Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die groot sorge wat jou so verteer, wat jou hart so in beslag neem, kom nie van die omvang van die gevaar nie maar van die omvang van jou ongeloof.
1917: SAAMWERK-UNIE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 24 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Onder leiding van adv EG Jansen is die 'Saamwerk-Unie van Natalse vereniginge' in die Gedenksaal van die NG Kerk in Pietermaritzburg gestig. Soos die naam aandui, was dit die doel om die verskillende vereniginge onder Afrikaners in Natal te verenig om sodoende Afrikaners in die provinsie tot hegte en eendragtige optrede aan te spoor. Dit was bo alle twyfel een van die belangrikste gebeurtenisse vir die vestiging van Afrikaans as taal en vir die Afrikaner in Natal.
Op die eerste bestuursvergadering is dit aan mev MM Jansen opgedra om 'n skema vir 'Eksamen in Afrikaans' op te stel. Die skema is deur mev Jansen in September 1917 voorgelê, en so is die eerste eksamen in Afrikaans in Suid-Afrika gebore – wat natuurlik met aanpassings, bestaan het tot Suid-Afrika kommuniste as regeerders gekry het.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (10)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die regering het hulle hoop op die aangekondigde krygswet geplaas, met hulle Derde Mag om totale outoriteit te neem van die land, wat hulle aanvanklike plan was. Hulle het hulle egter misreken met die woede van die burgers, wat hierdie leër letterlik van die aarde weggevee het. Die laaste ding wat die regering wou hê is wet en ordeloosheid, waaroor hulle feitlik geen beheer sou hê nie.
Een groot deel van hulle plan het geslaag en dit is om deur die verval van alle stelsels, desperaatheid te skep en deur hulle polarisasie van rasse, ‘n burgerloorlog te veroorsaak.
Burgeroorloë het, met enkele uitsonderings, ‘n manier om baie lank uitgerek te word. Indien ‘n mens die Koreane as ‘n enkele etniese groep sou beskou, duur die burgeroorlog tussen die Suide en die Noorde daarvan reeds vir 70 jaar, aangesien ‘n amptelike vredesooreenkoms nog nooit bereik is nie.
1842: EERSTE SKOTE TUSSEN BOER EN BRIT IN NATAL
KULTUURDAGBOEK 23 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
By Congella sou die Afrikaner vir die eerse keer met sy bloed sy republikeinse vyheidsideaal teen die Brit verdedig. Ná die wettige grondaankoop van Dingaan vir 'n vaste woonplek in die hartland van Natal, sy verraderlike moord op Piet Retief en sy medeburgers, en die vergelding by Bloedrivier op 16 Desember, sou die Trekkers, ten spyte van Britse teenkanting, al hul kragte inspan om Natalia, hul republiek, te konsolideer. Hulle versoek om as "een vrije en onafhankelijk volk" deur Brittanje erken te word, is egter genegeer. Valse redes is gesoek en aangewend om weer Port Natal te beset, wat die Britse troepe reeds in 1839 om finansiële redes ontruim het.
KULTUUR- DAGBOEK 23 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Stephen Eyssen, Suid-Afrikaanse bariton, komponis, opoedkundige, redaksielid van die erste FAK Volksangbundel en 20 jaar lank lid van die FAK Musiekkommissie, is in 1890 gebore. In 1914 het hy sy bekendste werk, Segelied, geskep. As skoolhoof op Heidelberg het hy in die dertigerjare 'n leidende rol in die musieklewe van Johannesburg, Pretoria en Heidelberg gespeel, dikwels uitgesaai, en ook van die eerste plate van Afrikaanse kunsliedere gemaak.
MY STORIE (FIKSIE)
In my 72e lewensjaar aanvaar ek dat my lyf uiteindelik ’n WhatsApp-groep begin het … en ek is nie meer die admin nie. My ledemate het begin onafhanklik funksioneer. Jy staan nie meer eenvoudig net op nie. Nee. Dis nou ’n volledige bestuursvergadering tussen knieë, rug, heupe, en my een skouer wat sedert 2009 kwaad is oor iets.
My knieë is nou ‘n weervoorspelling-app. Ek stap verby ’n spieël en my knieë sê: “Ons gaan nie draf nie. Moenie eers dink om te kyk na jou tekkies nie anders gaan ons permanent op pensoen.”
Een verkeerde slaap-posisie, en my nek staak pynlik vir drie dae.
My blaas het my reeds gewaarsku: “Ons gaan nou elke 40 minute ’n noodvergadering hou. Dag én nag.”
My oë praat al voor 70 hard met my: ““Ons probeer ons bes. Maar almal het besluit om in die lettergrootte van ‘n mier se eierstok te skryf.”
Slaap ek deesdae effens skeef, gaan een van my arms op mediese verlof.
Intussen probeer my brein nog optree asof alles normaal is. Net gister sê hy vir my: “Kom ons verf die huis!” My lyf se antwoord: “Kom ons sit eerder net stil en kyk hoe ander mense dit op YouTube doen.”
Dis wat ek dan nou deesdae doen – stilsit. Maar as ek wil opstaan, begin die Windows-startup-klanke van voor af: “Ooff”, “Aaah” of “Eish”.
As dit nou so gaan, wat gaan op 80 gebeur – of sal Whattsapp en Windows dan nie meer bestaan nie...
1874: DR DF MALAN
KULTUURDAGBOEK 22 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daniël Francois Malan is op Riebeeck-Wes gebore op 22 Mei 1874. Nadat hy sy studie aan die Stellenbosch Kweekskool voltooi het, gaan hy na die Universiteit van Utrecht waar hy in 1905 promoveer met 'n proefskrif 'Het Idealisme van Berkeley'. Hy word predikant op Heidelberg in Transvaal, later Montagu en ook Graaff-Reinet, waar hy aandag trek as kultuur- en kerkleier en bevorderaar van onderwyssake.
In 1908 en 1911 lewer dr Malan sy beroemde redes, 'Het is ons Ernst', en 'Taal en Nationaliteit'. In 1909 is hy mede-stigter van De Zuid-Afrikaanse Akademie.
KULTUUR- DAGBOEK 22 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Graaf Du Pré Alexander, graaf van Caledon, word in 1807 aangestel as goewerneur aan die Kaap de Goede Hoop.
2. Die Kamer van Koophandel word in 1861 in die Kaapkolonie gestig.
3. Dr DF Malan is op hierdie dag in 1874 gebore. Lees sy lewensverhaal in hoofartikel.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die kinders is skaars uit die motor, toe die skote klap. Hulle hardloop die huis se ruïne binne voordat enigeen van hulle raakgskiet kan word. Elkeen is ongemaklik bewus van die verkoolde oumense aan die punt van die gang, maar hulle het nie ‘n keuse nie. Koot is ook bewus daarvan dat hulle ammunisie beperk is en skiet nie onnodig nie. Tussen hulle het die kinders, skoonkinders en kleinkinders van Rob en Lida drie gewere, en vyf handwapens, maar hulle ammunisie is beperk. Niemand het vooraf begroot vir ‘n lang, of uitgerekte geveg nie.
Die manne in die plantasie weet ook teen hierdie tyd dat hulle raakgeskiet kan word en hou hulle skuil agter die bome en uitgediende plaasimplemente. Na ‘n driekwartier van skote verruil, het een man ‘n ligte vleiswond aan sy linker voorram gekry en dis al. ‘n Onaangekondigde en brose skietstilstand heers tans.
“Dink jy ons kan by die karre kom, sonder dat ons getref kan word?”
“Nee. Ek is ook verbaas dat hulle nie meer op die karre skiet nie. Hulle wil dit seker gebruik.”
KULTUUR- DAGBOEK 21 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Landbouweekblad, gewilde weeklikse tydskrif vir die boer, word deur die Nasionale Pers uitgegee met die hoofkantoor in Kaapstad. Die tydskrif het tot stand gekom in 'n tyd toe die Suid-Afrikaanse boer as gevolg van droogte feitlik op sy knieë was en is ten volle aan die landbou toegewy. Dit was so ingeklee dat hy 'n wye spektrum van lesers van verskeie geslagte en alle ouderdomme sowel op die platteland as in die stedelike gebiede bedien het.
1837: ERASMUS SMIT AS PREDIKANT AANGESTEL
KULTUURDAGBOEK 21 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gebore op 2 Augustus 1778 in Buiksloot, Nederland, is hy van 1786 af in die Aalmoeseniersweeshuis opgevoed. In 1801 het die Nederlandse Sendinggenootskap hom as sendeling opgelei en ingeseën; dit was nie 'n amptelike ordening nie, dus het hy nie die bevoegdheid verkry om die sakramente te bedien nie.
In Oktober 1804 het hy in Kaapstad aangekom en op Bethelsdorp begin arbei.
In Junie 1813 het hy met die dertienjarige Susanna Catharina Maritz, oudste suster van Gert Maritz, in die huwelik getree en 'n sendinginstituut by Torenberg (later Colesberg) aangelê.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Wanneer ‘n mens, ‘n groep mense, of ‘n organsiasie, ‘n sekere brug oorsteek, kan hulle nie weer daarop teruggaan nie. Dis iets soos Hannibal se berge, Caesar se Rubicon, die verbrand van die Romeinse skepe op die strande van Engeland, Luther se 95 stellinge teen die kerkdeur van Wittenberg, of De Klerk se toespraak in 1993.
Die ANC het hierdie brug oorgesteek toe hulle as voormalige terreurorganisasie besluit het om eerder af te breek, as te regeer, 350 jaar se verworwe rykdom te vat en die geld waarmee instandhouding en nuwe projekte aangepak moes word, tussen hulle te verdeel. Miskien was hulle aanvanklike bedoeling nie noodwendig om té veel, té vinnig hiermee voort te gaan nie, maar dit was ‘n verdoemende eenrigtingbrug wat oorgesteek is.
Elke dief of skelm weet dat jy iets moet laat oorbly, al is dit net uit medelye, maar dit was nie vir hierdie party moontlik nie. Die aanloklikheid van duisende miljarde rand was net te veel. Daarby kon nie net die elite hulle sakke vul nie, maar die gulsigheid het te openlik geword, die skuldiges te veel en die buit moes verdeel word om monde stil te kry. Die kraan was oop en die bokant, die kopdeel, gesteel – dit kon nie weer toegedraai word nie.
1916: DIE HUISGENOOT VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 20 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ter inleiding: Die Huisgenoot is aanvanklik begin om die Afrikaner te dien, nie te verraai in die bedeling waarin ons nou leef nie; daarom is dit gepas om sy ontstaan en edel motiewe ten gunste van die Afrikanervolk waarvoor hy deur 'n lang tyd aangewend is voordat NASPERS homself en al sy 'kinders' aan die Afrikaner se volksvyande verkoop het, in ons kultuurdagboek aan te teken.
Die eerste uitgawe van Die Huisgenoot, die oudste Afrikaanse weekblad, verskyn op 20 Mei 1916. Dit was die tweede onderneming van die Nasionale Pers wat in 1915 as maatskappy geregistreer is.
KULTUUR- DAGBOEK 20 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
In hul opmars deur Natal, nadat Ladysmith op 1 Maart 1900 ontset is, sou die meeste Boere na Transvaal terugval maar 'n aantal burgers onder bevel van genl Chris Botha sou na die ooste uitwyk en Buller se magte in die flank lastig val. Lol EC Bethyne se magte is toe gelas om die Boer in die Omgewing van Nqutu, wes van Vryheid, te verdryf.
IMMÁNUEL – GOD MET ONS
Hannes Ollewagen
Jes. 7:1-25
“Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.”
Wanneer ons die hemelvaart van onse Here Jesus Christus gedenk, roep ons weer in herinnering hoedat Hy die aarde verlaat het en na die hemel opgevaar het. Ons dink daaraan hoe oorweldig en selfs verlate sy dissipels dalk moes voel nadat hulle soveel jare bykans elke dag in sy teenwoordigheid geleef het. Maar daarenteen weet ons ook dat hierdie gevoel van verlatenheid hulle wel nie oorval het nie omdat Christus al voor sy hemelvaart aan hulle beloof het om die Trooster, die Heilige Gees, te stuur om by ons te wees. “En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.” (Joh. 14:16&17).
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Hulle gaan nie kom nie, nê?”
Hy staan lank stil voor die venster. Die gordyne is weggeskuif, sodat die laaste donkerte van die aand die buitekant in ‘n veilige ondeursigtigheid laat.
“Nee, ek is nou seker hulle kom nie meer nie.”
“Is dit dan tyd?”
“Ja, Liefste, dis tyd.”
“Kan ons wag tot dit lig is?”
“Ja, natuurlik.”
Lida se liggaam is baie maer en uitgeteer van die tuberkulose, of tering, soos die ou mense dit genoem het. “Consumption” noem die Engels dit en as hy mooi daaroor dink, is dit die regte woord. Die tuberkulose vreet aan ‘n mens, totdat niks oorbly nie, behalwe ‘n leë houer van bene.
1849: ANTI-BANDIETE- BETOGING IN KAAPSTAD
TOE ONS NOG KULTUURTROTS GEHAD HET
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Britse gevangenes het veral vanweë die Ierse onrus drasties toegeneem. Lord Grey, minister van kolonies, het toe besluit dat ook Suid-Afrika voortaan as strafkolonie soos Australië gebruik sal word. Die hele Kaap was in verset toe die besluit bekend geword het. Goewerneur Harry Smith moes net lelik bontstaan maar hy was aan die Kapenaars se kant. Ongeag protesnotas en agitasies het Grey hom doof gehou. Die openbare byeenkoms van 19 Mei 1849 op die Parade wat deur 5 000 mense bygewoon is, het hom eweneens koud gelaat.
Hier is 'n Anti-Bandietebeweging gestig, en die gemoedere het opgevlam. Pamflette is geskryf en talle lede van die Wetgewende Raad, veldkornette en ander burgerlike ampsdraers het uit hulle poste bedank.
Middel 1849 het Grey die Neptune met 288 van hierdie bandiete aan boord na die Kaap gestuur.
KULTUUR- DAGBOEK 19 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Marthinus Wessel Pretorius, Staatspresident van die Oranje-Vrijstaat (1859-1863) en die ZAR (1860-1871), oudste seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius (teenwoordig tydens die Slag by Bloedrivier) en geskiedskrywer, is in 1901 op 81-jarige ouderdom op Potchefstroom in Transvaal oorlede nadat hy erge koue vir twee uur lank verduur het tydens 'ondervraging' deur Britse soldate in die nag op sy huis se stoep.
2. 1849: Lees in hoofartikel oor die anti-bandietebetoging op hierdie dag in Kaapstad.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die eertydse grootwildjagter en skrywer, Robert Ruark het in ‘n gedig hulde gebring aan die geur en smaak van spek in die oggend. Selfs die gehardste teenstanders van die eet van varkvleis kan watertand nader staan as spek op die spyskaart is, veral as die geur daarvan begin rondhang. Dis bloot menslik. Vanaand is die derde maal dat die Kampers Martie se spesiale Bosvarkspek sal beproef. Dis miskien die onbeskrywendste woord daarvoor denkbaar. Nee, hulle sal, soos in die verlede, elke greintjie daarvan afsmul.
Vir die soveelste maal is Nicodemus verwonderd oor die vermoëns en integriteit van die vroue waarmee die groep geseën is. Nie net is hulle intelligent en oopkop nie, maar is net so betroubaar en bekwaam in die gevegte, het uithouvermoë en vasbyt, maar hulle kan ook planne maak.
Waar manne, as hulle op hulle eie gelaat word, sommer net vinnig enigiets sal eet, maak vroue moeite met voorbereiding en die geur van enigiets waarop hulle hulle hande kan slaan.
KULTUUR- DAGBOEK 18 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1774: Van Plettenberg word as Goewerneur van die Kaap beëdig - Joachim Ammema van Plettenberg is op 8 Maart 1739 gebore. In 1767 word hy aan die Kaap as fiskaal aangestel, en na die dood van Tulbach word hy goewerneur aan die Kaap. Op 18 Mei 1774 is hy as goewerneur beëdig. Na 'n versoek van die Oosgrensboere dat 'n magistraatkantoor en 'n kerk aan die oosgrens opgerig word, vertrek hy op 'n uitgebreide reis noord- en ooswaarts om die versoek te oorweeg.
PÊRELS VOOR DIE VARKE
Ds A.E. van den Berg
“Moenie wat heilig is aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor varke nie, sodat hulle dit miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie” (Mat.7:6).
In Mat.7:1 sê Jesus dat gelowiges nie mag oordeel sodat hulle nie geoordeel word nie. Hy sê dit doelbewus – mense dink te stadig en oordeel te vinnig. Adam wat vir Eva die skuld vir sy misstap in die tuin van Eden gegee het, is 'n voorbeeld hiervan. Het Adam dan niks van die vrugverbod geweet nie?
Gelowiges mag nie mense sonder meer veroordeel nie, maar wel diegene wat sondig kragtens die Bybel teregwys asook berispe : “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim.3:16). “Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering geskrywe...” (Rom.15:4).