NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Deesdae grens dit aan 'n wonderwerk as 'n mens bereid is om iets van homself aan iemand anders te gee. Romeine 13 leer ons dat ons niemands iets verskuldig mag wees behalwe om mekaar lief te hê nie – dit is juis hierdie liefde wat ons mekaar verskuldig is. Maar al wat ons hoef te doen sonder om onsself in te doen, is om na mekaar te luister, tyd saam deur te bring en mekaar te respekteer.

VOLKSVERRAAIERS WAS DAAR ALTYD (1)

In die volgende 5 aflewerings wil ons u graag meer van nog 'n volksverraaier vertel sodat u beter sal begryp hoe hierdie swak karakters meegewerk het om die ANC aan bewind te bring.  Was dit nie vir hulle nie sou dit baie moeilik gegaan het om ons dierbare Suid-Afrika aan die ANC te verloor. Vandag sit ons met meer as ooit sulke swak karakters in ons midde - soos u ook onlangs weer in die nuus verneem het van die verraaiersbrief wat die 44 aan die VSA gestuur het.  So was Bram Fischer destyds ook 'n :

...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER

BRAM FISCHER

In die hele proses van die ANC se militante poging om Suid-Afrika oor te neem, was Fischer een van die min wit Suid- Afrikaners wat gedurende die onderhawige tydperk in alle opsigte 'n oortuigde en toegewyde Kommunis was – die ANC is bloot as instrument deur die Kremlin gebruik om sy einddoel hier te bereik.

Fischer was die groot dryfkrag agter die Kommuniste se plan om 'n sosialisties-geörienteerde stelsel in Suid-Afrika tot stand te bring. Die moontlikheid bestaan natuurlik dat persoonlike ambisie by Fischer 'n rol gespeel het en dat hy homself in 'n Kommunistiese staat as die groot redder en leier van die hele Suid-Afrika, met inbegrip van al die swart volkere, gesien het. In so 'n geval sou Fischer as een van die groot wêreldleiers van sy tyd beskou gewees het — 'n veel groter figuur as wat hy as eerste minister van 'n wit minderheidsregering of as die hoofregter van so 'n land sou wees. Dit is selfs moontlik dat Fischer homself gesien het as grondlegger van Kommunisme aan die suidpunt van Afrika vanwaar hierdie ideologie sy vlerke oor die hele Afrika sou kon sprei. Dit sou hom 'n nog groter statuur besorg het.

Bram Fischer se oupa was die bekende Abraham Fischer wat as eerste minister van die Vrystaat en in ander hoedanighede diep spore in die Afrikaner-geskiedenis getrap het. Bram se vader was Percy Fischer wat, net soos sy vader sowel as Bram self, 'n regsgeleerde was en sy loopbaan as regter-president van die Vrystaat afgesluit het.

Bram Fischer het dus onberispelike Afrikanerwortels gehad, en normaalweg sou hy dit dan ook ver gebring het, veral in die lig van sy buitengewone verstandelike vermoëns.  Inderdaad is daar al dikwels beweer dat indien Bram die gewone pad gevolg het, hy waarskynlik iets soos hoofregter of eerste minister van Suid- Afrika sou kon word.

In sy biografie van Bram Fischer doen Clingman sy bes om Fischer se ingesteldheid as aktivis te soek in sy agtergrond: die feit dat sy oupa as een van die Boereleiers in die Vrystaat teen Brittanje in opstand gekom het en dat sy vader, Percy, as advokaat tot sy eie nadeel simpatiek was teenoor Afrikaner-rebellieleiers van 1914 en namens hulle in die howe opgetree het. Gevolglik, so redeneer Clingman blykbaar, het Fischer vanweë hierdie agtergrond gerebelleer teen die regering se beleid ten opsigte van swart mense en dus via Kommunisme 'n metode gesoek om ewewigtigheid tussen wit en swart teweeg te bring.

Indien hierdie belaglike redenering aangaande Fischer se oorsprong korrek was, sou daar veel meer Afrikaners gewees het wat Fischer se weg sou gevolg het omdat daar baie duisende Afrikaners is wie se voorvaders in dieselfde kategorie as Fischer s'n geval het. Nee, met alle agting jeens Clingman se goed nagevorste en interessante werk, die ware antwoord is geleë in die misterieuse houvas wat die Kremlin op mense soos Fischer verkry het. Hierdie houvas kom onder meer op die volgende neer: Kommunisme verdring alle vorme van geloofsoortuigings — derhalwe was alle toegewyde Kommuniste (ook Fischer) volslae ateïste. In die geval van 'n Christen, byvoorbeeld, is sy of haar anker sy of haar geloof in God. In die geval van 'n Kommunis, daarenteen, word die anker deur 'n onwrikbare geloof in en uitlewing van die Kommunistiese ideologie vervang. En net soos sekere Christene soms fanaties raak in die beoefening van hulle godsdiens, gaan sekere Kommuniste (waarvan Fischer volgens alle aanduidings een was) oorboord in hulle geloof in en uitlewing van Kommunisme. Die geskiedenis is vol voorbeelde van Kommuniste wat dieselfde mate van fanatisme ten opsigte van die ideologie wat hulle aangehang het, geopenbaar het as Fischer.

Fischer se vermeende empatie jeens swart mense is ook moeilik vereenselwigbaar met die werking van Kommunisme en duidelik 'n front vir sy verskuilde agenda. Afgesien daarvan dat dit 'n bekende feit is dat swart mense in die algemeen nog nooit van Kommunisme gehou het nie, is dit ook 'n feit dat Kommunisme, soos destyds toegepas deur die Kremlin, alle Suid-Afrikaners, swart mense inkluis, baie swaar sou getref het en dat swart mense ingevolge so 'n stelsel nooit 'n demokratiese bestel in die land sou verkry het nie. Gevolglik, op die aanname dat Fischer wel gemotiveer was deur 'n deernis vir swart mense, is dit onbegryplik waarom hy Kommunisme aan hulle wou opdwing. Indien aanvaar word dat Fischer hom aanvanklik misgis het oor die Kommunisme, moes hy as intelligente mens tog sekerlik teen die vroeë jare sestig (soos Slovo) reeds agtergekom het watter aaklighede Kommunisme vir mense wat daaraan blootgestel was, ingehou het. Ook uit hierdie oogpunt gesien, wil dit dus voorkom asof Fischer se fanatisme as Kommunis ten grondslag gelê het aan sy plan om Kommunisme in Suid-Afrika te vestig.

Bram Fischer se curriculum vitae is kortliks soos volg: hy is in 1908 in Bloemfontein gebore.

Na sy hoërskoolopleiding by Grey Kollege het hy in 1926 by die Universiteit van Kaapstad as student ingeskryf. In 1927 het hy egter na Bloemfontein teruggekeer en by die Grey Universiteitskollege ingeskryf, aangesien hy graag in aanmerking wou kom vir 'n Rhodes-beurs en hy gemeen het dat hy dit makliker in Bloemfontein sou verower gegewe die feit dat die kompetisie daar nie so straf as in Kaapstad sou wees nie. Na verwerwing van 'n B.A.-graad in 1928 het hy sy studies in die regte op deeltydse basis voortgesit en die regter-president van die Vrystaat se registrateur geword.

'n Rhodes-beurs is toe wel aan hom toegeken en na verwerwing van sy regsgraad in 1931 is hy in 1932 na die Universiteit van Oxford in Engeland. In 1933 het hy en 'n paar ander studente 'n reis deur Rusland ondemeem.

In 1937 het Fischer (as 'n heeltemal ander mens) na Suid-Afrika teruggekeer en die volgende jaar het hy by die Johannesburgse Balie aangesluit en as advokaat begin praktiseer. Hy is in 1949 verhef tot Queen's Counsel (QC). Hy is getroud met Molly Krige ('n niggie van Jan Smuts se gade) — wat ook later 'n Kommunis geword het. Twee dogters en 'n seun is uit die huwelik gebore. Die Fischers se huis in Oaklands, Johannesburg, sou later 'n gesellige bymekaarkomplek van linksgesindes word.

Fischer was aanvanklik 'n ondersteuner van die Nasionale Party. Dit blyk egter dat hy reeds tydens sy hoërskooljare, veral vanweë die invloed van sy geskiedenisonderwyser, Leo Marquard, 'n bekende in liberale kringe, sekere linkse neigings geopenbaar het.

Volgens die getuienis wat hy later tydens sy verhoor afgelê het, het sy keerpunt gekom op 'n dag toe hy tydens 'n vergadering van die Bloemfonteinse "Joint Council of Europeans and Africans" verplig was om vir die eerste maal hand te skud met 'n swart man. Dit het by hom 'n gevoel van afkeer gewek, volgens hom. Hierdie voorval het tot gevolg gehad dat Fischer diepe selfondersoek ingestel het. Sy gevolgtrekking was glo dat die fout by homself gelê het en die besef het by hom posgevat dat hy moes help om die wêreld te verander om rassegevoelens uit te skakel. Na deeglike bepeinsing het hy ook tot die slotsom gekom dat rassevooroordeel 'n totaal irrasionele verskynsel is en dat ware menslike vriendskap die kleurslagboom kon oorbrug sodra die aanvanklike vooroordeel oorkom is.

Dit blyk verder dat Fischer die Kommunistiese stelsel tydens sy toer deur Rusland bestudeer het en dat hy toe reeds besluit het om 'n Kommunis te word omdat hy die indruk gekry het dat die stelsel ideaal was om Suid-Afrika se rassevraagstuk op te los. Die aanduidings is egter dat hy te haastig was om gevolgtrekkings te maak en dat hy sekere aspekte van die stelsel verkeerd geïnterpreteer het.

Fischer is in 1962 amptelik as Kommunis gelys. Daar bestaan egter twyfel omtrent die datum waarop Fischer formeel by die Kommunistiese Party aangesluit het. Wat egter wel duidelik is, is dat hy spoedig na sy vestiging in Johannesburg in linkse kringe beland en met verloop van tyd die leidende wit Kommunis aan die Witwatersrand geword het. Hy het ook in 1952 die groot "Vienna People's Congress for Peace" bygewoon. Mettertyd het hy dan ook die voorsitter van die Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party in Johannesburg geword en daar is min twyfel dat hy die meesterbrein agter die Kommunistiese bedrywighede in die land geword het. Hy het deurentyd twee hoede gedra: dié van die goeie advokaat met die goeie maniere en dié van die "goeie" Kommunis wat ooreenkomstig die reëls van Kommunisme nie geskroom het om ook onwettige metodes aan te wend om die doelstellings van Kommunisme te bevorder nie.

'n Sterk manifestasie van Fischer se fanatisme in en uitlewing van die Kommunisme is te vinde in sy besluit om in die Rivonia-verhoor as leier van die verdedigingspan op te tree.

Indien 'n mens jou sin vir behoorlikheid genoeg onderdruk, kan jy daarmee saamleef dat hy die genoemde twee hoede gedra het. Maar in die Rivonia-saak het hy albei hoede gelyk gedra.

Volgens die geldende etiese reëls gaan die kliënt in die eerste plek na sy prokureur en laasgenoemde gee dan opdrag aan 'n advokaat. In die betrokke geval is die proses egter omgedraai. Adv. Fischer het die inisiatief geneem om 'n prokureur (Joel Joffe) vir die saak te kry — hy het ook die advokate — Vernon Berrange ('n gelyste Kommunis), Arthur Chaskalson (wat in die nuwe bedeling president van die konstitusionele hof geword het) en George Bizos (wat later prominent was as advokaat by verrigtinge van die Waarheids-en-versoeningskommissie) — vir die saak uitgesoek.

Die rede waarom Fischer die inisiatief geneem het om die verdedigingspan saam te stel, was omdat hy, soos later sal blyk, self by die Rivonia-komplot betrokke was. Eintlik moes hy dus saam met Mandela-hulle in die beskuldigdebank gestaan het.

Aanvanklik was Fischer bra onwillig om in die saak op te tree. Clingman stel dit so:

"Bram had been involved politically with the accused, and there was the question, in legal ethics, of whether one should be engaged in the defence of people with whom one has been associated in the activities with which they are charged. Bram, the revolutionary, had an unusual vulnerability in sucli matters of loyalty to his profession as to his comrades. It fell to his junior members to convince him, and George Bizos gave the credit to Arthur Chaskalson for arguing forcefully. Those on trial had done no more for their cause and beliefs, insisted Arthur, than the Afrikaners had in the 1914 Rebellion; only an Afrikaner of Bram's standing could convince an Afrikaner judge (regter-president De Wet) of that. It was crucial for him to be in the trial, especially because of the threat of death sentences."

Fischer het toe besluit om wel deel van die span te wees.

Dit is skaars nodig om kommentaar te lewer op die voorafgaande. Die volgende behoort voldoende te wees:

*          "Vulnerability" (kwesbaarheid of gevoeligheid) was hoegenaamd nie hier ter sake nie. Selfs 'n leek kan aanvoel dat 'n advokaat nie behoort op te tree in 'n saak waarin hy kop in een mus met die beskuldigdes was nie. By die Balie is dit 'n vaste reël dat 'n advokaat onder geen omstandighede so iets mag doen nie. Maar, soos reeds aangetoon, 'n toegewyde Kommunis soos Fischer het hom aan geen reëls gesteur nie.

*          Die 1914-rebellie en die Rivonia-saak is sekerlik nie vergelykbaar nie. Bowendien is so 'n vergelyking nie relevant nie. Al was Fischer die heel beste toegerus en selfs al was hy die enigste beskikbare senior advokaat om die verdediging in die saak te lei, moes hy dit op beginsel- of etiese gronde nie gedoen het nie. Slegs sy "beginsels" as Kommunis het dit vir hom moontlik gemaak om namens die beskuldigdes op te tree.

Fischer se besluit om wel in die saak op te tree, raak al hoe meer onaanvaarbaar na gelang meer besonderhede in Clingman se boek verskaf word:

*          Dit het later geblyk dat Fischer se betrokkenheid by die Rivonia-komplot deur swart werkers op die plaas, wat deur die staat as getuies opgeroep is, raakgesien is. Indien hulle dus gevra sou gewees het om iemand in die hof uit te wys wat hulle op die plaas gesien het, kon hulle maklik vir Fischer uitgewys het. Gevolglik het Fischer voorgegee dat hy ander verpligtinge gehad het en homself by die hof verskoon wanneer van die swart plaaswerkers getuienis afgelê het. "Without Bram, George Bizos and Arthur Chaskalson suddenly had to cover their inexperience and take on cross-examination in the biggest case of their lives," sê Clingman.

Tydens die verhoor is etlike relevante dokumente wat in Fischer se handskrif was, in die hof gehanteer. Fischer het gemaak of hy nie die handskrif herken nie.

Daar kan sonder vrees vir teenspraak gekonstateer word dat geen senior advokaat in Suid-Afrika wat by sy volle verstand was en nie deur een of ander vorm van fanatisme begeester was nie, sou opgetree het soos wat Fischer in die Rivonia-saak gedoen het nie. Slegs Fischer se intense assosiasie met die Kommunisme en die Kommunisme se vermenging met die ANC kon hom beweeg het om as advokaat in die saak op te tree.

Al hierdie gebeure dien as net nog 'n bevestiging van regter-president De Wet se bevinding dat die ANC 'n Kommunisties-gedomineerde organisasie was en van die gewese regter-president De Villiers se gevolgtrekking dat die Rivonia-komplot deur Kommuniste geïnspireer is.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2954 gaste aanlyn