Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soms wonder ons of God nog ag sal slaan op die Afrikanervolk, of het Hy ons finaal verlaat? Weens die ontrou van die volk Israel het God (Ex 33) geweier om verder saam met sy volk te trek. Tog het Hy Hom weer oor hulle ontferm toe Moses in groot berou namens die volk voor God ingetree het en het God weer (Ex 34) sy verbond met hulle hernu. Daarna was sy Teenwoordigheid in die wolk en die vuur sigbaar waarmee Hy die volk gelei het tydens die hele trek. Natuurlik is daar hoop vir die Afrikanervolk vandag, God wag net vir ons om berou te toon oor ons dwalinge en na Hom terug te keer.
1948: DUITSE OORLOGWESIES KOM IN PRETORIA AAN
KULTUURDAGBOEK 10 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Drie en tagtig na-oorlogse Duitse wesies het op 8 September 1948 in Tafelbaai aangekom en op hierdie dag, in Pretoria. Die gedagte om na 1945 kinders uit Duitsland vir aanneming na Suid-Afrika te bring, het by mev. Nellie Liebenberg ontstaan. Dr. T.E.W. Schumann het die voorstel verder gevoer. Ander betrokkenes deur die jare was die sekretaris. Schalk Botha, dr. Chris Neethling, mnr. J.C. Combrink, dr. J.C. Kriek en dr. Vera Bührmann. In Duitsland was dit Wilhelm Käber. Die bedoeling was om geld in te samel en dan soveel en so gou as moontlik Duitse wesies na Suid-Afrika te bring, ten einde die ellende in Duitsland te verlig en om die Afrikanervolk se getalle te vermeerder.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Soos dit dikwels die geval in die Berg is, het ‘n ligte reën die nag geval en dis opgevolg deur ‘n digte mis. Dit sou van ver af lyk soos ‘n brander sagte wit skuim wat oor die Berg spoel. Daaronder, egter, is sig beperk tot minder as vyftig meter.
George is baie bang. Hoe kon die Man net so wegkom? Sy eerste verdagte is natuurlik Sherry. Sy het hom egter so gevloek, dat hy maar eerder padgegee het en ‘n ander skuldige gaan soek het. Dit het nooit by hom opgekom dat die klein dogtertjie die stoel kon wegskuif en haar pa se bindings knip nie.
Dan moet dit uiteraard een van die manne wees. Dis egter vir hom duidelik dat hy nie meer tussen hulle welkom is nie. Mannetjies het in die middel van die nag verdwyn, en dit kon nie hy wees nie. Hy werk al te lank hier, eers vir sy pa en nou vir hom, wat George is. En natuurlik is daar die kwessie van die twee lyke. Hoe? Waar het die Man ‘n wapen gekry?
1939: HERENIGING: MALAN EN HERTZOG
KULTUURDAGBOEK 9 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
‘n Warm gevoel van uitbundige vreugde en dankbaarheid het die Nasionale Afrikanerdom op hierdie dag uit alle uithoeke van ons land laat optrek na Monumentkoppie, waar ‘n gedenkteken vir die Voortrekkers aan die verrys was.
“Hy het sy offer gebring,” het dr. D.F. Malan verklaar toe genl. Hertzog, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, se mosie dat die Unie van Suid-Afrika neutraal bly in ‘n oorlog “wat nie ons s’n is nie” op Maandag 4 September in die Volksraad verwerp is. Genl. Smuts se teenmosie is aanvaar, en genl. Hertzog het sy bedanking ingedien. En toe volg sy “segetog” per trein na die Noorde. Op elke stasie is hy ingewag deur juigende Afrikaners.
DIE BOEK VAN DIE LEWE
Ds A.E. van den Berg
“En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Open 20:15)
Min dinge is so onaangenaam as 'n nare ervaring, veral as jy dood kon gewees het soos bv. 'n motorongeluk, amperse verdrinking, motor-kaping ens. Wat is egter die naarste wat 'n mens kan oorkom? Om te sterf en jou naam staan nie in die boek van die lewe opgeteken nie. Dis sonder twyfel die heel slegste!
Wie leef, kan van nare lewenservarings herstel, al neem dit ook jare want jy het tyd aan jou kant. Sonder tyd, is daar geen herstel moontlik nie. Dan is herstel vir ewig te laat. Tyd is soos 'n skip wat net eenmaal anker laat sak en moet diegene aan boord die regte ding doen voordat dit in die hawe van die ewigheid vasmeer.
DR VERWOERD AS PERSOON
Johan Dorfling
Dr H F Verwoerd is op 6 September 1966 vermoor. Om oor sy persoonlikheid en ingesteldheid te skryf, is maklik, maar terselfdertyd is dit baie moeilik. Hy was so merkwaardig dat die grense van sy denke die mensdom onbeperk vooruitgeloop het.
Dit is maklik om hom te beskryf omdat hy so 'n eerlike, opregte en openlike persoon was sodat almal geweet het waar hulle met hom staan. Aan die anderkant is dit moeilik omdat daar rakke vol boeke en geskrifte oor hom geskryf is en steeds geskryf word, ver meer as oor enige ander Suid-Afrikaanse staatsman, of menige ander groot moondhede se staatsmanne of manne wat foutiewelik as staatsmanne voorgehou is. Teenswoordig verkoop selfs tweedehandse boeke oor hom teen die duurste pryse. Uit al hierdie beskikbare inligting, asook uit die talle uitstekende toesprake wat hy self gemaak het, het sy persoonlikheid sterk op die voorgrond getree. Wat kan nog oor hom geskryf word wat nie reeds gedoen is nie? Steeds regeer hy Suid-Afrika selfs uit die graf uit.
DR VERWOERD
Die Verwoerd-figuur alleen was goed genoeg
om met alle mense se ryke wandenke te ploeg.
Op die kruin van sy betekenisvolle lewenspad
het hy geheers soos geen ander volksleier had.
'n Generaal wat sy leër deur 'n nou bergpas lei,
sonder weerga en uitermate wellewend was hy.
As volksleier het hy treffende strategie bepaal,
en die beste uit 'n kleinste besonderheid gehaal.
Sy besonderse groot intellek en oorredingskrag
het menige verras wat betref wysheid en gesag.
Altyd dieselfde, altyd gemoedelik, altyd briljant,
instrumentale ewewig tussen volke en verstand.
SA INEENSTORTING OP ONS DRUMPEL
1. Geen ontwikkelende land nie
Regeringslui reken dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is. Daar is ongelukkig geen noemenswaardige ontwikkeling te bespeur nie. Al wat duidelik waarneembaar is, is 'n ontstellende agteruitgang op elke lewensgebied. Die vernietiging van ons paaie, skole, ekonomie, lewenstandaarde, sedes, wet en orde is elke dag in die nuus.
Dit was nie nodig dat Suid-Afrika in die dryfsand van onbevoegdheid en wanadministrasie moes versink nie. Die ANC-regering het genoeg bevoegdes geêrf om die land doeltreffend te kon administreer as hulle wou. Rassehaat en onbeskaamde diskriminasie het dit egter gekelder. Toe die Bybelse meriete-benadering vir 'n skaamtelose velkleur-benadering moes plek maak, was die spreekwoordelike hond in die pot.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die storm is verby. Die kamp is in rep en roer soos tente herstel en weer opgeslaan word. Modder word verwyder. Oral is manne, vroue en kinders besig met besems en moppe. Alles moet weer georden en gerangskik word. Vir dertien dae het hulle gewag vir die wind en toe die reën om te bedaar. Maar dit was ook amper twee weke van rus. Die wagte kon hulle poste verlaat, want niemand sou dit buite waag nie. Slange en ander ongediertes wat voor die reën gevlug het, is deur Koos Slangevanger verwyder en weer in veld losgelaat.
By die kostent is die tannies besig met ontbyt. Dis ‘n uitdaging om met die deurweekte hout die vuur aan die gang te kry, maar mettertyd styg die rook en watertand geure vul die tent en die omgewing. Ben en die ander manne wag vir die swerwerswagte en die voetpatrollies, wat reeds voor ligdag uit is, om te kom rapporteer. Na order-groep is almal besig met hulle onderskeie take.
WIE DAN WEET OM GOED TE DOEN
Hannes Ollewagen
Jak. 4:13-17
“Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.” (:17).
Hierdie woorde uit Jakobus 4 gee vir enige gelowige ernstige stof tot nadenke. Hierdie woorde lê op ons ’n groter verantwoordelikheid as net die onderhouding van ’n paar gebooie om ons gewete mee te sus. Dit herinner ons daaraan dat ’n opregte geloof ’n lewe van aktiewe handeling is waarin God se welbehae nagestreef word eerder as ’n passiewe lewe van valse gerustheid dat ek nie te veel oortree t.o.v. die gebooie van God nie. Christus het Hom sterk teen so ’n sogenaamde godsdienstige lewe waar ’n mens in sy hart dood is vir God, uitgespreek. “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.” (Matt. 23:27).
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (7)
George het vir Tros Truter oorgenooi om saam met die gesin aandete te nuttig. Sherry en die kinders is onrustig en wil net klaarkry sodat hulle kamer toe kan gaan, weg van George af, en natuurlik vanaand ook met ‘n toe deur tussen hulle en Tros. Hy het ‘n spesiale maaltyd voorgeskryf, wat Sherry moes voorberei. Dit bestaan uit gekookte groenmielies, rys, biefstuk en spinasie. Nadat sy haar kos so vinnig moontlik afgesluk het, verskoon Sherry hulleself, maar George wil niks daarvan weet nie. Hy kyk die kinders so kwaai aan, dat die kleintjie begin huil.
“Sherry, kry jou kinders onder beheer!”
Die oudste kindjie kyk af na haar kos. Daar is trane in haar oë, maar sy huil nie hardop nie. Haar armpies hang langs haar sye en af en toe kyk sy op na George. Daar is walging en veragting in haar klein ogies.
DIE HORMOON WAT JOU VAN BINNE NA BUITE VEROUDER
Amerikaanse navorsing word deesdae hoog aangeslaan aangesien daar baie moeite gedoen word om betroubare inligting te bekom. Natuurlik is daar ook talle sogenaamde navorsing wat totaal onbetroubare “feite” na vore bring – gewoonlik om sekere instansies te verryk. Maar daar het die afgelope tyd ook nuwe navorsingsinstitute op die been gekom wat dit hulle misie maak om eerbaar te werk te gaan sodat die mensdom se gesondheid daarby kan baat. Hierdie artikel is nagegaan en die feite korrek bevind. Indien u meer oor die werking van die hormoon kortisol wil weet, is dit noodsaaklik om hier te lees.
Kortisol is gebou vir noodgevalle, maar die moderne lewe hou dit 24/7 aangeskakel. Ontwerp om jou te help om vinnig te reageer in oomblikke van gevaar, oorstroom hierdie hormoon jou stelsel met energie wanneer jy moet veg of vlug. Maar wanneer die stres stop, stop jou kortisolafskeiding nie noodwendig nie. Dit is wanneer die einste stelsel wat bedoel is om jou te beskerm, skade begin aanrig.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Hy het die punt van die dak se nok net effens gesien blink toe die son begin sak in die Weste. So effens laer af, en so ietwat in die rigting wat hy loop. Kan dit die plek wees? Dis nie onwaarskynlik nie, hy weet dit moet hier êrens wees, tussen Kranspoort en Buysdorp.
Onmiddellik begin hy stadiger en meer behoedsaam loop. Hy bly so lank moontlik tussen die bome en waar ‘n oopte opdoen, sluip hy gebukkend deur die gras. Elke tien minute of so, sak hy op sy hurke en luister aandagtig na enige beweging of stemme wat dalk op die windjie gedra word.
DIE WEDERKOMS (3)
Ds A.E. van den Berg
” Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag” (2 Pet.3:8)
Niemand weet op watter dag en datum Jesus weer aarde toe kom nie. Jesus sê in sy profetiese Rede dat selfs die engele in die hemel nie eens weet wanneer Hy weer kom nie. Al wat gelowiges moet doen, is om Jesus se belofte vas te hou en nooit te twyfel dat Hy vir seker weer sal kom nie.
Kort voor sy kruisiging sê Hy vir sy dissipels: “ Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh14:1-3).
NG KERK VERWELKOM LGBTQ (lesbians, gays, bisexuals, transgenders and queers)
NA WIE SE STEM LUISTER DIE NG KERK?
Ds. A.E van den Berg
In die tyd van Jesaja het Juda geestelik verval en ten spyte van die profeet se oproepe tot bekering geen ommekeer gemaak nie en God se straf op hulself gehaal. Vandaar Jesaja se vraag: ” Waar wil julle nog geslaan word, dat julle voortgaan met af te wyk? Die hele hoof is siek, en die hele hart is krank” (Jes.1:5).
Juda se geestelike verval het by 'n kwynende sonde-besef begin wat mense blind vir sondes en doof vir die waarheid maak. Die NG Kerk is 'n sprekende voorbeeld hiervan. Dit was baie lank 'n behoudende geestelike bastion vir die Boerevolk, maar vandag nie meer nie. Toe liberale teologiese sienings oor seksualiteit en gevolglike ongehoorsaamheid aan die Woord van God 'n vastrapplek daarin verkry het, was die dood in die pot en verdeeldheid onafwendbaar. Daarna het talle leraars en duisende lidmate die kerk sonder gewetenswroeging verlaat.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (5)
“Daar is so baie van hulle. Hoe kan ons ooit hierdie stryd wen? Ek kan nie eens dink hoeveel kere ons in ‘n geveg was nie; hoeveel dooies en gewondes, hoeveel bloed…wanneer gaan dit ophou?”
“Tamar, daar is meer aan ‘n oorwinning as getalle. Hetsy die aantal van die vyand, of die dooies of gewondes. Daar is soveel aspekte en fasette daaraan, dat dit moeilik is om dit in een gesprek te noem.”
“So, jy wil nie daaroor praat nie, want ons staan nie ‘n kans nie?”
“Dis glad nie wat ek gesê of bedoel het nie. Inteendeel. Mense staar hulle bloot in getalle vas en neem nie die ander aspekte in ag nie. Soos die gehalte van die soldate, die dissipline, innovering, beweeglikheid, ervaring, op die voete dink, ‘n nuwe plan maak as die oue nie werk nie, toerusting, uitrusting, wapentuig, ensovoorts.”
DIE WAT PLANNE VIR HOM VERBERG
Hannes Ollewagen
Jes. 29:1-24
“Wee hulle wat planne diep verberg vir die Here, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?”(:15).
Hierdie dwaasheid waarvan ons in Jesaja 29:15 lees, is so oud as die mensheid self. Onthou maar hoedat die eerste mense, Adam en Eva, ook probeer het om hul oortreding en ongehoorsaamheid teenoor God te verberg deur vir Hom te probeer wegkruip. En nadat God hulle opgesoek en hulle besef het dat dit onmoontlik is om vir Hom weg te kruip, het hulle hul sonde agter hul verskonings en die verskuiwing van aanspreeklikheid probeer wegsteek. Maar einde laaste het Adam en Eva ontdek dat daar niks is wat voor God se oë verborge is nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (4)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
“Dokter Victor, jy moet kom!”
Victor was besig om ‘n snyplek aan een van die kinders versigtig toe te werk, toe Mossie by die kliniek ingebars kom.
“Wat is dit?”
“Hier, by die hek lê iemand. Ons weet nie of hy dood is nie”.
Die Man het vroegoggend die kookvure van die Kamp gesien, daarheen beweeg met die laaste van sy kragte en uiteindelik veertig meter van die hek af gaan lê. Hy kan nie onthou dat hy gaan sit of lê het nie. Hy het beweeg, die kamphek gesien, en die volgende oomblik lê hy in ‘n bed, tussen lakens, met bekommerde gesigte rondom hom.
“Waar is Joe?”
SEPTEMBER IS VERWOERDMAAND
ARTIKELS OOR DR HF VERWOERD
Septembermaand kom weer nader, die maand wat ons tereg Verwoerdmaand noem en sal Gelofteland dan weer soos in die verlede hulde aan hierdie leier bring. Intussen kan lesers hulself op hoogte bring van alles en nog wat in verband met dr Verwoerd en sodoende die leuens wat oor hom versprei word in die kiem smoor.
Hier volg ‘n lys van artikels op Gelofteland, nagenoeg 60, wat handel oor dr HF Verwoerd.
(Kategorie)
Geskep op 30 November -0001
3. SLUIPMOORD OP DR VERWOERD ...
(Kategorie)
Geskep op 10 September 2017
4. Herinneringe aan dr HF Verwoerd ...
(Kategorie)
Geskep op 30 November -0001
GEBEURE OP DIE PLAAS SWARTMODDER
UITTREKSEL uit die boek “IN DOODSGEVAAR”
Geskryf deur EJG Norval. U kan die boek bekom deur hom te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hendrik Smit, sy vrou Hannie en vier kinders het op hul plaas Swartmodder, (oos van Mariental in die Hofmeyrdistrik) geboer en hier het ‘n klompie gesinne op 10 Oktober 1904 bymekaar gekom om na ‘n veilige oord te verhuis. Smit was bevriend met Hendrik Witbooi en het ook sy plaas by Witbooi gekoop. Een van die gesinne op die plaas, was Johannes Potgieter (‘n voormalige lid van die Transvaal Staatsartillerie) met sy vrou Annie en twee babas van drie weke en 18 maande onderskeidelik. Dan was daar ook Hendrik van der Westhuizen met sy vrou, vier dogters en twee jong seuns, Cornelis Bothma met sy vrou en twee jong dogters, die bejaarde bedleênde Hendrik van der Westhuizen (Hannie Smit se vader) en Gys van der Westhuizen. Almal was daar met hul vee byeen om na Lidfontein, die plaas van ene Louw en Hartfort te trek. Die trek het bestaan uit ses waens en altesame 11 volwassenes, vier vroue en 14 kinders. Die gesinne het voor die trek in aanvang geneem het, voor Smit se huis saamgetrek om godsdiensoefening te hou.
DIE WEDERKOMS (2)
Ds A.E. van den Berg
“En kyk, Ek kom gou….” (Open.22:12).
Omdat Openbaring grootliks oor dinge van die eindtyd handel, is dit nie maklik verstaanbaar nie, maar nogtans een van die opwindendste boeke van die Bybel. Ons moet egter versigtig met die uitleg daarvan wees. Omdat dit in simboliese taal geskryf is, moet dit nooit letterlik verklaar word nie.
Vir wie Openbaring letterlik opneem, sal dit nooit 'n openbaring wees nie, maar geslote bly. Die beelde en getalle wat daarin voorkom, is nie letterlik te verklaar soos wat die Jehova Getuies bv. met die getal 144,000 van Open.7 doen nie. Hulle beskou dit as 'n letterlike getal - die aantal mense wat die ewige heerlikheid gaan beërwe. Dis 'n misgissing. Die 144,000 is 'n simboliese getal om 'n ontelbare skare aan te dui. Johannes werk met die getal 12 - 12 X12 X1000 - die 12 stamme van Israel, die 12 dissipels en 1000, 'n getal wat volheid aandui. Hierdie 144,000 is die simboliese getal van geredde siele. Daar gaan miljoene in die ewige heerlikheid wees.