Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nie wat in die mond ingaan maak die mens onrein nie, maar wat uit die mond uitgaan, dít maak die mens onrein – Matt 15:11.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (14)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Julle is nie getroud, verloof nie en julle is nie ‘n saamwoonpaartjie nie, of hoe?”
“Nee. Hoekom vra jy?”
“Want ek sien hoe jy geïrriteerd is as ek met Bella praat”
“Jy maak wilde aannames.”
“Miskien, maar totdat julle amptelik ‘n paartjie is, is sy vryloop wild.”
“Hoe bedoel jy?”
“Ek bedoel ek kan met haar gesels en haar selfs die hof maak, soos die ou mense gesê het, is dit nie so nie?”
KULTUUR- DAGBOEK 10 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1855: Pres Jacobus Nicolaas Boshoff word in die amp van staatspresident van die Republiek van die Oranje-Vrystaat bevestig.
2. 1909: Die Christelike sangvereniging ASAF word in Pretoria gestig. Dit kom tot stand deur die ywer van dr S.O. Los, wat in 1908 as predikant van die Geref Kerk Pretoria bevestig is. Dit word op hierdie dag gestig onder leiding van die orrelis Petrus van den Burg, wat ook optree as direkteur van die koor. Die lede van die koor was almal uit die Hollands-Afrikaanse gemeenskap afkomstig. Volgens resensies in De Volkstem het die Asaf-koor 'n hoë peil in sy optredes gehandhaaf en is hy goed deur die publiek ondersteun. Die laaste optrede op 7 April 1926, was 'n uitvoering van die Elia van Mendelssohn, waarna die vereniging ontbind is.
3. 1872: Lees in hoofartikel oor Genl JCG Kemp se lewe.
1872: GENL JCG KEMP
KULTUURDAGBOEK 10 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Christoffel Greyling Kemp, gebore op hierdie dag in die Amersfoortdistrik, het sy opleiding aan die Staatsgimnasium in Pretoria ontvang en het daarna onder meer in die kantoor van die mynkommissaris op Krugersdorp gewerk.
Hy het aan die Magato-oorlog in 1895 en die krygsverrigtinge met die Jameson-inval in 1895 tot 1896, deelgeneem. In die Tweede Vryheidsoorlog het hy as lid van die Krugersdorpse kommando aan die eerste gevegte in Natal deelgeneem en is hy in Junie 1900 in Noord-Transvaal tot kommandant verkies. In Februarie 1901 is hy as veggeneraal aangestel, en in dié hoedanigheid het hy sy bekwaamheid en waaghalsigheid getoon in gevegte soos dié by Moedwil op 30 September 1901 en Ysterspruit op 25 Februarie 1902.
Met die vredesonderhandelinge op Vereeniging, was hy een van die ses afgevaardigdes wat teen die vredesvoorwaardes gestem het.
IN HOM IS ONS HOOP
Hannes Ollewagen
Klaagl. 3:1 - 66
“Dit sal ek ter harte neem, daarom sal ek hoop: Get. dit is die goedertierenhede van die Here dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. Die Here is my deel, sê my siel, daarom sal ek op Hom hoop.Tet. Goed is die Here vir die wat op Hom hoop, vir die siel wat Hom soek. Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die Here.” (:21-26).
Wat is hoop? Alhoewel ons dikwels van hierdie woord hoor en dit op verskeie plekke in die Woord raaklees, wonder ek hoeveel van ons al werklik oor die diepe betekenis hiervan besin het. En tog is hierdie ’n kosbare kleinood vir enige mens. U ken dalk iemand wat in hul lewe al alle hoop verloor het? En hoe tragies sien so ’n persoon se lewe nie daar uit nie?
1940: AFRIKANER- EENHEIDS- KOMITEE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 9 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die Afrikanereenheidskomitee (AEK), saamgestel uit leiers van die Herenigde Nasionale Party (HNP), die Ossewa-Brandwag (OB), die FAK en die Reddingsdaadbond (RDB), tot stand gekom met die tweelede taak om die breuke in Afrikanergeledere te heel en 'n grondwet vir 'n toekomstige republiek op te stel.
GRONDWET
Reeds op 4 November 1939 het 'n groep Afrikaners in dr HF Verwoerd se kantoor by Die Transvaler in Johannesburg byeengekom om 'n ontwerp-grondwet vir 'n moontlike republiek te bespreek. Die ontwerp sou na voltooiing ter beskikking van die Nasionale Party gestel word. 'n Kommissie onder voorsitterskap van prof LJ du Plessis is saamgestel uit onder meer dr TE Dönges, dr N Diederichs, dr A Hertzog, dr HF Verwoerd, prof CGW Schumann, mnr IM Lombard en prof HB Thom. Om praktiese redes is gevind dat dit beter sou wees as net een mens die ontwerp opstel en dr Verwoerd het die taak op hom geneem.
1934: VOLKSKAS REGISTREER.
KULTUURDAGBOEK 9 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gestig uit eie bodem, uit eie geledere, met 'n aanvangskapitaal van R1 026 en geïnspireer deur 'n diepgewortelde plaaslike behoefte om eie geldmiddele te mobiliseer, het Volkskas sedert hierdie dag, toe hy as koöperatiewe volksbank geregistreer is, geleidelik gegroei.
Ses jaar later, toe Volkskas se bedrywighede tot dié van 'n handelsbank verbreed het, het 'n ongekende groeitydperk ingetree en is grootskaalse uitbreiding van alle vertakkings van sy besigheid ondervind.
As gevolg van die vereistes van die Bankwet van 1942, het Volkskas dit moeilik gevind om as koöperatiewe vereniging voort te gaan en is dit gevolglik in 1944 kragtens die Maatskappywet van 1926 as Volkskas Beperk geïnkorporeer.
KULTUUR- DAGBOEK 9 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1865: Die Tweede Basoetoe-oorlog begin in die OVS.
2. 1902: Dankseggingsdienste word in die Kaapkolonie aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog gehou.
3. 1934: Volkskas, 'n koöperatiewe Afrikanerbank, word met 'n aanvangskapitaal van R1 026 geopen. Lees daaroor in hoofartikel.
4. 1940: 'n Afrikanereenheidskomitee word gestig. Lees meer in hoofartikel hieroor.
1918: SANLAM GESTIG
KULTUURDAGBOEK 8 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Lewens-Assuransie-Maatskappy is op hierdie dag in Kaapstad onder voorsitterskap van WA Hofmeyr gestig. Die aanvangskapitaal was R50 000.
In 1975 was Sanlam se bates R828 miljoen en het hy ongeveer 650 000 mense verseker. Daar is geraam dat die groep wat uit en rondom Sanlam bestaan het, in 1980 meer as R3 000 miljoen se bates beheer het.
Sanlam se leuse: "Uit die volk gebore om die volk te dien", was die leuse wat die kultuurmanne Willie Hofmeyr, Charlie Louw, PA Malan en ander met die stigting van Sanlam vir die Maatskappy gekies het. Hulle het 'n kapitaalkragtige saak beoog wat vir die verarmde Afrikanervolk geleenthede sou skep.
1837: ALEXANDER EN HANS MERENSKY
KULTUURDAGBOEK 8 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Alexander Merensky is in die omgewing van Liegritz, Neder-Silesië in Pole gebore op hierdie dag. Na sy aankoms in die Kaap in 1858 het hy verlof van die Bapedi-opperhoof, Sekwati, gekry om met sendingwerk te begin en daarmee die grondslag gelê vir sendingwerk deur die Berlynse Sendinggenootskap in Transvaal. In die omgewing van Middelburg het hy mettertyd die model-sendingstasie Bothsabêlo opgerig.
As aardrykskundige het Merensky ook belangrike bydraes gelewer. In 1868 het hy en F Jeppe die eerste kaart van Transvaal geteken en laat druk. Ook het gegewens wat hy aan Karl Mauch beskikbaar gestel het, laasgenoemde gehelp om die Zimbabwe-bouvalle te ontdek.
Merensky se pogings in 1877 om vrede te bewerkstellig tussen die Boere en Sekoekoenie het hom onder verdenking gebring sowel by die Boere as by Shepstone. Toe sy gesondheid boonop ook nog ineenstort het hy in 1882 na Duitsland teruggekeer.
KULTUUR- DAGBOEK 8 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1897: Die hoeksteenlegging van die Paleis van Justisie aan die noordekant van Kerkplein het op 'n aanskoulike wyse uitdrukking gegee aan die bedoeling van die republikeinse owerheid met die Kerkplein. Destyds was daar 'n behoefte aan die oprigting van 'n ewe waardige en stylvolle staatsgebou in Italiaanse Renaissance-boustyl reg teenoor die 'Staatsgebouw' en skuins teenoor die toringkerkgebou op die middelpunt van die Kerkplein. Sodoende kon die balans tussen twee kante van die westelike helfte van die Kerkplein en sy middelpunt verkry word. Met die totstandkoming van die Paleis van Justisie, sou die band tussen Kerk en Staat en terselfdertyd tussen die wetgewende, administratiewe, regsprekende en ekonomiese aktiwiteite van die ZAR op die Kerkplein versinnebeeld word.
2. 1837: Lees in hoofartikel oor Alexander Merensky en sy seun Hans, die geoloog/ingenieur.
3. 1918: Sanlam word op hierdie dag gestig. Lees daaroor in hoofartikel.
OM GOD SE LOF TE BESING
Ds A.E. van den Berg
“Loof die Here, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ’n loflied is gepas!” (Ps.147:1).
“Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!” (Ps 150:6)
Die Psalmbundel sluit met Ps.150:6 af: “Laat alles wat asem het, die Here loof! Halleluja!” Om God te loof, is die belangrikste ding wat gelowiges op die aarde kan doen. Waarom? Omdat dit die vernaamste deel van 'n gelowige se dankbaarheid vir verlossing is. Daarom is die sing van geestelike liedere vir gelowiges onmisbaar.
Met geestelike sang, nie net woorde nie, betuig gelowiges hul dankbaarheid vir die verlossing van siele. Geestelike sang het drie diepgaande geestelike waardes; 'n waarde na bo, 'n waarde na buite en 'n waarde na binne.
KULTUUR- DAGBOEK 7 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1990: FW het seker nog nooit gesien wat is 'n noodtoestand nie - dit kom nog! Die einde van 'n sogenaamde noodtoestand word op hierdie dag deur FW de KLerk, (toe staatspresident nadat hy vir PW Botha op 'n liederlike wyse uit die tuig gedwing het) aangekondig. Hierdie 'noodtoestand' was kunsmatig aangebring, daarby oordrewe beklemtoon en in die kele van die volk afforseer om die oorname in 1994 aan 'n swart kommunistiese regering te regverdig. Die sg noodtoestand was glo as gevolg van opstandige, ontevrede swartes wat kwansuis nie deur 'n blanke regering intoom gehou kon word nie. Dit was alles 'n blufspel deur FW en sy geldmagbase om die blankes in Suid-Afrika te laat glo dat hulle geen ander keuse het as om die land aan die swartes persent te gee nie. Dit sal interessant wees om destyds se doelbewuste opgestoke paar opstandjies met vandag se grootskaalse misdaad en stakings onder dieselfde spul kommuniste te vergelyk, wat daardie vier jaar sekerlik na 'n kinderpartytjie sal laat lyk, veral noudat hulle openlik praat oor die blankes se grond wat hulle met geweld en moord wil afneem.
2. 1898: Lees in hoofartikel oor oud-res FW Reitz as staatsekretaris van die ZAR.
3. 1900: Die Slag van Rooiwal vind op hierdie dag plaas. Meer hieroor in hoofartikel.
4. 1937: Die eerste FAK-Volksangbundel word oorhandig.
1931: 1e KOMITEE VIR FAK- VOLKSBUNDEL
KULTUURDAGBOEK 7 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die gedagte aan 'n Afrikaanse liederebundel het by die Afrikaanse Studentebond ontstaan. Gedurende 1929 is begin met die versameling van liedjies, maar aangesien die vordering stadig was, versoek die ASB die FAK in 1930 om die onderneming op groot skaal van stapel te laat loop. Op 'n vergadering van 7 Maart 1931 het die Uitvoerende Komitee van die FAK besluit om aan hierdie versoek gehoor te gee. Die Uitvoerende Komitee het 'n FAK-kommissie aangestel om'n FAK-liederebundel saam te stel.
Die kommissie het bestaan uit dr. Hugo Gutsche (voorsitter), prof. W.J. du P. Erlank (Eitemal) en mnr. Stephen Eyssen.Op 5 November 1932 het die Liederebundel-komitee sy eerste vergadering gehou en is daar met die opstel van die FAK-Volksangbundel begin. Dit was geen geringe taak nie, en baie probleme het opgeduik. Intussen het dit bekend geword dat 'n uitgewersfirma, J.H. de Bussy, van Pretoria, ook met die opstel van 'n soortgelyke bundel besig is. Die firma het die FAK om samewerking genader en het o.m. onderneem om die druk- en verspreidingskoste te dra. Hierdie voorstel is goedgunstig aanvaar, en so is die voltooiing van die FAK-Volksangbundel aansienlik bespoedig.
Met groot vreugde is die eerste eksemplare van die FAK-Volksangbundel amptelik op die FAK-kongres in Julie 1937 in Bloemfontein in ontvangs geneem. Op gepaste wyse het dr. A.J.R. van Rhijn namens die FAK by hierdie geleentheid gesê: “Hierdie bundel gaan baie beteken en sal van ons 'n singende volk maak. Ek beskou dit as een van die groot bakens wat die FAK in sy reusetaak ingeplant het. As die FAK niks anders sou doen nie, dan het hy al met hierdie bundel 'n monument opgerig wat ewig sal staan."
Sedertdien het die Sangbundel een van die bekendste Afrikaanse publikasies geword, het dit twee nuwe uitgawes en talle herdrukke beleef en is daar met insluiting van 'n volledige woorde-uitgawe sowel as 'n verkorte woorde-uitgawe, genoem die FAK-Feessangboekie, etlike honderdduisende eksemplare versprei.
In 1979 verskyn as deel van die FAK se halfeeufeesviering en onder leiding van prof. Anton Hartman, voorsitter van die redaksiekomitee, 'n vierde uitgawe wat heelwat van sy voorgangers verskil, aangesien daar nou baie meer oorspronklike Afrikaanse liedere opgeneem is en die ou liedere se woorde en musiek met groot nougesetheid hersien is.
1900: SLAG BY ROOIWAL
KULTUURDAGBOEK 7 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Roodewal, soos dit in die Tweede Vryheidsoorlog bekend was, is 'n spoorwegstasie in die Koppies-distrik, 55 km noord van Kroonstad op die pad na Vereeniging. Hierdie stasie het eensklaps bekend geword toe genl CR de Wet 'n Britse voorrade trein en talle Engelse troepe daar krygsgevange geneem en 'n enorme voorraad ammunisie en proviand vernietig het.
Die skade wat Brittanje hier gely het is op ongeveer 750 000 pond geskat. Die geveg het die oggend vroeg begin toe De Wet die stasie met 80 man en 'n Krupp-kanon genader het.
1898: FW REITZ WORD STAAT- SEKRETARIS VAN ZAR
KULTUURDAGBOEK 7 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Francis William Reitz, eertydse Staatpresident van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, is op hierdie dag as Staatsekretaris van die ZAR beëdig nadat dr WJ Leyds dié pos in Mei 1898 ontruim het om as buitelandse gesant die belange van die Republiek, wat in groot spanning met Brittanje verkeer het, te gaan behartig.
Nadat Reitz in Desember 1895 om gesondheidsredes as President van die OVS bedank het, het hy sodanig herstel dat hy in Julie 1897 as advokaat in Pretoria gaan praktiseer. In Maart 1898 is hy tot vyfde strafregter van die Republiek benoem en drie maande later as Staatsekretaris.
Die Staatsekretaris het 'n baie belangrike plek in die regeringstelsel van die Republiek gehad.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (13)
Soos meeste mense wat met ‘n skielike krisis gekonfronteer word, weet Jopie Marais nie wat om te doen nie. Wat hy wel van seker is, is dat die polisie nie sal verstaan nie, dat hulle hom summier sal arresteer en dat hy ’n groot deel van sy lewe agter tralies gaan deurbring.
Die man was ongewapen, behalwe vir die mes waarmee hy die skaap keel-af gesny het, so hy kan nie werklik selfverdediging pleit nie. Die feit dat dit al die soveelste skaap is wat hy verloor en in woede opgetree het, sal nie die regter of landdros oortuig dit was in ‘n oomblik van waansin nie. Kyk maar wat het met ou Oscar gebeur.
Ook soos meeste mense, soek hy onmiddellike uitkoms. Nie ver van hom af nie, so dertig meter is ‘n diep skeur in die rotswand. Hy sleep die skraal liggaam daarheen en laat dit daar inval. As hy afkyk en mooi soek, kan hy net-net die lyk sien. Hy gooi groterige klippe en selfs ‘n rots wat hy aanrol, daaroor en na veertig minute se sweet is die liggaam vir alle praktiese doeleindes onsigbaar.
KULTUUR- DAGBOEK 6 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1488: Die Portugese seevaarder, Bartolomeu Dias se triomfantelike reis om die suidpunt van Afrika het bykans sewentien maande geduur (Julie 1487 tot Desember 1488). Op 6 Junie was hy by Kaappunt. Dias het nie alleen sowat veertienhonderd myl nuwe kuslyn ontdek nie maar sy grootste prestaie lê daarin dat die suidpunt van Afrika vir die eerste keer omseil is en dat die seeweg na die Indiese Oseaan ontdek is. Hy maak dus Suid-Afrika aan Europa bekend. Dias plant ook twee klipkruise as die eerste Europese Christelike bakens op Suid-Afrikaanse bodem: by Kwaaihoek naby Boesmansriviermond in Maart 1488, en daarna in die omgewing van Kaappunt op 6 Junie. Die naam Kaap van Goeie Hoop is van Dias afkomstig.
2. 1652: Die eerste blanke kind is op hierdie dag aan die Kaap gebore. Bernert Willemsz Wijlant se ouers was ook die eerste bewoners van die Kasteel. As sieketrooster was sy vader verantwoordelik vir die geestelike welsyn van die gemeenskap en as sodanig het hy Sondae, in die afwesigheid van 'n predikant, 'n preek uit 'n preekboek voorgelees, saans na ete 'n gebed gedoen en enkele verse laat sing, die kategese vir die jeug behartig, siekes besoek, hulle in hulle beproewing bygestaan, en ander pastorale werk verrig. Hy kon egter nie die sakramente bedien en huwelike kerklik bevestig nie.
ISRAEL DRUK VSA VIR NOG OORLOG
Deur Kurt Nimmo, 'n joernalis, skrywer en geopolitieke ontleder, Nieu-Mexiko, Verenigde State.
Die moord op Iran se Opperleier verteenwoordig 'n nuwe fase in die erosie van die internasionale norm teen sluipmoord.
Op 28 Mei is aan Substack berig dat "Israel privaat by die VSA Departement van Oorlog lobby om Iran se hoofonderhandelaar, parlementspeaker Mohammad Bagher Ghalibaf, te vermoor en die oorlog te herbegin met 'n nuwe rondte aanvalle wat die land se olie-infrastruktuur teiken”, volgens 'n geklassifiseerde verslag wat hierdie week binne die Amerikaanse intelligensiegemeenskap sirkuleer.
Israeliese amptenare was duidelik dat hulle die VSA-Israeliese bomaanvalveldtog wil herbegin en het gedreig om die Iranse Opperleier, Ayatollah Mojtaba Khamenei, wat sy vader, Ali Khamenei, vervang het nadat Ayatollah op 28 Februarie, die eerste dag van die oorlog, deur 'n Israeliese aanval dood is, te vermoor.
MOORDPLAN OP MENSDOM KRY VLERKE
Nicolas Hulscher, MPH, Epidemioloog en Stigtingadministrateur, McCullough-stigting
Google wil een van die grootste opelug biologiese eksperimente in die VSA se geskiedenis uitvoer, wat onomkeerbare ekologiese ontwrigtings kan veroorsaak. Hierdie plan is amptelik bekend gemaak op 1 Junie 2026. Die openbare kommentaarperiode op die EPA-voorstel eindig vandag,Vrydag 5 Junie.
Gisteraand het ek by NEWSMAX aangesluit om Google se skokkende plan te bespreek om 64 miljoen laboratoriumgekweekte, Wolbachia-besmette muskiete in woonbuurte regoor Florida en Kalifornië vry te laat. Die moordplan word onderneem onder die vaandel van 'n manier om muskietbevolkings te onderdruk en die oordrag van die Wes-Nyl-virus te verminder.
1893: VIERDE RAADSAAL INGEWY
KULTUURDAGBOEK 5 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
DIE VIERDE RAADSAAL VAN DIE VRYSTAATSE RAADSAAL VAN DIE VRYSTAATSE REPUBLIEK WORD INGEWY
Die Volksraad van die Republiek van die Oranje-Vrystaat het om 10:00 in die derde Raadsaal in die Ou Goewermentsgebou byeengekom en is vandaar in 'n optog na die nuwe Raadsaal.
Die optog is gevolg deur die Artellerie-orkes.
Na die opening het die gehoor met groot geesdrif die Vrystaatse volkslied gesing.
Die vierde Raadsaal was die juweel in die Vrystaatse boukuns. Dit is gebou in die Renaissance-boustyl: die Griekse en Romaanse boustyle gee die indruk van 'n monument. Dit is veral waar van die trotse en dominerende vooraansig.
1928: YSTER- EN STAAL- NYWERHEIDS- WET AANVAAR
KULTUURDAGBOEK 5 JUNIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
SO UITSTEKEND HET SUID-AFRIKA ONDER BLANKE BEHEER GEVAAR!
Met die aanvaarding van die Yster- en Staalnywerheidswet (Wet nr 11 van 1928) het die Nasionale Regering van genl JBM Hertzog statutêr die weg gebaan vir die totstandkoming van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalindustriële Korporasie Beperk (Yskor).
Die doel was om yster en 'n reeks staalprodukte uit inheemse grondstowwe te produseer en Suid-Afrika selfstandiger te help maak. Dit het veral aan die Afrikaner nuwe arbeidsgeleenthede gebied in 'n tydperk toe baie Afrikaners in moeilike ekonomiese omstandighede en groot geldelike nood was.


