Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
AFRIKA KAN SA ‘N LES LEER!
Ds A.E van den Berg
Die beoefening van homoseksualisme is in 32 van Afrika se 54 lande onwettig en met tronk- en selfs die dood strafbaar. Al word homoseksuele gedrag in sommige van die oorblywende 22 lande nie vervolg nie, word daarteen wel gediskrimineer. Talle werkgewers neem bv. nie homoseksuele mense in diens nie.
Sommige van die Afrika-lande wat homoseksualisme tot onlangs strafregtelik vervolg het, het intussen 'n ommeswaai gemaak en dit wetlik goedgekeur. Namibië het in April 2025 die jongste van hierdie omswaaiers geword.
MW PRETORIUS, STAATS- PRESIDENT ZAR 1860
Lees volledig by Kultuurdagboek
Marthinus Wessel Pretorius is op Pretorius kloof, distrik Graaf-Reinet, as die oudste seun van A.W.J. (Andries) Pretorius op hierdie dag in 1819 gebore. As Voortrekker vergesel hy sy vader na Natal en neem hy ook aan die Slag by Bloedrivier deel. In 1848 vestig hy hom in die Magaliesberg, en in 1853 volg hy sy vader op as kommandant-generaal vir Potchefstroom en Rustenburg. Hoewel hy nie oor die leierseienskappe van sy vader beskik nie, speel hy ‘n belangrike rol in die vroeë geskiedenis van Transvaal.
Deur sy toedoen is ‘n grondwet in 1856 opgestel, maar na vele onenigheid is hy eers in 1860 as Staatspresident van die ZAR beëdig
STRYD TEEN SONDE
Hannes Ollewagen
Ps. 38:1-23
“Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.” (:19).
Daar is deesdae soveel dinge waaroor die mens hom bekommer – ekonomiese probleme, politieke probleme, misdaad, grondgrype, absurde wetgewing van regererings en so kan ons die lys aanhou uitbrei. Een van die belangrikste sake waaroor die mens homself behoort te kwel, sal egter op hierdie lys ontbreek. Hierdie bekommernis wat swaar op die hart van koning Dawid gedruk het en ook swaar op die hart van elke mens behoort te druk, naamlik die kommer oor ons sonde. “Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.” (Klaag. 3:39).
1839: VLUG VAN MPANDE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Mpande, halfbroer van Dingaan, het ‘n beslissende rol ter onderwerping van die Zoeloemag in 1840 gespeel. Dit was weens vrees vir Dingaan dat hy ongeveer hierdie datum met 17 000 man en 25 stuks vee suidwaarts uit Zoeloeland oor die Tugela gevlug het.
In onderhandelinge met die Volksraad in Pietermaritzburg hierna, oortuig hy die Raad op 15 Oktober 1839 van sy begeerte om in ‘n gesamentlike aanslag, Dingaan te probeer verslaan.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DROOMLAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Nala het ‘n ou weermag-tipe rugsak in haar pa se kas gekry, dit vinnig gepak met wat sy vermoed sy nodig gaan kry; onderklere, kouse ‘n ekstra langbroek en twee effe-kleurige T-hemde, ‘n bietjie medisyne en pleisters en dan kos en drinkgoed. Dis ‘n dikgestopte sak en sy besef dis te swaar vir haar. Sy haal die spaar skoene uit, die water – sy vat net twee halfliter bottels – en van die blikkieskos. Sy vervang dit met al die koekies in die kombuis, beskuit, biltong en droë wors.
Die groot kluis is oopgesluit (sy aanvaar haar pa het die sleutel vir die rowers gegee op voorwaarde hulle los hulle uit, voordat hulle hom vermoor het) en al die vuurwapens, geld en juwele is gevat.
1914: GENL DE LA REY BETAAL MET SY LEWE
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Dapper Boereheld wat moes sterf omdat sy suiwer ideale nie met sy verraderlike regering s'n ooreengekom het nie. Tog interessant dat genl De la Rey se dood deur die jare afgemaak is as 'n ongeluk. Sy grootste vegprestasie is dat hy die hele oorlog onoorwonne deurgeveg het as ruitergeneraal wat in die besonder welslae behaal het met sy beroemde stormjaagtaktiek, met die skande dat hy elf jaar later deur sy eie lafhartige mense van agter doodgeskiet word - swakkelinge wat die moord dan nog ook afgemaak het as 'n "ongeluk".
Genl. De la Rey het republikein gebly, en dit het hom in stryd met die regering gebring toe dié besluit het om aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem – 'n feit wat eindelik sy lewe gekos het - lees die volledige gebeure by Wie is die skuldiges
Op 15 September reis genl. Jacobus Hercules (Koos) de la Rey en genl. C.F. Beyers per motor na Potchefstroom. Hulle was oppad na Kemp, bevelvoerder van die militêre kamp daar, wat gereed was om teen die Regering op te tree uit weerstand teen die skandelike Botha-regering se deelname aan die Eerste Wêreldoorlog.
1910: EERSTE SA VOLKSRAAD- VERKIESING
KULTUURDAGBOEK 15 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Unie van Suid-Afrika het drie en 'n halwe maand bestaan voordat die eerste Volksraadverkiesing op 15 Septmber 1910 gehou is. Ondanks die Premier, genl Louis Botha, se beleid van konsolidasie, het Engelsman en Afrikaner die verkiesing met wedersydse wantroue tegemoetgegaan.
Terwyl die ultra-Engelse hulle binne die Unionisteparty kon uitleef en die breër lae van albei taalgroepe 'n tuiste in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty kon vind, was daar nog geen sentrale party vir die Afrikaners nie. Die Afrikanerpartye van die verskillende provinsies het egter saamgewerk.
DIE GRUWEL VAN GESLAGSOMMEKEER
Ds A.E. van den Berg
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh 14:15).
Die Bybel is die gesaghebbende bron van waarheid en God se aanwysings hoe om Hom lief te hê en tot sy verheerliking te leef: Paulus skryf: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus” (2 Tim.3:16).
Daar is vir 'n mens niks belangriker as om tot God se eer te leef nie: “Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!” (Ps.150:6). Om tot sy eer te leef, moet ons sy wil ken en sy opdragte gehoorsaam. “As julle My liefhet, bewaar my gebooie” (Joh.14:15). Ongehoorsaamheid verbreek die geestelike liefdesverhouding.
1862: BLOEDSTRAAT, PRETORIA, KRY SY NAAM
KULTUURDAGBOEK 14 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag, 'n Sondagoggend, is Jacobus du Toit, seun van die bekende landdros Af du Toit van Pretoria en die kêrel van Stephina Maria Aletta Schoeman, dogter van kmdt-genl SJ Schoeman, gewond. Die voorval het aan Bloedstraat in Pretoria sy naam besorg waar dit plaasgevind het.
Die jong Du Toit is deur sy moeder met 'n boodskap na mev Stephanus Schoeman gestuur maar oppad daarheen is hy deur burgers onder Jacob Malan voorgekeer. Dit was in die dae van ernstige broedertwis in Transvaal en daar is menigmaal sonder oorleg opgetree.
1795: KAAP DEUR ENGELAND INGENEEM
KULTUURDAGBOEK 14 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Na hulle maklike oorwinning by Muizenberg op 7 Augustus 1795, hoofsaaklik vanweë die lafhartige optrede van lt.-kol C.M.W. de Lille en ‘n aantal van sy gereelde soldate, het genl. J.H. Craig op 14 September 1795 die Kaap weer aangeval en dit sonder slag of stoot verower. Op 15 September is ‘n wapenstilstand met die oog op onderhandelings toegestaan, en op 16 September 1795 is ‘n ooreenkoms gesluit, wat onder meer die terugsending van die Nederlandse soldate, die behoud van die Vryburgers se regte, ensovoorts, bepaal het. Roemloos was die wyse waarop die Kaapse volksplanting in die hande van Brittanje oorgegaan het.
1932: UNIVERSITEIT PRETORIA WORD AFRIKAANS
KULTUURDAGBOEK 13 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Omdat die Afrikaner die vyand van die geldmag, die liberalisme en die kommunisme is moet ook sy taal veral by opgroeiende jongmense in die modder vertrap word en duur dit nie lank voordat die vyand so 'n volk en sy land volkome in sy mag het nie – soos dit in Suid-Afrika gebeur het."
Met die ontstaan van die Transvaalse Unviersiteitskollege, waaruit die Universiteit van Pretoria in 1930 sou groei, was taal-en mediumkwessies nie ter sprake nie en vir alle praktiese doeleindes was die inrigting eentalig Engels. Dat hierdie inrigting, gesetel in 'n oorwegend Afrikaanse stad veral nadat die Universiteit van die Witwatersrand vanaf 1921 'n suiwer Engelse koers ingeslaan het die belange van die Afrikaner sou dien was haas vanselfsprekend, maar is nie geredelik so aanvaar nie.
Afrikanerambisies waarvan die eerste tekens reeds in die vroeë twintigerjare waarneembaar was, is deur jingo-elemente in en om Pretoria met venyn teengestaan, maar het tog tot die sogenaamde vyftig-vyftig-beleid gelei.
HY ALLEEN IS WAARDIG
Hannes Ollewagen
Open. 4:1-11
“U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.” (:11)
Die herinnering aan hierdie waarheid onderstreep weer vir ons die veragtelikheid van hoogmoed, eiesinnigheid en trots. Laasgenoemde natuurlik alles dinge waarna die mens in sy vleeslike gesindheid aangetrokke is, maar ook alles dinge wat ons deur die werking van die Heilige Gees in ons lewens moet oorwin. Dit is ongelukkig ’n hartseer werklikheid dat die mens van ons tyd heeltemal te dikwels hoor hoe oulik en belangrik hy is en heeltemal te min aan God se grootheid en heerlikheid herinner word. En dan sukkel ons om te verstaan waarom dit lyk asof die Satan self aan stuur van sake hier op aarde is. Is ons werklik verbaas dat hierdie gees van opstandigheid, trots en eiewaan oor die mens begin seëvier in ’n samelewing waarin daar oor God se grootheid en heerlikheid geswyg word en daar nie genoeg ophef van die mens se “regte” en belangrikheid gemaak kan word nie?
1900: PRESIDENT KRUGER EN KONINGIN WILHELMINA
Lees volledig by Kultuurdagboek
Koningin Wilhelmina van die Nederlande het die goedgesindheid van haar land teenoor die Boererepublieke gedemonstreer toe sy op 13 September 1900 gemagtig het dat die pantserskip Gelderland ter beskikking van Pres. Kruger en sy geselskap vir hul reis na Europa gestel word.
Op 20 Oktober het die Staatspresident in Delagoabaai aan boord van die Gelderland na Marseille vertrek. By sy aankoms in Den Haag het die voorsitters van albei Kamers van die Staten-Generaal op 7 Desember hom ‘n verwelkomingsadres aangebied, en die volgende dag het die Koningin die President ontvang. In haar briefwisseling met koningin Victoria het Wilhelmina haar beywer vir die beëindiging van die militêre optrede van Brittanje teen die Boererepublieke.
1963: EERSTE UITGAWE VAN 'HANDHAAF' VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 12 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Wanneer ons hier die geskiedenis van die tydskrif Handhaaf uitlig, is dit nie om die beuel van die FAK te blaas nie maar om te toon hoeveel pogings destyds aan die dag gelê is om Afrikanereenheid met gevolglike volksnasionalisme te bewerkstellig, pogings wat vandag meer nodig as ooit geword het indien ons weer volkseenheid wil sien, en pogings waarby ons gerus kan kersopsteek.
Die eerste amptelike tydskrif van die FAK is genoem Handhaaf, en dit kon ongetwyfeld as 'n uitstekende kultuurblad beskou word, enig in sy soort in daardie stadium. Handhaaf het vir hom 'n onmiskenbare plek in die Afrikaanse volkslewe verower.
OORLOG EN VREDE
Ds. A.E van den Berg
Die Russiese skrywer Tolstoy se War and Peace (1869) is een van die bekendste romans van alle tye. Die verhaal speel teen die agtergrond van 'n Russiese volksgemeenskap af wie se samelewingsomstandighede na die inval van Napoleon se magte in 1812 ontwrig is. Hul geesteskrag, liefde vir hul volk en volharding het hulle mettertyd vrede laat vind.
Is oorlogvoering geregverdig of sonde? Nee, dis as sulks nie sonde nie. Die Bybel regverdig oorlogvoering indien dit defensief en nie offensief is nie. Met defensiewe oorlogvoering verdedig 'n volk die dinge wat vir hul kosbaar is. Daarenteen is offensiewe oorlogvoering gekunstelde roof wat verskeie vorms soos bv. ongeoorloofde gebiedsuitbreiding en selfverryking aanneem. Die ou Britse ryk is 'n verfoeilike voorbeeld hiervan. Emily Hobhouse het gesê dat daar nie oorlogsugtige mense is nie, maar eerder oorlogsugtige leiers.
SLUIPMOORD OP CHARLIE KIRK
Charlie Kirk, 31, 'n noue bondgenoot van president Trump wat hom gehelp het om beduidende steun onder jong Amerikaners in verlede jaar se presidensiële verkiesing te kry, is gister in Orem, Utah, doodgeskiet terwyl hy 'n groot skare studente en toeskouers by die Utah Valley Universiteit toegespreek het. Kirk was mede-stigter van die konserwatiewe organisasie Turning Point USA in 2012.
Terselfdertyd is dit nodig om daarop te let dat heelwat meer as honderd joernaliste in Gaza vermoor is sedert die Israeliese inval begin het. Hierdie moorde is uitgevoer met finansiering van Amerikaanse belastingbetalers en met die stilswyende goedkeuring van die regse media in Amerika wat nou hulle woede uitspreek oor Kirk se sluipmoord.
1964: STIGTING VAN JUNIOR RAPPORTRYERS
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1959 is in Pretoria die eerste Junior Rapportryerskorps gestig. Dit is egter eers op 11 September 1964 dat die Federasie van Junior Rapportryerskorpse tot stand gekom het. Deur die jare is stelselmatig wegbeweeg van die outonomie van korpse, en in 1978 het die federale karakter plek gemaak vir ‘n lede organisasie.
Die ontstaan van die Beweging is te danke aan wyle Hennie Roux, wat die rapportryer gedagte na die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 wou laat voortleef in sosiale klubs of korpse. Die doelstellings van die Junior Rapportryersbeweging kan as volg saamgevat word:
1900: PAUL KRUGER LANDUIT DEUR LOURENCO MARQUES
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 29 Mei 1900 het Paul Kruger in die ampswoning sy vrou, Gezina, vir die laaste keer gegroet. Dieselfde aand is hy per perdewa na Eerste Fabrieke, waar die trein na Oos-Transvaal gehaal is. Die geselskap wou moontlike onsmaaklikhede op die Pretoriase stasie vermy – daarom die reëling.
Na ‘n kort verblyf op Machadodorp is Kruger na Waterval-Onder, want die koue klimaat het sy neerslagtigheid, verswakte oë en gesondheid verder aangetas. Teen vroeg-Junie het hy weer moed begin skep en sy burgers tot die stryd aangemoedig.
1965: GENOOTSKAP VAN RHODESIESE AFRIKANERS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 11 SEPTEMBER
Lees volledig by Kultuurdagboek
Destyds het Rhodesië 'n goeie heenkome vir Blanke Afrikaners wat toe nog veilig daar kon woon, gebied. Onder bestuur van intelligente Blankes soos Ian Smith het die land ekonomies floreer en het die behoefte aan verskeie organisasies waaraan Blanke Afrikaners kon behoort vergroot. So was een daarvan Die Afrikaanse Kultuurunie van Rhodesië (AKUR) wat tientalle jare lank die Afrikaner se kultuurorganisasies en kerke in Rhodesië saamgesnoer het. Vandag is Zimbabwe ekonomies geknak deur die Swart regime van Mugabe wat 'n skrikbewind daar voer en is daar 'n handjievol Afrikaners oor wat nog nie verwilder is nie.
DIE "HELLE" WAARONDER ONS LY
"Jij is 'n Afrikaner en jij skrijwe in die taal van die helle onder wie ons lij!" Só het genl De Wet vir J A B Joubert gesê toe dié as rebel teen die inval in Duits-Suidwes 1914-15, in aanhouding vir sy vrou 'n brief in Engels geskryf het. Genl De Wet was 'n sterk taalbewuste Afrikaner wat hom dikwels uitgelaat het oor die taalkwessie. In sy pleidooi op 'n kongres te Brandfort reeds op 1 en 2 Desember 1904 het hy hom beywer vir eie skole ter wille van die eie taal: "Al moeten wij onszelf en onze familien van benodigdheden afknijpen om onze taal te behouden, zullen wij het doen tot den dag dat het God sal behagen het hart van die Regering te weken alvorens ons volk uitgewist is." Hierdie hartstogtelike pleidooi was vir fondse vir die C.N.O. – skole (Christelike Nasionale Onderwys) waar die Boerevolk hulle eie taal kon huldig. (Vandag het ons die C.V.O – skole tot ons redding as ons dit net wil gebruik).