Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ook tot in julle ouderdom is Ek die HERE, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red – Jesaja 46:4
1865: PRETORIA RIFLE CORPS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Pretoria Rifle Corps onder leiding van Stephanus Schoeman, wat met die rang van kaptein die eerste hoof daarvan was, is as 'n vrywilligerkorps gestig.
Die woord Rifle dui nie op die Engelse begrip van 'n geweer nie maar op die Westley-Richards-doppie-agterlaaier van 1858 – 'n geweer wat gou in Transvaal bekend geword het en spoedig graag gebruik is.
Die doel met die Rifle Corps was om Pretoria en omgewing en ook die staat in die algemeen te beskerm. Daarby sou die lede aan kommando's en noodlydendes voorrade help voorsien.
1976: EERSTE KONFERENSIE VIR KULTUURRADE
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Hoofbestuur van die FAK besluit op 7 November 1975 dat aangesien daar 'n sterk behoefte bestaan om verteenwoordigers van kultuurrade/skakelkomitees as groep saam te trek en om kultuurrade tot groter doeltreffendheid te lei, daar van 1976 af jaarlik 'n Konferensie vir Kultuurrade ten tye van die Algemene Vergadering gehou word.
Die aanvoeling van die Hoofbestuur het geblyk korrek te wees want die belangstelling van kultuurrade het van toe af met rasse skrede van jaar tot jaar toegeneem. Benewens praktiese aangeleenthede van gemeenskaplike belang, is daar jaarliks besin oor 'n gesamentlike jaartaak, byvoorbeeld die behoefte aan Afrikaanse kleuterskole, die werkende vrou en talle volks- en sosiale aangeleenthede wat by hierdie besprekings en beplannings gebaat het.
1939: FAK KONGRES OOR CNO
KULTUURDAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Sedert die stigting van die FAK in 1929 het die vereniging hom uitdruklik uitgespreek vir moedertaalonderwys. Op 'n FAK-kongres wat in Desember 1934 plaasgevind het, het die kultuurvereniging van Hartbeesfontein 'n beskrywingspunt ingedien met die versoek dat die FAK 'n kongres oor Christelik-nasionale onderwys moet hou.
Die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad (ANK) het op sy vergadering in 1938 in Bloemfontein besluit om in 1939 'n volkskongres oor die toekoms van die Afrikaner in die handel te hou. Een van die hooftemas sou ook oor Christelik-nasionale onderwys gaan.
DIE LEWE NA DIE DOOD (4)
Ds A.E. van den Berg
“Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie”. (Romeine 8:38,39)
Baie mense glo dat daar nie werklik 'n hel met 'n ewige vuur is nie, Hulle beskou dit bloot simbolies. Wat glo jy? Simboliek of feitlikheid? Die hel is werklik 'n poel van ewige vuur. Hoe verskriklik sal dit nie wees om getroue kerkgangers eendag in die hel te sien nie! Hoe verskriklik vir ouers om hul kinders, of vir kinders om hul ouers daar te sien nie! Ek kan my aan geen groter droefheid indink as iemand wat die hel met sy vader se gebede op sy voetstappe en sy moeder se trane die ewige verderf betree nie.
KULTUUR- DAGBOEK 6 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1.1822: Lees in hoofartikel toe Engels die enigste amptelike taal geword het.
2. 1836: Lang Hans van Rensburg (Johannes Jacobus), leier van een van die twee groepe van die Groot Trek, asook sy trekgeselskap word by die Djindispruit (Mosambiek) deur 'n impi van Manukozi oorval en vermoor.
3. 1945: Meer in hoofartikel oor die FAK se Volkskongres oor maatskaplike beleid.
1945: FAK HOU VOLKSKONGRES OOR MAATSKAPLIKE BELEID
KULTUURDAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op maatskaplike vlak was daar vir die Afrikaner ná 1929 nog baie probleme om te oorbrug. Verwarring en onvermoë op hierdie sosio-ekonomiese terrein het immers ook kultuurarmoede beteken. Daarom het die FAK dit nodig geag om 'n volkskongres daaroor te reël – met die oog daarop om 'n maatskaplike beleid vir die Afrikaner te bepspreek.
Die betrokkenheid van Suid-Afrika by die Tweede Wêreldoorlog en die gevolglike uitwerking daarvan op die volk op vele terreine het dit soveel te meer noodsaaklik gemaak.
1822: ENGELS WORD ENIGSTE AMPTELIKE TAAL
KULTUURDAGBOEK 5 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Brittanje het die Kaap in Januarie 1806 vir die tweede keer beset. In April 1814 het lord Charles Somerset goewerneur van die Kaap geword, en in Augustus 1814 is die Kaap formeel aan Engeland afgestaan.
Die Britse bewindhebbers het van meet af aan 'n verengelsingsbeleid teenoor die Afrikaners gevolg omdat hulle die Kaap 'n suiwer Britse kolonie wou maak. Daarom het Somerset sedert 1818 die tekort aan predikante in die gemeentes van die NG Kerk aangevul deur die aanstelling van predikante van die Skotse Presbiteriaanse Kerk.
Op onderwysgebied het Somerset 'n stelsel van vrye Engelse skole in die lewe geroep waar ingevoerde Engelse en Skotse onderwysers aan die Afrikaanse kind onderwys sou gee. Die uiteindelike oogmerk was die invoering van Engels as enigste amptelike taal van die Kolonie.
TRUMP VERSUS TRUMP...
...Die president wat geraas met mag verwar
Deur Laala Bechetoula
Laala Bechetoula is 'n onafhanklike Algeriese historikus.
Die geskiedenis sal Donald Trump dalk onthou vir 'n merkwaardige politieke uitvinding: 'n presidentskap wat in staat is om homself daagliks, in die openbaar en byna met trots teen te spreek.
By Trump is 'n ommeswaai nie 'n ongeluk nie. Dit is 'n metode. Teenstrydigheid is nie 'n swakheid nie. Dit is 'n wapen. Hy streef nie altyd na konsekwentheid nie; hy streef daarna om in die middelpunt van die aandag te staan.
Hy hoef nie elke oggend reg te wees nie. Hy moet net die oggend *wees*.
1845: JAN HENDRIK HOFMEYR, 'ONZE JAN...'
KULTUURDAGBOEK 4 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Hendrik Hofmeyr, (Onze Jan) is op hierdie dag in Kaasptad gebore. Hy word om gesondheidsredes deur sy grootouers grootgemaak.
Sy skoolopleiding ontvang hy in Nederlands. Op 17-jarige ouderdom neem hy die redakteurskap van 'De Volksvriend' oor en verenig dit later met De Zuid-Afrikaan onder laasgenoemde se naam.
In 1892 help hy 'Ons Land' stig. Hoewel hy nie 'n voorstander van Afrikaans was nie veg hy in sy artikels vir die kweek van kultuurtrots en patriotisme by die Afrikaners en vir die handhawing van die Hollands-Afrikaanse kultuurbande in die kerk en skool.
In 1878 stig hy 'Het Zuid-Afrikaansche Tijdschrift' om belangstelling vir die Nederlandse taal te wek.
Na sy toetrede tot die Parlement beywer hy hom vir die gelykte regte van Hollands en Engels.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (17)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Van alle lewende wesens op aarde, is die mens sekerlik die mees aanpasbare. Daar is geen klimaat op aarde, waar hy nie kan aanpas nie en waar dit té ekstreem raak, soos byvoorbeeld Antarktika, waar hy selfs tydelik kan oorleef. Daar is mense wat heel goed in tropiese oerwoude, soos die Amasone, leef en doelgerigte, gedetermineerde mense maak soms van woestyne lushowe, soos wat die Israeli’s met die Negeb doen. Vir eeue is daar Boeremense wat in die Kalahari en die Karoo hulle tuiste maak, ten spyte van die dorre klimaat. Net so sal mense in Mauritius en Mosambiek na siklone en gepaardgaande vloede herbou, sonder om handdoek in te gooi.
KULTUUR- DAGBOEK 3 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1967: Die FAK hou hulle eerste kongres oor skoolmusiek- en sang. Ná uitgebreide onderhandeling veral met die Transvaalse Onderwysdepartement en die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste oor musiekonderrig hou die FAK deur middel van sy Musiekkomitee sy eerste Kongres oor Skoolmusiek- en sang van 3 – 5 Julie 1967 in Johannesburg. Onder groot belangstelling geniet die onderwerpe Doelstellings met Musiekbevordering; Musiekwaardering; Sang op hoërskoolvlak; Operettes, kunswedstryde en sangfeeste; en Instrumentale Musiek op skool, groot aandag. Die 2e kongres is gehou in Julie 1969 op Kroonstad, die derde in April 1972 op Stellenbosch en die vierde in April 1974 in Port Elizabeth. Hierdie kongresse het ongetwyfeld rigtinggewende invloed op Afrikaanse musiek en sang in Afrikaanse onderwysinrigtings uitgeoefen.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (16)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die grens na die Ivoorkus, in Frans die Côte d’Ivoire, was aanvanklik ‘n Franse protektoraat, later ‘n Franse kolonie en uiteindelik het hulle onafhanklikheid verkry in 1958.
Alhoewel dit deur twee intense burgeroorloë gegaan het, tot so onlangs as 2011, het dit uiteindelik gestabiliseer en is tans die land in Afrika met die hoogste groeisyfer van 7,4%. Die grootste uitvoerprodukte is koffie en kakao.
Wanneer die konvooi deur die grenspos is, wag daar ‘n klein dorpie, Dabélé, minder as twee kilometer vanaf die grens, op hulle. Dis op die oog af ‘n netjies-uitgelegde plekkie, met presies-getrekte kruis en dwarsstrate.
1909: SA AKADEMIE VIR WETENSKAP EN KUNS GESTIG
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In 1908 is die vereniging Onze Taal in Bloemfontein gestig om te waak oor die belange van Hollands in die Vrystaat. Ds Willem Postma (dr O'kulis) het 'n leidende rol in hierdie vereniging gespeel en het dit sterk bepleit dat 'n sentrale organisasie daargestel behoort te word om samewerking tussen die twee strydende taalpartye – Hollands en Afrikaans – te bewerkstellig. 'n Taalkongres wat later tot April 1909 uitgestel is, was 'n noodsaaklikheid.
1888: OPENING VAN VOLKS- HOSPITAAL, PRETORIA
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die tagtigerjare van die vorige eeu het dokters in Pretoria begin aandring op hospitaalgeriewe. In Februarie 1887 het 'n kommissie onder leiding van genl PJ Joubert met die regering oor 'n terrein onderhandel.
'n Ou huis naby die militêre kaserne in die huidige Potgieterstraat asook twaalf aangrensende erwe is afgestaan. Onder voorsitterskap van hoofregter JG Kotze is 'n permanente hospitaalkomitee in die lewe geroep.
In 1887 samel 'n aantal dames in Pretoria met 'n basaar 1 500 pond in vir die oprigting van die hospitaal. 'nTydelike hospitaal met vyftien beddens is op die aangewese terrein opgerig.
1936: DIE VADERLAND, EERSTE AFRIKAANSE DAGBLAD, VERSKYN
KULTUURDAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Vaderland verskyn op hierdie dag as die heel eerste Afrikaanse dagblad in Johannesburg. Daarmee word finaal die fondament gelê vir die verrysing van die Afrikaanse Pers in Transvaal ná al die moeisame en mislukte pogings in meer as twee dekades wat dit voorafgegaan het.
Dit het begin met Die Week op 23 Februarie 1912. Dit is opgevolg deur Het Volk, en toe Ons Vaderland, onderskeidelik 'n halfweeklikse blad, en 'n dagblad.
KULTUUR- DAGBOEK 2 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Lees in hoofartikels:
1. 1888: Opening van die Volkshospitaal in Pretoria;
2. 1901: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns word gestig;
3. 1936: Die Vaderland as eerste Afrikaanse dagblad verskyn.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (15)
Wanindrukke, gebrek aan kommunikasie en verkeerde aannames het al in die verlede baie slegte gevolge gehad en dit sal sekerlik ook so wees tot daar nie meer mense is nie.
Bella en die ander vroue het koffie gemaak en dit aan die manne gaan uitdeel. Net sodra Bella aan Werner syne gee, struikel sy effens oor ‘n ongelykte. Werner gryp na haar hand om te keer dat sy nie val of die warm koffie oor hom of haar uitstort nie. Op daardie oomblik kyk Max op, sien dat Werner haar hand vashou, kom tot ‘n verkeerde gevolgtrekking en alhoewel hy niks sê nie, is die skok daarvan so groot, dat dit voel asof iemand hom in die maag geskop het. Hy voel die hartseer en teleurstelling sò intens, asof dit iets is wat vanaf sy solar plexus af uitbeweeg na sy arms en bene toe.
1948: SA ORRELBOUERS (EDMS) BPK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Van selfstandige orrelbou in Suid-Afrika was daar tot 1948 haas geen sprake nie en was ons op kerklike en sekulêre gebied aangewese op ingevoerde Engelse en Amerikaanse orrels.
In 1948, die jaar toe daar ook duidelike belangstelling van die Afrikaanse kerke vir die orrelkultuur in Suid-Afrika uitgegaan het, het die groot orrelkultuurbloei in die geskiedenis van Suid-Afrika begin toe mnr W van Loon die Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms) Beperk, (SAOB) gestig het.
Aanvanklik was dit slegs 'n klein, nederige onderneming in Strubenstraat, Pretoria.
1936: EERSTE BYEENKOMS VAN ANK
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Daar was 'n dringende behoef om alle Afrikaanse volksbedrywighede in een kragtige en oorkoepelende liggaam saam te snoer. Indien daar so 'n organisasie sou wees, kon die Afrikanerbelange op 'n veel beter en geordende wyse gedien word. Met hierdie doel voor oë het verteenwoordigers van landwye Afrikaanse organisasies onder beskerming van die FAK in Bloemfontein vergader.
1914: JL VAN SCHAIK (EDMS) BPK GESTIG
KULTUURDAGBOEK 1 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die firma JL van Schaik (Edms) Beperk is op hierdie dag deur mnr JL van Schaik in Pretoria opgerig. Aanvanklik slegs 'n boekhandelaar, besef hy gou die groot behoefte aan goeie Afrikaanse boeke en word hy 'n uitgewer, en voor 1920 verskyn die eerste boeke.
Jong Afrikaanse skrywers is deur hierdie organisasie aangemoedig om hulle manuskripte voor te lê.
Ook op die gebied van die opvoedkunde verskyn 'n reeks boeke in Afrikaans vir die laer- en hoërskole. Woordeboeke word uitgegee, wat die voorlopers word van standaardwerke op die gebied.
In 1960 ontvang mnr Van Schaik 'n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die waardevolle diens wat hy aan Afrikaans bewys het.