NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Niemand is nog ooit vereer vir wat hy ontvang het nie, maar vir wat hy vir ander gedoen en gegee het.

PASOP...

... dat jy nie geestelik veragter nie!

Ds A.E. van den Berg

Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie” (Open. 2:4,5).

Openbaring is teen ongeveer 95NC deur Johannes op die eiland Patmos geskryf. Hy was ongeveer 90 jaar oud en 'n banneling. Hy het sewe briewe aan 'n skeepskaptein gegee om Klein-Asië (Turkye) toe te neem, onbewus van die kosbaarheid daarvan. Dit was sewe briewe van Jesus aan die kerk van destyds. Hierdie briewe verskil van alle ander Bybelbriewe wat die naam van die sender duidelik vermeld. Die Sender van hierdie briewe is Jesus Christus en vir die kerk van destyds in die geheel bedoel.

Johannes was vir 'n paar jaar leraar van Efese (Klein-Asië) en toe deur die Romeinse owerheid weens sy verkondiging van Jesus as die Verlosser na Patmos verban waar 'n klein Romeinse leer gestasioneer was. Patmos was as te ware 'n oop eilandtronk met net die see as tralies waarvandaan niemand maklik kon ontsnap nie.

Benewens Johannes het al sy mededissipels 'n martelaarsdood gesterf. Die rede hiervoor was dat Jesus 'n laaste taak vir Hom hom gehad nl. om die laaste boek van die Bybel te skryf. Die lewe op Patmos was bitter eensaam. Johannes het seker maar gedink dat hy hier sou sterf. Hy is egter vier jaar later weer terug Efese toe.

Een Sondag word die oggendstilte van die eiland met die klank van 'n basuin verbreek. Johannes het 'n Esegiël-ondervinding gehad. Ongeveer 700 jaar tevore het duisende swaarmoedige Jode op die walle van die Kebarrivier in Babel gewoon. Hulle was toe alreeds vir 30 jaar krygsgevangenes. Die toekoms het vir hulle donker gelyk. Op 'n dag staan 'n jongman op die rivierwal toe iets wonderliks gebeur. “In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien” (Eseg.1:1).

Bokant hom skeur die hemel as te ware oop en kry hy hemelse gesigte wat net hy kon sien. Wat 'n bemoediging was dit nie! God het toe nie in Jerusalem agtergebly soos wat die meeste bannelinge gedink het nie. Hy was ook daar in die vreemde by hulle!

Op Patmos hoor Johannes die stem van Jesus. Alhoewel hy dit meer as 60 jaar laas gehoor het, het hy dit dadelik herken. Jesus gebruik hom waar hy dit nooit verwag het nie. Op daardie stadium was die lug bokant die Christenkerk vol onweerswolke. Die kerk is vervolg en duisende mense het hul lewe vir Jesus verloor.   Dan gaan die lugruim bokant Johannes oop en met sy dowwe oë sien hy onuitspreeklike dinge en hoor hy Jesus wat hom 'n opdrag gee om te skryf wat hy sien.

Voor die groot openbaring laat Jesus hom sewe briewe aan die sewe gemeentes in Klein-Asië skryf. Hierdie briewe het die kerk van destyds verteenwoordig. Die kerk moes hulle sien soos wat Jesus hul gesien het.

Die eerste brief is aan Efese, Johannes se eertydse gemeente. Jesus sê vir hulle: “Ek ken jou werke...” Hy weet van alles wat in die gemeente aangaan; 'n gemeente wat jare gelede deur Paulus gestig is. Voordat die Evangelie hierdie stad bereik het, was dit 'n kookpot van towery. Toe hulle hul tot Jesus bekeer het, het hulle by geleentheid al die toor-boeke wat hulle gehad het as teken van hul nuutgevonde geloof in Jesus, op die stadsplein in die openbaar verbrand.

Die kerk in Efese was egter soos 'n vuurwerkvertoning – skouspelagtig aan die begin maar van korte duur; beslis nie brandend genoeg om iemand met sy gloed warm te hou nie. Wat in Efese gebeur het, het ook deur die eeue in baie ander gemeentes gebeur. Die aanvanklike geesdrif vir God se saak het plek gemaak vir die koue as van ontnugtering en onverskilligheid. Mense het na die goeie ou dae met sy opregte liefde en aansteeklike gemeentelike geesdrif verlang; maar dit was nie meer daar nie.

Kerklik gesproke het Efese 'n goeie getuigskrif gehad. In vers twee sê Jesus dat hulle slegte mense as lidmate verbied het. Almal is nie voor die voet aanvaar nie. Daarbenewens het hulle ook gewaak oor wie op hul kansel die Evangelie bedien. Daar was mense wat gesê het dat hulle apostels was, maar in werklikheid dwaalgeeste en is tereg verhoed om te preek.

Daarbenewens word die eintlike doel van Jesus se brief duidelik. Hulle het nou wel dwaallering teengestaan en oor die suiwere Bybelleer gewaak, maar die toets van die liefde gedruip. Dit laat 'n mens aan 2 Kon.5 se Naäman, leërowerste van die Arameërs dink. Hy was hooggeplaas, 'n skitterende kryger maar melaats. Onder sy indrukwekkende krygsmondering was daar die reuk van die dood sonder dat iemand dit vermoed het. So ook Efese; baie aan die gang, maar van binne besig om dood te gaan!   Dit het so sleg gegaan dat Christus op die punt was om die gemeente se lig uit te doof:“ ..... bekeer jou .... Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie”. Efese moes 'n geestelike ommekeer maak.

Wat die probleem was, is nie baie duidelik nie. Dit het waarskynlik iets met die verkoeling van hul onderlinge geestelike liefde te doen gehad. “Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het”.

Liefde vir Christus en sy saak is 'n gemeente se grootste bate. Alles wat 'n gemeente doen, moet uit liefde vir God wees.   Sodra hierdie liefde verflou, loop dinge skeef en val mense met mekaar vas, 'n ou probleem in kerke: “Waarvandaan kom oorloë en vegterye onder julle? Kom hulle nie hiervandaan, van julle welluste wat in julle lede stryd voer nie?” (Jak.4:1). Dit gebeur as die liefde vir Jesus verflou!

As 'n gemeente se liefde vir Jesus en sy saak verflou, sak alles in mekaar. Liefde vir Jesus is die sement wat 'n gemeente se steenwerk aan mekaar hou. Geen kerkgebou kan bly staan as die sement tussen die stene verdwyn nie.   Jesus waarsku Efese dat die geestelike sement besig is om uit haar mure te val.   Vandaar die opdrag: Bekeer julle. Druk die sement terug, herstel die skade en moenie wag nie!

Jesus se brief het Efese geskok. Hulle het gedink dat hulle 'n sierlike gebou in God se oë was.   In sy oë was hulle bouvallig omdat opregte onderlinge liefde ontbreek het. Liefde vir Jesus en sy kinders is die barometer van 'n gemeente. Waar dit aanwesig is, verloop sake goed en oorlaai God hul met seëninge. Waar dit egter ontbreek, onttrek God sy guns van hulle en gee dit vir ander om te gebruik. Efese het nie geluister nie. Hulle was soos 'n oester met 'n kosbare pêrel in. Hul liefdeloosheid het hulle die skulp laat behou, maar die pêrel verloor!

Jesus het hul wel tyd vir herstel gegee: “Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke.” Die gemeente moes tot stilstand kom, omdraai en let waarvandaan hulle gekom het. Hulle was eens duisternis (heidendom) totdat die lig van Jesus oor hulle geskyn het. Die opdrag is om na daardie tyd terug te keer en die dinge te doen wat hulle aanvanklik vir die gemeente gedoen het.

Die opdrag van Jesus was om die broederliefde aan die brand te hou; 'n opdrag vir alle gemeentes. Daar is niks wonderliker as gemeentelede wat mekaar opreg liefhet nie. “En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet, terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is” (Hand.2:46.47).

Jesus sê iets baie belangriks: Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het....” Die teenoorgestelde van onthou is vergeet.   Jesus sê onthou. Satan sê vergeet. Vergeet om mekaar lief te hê. Vergeet om na mekaar om te sien. Vergeet om mekaar te verdra. Vergeet om vir Jesus te werk. Leef soos wat jy goed dink.

Het Efese onthou of vergeet?   Hulle het vergeet. Dis vandag 'n ruïne-stad en die ergste van alles, deel van 'n Islamitiese land! Laat ons onthou waarvandaan ons uitgeval het en terugkeer na dit wat Jesus se wil is vir sy kerk. As ons nie gaan luister nie, kan met ons gebeur wat met Efese gebeur het!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2818 gaste aanlyn