Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Mense wat die waarheid verkondig, ervaar altyd teenstand. God stry egter saam met hulle wat ter wille van die waarheid ly.
‘N LEWE VIR GOD
Hannes Ollewagen
2 Kor. 5:11-21
“Want die liefde van Christus dring ons, omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is.” (:14&15).
Hierdie gedeelte is ’n duidelike antwoord op die sake van individualisme en humanisme wat geil in ons volksakker groei. Die onverpoosde aanvalle op ons diepe geloofsoortuigings, vervreemding van die ware geloof en vervreemding van ons volk weg van sy God, die aftakeling van ons volksverbondenheid en verantwoordelikheid teenoor ons naaste en dergelike dinge lê aan die grondslag van ’n samelewing en probleme waarmee ons vandag sit. En dit is ’n samelewing en probleme met wie baie min mense tevrede is. Dit is ’n samelewing met meer uitdagings as wat daar antwoorde blyk te wees. Dit is ’n samelewing van trane, ellende, selfsug, wanorde, bekommernis en ’n toekoms wat uitsigloos blyk te wees. ’n Individualistiese en humanistiese samelewing is die teelaarde vir laasgnoemde.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (3)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
George is gefrustreerd, verveeld en in ‘n algehele slegte bui. Sherry en die kinders bly in hulle kamer en vermy hom. Wat aanvanklik as vrede, rus en tevredenheid voorgekom het, is nou nie meer lekker nie. Die opstal was vir baie jare sy pa se huis en hy het dit bloot geërf nadat die ou toppie die emmer geskop het. Verveling en ledigheid is inderdaad die duiwel se oorkussing.
George gaan kyk of hy nie die drankkabinet se sleutel kry nie; die paar bottels wat hy saamgebring het is lankal leeg. Hy weet sy pa het duur whiskey en brandewyn versamel, en baie van die bottels is tien-duisende rand werd. Maar wat is geld nou as ‘n man dors is?
NUWE NAVORSING – KRILOLIE GENEES LEWER, PANKREAS, HART E.A.
Vetterige lewersiekte (fatty liver) is een van die vroegste, en mees oor die hoofgesiene tekens dat jou metabolisme in die moeilikheid is. Dit verskyn dikwels sonder waarskuwing en beskadig jou lewer stilweg terwyl dit die weg baan vir insulienweerstandigheid, vetsug en hartsiektes. En tog besef die meeste mense nie dat hulle dit het totdat dit gevorderd is. En die meeste mense ly tans daaraan!
Die goeie nuus? Navorsing het ontdek dat natuurlike oplossings help om hierdie tendens om te keer waarvan die belowendste behels krillolie, 'n bron van omega-3's, komende van ‘n klein seediertjie. Maar anders as gewone visolie, is krilolie se omega-3's gebind aan fosfolipiede, wat makliker geabsorbeer word en meer effektief is om inflammasie en vetopbou te teiken.
NAVORSINGSFEITE
'n Navorsingstudie wat in 2024 in Nutrients gepubliseer is, het die effekte van krilolie-aanvulling op muise met dieet-geïnduseerde vetsug en metaboliese disfunksie ondersoek. Die doel was om te sien of krilolie die vetopbouproses in die lewer kon verminder, cholesterol kon optimaliseer en oksidatiewe stres kon verlaag, alles belangrike drywers van vetterige lewersiekte en kardiovaskulêre risiko. Navorsers het ook ondersoek of die verbindings in krilolie inmeng met spesifieke ensieme wat cholesterolsintese en vetberging bevorder.
VEGKOP-HERDENKINGSFEES 10-12 OKTOBER
Oproep tot deelname
Met groot genoeë nooi die Vegkop-herdenkingskomitee u uit na vanjaar se Vegkop-fees op die Vegkop Feesterrein. Dit is 20km suid van Heilbron geleë op die presiese plek waar dié geskiedkundige slag plaasgevind het in Oktober 1836, twee jaar voordat die Slag van Bloedrivier sou plaasvind.
Vanjaar se herdenkingsfees vind plaas op die naweek van 10-12 Oktober 2025 en beloof om elke feesganger te verryk, toe te rus en te besiel vir die stryd waarin ons volk tans gewikkel is. Kom put inspirasie uit die moed, durf en deursettingsvermoë van ons voorgeslagte. Kom ervaar eerstehands op hierdie heilige grond waar die Almagtige God ‘n wonderwerk verrig het om ons volk uit doodsgevaar te verlos teen ‘n aanslag van honderd en meer teen een...
Hier het Hy die onmoontlike moontlik gemaak, die kinderlike geloof in sy almag geëer. Deur ons Vader se alvermoë, deur die verhoor van opregte gebede, het Hy die logiese verloop van die slag verander in ‘n wonderbaarlike oorwinning vir die Trekkers.
Aan die Almagtige, Drie-enige God, Beskikker van die lotgevalle van volkere en nasies bring ons die eer van hierdie wonderbaarlike oorwinning tydens hierdie fees-geleentheid. Ons herdenk die noue betrokkenheid van ‘n gelowige volk en die God wat hulle aanbid. Ons put besieling uit die geskiedenis om ons weer moed te gee vir die stryd waarin ons staan!
Die feesganger gaan die gebeure van die slag intiem leer ken terwyl heerlike aktiwiteite vir oud en jonk tesame met gesellige kampkuier met mede-volksgenote ‘n onvergeetlike feesnaweek waarborg.
Sien u by Vegkop!
1650: VERVERSINGSPOS AAN DIE KAAP GESTIG
KULTUURDAGBOEK 22 AUGUSTUS
Lees volledig by Kultuurdagboek
Hierdie besluit het gelei tot die vestiging van die blankes in Suid-Afrika. Verskeie geografiese en politieke faktore het gelei tot hierdie belangrike besluit. Vir die handelskepe van die VOC op hul maandelange seereise na die Ooste was 'n verversingspos 'n vereiste. So 'n pos was nodig vir die inneem van vars water, groente en vrugte en kon aan die siek en vermoeide seevaarders 'n kans bied om uit te rus en te herstel.
Aangesien die seilskepe verplig was om van die heersende winde gebruik te maak was Tafelbaai die aangewese plek vir 'n 'n 'halfwegstasie'. Lank voor 1650 het Nederlandse vlote Tafelbaai gebruik om vars water in te neem en slagvee van die Khoi te ruil.
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (2)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die Man hurk vir ‘n paar minute om sy asem terug te kry. Die klim teen die krans op, die spanning en nou, die afrol van die rots, het hom tot in sy siel getap. Hy sit met sy rug na die krans, te moeg om om te draai. Sy asem kom in diep, swaar teue.
Sonder dat hy dit agter gekom het, het iemand hom wel gevolg; ‘n klein, rateltaai korporaaltjie. Hy is fiks en sterk, en beweeg rats en flink teen die krans en die skeur op. Hy is veilig onder die groot rots wat in die “V” gewig is, toe die klomp klippe en rotse val. Hy wag totdat die storting bedaar en rats klim hy die laaste paar meter teen die berg op. Sodra hy bo kom, kyk hy versigtig oor die rand van die krans en tot sy verligting staan Die Man nie bokant hom met ‘n wapen of selfs met klippe nie. Nee, die Man se rug is na hom gedraai. Hy druk homself vinnig vanuit die skeur en die volgende oomblik is hy geluidloos op sy voete. Die Man is skaars twee meter van hom af weg en enige geluid skryf hy toe aan die klippe wat hier en daar nog val.
1933 AFRIKAANSE BYBEL WORD WEER GEDRUK!
NOU BESKIKBAAR!
Die geliefde Afrikaanse 1933-vertaling keer terug! Met hierdie spesiale uitgawe van die eerste Afrikaanse Bybel herdenk ons die 100-jarige bestaan van Afrikaans as ‘n amptelike taal. Hierdie uitgawe dien as ‘n simbool van die ontwikkeling van Afrikaans, van sy nederige begin tot ‘n ryk en veelsydige taal wat vandag deur miljoene Suid-Afrikaners gepraat word.
Bestel vandag aanlyn vir slegs R349* en bespaar 30%:
https://bibleshop.co.za/product/afrikaans-1933-volledige-bybel-mediumgrootte-swart-hardeband/?utm_source=facebook&utm_medium=social&utm_campaign=1933_promo_250814
* Afslag slegs geldig op www.bibleshop.co.za tot 31 Augustus 2025, daarna normale prys van R499. Geen verdere kortings. Posgeld en aflewering uitgesluit.
DIE WEDERKOMS VAN JESUS (1/3)
Ds A.E. van den Berg
“Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:14) .
Gelowiges moet nooit so in die tydelike dinge van die lewe verstrengel raak dat hulle Jesus se wederkoms uit hul geestesoog verloor nie. Paulus skryf in Gal.4:4 dat God sy Seun in die volheid van die tyd na die aarde gestuur het; 'n veelseggende woord. Hierdie betrokke dag is reeds van die grondlegging van die wêreld af deel van God se raadsplan. So ook die dag van Jesus se wederkoms.
Toe Jesus op die aarde was, het Hy soveel vernedering, leed en lyding verdra, dat niemand Hom sou kon verkwalik indien Hy nie weer sou kom nie. Die Bybel sê egter dat Hy verseker weer kom. Luister na die twee engele net na die hemelvaart: “Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” Dis 'n belofte vanuit die hemel!
BROKKIES UIT DIE BOEK – BERGLAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die laaste keer wat hulle honde gebruik het om hom te jag, was net voor Joe by hom aangesluit het. Hy was nooit regtig bang vir die honde nie, maar hy wou ook nie op hulle skiet nie. Die honde word in elk geval net gebruik, en dis nie hulle skuld nie. Dikwels het hy die mooi herdershonde in die kruishare gehad, maar kon nie sover kom om die sneller te trek nie. Dan eerder die hanteerder. Dit was mos immers die werklike vyand.
Gelukkig het hierdie hanteerders die leibande om hulle gewrigte gedraai, en as hy hulle platgeskiet het, het die hond uiteraard bly staan. Hy het ook gehoop dat hulle mettertyd sou ophou om die honde te gebruik, siende dat hulle uitbundig kon word op sy spoor, sou blaf en raas, die hanteerder vinnig saamsleep en dus alle bekruip en versigtigheid daarmee heen was.
TALMOEDIESE WRAAK IN RUSLAND
Een van die eerste optredes van die Joodsbeheerde Russiese regering (458 van die 556 belangrikste regeringsposte is deur Jode beklee) was om kerke te vernietig en 'n "anti-God" museum in die St Basil Katedraal in Moskou te vestig. Daarna volg die verering van Judas Iskariot deur 'n gedenksteen vir hom op te rig. Dit is opgevolg met die wrede moord op die Russiese tsaar (die Romanovs) en sy hele gesin te Ekaterinburg. Laasgenoemde is daarna vernoem na Sverdlof, die Jood in wie se opdrag Yurovsky (nog 'n Jood) die moorde gepleeg het. Die tsaar, sy vrou, vier dogters en 'n siek seun sowel as sy dokter, hulp, kok en bediende is geskiet, die liggame onherkenbaar vermink en toe verbrand en die as in 'n skag gegooi. Daarna is 28 onskuldige persone in 'n skynverhoor aangekla en vyf geskiet toe hulle "skuldig" bevind is. Die ware moordenaars is nooit aangekla nie. Dit is wraak en optrede streng volgens die handboek - die Talmoed.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (16)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Gedurende die eerste helfte van 2025 gebeur ‘n hele aantal dinge wat die situasie in Suid-Afrika op die spits dryf:
Donald Trump kom aan bewind en hy stel handelstariewe in. Ook Suid-Afrika word intens daardeur geraak.
Trump ontmoet vir Ramaphosa in die Withuis se ovaalkantoor en dit gaan baie sleg af wanneer Trump video’s wys oor Julius Malema se “Kill the Boer” krete. Hy haal ook ‘n dik stapel nuusverslae uit oor plaasmoorde in Suid-Afrika.
Hy verwys na Malema en vra: “Why hasn’t this man been arrested?”
JOODSE PROTOKOLLE
In 1905 sien die Protokolle van die Geleerde Ouderlinge van Sion die lig. Die Jodedom het hierdie dokument onmiddellik afgemaak as 'n vervalsing en geen klinkklare bewys bestaan dat dit inderdaad by die Sioniste se eerste kongres (in 1897) die lig gesien het nie. Tog is die inhoud daarvan merkwaardig en stem dit stap vir stap ooreen met wat daarna gebeur het. Dit kan as die volledigste handboek van die revolusie(s) wat daarna plaasgevind het, beskou word. Dit is van uitsonderlike belang en behoort deur enigeen wat hom of haar van die gang van die revolusie wil verwittig, gelees te word. Die motief, die metode en die doel word in besonderhede beskryf. Waar Disraeli voorheen van die destruktiewe beginsel melding gemaak het, het die Protokolle die beginsel van vernietiging tot 'n fundamentele waarheid verhef - 'n basiese reg en oorheersende metode van optrede. Die doelwit is wêreldregering en alle nasies en geloof moet in die proses vernietig word deur terreur as die beste metode. Die kennis wat in die Protokolle geopenbaar word is raar en die insig verstommend. Selfs Henry Ford het verklaar dat:
The Protocols have fitted the world situation up to this time, they fit it now.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (15)
Die onvermydelike word deur verskillende mense elkeen op hulle eie manier ervaar. Een man sal hoor hy het ‘n terminale siekte en dit gelate aanvaar. ‘n Ander sal angs en woede ervaar, teenoor God en mens. Die een sal ‘n geliefde verloor en deur die rouproses werk, terwyl ‘n ander inmekaar sou stort. Die een soldaat sal in ‘n doodsvonnis-situasie grinnik, sy belt vastrek, die geweer laai en soveel van die vyand saamvat as hy kan, terwyl sy makker wegkruipplek soek.
Een werknemer sal woedend wees en wraaksugtig as hy sy werk verloor I(veral oor transformasie of BEE), terwyl ‘n ander die geleentheid sal aangryp om ‘n eie besigheid te begin. Sommige se geloof word versterk deur ‘n krisis, ander verloor alle geloof.
May het deur rou-smart gegaan, fisiese pyn, verkluiming, en uiteindelik bevind sy haar in ‘n onredbare situasie en sy is gehard teen enige vrees. Ek voel ek het my deel gedoen en dit is dit. So, kom wat wil, I will die with my boots on!
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (14)
Net iemand wat nog nooit in ‘n geveg was nie, beskou hulleself as helde en wat hulle alles sal doen indien dit met hulle sou gebeur. In elkeen se drome is hy die held en sal nooit terugdeins nie. Hy is ook onoorwinlik en sal nooit kwesbaar wees nie. In die aansien van erge geweervuur is hy die man wat onverskrokke die masjiengeweernes van die vyand bestorm met net ‘n rewolwer en ‘n mes tussen sy tande en al die skote wat op hom afgevuur word sal mis wees, soos die vyandelikes terugdeins as hulle sy vasberadenheid sien.
Tot dit gebeur.
Almal is nie Audie Murphy, Rambo, of Carlos Hathcock nie. Daar is ‘n skielike skok wat menige dapper held tot ‘n klein, opgetrekte bondeltjie vrees kan laat inkrimp met die besef dat die koeëls van die vyand inderdaad sy vleis, been, bloed en ingewande kan uitruk en ‘n skielike, pynlike en patetiese dood tot gevolg kan hê.
Daar is inderdaad min manne – of vroue – wat sy of haar kop in so ‘n situasie sal oplig uit die veiligheid van die skans of skuiling en vasberade en doelgerig die wapen oplig en terugskiet. Die ou Boere het gepraat van “gesoute vegters”.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (13)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
Die geveg in en rondom die plein, in Kerkstraat, Paul Krugerstraat, op na die stasie se kant toe, oral waar geboue skuiling kan verleen, is uiters intens. Die skote klap aanmekaar; soms net kleingeweervuur, soos R4, R5, AK’s, en die sagter klap van pistole, afgewissel deur masjiengeweervuur, swaar en hard, wat ek maar net kan raai iets soos ons destydse MAG, en selfs die .50’s wat op voertuie gemonteer is, die oorverdowende bars van handgranate en RPG’s, stemme wat bevele uitskreeu, gille van pyn en vrees. Dis ‘n disopsie van angswekkende chaos. So af en toe is daar ‘n effense stilte, waardeur die enkelskoot-knal van ‘n mediumkaliber geweer die stilte breek, soms naby en soms verder straat-af.
DIE SUIWER WEG
Hannes Ollewagen
Ps. 119:9-16
“Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord. Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.” (:9 & 11).
Elkeen van ons het seker al op die snelweg in en om die groot stede gery. En dan moet ’n mens mooi konsentreer, want een verkeerde afdraai kan jou op ’n totale verkeerde roete laat beland wat tot gevolg het dat jy heeltemal laat by jou bestemming sal aankom. Tewens, jy kan dalk verdwaal en by ’n totaal ander plek as jou bestemming eindig. Hierdie verwysing na ’n mens se lewe as ’n pad, die lewensweg, is daarom só gepas, want net soos ’n verkeerde afdraai op die hoofweg baie onaangename gevolge kan inhou, is dit ook met ons lewens – een verkeerde besluit kan ons lewe in ’n totaal verkeerde rigting stuur.
PFIZER SE PAROOL
‘n Mens wonder of jy moet lag of huil hieroor: “Die Verenigde State se Voedsel- en Medisyne-administrasie (FDA) het die farmaseutiese reuse Pfizer en Moderna beveel om waarskuwings uit te reik dat hul Covid mRNS-“entstowwe” [Augustus 2025] 'n hoë risiko van hartskade inhou, veral vir jong mans. Die nuwe riglyne beklemtoon die dodelike risiko van miokarditis as gevolg van mRNS-inspuitings.”
Dalk is huil meer gepas want hierdie dodelike risiko was van die begin af aan die FDA en die CDC bekend. Hulle het versuim om op te tree. Die mRNS-entstof is ten volle deur hulle onderskryf en afgedwing, nasionaal en internasionaal. Daarom kan mens maar wonder wat hulle nou in die mou voer...
Die Pfizer mRNS-entstof is middel Desember 2020 bekendgestel.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (12)
Daar is ‘n baie sterk vermoede dat die ANC besig is om vir hulle ‘n privaatleër saam te stel uit vrywilligers vanuit die infanterie en spesiale magte. Foto’s duik met ongereelde tussenposes op van opleiding wat nie baie ver vanaf die Phalaborwahek nie, in die wildtuin plaasvind. Gerugte en nogmaals gerugte.
5 Spesiale magte se front-organisasie word betrek by ‘n Mercedes Vitobussie wat nie net by die Mall of Africa opgemerk is tydens die ontvoering van ‘n sakeman nie, maar is ook baie duidelik te sien op foto’s wat geneem is by die Russiese skip, die “Lady R”.
Vra word gevra oor Panyasa Lesufi se inderhaas-saamgestelde en toegeruste polisiemag in Gauteng, bestaande uit 10 000 manne en vroue. Waar is hulle?
Hierby kan ook gevra word waarom die nasionale weermag en die polisie sodanig afgetakel is, dat hulle eintlik min of niks sal beteken indien hier moeilikheid sou uitbreek nie. Is dit weens korrupsie, onbekwaamheid, kaderontplooïng, of met ‘n doelgerigte opset?
DIE ANTICHRIS (3/3)
Ds A.E. van den Berg
WÊRELDHEERSKAPPY
“En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings...saam met die dier” (Open.17:12).
Die god-vyandige strewe na wêreld-eenheid wat met die bou van die toring van Babel begin is, bereik met die koms van die Antichris die hoogtepunt. “En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings...saam met die dier” (Open.17:12).
Tien nasies uit die gebied van die ou Romeinse ryk gaan die ganse mensdom aan hul gesag onderwerp en kom waarskynlik uit die geledere van die Europese Unie (EU). In Maart 2010 het die EU Observer berig dat 10 van die lidlande besig is om reëls vir 'n versnelde samewerking op te stel.
BROKKIES UIT DIE BOEK – DOODSAKKER (11)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672
“Oom, ons is jammer om te vra, want ons weet dis iets groot.”
May het amper oornag herstel. Sy is nog jonk, het ‘n sterk gestel en haar aanvanklike toestand was ‘n kombinasie van rou-seer, wanvoeding, uitputting en natuurlik onbering as gevolg van die koue.
Na die eerste nag het sy sterk genoeg geword om eers sop en daarna vaste kos te eet. Haar hande en linkervoet is nog baie seer, maar aan die herstel. Sy het van nature ‘n baie ligte vel, met groot, groengrys oë en skouer-lengte donkerbruin, amper swart hare.
Sonder om die besonderhede uit haar te trek, het sy begin vertel van Nellie, die feit dat sy uit haar huis geskop is, die lang loop vanaf Warmbad na Pretoria. Van die laaste paar dae kan sy niks onthou nie. Sy staan nou, skraal en amper verwese, maar regop en luister na die gesprek.
“Vra maar, miskien kan ek help, miskien nie.”