NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

God help gelowiges om hul lewenskip reg te stuur sodat dit die storms van die lewe suksesvol kan trotseer.  Daarom skyn God se reënboog van genade altyd helder in hulle lewe.   God gee hulle die genade om ‘n lig aan te skakel eerder as om die donker te verwens.  Daarom oorweldig spanning hulle nie maklik nie.

EK HET GESTERF ! (9)

Hierdie naby-dood ervaring is in Afrikaans vertaal en neergeskryf deur Anita Joubert

Jesus was bedroef en hartseer toe ek voor Hom staan. “My mense verstaan nie dat hulle deur tattoeëermerke hulself verbind aan die koninkryk van die duisternis nie.”

       My naam is Dylan en ek is 32 jaar oud. Op die middag van 8 Augustus 2025, terwyl ek besig was met liggaamsbou-oefeninge, het my lewe radikaal verander. Ek is ʼn motorwerktuigkundige en tot op daardie dag, was my lewe doodgewoon. Ek het nog altyd van die reuk van ghries gehou en die gevoel wanneer ek iets herstel het wat stukkend was, was vir my baie bevredigend.

       My vrou, Lisa, is die wonderlikste mens wat ek ken. Ons het ʼn pragtige dogtertjie met die naam Chloé. Sy het sulke groot, bruin oë wat dwarsdeur ʼn mens kan kyk.

  Ek is ʼn verantwoordelike mens, bekommer my oor die rekeninge wat betaal moet word, of ek ʼn goeie pa is en die vreemde geluid wat die motor maak. Ek het baie vriende, ons speel rolbal op Donderdagaande en ek het in God geglo. Ons het kerk toe gegaan op Kersdae en in die Paastyd en ek het gedink dit is heeltemal genoeg.

       Op my liggaam is daar ʼn klomp tattoeëermerke. Die eerste een is ʼn simbool van een of ander stam. Dit is op my bo-arm spier aangebring en ek het dit laat doen toe ek 18 jaar oud was. Dit was baie dom van my, ek weet.

             Ek het ook die kenteken van my geliefkoosde orkes gehad; ʼn groot arend op my rug wat ek saam met my pa laat doen het voordat hy oorlede is. Dan het ek Chloé se naam, in Lisa se handskrif, regoor my hart laat skryf. Hierdie tattoeëermerke was deel van my lewe en ek het nie twee keer daaroor nagedink nie.

       Op daardie spesifieke dag het Lisa en Chloé gaan kruideniersware koop. Ek was in ons woonkamer besig om op een van die tuisvideo’s wat beskikbaar is, strawwe liggaamsbou-oefeninge te doen, toe dit gebeur het.

       Daar was meteens ʼn warm drukking in my bors wat my asem uitgeruk het. Ek kon nie ʼn geluid uitkry nie. My knieë het geknak en ek het die mat met ʼn slag getref. Ek onthou dat ek daaraan gedink het dat ek my gereedskapkis buite in die reën vergeet het. My dogter se gesiggie het voor my oë geflits – haar laggie van daardie oggend, en toe was daar niks, net alles swart.

       Die klank van die oefeninstrukteur se stem oor die televisie het weggeraak en daar was net ʼn baie diep stilte. Dit was die mees vredevolle stilte wat ek nog ooit ervaar het. Die paniekerigheid was weg, die pyn was weg, en ek het só lig gevoel. Ek het gesweef.

       Ek het my oë oopgemaak – ek weet nie hoe nie, want my liggaam se oë was toe en ek het op myself neergekyk. Dit was só vreemd. Daar het ek op die ligte mat gelê met my gesig na onder. My een arm was onder my lyf ingevou. Die televisie, het steeds geblêr. Dit het my egter nie bang gemaak nie, maar eerder laat voel asof ek na ʼn film kyk.

       Dit het gevoel asof ek stadig opwaarts getrek word en ek het dwarsdeur die plafon gegaan. Ek het die houtbalke gesien, die isoleermateriaal, bokant die plafon, die dakteëls, en skielik was ek bokant my huis. Ek kon die hele buurt sien, die karre wat beweeg, mense wat met hulle honde stap. Dit was alles so normaal, maar ek was nie deel daarvan nie. Ek het nie koud of warm gekry nie – ek was net daar.

       Daar was ʼn sagte dreungeluid. Ek het dit nie met my ore gehoor nie, maar in my siel ervaar. Dit was ʼn klank van volkome vrede. Die wêreld onder my het begin verdwyn soos ʼn foto wat in water weggesak het. Die blou lug het in sagte fluweel verander. Dit was donker, maar in die middel van alles om my, het daar ʼn lig verskyn. Dit het soos ʼn klein, enkele ster begin, gegroei en al hoe groter geword. Dit was nie ʼn verblindende, helder lig nie. Dit was eerder ʼn verwelkomende lig. Dit het so lewendig gevoel. Ek en die lig het na mekaar toe beweeg, en hoe nader ons aan mekaar gekom het, kon ek al hoe meer die liefde daarvan ervaar.

       Dit is die enigste woord waarmee ek dit kan beskryf – liefde, alhoewel dit nie voldoende is nie. Dit was ʼn liefde wat absoluut alles van my geweet het. Elke slegte gedagte wat ek ooit gehad het, elke fout wat ek ooit gemaak het, elke geheim wat ek ooit gehad het.

       Hierdie liefde het my nie net aanvaar nie, maar verwelkom. Dit was ʼn gevoel asof ek tuis gekom het nadat ek vir ʼn duisend jaar lank weg was. Daar was trane in my oë, alhoewel ek geen trane gehad het nie. Ek het verligting ervaar van elke las wat ek ooit gedra het.

       Toe die lig my omring, het dit vorm gekry. Dit was ʼn Man, maar Hy was van lig gemaak. Sy gesig was onbeskryflik volmaak. Dit het gevoel asof ʼn mens na die son kyk en ʼn miljoen vreugdevolle herinneringe almal gelyktydig ervaar.

       Sy oë was nie ʼn kleur wat ʼn mens kan beskryf nie. Dit was gevul met vloeibare vreugde en ʼn baie diep hartseer gelyktydig. Hy het na my gekyk met ʼn liefde wat my asem weggeslaan het.

       Dit was nie vir my nodig om te vra nie – ek het geweet. My hele wese het sy Naam uitgeroep: “Jesus!”

       Sy stem was nie ʼn klank nie. Dit was ʼn gedagte wat in my denke opgekom het, warmer as enige klank. Dit het soos my eie pa se stem, tesame met ʼn duisend ander liefdevolle stemme almal in een, geklink.

       “Welkom, Dylan. Ek het vir jou gewag.” Ek het net gehuil, want ek kon nie praat nie. Ek het nie geweet wat om te sê nie. Ek het so klein, so onwaardig gevoel. Ek het gedink aan al die kere wat ek sy Naam ydellik gebruik het – al die Sondae wat ek uit die kerk gebly het om voetbal te kyk. Die skuld wou my oorweldig, maar Hy het dit weggeneem.

       Vrede het my oorspoel en Hy het vir my beduie om na myself te kyk, en ek het. Ek was ook van ʼn soort lig gemaak, maar nie so helder soos Hy nie.

       Ek het na die tattoeëermerke op my arms en bors gekyk, maar hulle was weg. My geestelike vel was skoon, volmaak. Ek het ʼn volkomenheid ervaar soos wat ek nooit op aarde ervaar het nie. Ek het verward na Hom gekyk, en Hy het geweet wat ek wou vra nog voordat ek dit kon doen.

       “Die stories wat jy op jou aardse liggaam geskryf het, is nie die storie van wie jy werklik is nie.” Hy het vir my gebeurtenisse van die verlede gewys – nie soos op ʼn skerm nie. Dit was eerder asof ek ín elke gebeurtenis teenwoordig was. Hy wou my iets laat verstaan wat sy volgelinge op aarde nie verstaan nie.

       Eers was ek in ʼn tattoeëersalon. Dit het soos al die ander gelyk waar ek al was. Die geluid van die naald, die reuk van ontsmettingsmiddel, was bekend. ʼn Jong man van ongeveer 19 jaar was in die stoel. Die kunstenaar was besig om vir hom ʼn tattoeëermerk van ʼn grommende wolf, vol woede, te maak. Sy hart was vol woede teenoor sy vader. Hy wou vir die wêreld sy pyn wys, maar ook hoe sterk hy is.

       Jesus het vir my gewys wat in die geesteswêreld gebeur. Elke keer wanneer die naald ink in sy vel geplaas het, het ek ʼn klein, rokerige, donker draad uit die beeld sien kom. Dit was dun, soos ʼn spinnekop se web, en dit het met die jongman se gees kontak gemaak. Dit was nie ʼn demoon nie, ook nie ʼn besitreg nie. Dit was ʼn geestelike band. Hy het sy liggaam, wat God se tempel moet wees, met die storie van sy woede gemerk. (1 Kor. 6:19-20) Jesus se stem was vol hartseer.

       “Daardie merk gaan nou vir sy woede ʼn tuiste gee, ʼn plek om te lewe en te groei. Dit is ʼn opening wat hyself oopmaak, waarmee hy die gees van woede – innooi om vir hom te fluister, elke keer wanneer hy swak is. Hy dink dit maak hom sterk, maar dit bind hom aan sy eie pyn.” Ek sien ʼn paar tonele in die jongman se lewe in die toekoms. Ek sien hoedat hy sy humeur verloor in die verkeer. Ek sien hoedat hy in gevegte betrokke is. Ek sien hoedat hy sy verhoudings met mense na aan hom verwoes as gevolg van die woede wat gevoed word en ʼn ereplek op sy vel verkry het. Dit was hartverskeurend.

       Toe het die toneel verander. Ons was êrens anders, in ʼn skoon, helder studio. ʼn Vrou, so in haar veertigs, het ʼn tattoeëermerk op haar pols gekry. Dit was mooi woorde wat sê: ‘Vir altyd in my hart’, met haar ma se datums van geboorte en dood. Haar hart was vol liefde, maar ook diep, diep hartseer.

       “Dit is ʼn merk van liefde”, het Jesus gesê, “maar dit is ʼn liefde wat vasgeketting is aan aardse verlies.” Hy het vir my haar gees gewys. Die tattoeëermerk was soos ʼn klein, geestelike anker wat haar siel aan die begraafplaas vasgebind het. Dit het haar hartseer en pyn vars gehou. Elke keer wanneer sy daarna gekyk het, het sy nie net haar ma se lewe onthou nie, sy het die pyn van haar dood herleef.” Jesus het vir my gewys dat haar moeder in die hemel is, gesond en gelukkig, wagtend op haar dogter. Die dogter se verlies op aarde was egter vasgeketting aan die graf deur ʼn merk van haar eie hartseer. Daardeur maak sy dit moeiliker vir haarself om die lewe te lei wat ek vir haar gegee het. Daardeur hou sy aan om af te kyk na die stof van die aarde, in plaas daarvan om op te kyk na die belofte van hereniging. Haar rouproses word uitgerek en haar genesing stadig, omdat sy haar wond op haar eie liggaam afgeëts het.”

       Ek het verstom daar gestaan en gedink aan die arend wat ek vir my pa laat doen het. Ek het gedink ek eer hom. Ek het nie besef dat dit my vasbind aan die pyn van sy afwesigheid nie.

       Toe het Jesus vir my ʼn prentjie gewys wat my die heel meeste geskok het. ʼn Jong vrou, vol passie in haar geloof, kry ʼn groot, oordrewe versierde kruis op haar rug getattoeëer. Sy was só trots. Sy het vir die kunstenaar vertel hoedat sy graag ʼn lewende getuigskrif vir Jesus wil wees. Ek het gedink: “Hierdie een is seker reg, nie waar nie?”

       Jesus het na my gekyk en sy oë was vol deernis. “My kind, my kind!” Sy gedagte het deur my weerklink. “Dink hulle werklik dat my merk op hulle harte nie voldoende is nie?” Hy het vir my die geestelike werklikheid gewys. Wanneer die kruis op haar vel geteken is, dan word dit die middelpunt van haar trots. Hy het vir my haar toekoms gewys. Sy sou spog met haar kruismerk by kerkbyeenkomste. Sy sou belangrik en verhewe voel bo Christene wat dit nie het nie. Dieselfde simbool wat bedoel is om nederigheid en ʼn baie groot offer te verteenwoordig, word nou ʼn teken van godsdienstige trots.

       “Ek het julle nie gevra om my Naam op julle velle in te sny nie.” Jesus se stem het met ʼn diep waarheid weerklink. “Ek vra dat julle my Naam op julle harte insny. Die vyand kan nie die merk op julle harte sien nie, maar hy sien dit op die vel. Daarom gebruik hy dit. Hy sal vir haar fluister: “Kyk net hoe groot is jou offer en jou toewyding.” Later vertrou sy haar simbool meer as haar Redder. Dit word ʼn godsdienstige afgod – iets wat sy vir haar eie glorie dra, en nie vir myne nie.”

       My hele innerlike het gebewe. Dit het alles soveel sin gemaak.

       Uiteindelik het Jesus my eie lewe vir my gewys. Toe ek 18 jaar oud was, het ek die simbool van die stam gekry. Ek ervaar weer die arrogansie en rebelsheid in my hart wat ek daardie dag ervaar het. Ek wou “cool” lyk. Ek wou my ouers uittart. Jesus het vir my gewys dat ʼn klein weerkaatsing van daardie gees van rebelsheid ʼn plek om te bly, op my arm gekry het vir al hierdie jare.

       Hy het vir my die merk van my geliefkoosde orkes gewys – hoe dit my aan die wêreldse trots verbind het, aan die leë kultuur van die tyd waarin ons leef, naamlik roem en eer en belangrikheid. Dit was nie ʼn vreeslike sonde nie maar dit was ʼn band, ʼn anker wat my vasgebind het aan dinge wat geen ewigheidwaarde het nie.

       Toe het Hy vir my Chloé se naam gewys wat oor my hart geskryf is. “Jy het jou dogter baie lief,” het Hy gesê. Op daardie oomblik was my liefde vir haar oorweldigend. “Dit is goed, maar jou volkome identiteit lê in My. Díé Een wat jou en jou dogter geskep het en vir julle redding verantwoordelik is, moet jou eerste liefde wees. Deur haar naam oor jou hart te skryf, het jy van haar die wag oor jou hart gemaak. Dit is nét Ek wat werklik jou hart kan bewaar.

       Ek het finaal besef dat dit nie oor die ink van die merke gegaan het nie. Dit het ook nie gegaan oor reëls in boeke nie. Dit gaan oor ons gees, oor vryheid. Elke merk wat verkry is in woede, hartseer of misplaasde toewyding, was ʼn klein draadjie wat ons onsterflike gees aan ʼn tydelike gevoel, emosie of identiteit vasbind. God het ons geskep om vry te wees, om ten volle aan Hom te behoort. Ons ketting onsself onwetend aan hierdie wêreld en aan ons pynlike stories, vas.

       “Jou liggaam is ʼn tempel, Dylan, nie omdat dit ʼn heilige gebou is nie, maar omdat dit bedoel is vir my Heilige Gees om in te woon. Hierdie merke is ʼn gekrap teen die mure van my tempel. Dit is menslike stories, nie God se stories nie. My storie is ʼn storie van verlossing. Dit is nie met ink geskryf nie, maar met die bloed wat Ek vir jou gestort het. Dit is die enigste merk wat jy ooit nodig sou hê.”

       Ek het op my knieë in die lig neergeval, maar daar was geen vloer nie. Ek het net in sy teenwoordigheid gekniel. “Ek is só jammer,” het ek gefluister. “Ek het nie geweet nie.”

       “Dit is waarom jy moet teruggaan.” Die woorde het my soos ʼn fisiese hou getref. Moet ek teruggaan na ʼn wêreld van pyn, geraas, rekeninge en gebroke dinge?

      Ek het na sy gesig gekyk en my huis gesien. “Nee, ek smeek U! Moet my asseblief nie laat gaan nie. Ek wil hier by U bly. Asseblief.”

       Ek het weer begin huil. My hart was stukkend. Dit voel so goed hier. Die liefde is so volkome en volmaak. Om terug te gaan, sal voel soos om ʼn tweede keer te sterf. Hy het nader gekom. Die lig wat Hy uitgestraal het, was heerlik warm. Hy het sy hand op my skouers gesit: “Jou werk is nog nie klaar nie. Baie van my kinders is in kettings en hulle weet dit nie eers nie. Hulle dink hulle versier die tempel, terwyl hulle eintlik sy deure van binne-af toesluit. Jy het die waarheid gesien. Jy moet hulle gaan waarsku.”

       Jesus het ʼn rukkie stilgebly sodat die woorde kon insink. Gaan vertel hulle asseblief – nie met oordeel nie, maar met die liefde wat jy hier ervaar het. Sê vir hulle dit gaan nie oor ʼn skande nie, maar oor vryheid. Gaan sê vir hulle hulle moet hul met ink-gemerkte en beskilderde liggame, na My toe bring. Hulle moet hulle stories van woede, hartseer en trots bring en Ek sal ʼn nuwe werk in hulle begin deur ʼn nuwe storie op hulle harte te skryf. Ek sal hulle heelmaak – van binne af buite toe.

       Jesus het vorentoe geleun en iets gesê wat net vir my bedoel was. “Lisa en Chloé het jou nodig, Dylan. Jou storie saam met hulle is nie verby nie. Gaan terug en gee aan hulle die liefde wat Ek hier vir jou gewys het. Gaan wees vir haar ʼn vader wat sy dogter na haar hemelse Vader toe wys.”

     Toe Jesus hulle name noem, het dit soos ʼn skerp, maar baie mooi, erge pyn gevoel. Ek het Chloé se gesiggie gesien, haar groot bruin oë. Ek het Lisa se glimlag gesien. Die liefde wat ek vir hulle gevoel het, het in my borskas geswel. Ek het geweet dat Jesus reg is.

     “Ek wil nie van U af weggaan nie,” het ek gesnik. “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie,” het Hy belowe. Ek sal by jou wees. Gaan nou.”

       Met daardie woorde het ek gevoel soos wanneer ʼn rustige rivier skielik in ʼn bruisende waterval verander, en my wegtrek van die lig af. Ek het myself probeer teësit, maar ek kon nie. Die donkerte het my ingesluk en die vrede is vervang met ʼn gevoel asof ek ontsettend vinnig val. ʼn Weerligstraal het deur elke sel in my liggaam geskiet. Daar was ʼn intense pyn in my kop en ek het ʼn diep asemteug gegee wat in my longe gebrand het. My borskas het gevoel asof ʼn groot trok daarop geparkeer het.

       “Ons het ʼn pols! Ons het hom terug!” My oë het oopgegaan en die plafon was spierwit. Daar was gesigte bokant my. Mense in blou uniforms. ʼn Suurstofmasker was oor my gesig gebind en die klank om my was ʼn mengelmoes van die gebieb van masjiene en ontstelde stemme. “Dylan, kan jy my hoor? Jy het ʼn massiewe hartaanval gehad. Jy was weg vir ʼn rukkie.” Ek het vir Lisa uit die hoek van my oog gesien. Haar gesig was bleek, haar oë vol trane. Sy het haar foon in haar hand gehad – seker nog soos wat sy hulp ontbied het.

       Ons oë het ontmoet. Die verligting het oor haar gesig gespoel en dit was ʼn prentjie wat ek nooit sal vergeet nie. Ek was nog ʼn hele ruk in die hospitaal. Die dokters was oorbluf. Hulle het woorde gebruik soos ‘wonderwerk’, ‘medies onverklaarbaar.’

       Hulle het vir Lisa gesê dat ek dood was vir meer as 7 minute – geen pols, geen asemhaling nie. Hulle het gesê dat ek, volgens hulle berekeninge, ernstige breinskade moes hê. Ek het dit nie net oorleef nie, ek was honderd persent normaal. My hart het skade gehad, maar my verstand was meer helder as ooit vantevore.

       Ek het probeer om vir ʼn dokter te vertel wat gebeur het, maar hy het net beleefd geglimlag en iets neergeskryf op sy knyperbord. Heelwaarskynlik dat ek hallusineer as gevolg van gebrek aan suurstof. Ek het egter geweet dat dit meer eg was as die hospitaalbed waarin ek gelê het.

       Nou is ek hier, en ek weet dit klink soos malligheid, maar ek kan nie stilbly nie. Wat ek gesien het, kan ek nie vir myself hou nie. Ek het nog steeds my tattoeëermerke. Ek kyk elke dag in die spieël daarna, maar hulle lyk nie meer vir my dieselfde as voorheen nie. Dit is nie meer ʼn mooi ontwerp vir my, of ʼn herinnering aan my pa nie. Ek sien net ʼn storie wat nie ooreenstem met dié een wat God vir my wil skryf nie. Ek sê nie vir julle dat julle die tattoeëermerke op julle liggame moet laat verwyder nie. Ek veroordeel niemand nie, want dit is nie wat Jesus gesê het wat ek moet doen nie. Hy het vir my gesê om sy liefde met ander te deel. Hy het gesê dat ek vir julle moet vertel van vryheid. Al wat ek vra is dat julle na die tatoeëermerke op julle liggame sal kyk en julleself eerlik afvra: “Wat is die storie daaragter?”

       Het jy dit laat doen in woede, pyn, trots of ʼn poging om in te pas. Selfs al het jy dit met ʼn goeie bedoeling laat doen, kan dit ʼn deel van jou aan hierdie wêreld en hierdie lewe vasbind. Is dit vir jou ʼn herinnering aan ʼn godsdienstige simbool, of herinner dit jou aan ʼn lewende God wat jou liefhet?

       Bring jou storie na Jesus toe in jou gebede. Vertel vir Hom waarom jy dit laat doen het en gee dit vir Hom. Vra Hom om jou vry te maak, sodat jy nie meer aan daardie storie vashou nie. Vra Jesus om sy storie op jou hart te skryf. Sy storie is een van genade, onsigbaar vir die wêreld, maar dis is ʼn storie wat jou volkome vry maak. Dit is die enigste merk wat saakmaak – die merk van sy liefde en genade vir jou.

       God het sy mense gewaarsku: “Julle mag nie heidense rougebruike navolg deur snye en tattoeëermerke op julle liggame te maak nie.” (Lev. 19:28)

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2819 gaste aanlyn