Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Neem 'n besluit: Die HERE het jou toevertrou met sekere besittings – daardie wat jy nie meer kan gebruik nie kan jy vir jou behoeftige volksgenote gee. Doen dit, pak dit in en gaan gee dit vir hulle, die winter is hier en jy kan daarsonder klaarkom!
1902: OORWINNING BY YSTERSPRUIT
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op die oggend van 25 Februarie 1902 is ‘n verrassingsaanval deur genls JH de la Rey, PJ Liebenberg, JCG Kemp en JG Celliers op ‘n Britse konvooi onder bevel van kol Anderson by Ysterspruit in die omgewing van Klerksdorp gedoen.
Verwarring het gevolg, en aan Britse kant is 53 gedood, 130 gewond en sowat 500 krygsgevange geneem, terwyl al hulle geskut en ‘n groot hoeveelheid ammunisie ook in Boerehande geval het.
DIE GEBOD VAN LIEFDE
Hannes Ollewagen
Jak. 2:1-13
“As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself — dan doen julle goed.” (:8)...
... Die wet van die Koning van alle konings. Die wet van liefde. Daardie volmaakte wet wat op ons ’n groter verantwoordelikheid lê, maar ’n veel ligter las, hierdie belangrike wet wat telkens deur Christus onderstreep is. “Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.” (Matt. 22:36-40).
1968: RAU OPEN
KULTUURDAGBOEK 24 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Randse Afrikaanse Universiteit het tot stand gekom ingevolge Wet nr. 51 van 1966, waarin die RAU omskryf is as Afrikaans in gees en karakter, en dat die beginsels vervat in Randse Afrikaanse Universiteit die aanhef van die Grondwet van die Republiek aan die RAU gehandhaaf sal word.
Die universiteit is op 24 Februarie 1968 amptelik geopen. Sy eerste kanselier, dr. N. Diederichs, is ingehuldig, nadat die eerste 741 studente hulle op 3 Februarie begin inskryf het en die eerste lesings op 13 Februarie aangebied is.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Behalwe vir die gedruis van die enjin se uitlaatstelsel en die gesuis van wind, is dit stil in die Jeep. Darius kyk skuinsweg na Robyn, en sien haar tande is so hard op mekaar gekners, dat die spiere in haar wange en kaak bult en spring. Hy weet genoeg van haar agtergrond om te besef hierdie was nie haar eerste geveg nie, net soos dit ook nie syne was nie. Tog het dit iets diep in haar geraak en sy dra nou die emosionele gevolge daarvan. Net sosiopate, psigopate (wat die verskil ook al mag wees, en psigote – waar die sielkundige lyne ook verdof, hou nie ‘n stuk trauma oor wanneer hulle nie net onder geweld deurgeloop het nie, maar aktief daaraan deelgeneem het.
1857: OVS VLAG EN WAPEN
KULTUURDAGBOEK 23 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Reeds op 23 Februarie 1854 het die Oranje Vrystaat tot stand gekom, maar sy onafhanklikheid sou eers drie jaar later op ‘n waardige wyse herdenk word. Dié dag het ‘n besondere betekenis en inhoud verkry omdat die Vrystaatse vlag en die staatswapen — simbole van 'n vrye volk – toe plegtig in gebruik geneem is. Nadat ds. Andrew Murray in gebed voorgegaan het, het pres. Boshof 'n indrukwekkende rede gehou waarna die Vrystaatse Vierkleur vir die eerste keer onder 21 kanonskote gehys en ontvou is.
1854: OVS KOM TOT STAND
KULTUURDAGBOEK 23 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Nadat sir Harry Smith die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier tot die Oranjerivier-Soewereiniteit verklaar het, sou die Republikeinse Trekkers met die steun van Andries Pretorius tevergeefs by Boomplaats in Augustus 1848 die gebied probeer herwin. Die Britse gesag is opnuut bevestig, maar dit is halstarrig en onwillig deur die Boere aanvaar.
Ook Mosjesj, die Basoeto-opperhoof, het in vyandskap met die gebied geleef en die Britse resident, maj. H.D. Warden, het dit moeilik gevind om die Basoeto's se roofaanvalle op die blankes te bekamp. Hy het sake vir homself nog moeiliker gemaak deur hom voortdurend in te meng met die onderlinge twiste tussen die inboorlingkapteins en ander stamme in die gebied.
LAAT JOU BEKER OORLOOP
Ds A.E. van den Berg
“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê;....hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin” (Joh.16:33).
Toe Konstantinus, pa van keiser Konstantyn die Grote, in Rome die staatkundige mag ontvang het, was daar baie Christene aan sy hof. Hy vaardig toe 'n bevel uit dat alle Christene hul geloof moes afsweer om hul werk te behou. Baie het dit toe afgesweer waarna hy almal van hulle afgedank het en diegene wat dit nie gedoen het nie hul werk laat behou het. Dit was sy toets vir lojaliteit. “As julle aan Christus nie getrou is nie, hoe sal julle aan my getrou kan wees”, het hy gesê.
1707: STRYD TEEN W.A. VD STEL GEWEN
KULTUURDAGBOEK 22 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die inwoners van Stellenbosch is in die nag van 22 Februarie 1707 uit hul slaap gewek deur 'n jong man wat te perd deur die stil strate gejaag en die lug laat weergalm het met die kreet “Victorie, Victorie!!" Die gerug het die burgers bereik dat hulle die stryd teen die omstrede goew. W.A. van der Stel en sy hoë amptenare gewen het, en dat die goewerneur uit die Kaapkolonie verban is.
1707: Hendrik Bibault: “IK BEN EEN AFRICAANDER”
KULTUURDAGBOEK 22 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die oorwinning oor Van der Stel het nie sonder uitbundige vreugde gepaard gegaan nie. Vier jong mans van Stellenbosch het te perd deur die strate van die dorp gejaag en onder die invloed van drank by die meule moles gemaak deur die graanbakke rond te gooi en die meulenaar uit te skel. Landdros Starrenburg, wat op die lawaai afgekom het, het twee van die jong mans met 'n rottang bygekom, waarop een, Hendrik Bibault, geskreeu het: “Ik wil niet loopen, k'ben een Africaander."
1877: TOTIUS GEBORE
KULTUURDAGBOEK 21 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jacob Daniel du Toit (Prof. J.D. du Toit) is meer bekend onder sy digtersnaam Totius — die naam wat sy studentevriend, B.J. Esser in 1901 in Amsterdam aan hom gegee het. Sy lewe, wat op hierdie dag in 1877 in die Paarl 'n aanvang geneem het, vind 76 jaar later 'n graf in Potchefstroom.
'n Buitengewoon vol lewe: skitterende student, Kaapse rebel saam met die Boeremagte, 'n predikant, 'n professor in Teologie, 'n Bybelvertaler, 'n volksman, kerkman, 'n Psalmberymer, 'n taalstryder, 'n digter... onder sy eie mense en oorsee geniet sy werk groot erkenning; nege doktorsgrade word aan hom toegeken! Dr. J.D. Kestell noem hom op 'n keer namens die volk: “Ons innige geliefde Totius."
1657: 1e TOEKENNING VAN GROND AAN VRYBURGERS IN KAAP
KULTUURDAGBOEK 21 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op hierdie dag het die eerste “nege vrije luyden" grond aan die Kaap gekry. Die burgers kon hulle eie grond uitkies en is in twee kolonies gevestig, nl. Harmanskolonie en Stevenskolonie. Hulle moes die landbou op vasgestelde voorwaardes bevorder. Die Kompanjie sou aan die Vryburgers plaasgereedskap en trekosse voorsien, en verdere benodigdhede kon hulle op krediet van die Kompanjie koop.
Dit was hulle toegelaat om vrylik handel te dryf met die skepe vanaf die derde dag dat die bote die hawe binnegekom het.
1656: JAN V RIEBEECK SE SEUNTJIE STERF
KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Anthony, die babaseuntjie van Jan en Maria van Riebeeck, het slegs twee maande oud geword. Omdat daar gedurende hierdie tyd geen predikant aan die Kaap was nie, het hy gesterf sonder dat hy gedoop is.
Die sterftesyfer onder jong kinders was in die sewentiende eeu ontsettend hoog.
1937: TOTIUS IN BLOEMFONTEIN GEHULDIG
KULTUURDAGBOEK 20 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1937 besit die Afrikaanse volk reeds die Psalmboek in sy eie taal. Totius was die berymer. Ook met die Afrikaanse Bybel het hy die leeue-aandeel gehad. Kerk en volk is innig dankbaar, en die FAK neem die voortou om hierdie dank te bewys.
En so word 1937 die jaar van die Totiusfeeste met die hoogtepunt in die stadsaal van Bloemfontein op 20 Februarie. 'n Skare van 2 000 vul die saal van hoek tot kant, en vader J.D. Kestell voer namens die volk die woord. Aangrypend is Die Volksblad se berig:
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Cry havoc and release the dogs of war!” In die toneelspel: “Julius Caesar” (William Shakespeare) roep Julius hierdie opdrag uit. “Cry havoc” was ‘n militêre bevel waardeur soldate toegelaat word om te buit en te verniel, en die “dogs of war” is ‘n metafoor vir soldate, wapens en dui op die brutaliteit van konflik.
Aan die einde van meer as dertig jaar van ANC-regering staan die slagordes opgestel. Die afgelope jaar of twee het dinge vir die regerende party baie akuut geword, met interne struwelinge, ‘n lafhartige president en ‘n aantal moontlike opvolgers wat soos Oom Bartel destyds gesê het: “From badder to worserer” was.
1856: VRYSTAATSE ONAFHANKLIK- HEIDSDAG TOT FEESDAG VERKLAAR
KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Aangesien die onafhanklikheid van die Vrystaatse Republiek in 'n sekere sin op die inwoners van die gebied afgedwing is en 'n gedeelte daarteen geprotesteer het, was daar met die ondertekening van die Bloemfontein-konvensie op 1854 naas 'n klompie kanonskote nie van feesvieringe sprake nie. Ook die Republiek se eerste verjaarsdag het ongemerk verbygegaan, maar op 19 Februarie is besluit dat al die aanstaande “Zaterdag, de 23ste Februaij, gevierd zal worden als een publieke feestdag, ter herinnering van den vrijdom van onzen Vrijstaat en dat het in vervolg jaarliks zal worden gehouden." Ondanks dié besluit, is geen besondere feesprogram afgehandel nie, want selfs die Volksraad het op daardie dag met sy gewone werksaamhede voortgegaan. Eers die volgende jaar sou 23 Februarie as feesdag tot sy reg kom.
1730: JAN DE LA FONTAINE WORD GOEWERNEUR VAN KAAP
KULTUURDAGBOEK 19 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Kaapse koloniste het op hierdie dag met blydskap verneem dat Jan de la Fontaine die nuwe goewerneur aan die Kaap sou wees nadat hy reeds 20 jaar getroue diens aan die Kompanjie gelewer het. Hy het die agting en liefde sowel van die burgers as van die amptenare aan die Kaap geniet.
BROKKIES UIT DIE BOEK: DARIUS PRINS – STAATSVYAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die grootste vyand van die georganiseerde staat is onafhanklike denke.
Daar is min ander geleentheid as wanneer ‘n mens so diep in jou gedagtes kan insak wanneer jy ver ry. Darius hou die pad dop, wat nou in lang ente verlate is, behalwe vir die voertuie agter hom, natuurlik. Hy sal onwillekeurig kort-kort na die meters kyk – die oliedruk, hitte, ammeter, spoed en so af en toe na die toere of rewolusies. Daar is genoeg om te doen sodat jy nie aan die slaap raak nie, maar min genoeg dat jou gedagtes die loop kan neem.
1902: KMDT GIDEON SCHEEPERS TERREGGESTEL
KULTUURDAGBOEK 18 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op die ouderdom van sestien het Gideon Jacobus Scheepers tot die Transvaalse Artillerie in Pretoria toegetree. Vanaf 1894 dus sou hy in militêre kringe beweeg. Hy was skrander, fier, bekwaam en baie gewild. Die manne het hom Die Springbok van die Hoëveld begin noem.
Scheepers is opgelei as heliograaf deur luit. Paul C. Paff, en sy skoolonderrig het onder maj. Thomas Kroon voortgegaan. Heliografie is 'n metode van kommunikasie met sonligflitse, en Gideon was spoedig so behendig in die stuur en lees van boodskappe, soms oor groot afstande, en hy soveel aandag getrek het dat maj. Richard Albrecht van die Vrystaat-Artillerie vir pres. Kruger gevra het of hy Scheepers kan leen om sy jong manne op te lei.
WEES IN ALLES DANKBAAR
Hannes Ollewagen
1 Thes. 5:12-28
“Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.” (:18).
As gelowiges in Christus behoort ons primêre fokus te wees om die wil van God te doen. Maar hoe sal ons die wil van God ken? Hy openbaar dit aan ons deur sy Woord. Dit is vir ons duidelik uit Heb. 1:1&2 sowel as Joh. 1:1-3. “NADAT God dikwels en op verskeie wyses in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun wat Hy as Erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.” “IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.”
1838: BLOUKRANS- MOORDE
KULTUURDAGBOEK 17 FEBRUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Voortrekkers in Natal het in Februarie 1838 op Piet Retief se terugkeer van Dingaan of gewag. Retief het 'n ooreenkoms om grondgebied finaal gaan beklink. Maritz se mense het langs die Boesmansrivier naby die huidige Estcourt gestaan. Retief se mense was by Moordspruit, Bloukransrivier en Doornkop (vandag naby Chieveley), saamgetrek; andere by Malanspruit.
Hulle was onbewus van die moord op Retief-hulle op 6 Februarie, dog Maritz het onrustig geraak en die groepe op 'n Zoeloe-aanval probeer voorberei. Maar in die oggenddonker is die families Liebenberg, Rossouw en Bezuidenhout uitgewis.