehou het. Ander was aktiviste wat ek bewonder het en ook luidrugtige, verwaande beïnvloeders op sosiale media.

       Jesus het vir my gewys wat van hulle geword het – dit was nie vrede nie; dit was nie hemel nie. Hulle was in diep, pynlike geestelike duisternis. Daar was hartseer, verwyte, isolasie. Hierdie mense was daar omdat hulle die waarheid verwerp het. Hulle het ʼn weergawe van die lewe omhels wat vir hulle goed gevoel het, maar dit was in werklikheid ʼn leuen.

       Die heilige, ware Jesus het na my gekyk en ek kon dit amper nie uithou nie. Daar was geen woede in Hom nie; net hartseer. Dit was ʼn hartseer só diep, dat dit my bors laat pyn het.

       Jesus het my eie lewe vir my gewys deur sy oë – my trots, my keuses, die mense wat ek beïnvloed het, die manier waarop ek geleef het as ʼn simbool van sukses in die LGBTQ+ wêreld en hoe baie mense in my voetstappe gevolg het. Ek het gesien hoedat my lewe, die feit dat ek oor die waarheid daarvan geswyg het, ander mense se lewens beïnvloed het. Ek het dit nie bedoel om ander mense op die verkeerde pad te lei nie, maar ek het. Niks kan dit verander nie.

       Jesus het my nie beskuldig nie, maar ek het in elk geval so ʼn swaar skuldgevoel gehad dat dit my kon verpletter.

     Toe het Jesus my na ʼn plek toe gebring wat ek kan beskryf as ʼn geestelike hofsaal, maar daar was geen mure nie. Daar was geen regters nie, maar net lig – ʼn Lig wat alles openbaar. Ek het in die middel van ʼn oop spasie gestaan en skielik het tonele van my lewe om my begin afspeel. Ek het elke besluit gesien, elke woord, elke verhouding het oop voor my gelê. Tye wat ek al lankal vergeet het, het met deurdringende helderheid voor my afgespeel. Daar was die kere toe ek Ryan se vrese afgemaak het as oorsensitiwiteit; kere wanneer ek my ma se geloof afgelag het as bygeloof; kere wanneer ek ʼn klerk, self ook homoseksueel, aangemoedig het om dit met vrymoedigheid uit te leef, terwyl ek diep binne my goed geweet het dat ek geen vrede daardeur gevind het nie.

       Elke oomblik het voor my afgespeel, nie om my skaam te maak nie, maar om vir my te wys wat ek geword het, en wat ek kon wees. Toe het Jesus vir my ʼn boek gewys wat lewendig geglinster het. Hy het dit oopgemaak en bo aan die bladsy was my naam – Darren Whitmore. Die woorde onder my naam het begin verdwyn voor my oë en ek was paniekerig. Ek het gevra waarom dit gebeur. Jesus se antwoord, net soos my vraag, was nie woorde nie. Dit het my hele wese gevul. “Omdat jou keuses die storie wat Ek oor jou lewe geskryf het, uitvee.”

       Daardie waarheid het my harder as die dood self geslaan. God het oor my lewe geskryf, vir my ʼn roeping en ʼn lewensdoel gehad (Psalm 139:16). Ek het my hele lewe spandeer deur óór daardie woorde in my boek te skryf – nie met boosheid of haat nie nie, maar met trots en verwaandheid, met gemak, met leuens wat ek as die waarheid aanvaar het, omdat die wêreld my daarvoor toegejuig het. Die toejuiging was oorverdowend, maar in die hemel beteken dit absoluut niks.

       Ek het siele sien huil, skreeu, reik na die lig wat hulle eens geken het, maar wat hulle weggestoot het. Een van hulle het ek herken. Sy naam was André. Hy was ʼn spreker tydens een van die LGBTQ+ konferensies wat ek in Toronto bygewoon het. Hy was humoristies, vol sefvertroue, briljant en ons het baie in gemeen gehad omdat ons albei geglo het dat ʼn mens jou waarheid moet leef. In hierdie plek egter, het hy rondgekrúl, sy hande saamgeklem en trane het van sy wange afgestroom. Sy gesig kon nie langer skuil agter toejuiging nie. “Ek het nie geweet nie,” het hy aanhoudend uitgeroep: “Ek het gedink dit is die waarheid.”

       Die klank van sy geroep sal vir ewig by my bly. Jesus het na my toe gedraai en ek kon weer sy hart voel breek. “Hulle word nie veroordeel omdat hulle homoseksueel is nie” het Jesus in my gees gesê. Hulle word veroordeel omdat hulle hul eie wil bo myne gevolg het – omdat hulle ander mense op ʼn pad gelei het wat nooit vir hulle bedoel was nie en omdat hulle nooit wou terugkeer ten spyte daarvan dat Ek hulle geroep het – oor en oor.  

Ek het só gehuil dat ek nie kon ophou nie – vir hulle, maar ook vir myself. Ek het gehuil vir geslagte van mense vir wie vertel is dat liefde en waarheid is net soos wat ons dit wil hê. Dat daar geen gevolge is nie, dat identiteit vloeibaar is, dat ʼn lewensdoel nie saak maak nie.

Ek het nou gesien dat dit alles saak maak – elke tree, elke woord, elke stukkie invloed wat ons op ander mense het. Dit alles eggo in die ewigheid.

       Daarna is ek geneem om te gaan kyk wat kon gewees het; nie net omdat ek verkeerde keuses gemaak het nie, maar as ek die lewe gelei het wat vir my bedoel was. Jesus het vir my twee paaie gewys.

       Die een was die pad wat ek sou loop indien ek sou voortgaan om by Ryan te bly. Ek sou oud word, al hoe ryker, bekender in besigheidsirkels, miskien selfs ʼn boek skryf. Maar in daardie visie was ek geestelik leeg, die lig in my oë het verdof en my glimlag was daar, daar dit was meganies. Ek was omring deur mense, maar geheel en al innerlik alleen. Wanneer ek op daardie pad wat Jesus my gewys het, sou sterf, het ek gesien dat mysiel wegdryf van God af – nie met ʼn geskreeu of vuur nie, maar met ʼn koue, onomkeerbare afstand en ek het op daardie oomblik geweet dat dit die pad is waarop ek was.

       Toe het Hy vir my die ander pad gewys. Hierdie een het begin met ʼn ommeswaai. Ek het vriende verloor en ek het weggestap van alles wat ek opgebou het. Ek het my posisie, my reputasie en selfs my verhouding met Ryan opgegee. Dit het baie seergemaak, maar toe sien ek hoedat mense na my toe kom – mense wat in dieselfde posisie as ek was. Jong mans en vrouens wat na identeteit gesoek het, na waarheid en vrede. Ek het myself gesien waar ek mense toespreek – nie van ʼn verhoog vol trots en verwaandheid nie, maar vanuit ʼn plek van nederigheid. Ek was anders. Ek het vry gelyk. My oë was weer helder en my stem sterk. Ek het uiteindelik die lewe gelei waarvoor ek geskape is – nie sonder pyn nie, maar vol vrede. Jesus het na my gekyk en gesê: “Dit is steeds moontlik, maar die keuse is joune.”

       Ek het my keuse net daar en dan gemaak en ek het vir Jesus gesmeek om my nog ʼn kans te gee deur na die lewe terug te keer sodat ek anders kon leef. Ek het nie omgegee wat ek gaan verloor nie. Ek wou daardie tweede pad loop. Ek wou wees wat Hy my bedoel het om te wees. Ek wou voor die wêreld my storie herskryf. Ek het sy hand oor my hart gevoel en ʼn warmte het deur my gevloei – nie net fisies nie, maar ook geestelik; en toe het alles verdof: die kleure, die visioene, die teenwoordigheid van Jesus. Ek is teruggetrek in my liggaam, terug in die hospitaalkamer en ek het nog een ding gehoor voordat ek my oë oopgemaak het. “Vertel vir hulle alles, alles wat jy gesien het.”

Toe ek wakker geword het, was ek omring deur masjiene, biepende masjiene, die stuk van ʼn binneaarse drup in my arm. My borskas het só gepyn asof dit vergruis was, maar ek het gelewe, werklik gelewe. Ryan was daar, hy het my hand vasgehou met trane in sy oë. Die dokter het gesê dat ek vir 7 minute 51 sekondes lank gesterf het. Hulle het dit ʼn wonderwerk genoem dat ek steeds kon asemhaal en dat ek geen breinskade het nie. Hulle het egter nie die ware storie geken nie. Hulle het nie geweet dat ek so pas teruggekom het van die rand van die ewigheid af nie en alles in my het net geweet dat ek nie kan stilbly nie.

       Die dae wat daarop gevolg het was van die moeilikste tye van my lewe. Ek het in daardie hospitaalbed gelê met ʼn liggaam wat besig was om te herstel, maar ʼn gees wat alreeds aan ʼn naelloop deelgeneem het. Ek kon nie slaap nie, ek kon nie stilsit nie. Alles het anders gevoel – so asof ek in ʼn ander wêreld wakker geword het wat ek nie regtig meer werklik gevoel het nie.

       Ek het aanhoudend die gesigte voor my gesien van die mense in daardie plek van marteling. Ek het hulle uitroepe gehoor. Ek het hulle hooploosheid gevoel en kon nie die gewig van verantwoordelikheid wat Jesus op my gelê het, afskud nie. Jesus het vir my gesê om vir hulle te vertel, en dit is al wat ek steeds oor en oor gehoor het. Toe Ryan my weer besoek het, het ek geweet dat ek eerlik moet wees. Ek het sy hand vasgehou en vir hom alles in die fynste besonderhede vertel – van die oomblik toe ek my liggaam verlaat het tot ek vir Jesus gesien het. Ook wat ek gesien het oor die lewe wat ons gelewe het. Ek het hom vertel dat dit nie net gaan oor sonde of verkeerd doen nie. Dit gaan daaroor dat ons afgesny leef van dié Een wat ons geskep het.

       Hy het na my gestaar asof hy my nie kon herken nie. Vir die eerste keer in 10 jaar was daar stilte tussen ons. Dit was nie gemakl;ik nie. Toe ek klaar gepraat het, het hy stadig opgestaan en gesê: “Darren, miskien het jy net een of ander traumatiese droom gehad waarin jy vir ʼn tyd weggeruk was.”

       Ek het instemmend geknik, nie omdat ek saamgestem het nie, maar omdat ek verstaan het dat ek nie van hom kan verwag om dit te glo nie. Ekself het nie sulke dinge vantevore geglo nie.

     Binne twee weke nadat ek uit die hospitaal ontslaan is, het ek ʼn besluit geneem wat almal rondom my geskok het. Ek het uit my posisie by die firma bedank, weggestap van miljoene in die toekoms. Ek het my sosiale media-profiel uitgevee en uitgetrek uit die wooneenheid wat ek en Ryan gedeel het. Die Nuus- en Perswese het probeer om sin van my optrede te maak. Sommige het gesê dat ek ʼn ineenstorting gehad het. Ander het beweer dat ek deur een of ander bekeringsgroep geteiken is en ʼn aantal hoofopskrifte het my die voormalige LGBTQ+ ikoon genoem wat nou in ʼn godsdienstige ekstremis verander het.

Ek het nie op enige daarvan gereageer nie, ek was nie kwaad nie. Ek het geweet dat hierdie die prys was wat ek vir die waarheid wat Jesus my gewys het, sou betaal. Ek het geweet dat ek nie kon teruggaan nie. Geen salaristjek, geen verhouding, geen toejuiging, of ophemeling was dit werd om die ewigheid te verloor nie.

     Die deel wat my egter werklik gebreek het, was dat, soos wat my ommeswaai bekend geword het, mense na my toe gekom het in die stilligheid. Ek het boodskappe van jong mans gekry wat ek by groot LGBTQ+ geleenthede ontmoet het. Vroue vir wie ek in die besigheidswêreld as raadgewer opgetree het, het my gekontak. Tieners wat na my opgekyk het, het vir my boodskappe gestuur. Hulle was nie kwaad nie, maar nuuskierig en bang. Sommige van hulle het dinge gesê soos: “Ek voel ook so leeg, maar ek het nooit gedink dat iemand soos jy dit sou erken nie.” Ander het weer gesê: “Ek het nog altyd in God geglo, maar ek het nie geweet of Hy my nog sal wil hê nie.”

     Een man van Montreal het gesê: “Ek was op die punt om ʼn einde aan my lewe te maak toe ek jou storie gehoor het. Nou probeer ek ook om kerk toe te gaan.”

     Toe het ek geweet dat Jesus nog steeds deur my werk en dat Hy my nie net teruggestuur het om my te red nie, maar ook om ander mense te red vir die ewige lewe.

       ‘n Paar maande later het ek ʼn klein, weeklikse Bybelstudie begin by ʼn vriend se huis. Daar was geen groot aankondiging nie, geen vaste program nie, net ʼn plek waar mense soos ek mense wat vir so ʼn lang tyd ʼn sekere lewenswyse geleef het, maar diep binne hulle steeds honger was vir iets eg, naamlik die waarheid. Eers was dit net die drie van ons, later was ons ses, later twaalf. Die groep het vinniger gegroei as wat ek my enigsins kon voorstel, en die vreemdste deel daarvan was dat die meeste van hulle nie gekom het ter wille van my nie. Hulle het gekom omdat hulle wou hoor wat ek gesien en beleef het. Hulle het nie agter godsdiens aangekom nie. Hulle was desperaat om te verstaan hoe die ewigheid lyk en wat die waarheid werklik beteken. Dit het die deur vir my oopgemaak om alles wat ek beleef het, oor en oor te deel. Elke keer wanneer ek my storie vertel het, het ek dieselfde bewing in my borskas gevoel. Ek het weer gevoel hoedat Jesus voor my staan.

     Een aand het ʼn jong man, seker so negentien jaar oud na my toe gekom. Nadat ek met hom gepraat het, was sy oë bloedrooi. Met ʼn bewende stem, het hy gesê: “Ek is homoseksueel en ek weet nie wie ek is nie, maar nadat ek gehoor het wat jy gesien het, wil ek ook uitvind wat God oor my sê.”

     Ek het my hande op sy skouers gesit en vir hom gesê: “God is nie skaam oor jou nie. Hy wil hê dat jy die waarheid moet weet, en dit is nie iets wat die wêreld vir jou sal vertel nie.” Daardie aand het hy sy lewe vir Jesus gegee – nie omdat ek vir hom vertel het dat hy moet verander nie, maar omdat hy gesien het dat liefde en waarheid nie afsonderlik kan bestaan nie. Op daardie oomblik het ek besef, al was dit net vir daardie een kind, sou ek weer deur alles wat ek beleef het, gegaan het.

     Dit is nou vyf jaar vandat ek in ʼn stil omgewing kom bly het, nie ver van waar ek grootgeword het nie. Ek het nie meer miljoene in die bank nie, my pakke klere het ek verruil vir denims, maar ek het nog nooit ryker gevoel nie. Ek het my tyd daaraan spandeer om in kerke, skole en soms selfs werksplekke te praat waar mense glad nie in God geglo het nie. Die mees onverwagte persone het na my toe uitgereik. Ek het koffie-afsprake met “drag queens” gehad, etes met sakemanne, gesprekke met mense wat my vroeër gehaat het omdat ek die beweging verlaat het. Ek het egter nooit opgedaag met woede nie, maar met dieselfde hartseer en liefde wat Jesus in sy oë gehad het toe Hy na my gekyk het. Ek het met waarheid by hulle opgedaag, want dit is wat my gered het.

     As ek eerlik moet wees, dan moet ek erken dat daar nog steeds nagte is wanneer ek bewend wakker skrik. Soms hoor ek weer daardie geskree, soms sien ek nog André se gesig en ek onthou die marteling, die stilte wat op hulle geskreeu gevolg het, die gewig daarvan om te weet hulle het nie betyds terug gedraai nie en elke keer voel ek daardie pyn.

Ek gaan staan dan weer elke keer op my knieë en bid, nie slegs vir krag nie, maar vir hulle wat nog steeds leef op die manier waarop ek geleef het, soos wat ek was. Ek bid vir diegene wat die leuen glo, naamlik dat waarheid relatief in die ewigheid is. Met ander woorde dat waarheid altyd gesien moet word in verhouding met omstandighede – elke situasie kan vanuit verskillende perspektiewe beskou word en dan kan jy besluit wat die waarheid is. Daar is egter net een waarheid, en dit is Jesus Christus. (Joh. 14:6)

     As jy een van hierdie mense is, en sover gelees het aan hierdie getuienis, dan is dit heel waarskynlik ook vir jou bedoel. Niks gebeur ooit toevallig nie. Ek glo dat God wil hê dat jy ook hierdie gebeure moet hoor. Dalk bevraagteken jy ook dinge omdat jy daardie leë gevoel in jou ervaar, maar dit nie kon verklaar nie. Jy voel dalk dat jou lewe nie in lyn is met die vrede waarop jy gehoop het nie.

     Ek wil jou nie skaam of bang maak nie, maar ek wil vir jou vertel wat ek gesien het. Ek wil hê dat almal moet weet dat Jesus werklikheid is, die hel is ʼn werklikheid en jou keuses is baie ernstiger en bepalend as wat jy jouself ooit kan voorstel.

      Dit is nie nodig dat jy nou alles verstaan nie. Jy hoef nie perfek te wees om na God toe te kom nie. Hy wil net hê dat jy jou hart na Hom en sy Seun, ons Here Jesus Christus, toe draai. Dit is waar dit alles begin. Toe ek voor Jesus gestaan het, het ek glad nie al die antwoorde gehad nie. Ek het nie eers geweet wat om te sê nie, maar Hy het na my gekyk en my liefgehad, nes ek was. Dit is daardie liefde wat my verander het. Hy het my nie net van die hel gered nie, Hy het my ook van die leuen bevry dat ek my eie god, my eie outoriteit kan wees. Dit is die soort vryheid wat ek graag sou wou hê dat jy ook moet ervaar. Ware vryheid is nie die soort wat die wêreld jou kan bied nie.

     As jy hierdie getuienis lees en deel is van die LGBTQ+ gemeenskap, of jy sukkel met jou identiteit, of jy is seergemaak deur sogenaamde kerkmense wat meer haat as liefde uitstraal, dan kan ek net sê dat ek weet hoe dit voel.

       Die waarheid is egter dat die wêreld se goedkeuring beteken glad nie dat jy in lyn is by God nie. Ek het jare lank mense se goedkeuring, bewondering en aanmoediging ontvang. Ek is ʼn baanbreker genoem, en niks daarvan sou my red nie. Toe Jesus my egter geroep en vir my die waarheid gewys het, het ek geweet dat ek moes kies.

       Jy sal ook moet kies en dit maak nie saak wat die wêreld vir jou sê nie. Jou waarheid verander nie en dit wag vir jou.

       Daarom nooi ek jou – as daar iets in jou hart nou onrustig roer, moet dit nie ignoreer nie. Bid en vra die Here, die almagtige God, om Homself aan jou te openbaar soos wat Hy dit aan my gedoen het.

       As jy nie weet wat om te sê nie, begin net deur te sê: “Jesus, ek weet nie waarheen nou nie, maar ek wil so graag weet wat die waarheid is. Wys dit asseblief vir my.” Dit is genoeg – Hy sal jou daar ontmoet.

     As jy hom egter ken, maar ver van Hom af geleef het, is dit nou die tyd om huis toe te kom. Moenie wag nie. Moenie met jou ewige lewe dobbel nie. Hy het jou té lief om jou te los soos wat jy is en waar jy is. Ek het jou té lief om stil te bly.

       Help my om die waarheid te versprei deur hierdie getuienis ook vir iemand anders te gee.

       Ek is Darren Whitmore, en het gesterf en die ewigheid gesien. Jesus het my teruggestuur om vir julle te vertel dat Hy, Jesus, die enigste Weg, die Waarheid en die Lewe is. Kies hom terwyl jy nog kan.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2818 gaste aanlyn