Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Moenie kla oor die vuuroond in jou lewe nie. Miskien wil die Here jou vir iets groots gebruik. Vertrou Hom tot die dood toe!
ALBERT EINSTEIN
“Twee dinge is oneindig: die heelal en menslike domheid; en ek is nie seker oor die heelal nie..."
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (1)
Terry Virgo
Dawid: 'n man na God se hart
"Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen."— Handelinge 13:22
Die geskiedenis van Dawid en Goliat is seker een van die opwindendste verhale in die hele Bybel. Selfs mense wat weinig of niks van die Christendom of van Christenskap af weet nie, ken die verhaal van die onverskrokke jong, lsraeliet wat die reus van Filistea verslaan het.
Dis 'n drarnatiese verhaal. 'n Jong man verskyn onverwags, byna uit die niet, op die toneel waar 'n hele leer lamgelê word deur 'n enkele vyandelike soldaat. Met'n vreesloosheid wat aan dwase onverskilligheid grens, daag hy die vyand uit en stap hom dan met die primitiefste wapen van die tyd tegemoet. En so verslaan hy met daardie einste wapen die veteraan van die slagveld en verander sy volk se neerlaag in 'n klinkende oorwinning.
KULTUUR- DAGBOEK 22 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1896: Die eerste uitgawe van Ons Klyntji, eerste tydskrif in Afrikaans, verskyn met ds SJ du Toit as redakteur. Dit bestaan tot 1906. die leuse op die voorblad is: "Klyn begin – anhou win."
2.1907: Die Transvaalse regering aanvaar wetgewing wat die immigrasie van Indiërs beperk. Dit lei tot protesoptredes gelei deur Mohandas Karamchand Ghandi, hierna geestelike en politieke leier in Indië.
JEUGDAG, SHARPEVILLE, CATO MANOR...
Jeanette Koekemoer
Dit is goed om die waarheid oor hierdie herdenkingsdae te lees want in die hoofstroom van ons liberale media sal dit nie gevind word nie. Agter elkeen van hierdie gebeurtenisse is barbarisme aan die orde van die dag, en nie komende van die destydse polisie soos dit in die media uitgemaak word nie maar onder die swart massas wat meestal gedryf word deur drank en dwelms met 'n gees van boosheid en vernietiging.
Die sestiger- en sewentigerjare het 'n paar uitstaande gevalle van swart oproere opgelewer en dis goed om die aanloop vanaf 1960 in perspektief met vandag se viering van die sogenaamde jeugdag in herinnering te bring. Die lyn regdeur word gekenmerk aan die wanorde, barbaarsheid, vernielsug en moord uit die midde van die swart massas, terwyl die polisie deurentyd die skuld vir die gevolge van die oproere gekry het. Die roeringe in die midde van die swartes self was die groot oorsaak vir baie van die oproere wat voor die blankes se deur gelê is, soos die splitsing wat in 1960 binne die ANC plaasgevind het.
GEORGE BERNARD SHAW
Gesonde verstand is nie 'n geskenk nie, dis 'n straf, want jy moet met almal handel wat dit nie het nie.
KULTUUR- DAGBOEK 21 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1881: Ná die Eerste Vryheidsoorlog word daar oor vrede tussen die ZAR, (Kruger, Joubert en Pretorius) en Brittanje in RC O'Neil se huis naby Majuba onderhandel. Dit sou lei tot die Konvensie van Pretoria op 3 Augustus.
2. 1990: Suidwes-Afrika word losgemaak as deel van Suid-Afrika ná verraad deur die Suid-Afrikaanse regering. Walvisbaai bly voorlopig deel van Suid-Afrika tot dit ook op 1 Maart 1994 aan die Republiek van Namibië oorhandig is.
ALBERT EINSTEIN...
Die verskil tussen domheid en genialiteit is dat genialiteit sy perke het.
KOGNITIEWE AGTERUITGANG IN ’N WÊRELD VAN KI...
... IS DIT DIE VOLLE VERHAAL?
Prof. Ludi Koekemoer
DIE ARGUMENT
Prof. Jared Horvath van die Harvard Universiteit in die VSA, het die impak van digitale tegnologie en Kunsmatige Intelligensie op kognitiewe vermoë nagevors. Hy het gevind dat jongmense en swaargebruikers van KI,’n afname in kognitiewe vermoë toon. In kort: hulle word dommer omdat kritiese, hoërvlak-redenering deur KI vir hulle gedoen word. Hy noem Gen Z’s “’n skare zombies wat aan hul skerms vasgeplak is”.
Prof. Jonathan Haidt van die UNY Stern School of Business stem hiermee saam. Hy het bevind dat die jaar waarin die VSA se handboeke met tablette en skootrekenaars vervang is, ook die jaar is waarin toets- en eksamenuitslae begin daal het. En dit daal steeds.
KOM ONS KNIEL VOOR HOM IN AANBIDDING!
Anita Joubert
“Daarom kniel ek in gebed voor die Vader aan wie die hele gemeenskap van gelowiges in die hemel en op die aarde sy bestaan te danke het” (Efes. 3:14-15).
Nederigheid is die heerlikheid van Jesus Christus, ons Here!
Toe die stem soos die geluid van ʼn trompet met Johannes gepraat het en hy meteens voor die troon van God gestaan het, het hy gehoor hoedat vier engele dag en nag, sonder om te rus, sê: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.”
Hy het ook gesien dat elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, wat tot in ewigheid lewe, dan kniel die vier en twintig ouderlinge voor Hom wat op die troon sit, en aanbid Hom wat tot in ewigheid lewe. Hulle sit dan hulle krone voor die troon neer en sê:
‘N LIEFDE VIR GOD EN SY GEBOD
Hannes Ollewagen
Ps. 119:97-104
“Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig.” (:97&98).
Ons is seker almal bekend met daardie spontane glimlag wat gedurig op die gesig van ’n verliefde te sien is. Met gereelde tussenposes dwaal die verliefde se gedagtes na die persoon wat hom/haar so bekoor. Dit is asof ’n mens dit net nie kan help nie en wie sou buitendien hierdie soete gedagtes wou verhinder! En is hierdie dwalende gedagtes nie ’n aanduiding van waar die hart van hierdie verliefde persoon is nie, ongeag waar hy of sy hom- of haarself fisies bevind? En teen hierdie agtergrond verstaan ons die Psalmdigter se liefde vir God en sy wet beter. Hierdie wet van God is vir die Psalmdigter só ’n soete gedagte en só ’n kosbare kleinood dat sy gedagtes gedurig daarheen dwaal en totaal daarmee gevul is.
KULTUUR- DAGBOEK 20 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1751: Ryk Tulbach volg sy swaer Hendrik Swellengrebel op as goewerneur aan die Kaap.
2.1950: Daniël Cornelis Boonzaaier, eerste amptelike spotprettekenaar in Suid-Afrika verbonde aan 'n koerant, is in Kaapstad oorlede. Hy was die kunstenaar Gregoire Boonzaaier se pa.
3.1982: Die Konserwatiewe Party (KP) word onder leiding van dr Andries Treurnicht in die Skilpadsaal in Pretoria gestig.
DS JF NAUDÉ
DS JF NAUDÉ
20 MAART 1873
Jozua Francois Naudé is in Middelburg, Kaap, gebore. Ná sy opleiding as onderwyser in Kaapstad, gee hy onderwys aan die Goeie Hoopskool in Germiston. Gedurende die Engelse Oorlog is hy veldprediker, veral by generaal Beyers, op wie hy 'n sterk invloed uitoefen. Sy oorlogservarings en belangrike foto's publiseer hy daarna in sy boek Vechten en Vluchten.
Ná die oorlog word hy predikant van die NG Kerk en staan in die volgende gemeentes: Roodepoort, Piet Retief en Graaff-Reinet. As skriba van die Transvaalse Sinode, skryf hy die eerste notule in Afrikaans. Hy was ook lid van die Kommissie vir die Afrikaanse Bybelvertalling en het hom van harte aan die bevordering van Afrikaans gewy.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (3)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
Twee vryheidsoorloë
Die Groot Trek het weliswaar twee onafhanklike republieke aan die Afrikaner besorg, maar dit het ook verwydering tussen die Afrikaners in Suid-Afrika gebring. Slegs familiebande het hulle gebind, want daar was geen sprake van politieke eenheid of van ’n saambindende nasionalisme nie. Prikkels van buite sou nasionalisme egter aanwakker.
PRIKKELS VAN NASIONALISME
In die Vrystaat was dit die bedreiging van die Basoeto’s en die oorloë wat teen hulle gevoer is, wat ’n mate van saamhorigheid onder die Vrystaters bewerkstellig het. In Transvaal was daar nie so ’n prikkel nie. In Natal en die Kaapkolonie het die Afrikaners gevaar geloop om te verengels. Britse optrede sou die prikkel verskaf vir die ontwikkeling van Afrikanernasionalisme dwarsdeur Suid-Afrika.
AL ONS VYANDE LIEFHÊ?
Ds A.E. van den Berg
Die saak van jou vyande lief te hê en met hulle te versoen, is baie meer ingewikkeld as wat baie christene oor die algemeen dink.
God gee aan gelowiges opdragte in sy Woord. Sy opdrag om jou vyand lief te hê, is seker een van die allermoeilikstes. In Matt.5:44 hoor ons Jesus sê: “Julle moet julle vyande liefhê; seën die wat hulle vervloek, doen goed aan die wat julle haat, en bid vir hulle wat julle beledig en julle vervolg”.
Die vraag is of ons alle vyande ongekwalifiseerd moet liefhê? Indien wel, weerspreek die Bybel hom. In Ps.139:21,22 lees ons die volgende woorde: “Here, sou ek nie diè haat wat U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my”. Die Bybel weerspreek hom defnitief nooit. Die Bybel moet net reg verstaan word.
19 MAART 1906: DIE AFRIKANER WIL GRAAG VOORTLEEF!
KULTUURDAGBOEK 19 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
"Dit is asof die Here ons patriotisme noudat ons uitgeroei is, beproef om te sien hoe sterk ons nasionaliteit is. Weet dit: as God u as Afrikaners in die wêreld gebring het, verwag hy ook dat u as Afrikaner sal sterf." Só het genl Beyers, volgens 'n berig op hierdie dag in De Volkstem in Pretoria gesê. Dit was kenmerkend van verskeie uitsprake deur politieke en kerklike leiers in die donker jare net na die Tweede Vryheidsoorlog oor die Afrikaner se wil om voort te leef.
Ds HS Bosman sê in sy groeteboodskap van die Transvaalse Kerk aan die Kaapse Sinode: "Ons Kerk is onder maar niet dood... ons volk is onder maar niet dood."
Ds HC de Wet: "Wij blijven Afrikaners!"
En genl CR de Wet, die vasberade bittereinder, het met pres Kruger se begrafnis op 16 Desember 1904 gesê: "Onze plicht is het te strijden voor de toekomst".
Dit is deur manne soos hierdie dat ons vandag hier is maar sal ons nou en die komende tye ook hierdie wil om te leef openbaar of het ons reeds gekapituleer onder die kommunistiese swart regime?
KULTUUR- DAGBOEK 18 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1883: Thomas Hugo le Roux, gebore op Worcester, was 'n taalgeleerde wat groot invloed op Afrikaanse taalkunde uitgeoefen het. In 1959 ontvang hy 'n eredoktorsgraad van Unisa. In sy 51 jaar as lid van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns lewer hy 'n reusebydrae oa in reëls vir korrekte skryfwyse in Afrikaans.
2. 1834: Maria Margaretha Koopmans-De Wet, Kaapse ondersteuner van die republikeine tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is in Kaapstad gebore. Die Koopmans de Wet-huis in strandtraat 23, Kaapstad, waar sy voorrade vir die burgers van die republieke geberg en versteek het, is sedert 1940 'n nasionale monument en museum.
3. 1880: 'n Groot Afrikaner-volksbyeenkoms word by Kleinfontein gehou – lees daaroor by VOLKSBYEENKOMS BY KLEINFONTEIN
4. 1950: Die Universiteit van die Oranje-Vrystaat word gestig – lees daaroor by OVS-UNIVERSITEIT GESTIG
OVS- UNIVERSITEIT GESTIG
18 MAART 1950: STIGTING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE ORANJE-VRYSTAAT
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds in 1896 het pres MT Steyn die ideaal van 'n selfstandige universiteit vir die Vrystaat gekoester. In 1899 besluit die Volksraad om in samewerking met die ZAR 'n eie republikeinse inrigting vir hoër onderwys tot stand te bring. Die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog sou die verwesenliking van hierdie ideaal egter verhinder.
Intussen het dr Johannes Brill, rektor van die Greykollege, verskeie van sy matrikulante vir die Intermediêre Eksamen van die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop opgelei, wat die grondslag gevorm het vir die stigting van die Grey-Universiteitskollege in 1904 deur die Oranjerivier-Kroonkolonieregering.
VOLKSBYEEN- KOMS BY KLEINFONTEIN
18 MAART 1880
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op die volksbyeenkoms by Wonderfontein op 10 Januarie 1879 het die Transvaalse burgers dit duidelik gestel dat hulle hul nooit gewillig aan Britse gesag sou onderwerp nie. Piet Joubert is daarop deur die burgerkomitee na Natal afgevaardig om die Britse Hoë Kommissaris, sir Bartle Frere, wat hom op daardie tydstip aldaar bevind het, oor die Transvalers se gevoelens in te lig. Joubert moes egter onverrigter sake terugkeer, want Frere het openlik verklaar dat, ofskoon hy bereid is om 'n "liberale" grondwet aan Transvaal toe te ken, daar geen sprake was van 'n terugkeer tot die toestand vóór die anneksasie nie. Hy was egter bereid om na Transvaal te kom om hom persoonlik op die hoogte van sake te stel.
Gevolglik is 'n volksvergadering op die plaas Kleinfontein vir 18 Maart belê, wat deur tussen vier- en vyfduisend burgers bygewoon is. By sy aankoms is Frere deur die Boerevoormanne te perd tegemoet gery en na die tent van die burgerkomitee begelei.
UIT GENADE ALLEEN
Mense word deur al die eeue nog altyd uit genade gered.
Anita Joubert
Het jy ook gedink dat die Israeliete hulle redding moes verdien deur wetsonderhouding en die bring van offers aan God? Kom ons kyk wat sê die Bybel.
In Johannes 8:56 tot 58 het Jesus aan die Jode gesê:
56 Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly.
57 Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien?
58 Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.
KULTUUR- DAGBOEK 17 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1863: Dr Frans Vredenrijk Engelenburg, advokaat, kultuurleier, dryfkrag agter De Volkstem (1890-1938), korrespondent van die Nieuwe Rotterdamsche Courant tydens die Tweede Vryheidsloorlog, adviseur van pres Kruger en stigterslid van die Zuid-Afrikaansche Akademie voor Taal, Letteren en Kunst, is in Armhem, Nederland, gebore. Sy huis teen Meintjeskop in Pretoria waar die kantore van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gehuisves word is vandag 'n museum. Maria Margaretha Koopmans-De Wet, kultuurleier en republikeinse ondersteuner in die Kaapkolonie, was sy tante aan moederskant.
2. 1820: Die eerste Britse Setlaars kom met die skepe Nautilus en Chapman in Tafelbaai aan.
3. 1890: Die eerste spoorlyn in die ZAR word geopen. Dit verbind Johannesburg met Boksburg.
4. 1951: Die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys verkry volwaardige universiteitstatus – lees daaroor by PUKKE VERKRY STATUS