Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Geen mens kom weens sy goedheid in die hemel nie, slegs deur die bekering. Dis al hoe jou naam in die boek van die lewe geskryf kan staan; geen ander manier nie. Daarom is die oordeel van die teksvers hard en duidelik: “En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp”. Wees wys en bekeer jou terwyl jy een baie belangrike ding aan jou kant het – tyd!
1902: DR JAN BOUWS
KULTUURDAGBOEK 28 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Jan Bouws, Nederlands-Afrikaanse musiekwetenskaplike, musiekpedagoog, skrywer en komponis (onder andere 'Op my ou ramkietjie') is op hierdie dag in Purmerend, Nederland gebore. Na opleiding as onderwyser en gedurende sy lang onderwysloopbaan studeer hy in Amsterdam musiekwetenskap onder proff. Bernet Kempers, Smits van Waesberghe en andere, en begin vroeg reeds intens belangstel in die Afrikaner en veral sy musiekkultuur.
In 1946 verskyn in Brugge uit sy pen in Afrikaans, die eerste en tot nog toe enigste poging tot 'n omvattende musiekgeskiedenis van Suid-Afrika 'Musiek in Suid-Afrika'. Die huis van Jan en Juliana Bouws in Amsterdam was 'n toevlug en tuiste vir baie Afrikaanse studente in Nederland.
MANNE EN VROUE WIE SE HARTE...
...in die bloed van Jesus gewas is
"Mense wat hul as leiers voorgedoen het, het ons of verraai of hakskene gewys toe die poppe begin dans. Ons het ʼn bitter slegte ding oorgekom! Maar laat ons eerlik wees - ons het ʼn belangrike les geleer: Moet op prinse nie vertrou nie! Ons het geglo dat mense - politici en kerkleiers - ons uit die penarie sou red. Toe gebeur die teenoorgestelde. En dit het ons vryheid gekos."
“En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat… Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers” - Rig. 2:10,15,16
God gebruik soms onwaardige mense as kragtige instrumente in sy diens. Ja, Hy slaan reguit houe met krom stokke, soos in die tyd van die Rigters gebeur het. Ná die dood van Josua het Israel onverskillig teenoor hul verlede geword en geestelik verval. Op daardie stadium was al die mense wat saam met Moses uit Egipte getrek het, feitlik almal dood. Die wonder van God se ingryping, die volksbevryding en die gedagtes aan die grootse belewenis met God in die woestyn, het so goed as verdwyn!
1904: SA LANDBOU-UNIE
KULTUURDAGBOEK 27 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die Suid-Afrikaanse Landbou-unie, ofte wel die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika soos dit destyds geheet het, en waaroor ons ook gister berig het aangesien die stigting or die dae 25-29 Julie gestrek het, is tydens 'n konferensie in Pretoria gestig. Die besluit om 'n sentrale Suid-Afrikaanse Landbou-unie te stig wat verteenwoordigend van alle landbou-organisasies dwarsoor Suid-Afrika sou wees, sowel as 'n besluit in verband met die verteenwoordiging wat die verskillende destydse kolonies in die nasionale organisasie sou hê, is op 26 Julie geneem.
Die volgende oggend is die reëls vir die fuksionering van die organisasie oorweeg en goedgekeur, sodat die Suid-Afrikaanse Landbou-unie formeel op 27 Julie 1904 tot stand gekom het.
1863: SUSANNA SMIT (MARITZ)
KULTUURDAGBOEK 27 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Susanna Catharina Maritz, suster van die Voortrekkerleier Gerrit Maritz, is op 28 Augustus 1799 in Uitenhage gebore. Teen haar sin is sy op 13-jarige leeftyd met Erasmus Smit in die huwelik bevestig. Twee seuns is uit hierdie huwelik gebore naamlik Salomon (genoem na genl Manie Maritz) en Hermanus Samuel George.
Sy het besondere deursettingsvermoë, heldemoed en onverskrokkenheid aan die dag gelê. Susanna was 'n belangrike kampvegter vir die regte van die Voortrekkers en het by die vrouedeputasie se konfrontasie met adv Henry Cloete, Britse Kommissaris in Natal, sterk gevoel dat die Voortrekkers eerder kaalvoet oor die Drakensberge sou terugkeer as om onder die Britse Magte te staan.
VERBONDSKINDERS
Ds A.E. van den Berg
“En kyk, Ek is met jou en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het” (Gen.28:15).
Die verhaal van Gen.28 is 'n ietwat ongewone verhaal. Dat God met iemand soos Jakob bemoeienis gemaak het, klink vreemd. Jakob was die laaste een wat op daardie stadium iets vir God sou kon beteken – alles behalwe 'n voorbeeldige mens. Van sy geboorte af het dinge verkeerd geloop. Daarbenewens beteken sy naam in Hebreeus bedrieër – presies wat hy was!
Jakob het op slinkse wyses God se beloftes bekom om homself te bevoordeel. Hy het nie eens sy bejaarde vader ontsien nie en hom openlik bedrieg om sy broer se seën te bekom. Jakob was selfgesentreerd, egoïsties, impulsief en eiegeregtig. As ’n sielkundige verslag oor Jakob se persoonlikheid opgestel kon word, sou daarop gestaan het: psigopaat!
1915: EERSTE UITGAWE VAN 'DIE BURGER'
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die eerste uitgawe van Die Burger, oudste Afrikaanse dagblad, verskyn. Dit het gevolg op 'n vergadering van sestien vooraanstaande Afrikaners op 18 Desember 1914 op Stellenbosch, waar besluit is "dat het wenselik is een Hollands nieusblad uit te geven." Daarop is die Nasionale Pers gestig om die koerant uit te gee wat, op voorstel van mnr HJ Bergh, De Burger sou heet.
Bergh, sowel as mnr Jannie Marais, wat die onderneming moontlik gemaak het deur aandele op te neem vir meer as sestig persent van die aanvanklike nodige bedrag en later geld voor te skiet vir die aankoop van 'n rolpers, is oorlede voor die eerste koerant verskyn het.
1876: GENL MANIE MARITZ
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Salomon Gerhardus Maritz is op hierdie dag in Kimberley gebore. Hy was 'n polisieman in Johannesburg toe hy in Oktober 1899 saam met die Boksburgkommando na die oorlogsfront in Natal gegaan het. Hy het lid van Danie Theron se dapper Verkennerskorps geword.
In Februarie 1901 gaan veg hy in die Kaapkolonie en word tot veggeneraal bevorder. Hy weier om die wapen met die vredesluiting op 31 Mei 1902 neer te lê en gaan deur Duits-Suidwes na Europa.
1649: OORHANDIGING VAN DIE REMONSTRANTIE AAN DIE KAMER VAN AMSTERDAM
KULTUURDAGBOEK 26 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
L Janszen en M Proot het hulle Remonstrantie, wat gebaseer was op die ervarings van die skipbreukeling van die Haarlem, aan die Kamer van Amsterdam oorhandig. Leendert Janszen is te Tongeren in die Suidelike Nederlande gebore. Ten tye van die stranding van die Haarlem was hy 'n onderkoopman. In 1651 is hy as 'n 'tweede persoon' aangestel in Wingurla aan die weskus van Voor-Indië, en in 1864 het hy gesagvoerder van die gebied geword. In dieselfde jaar is hy tot koopman bevorder.
KULTUUR- DAGBOEK 25 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1874: Lees in hoofartikel oor die eerste Burgerspond in die ZAR.
2. 1904: Die Interkoloniale Landbou-unie van Suid-Afrika is op 'n konferensie in Pretoria, 26-29 Julie 1904 gestig om boerebelange op nasionale vlak te behartig. Later word die naam daarvan verander nadie Suid-Afrikaanse Landbou-unie (SALU).
3. 1826: Dr James Barry, mediese inspekteur van die Kaapkolonie, voer in 1826 die eerste bekende suksesvolle keisersnit in Suid-Afrika uit op die vrou van TF Munnik – die baba is na hom vernoem as James Barry Munnik. Toe die latere generaal en Suid-Afrikaanse premier, JBM Hertzog in 1866 gebore word, word hy vernoem na JB Munnik, wat sy peetpa en die broerskind van sy ouma (Christina Munnik) aan vaderskant was.
4. 1971: Dr Christiaan Barnard, Afrikaanse hartchirurg, plant op hierdie dag in Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad 'n hart en twee longe in Adrian Herbert oor. Dit was die eerste operasie van sy soort te wêreld.
1874: EERSTE BURGERSPOND OORHANDIG
KULTUURDAGBOEK 25 JULIE
Van die bekendste Suid-Afrikaanse munte is die Burgersponde van 1874, wat genoem is na pres TF Burgers wat die inisiatief geneem het om goud uit Pelgrimsrus na Londen te stuur om gemunt te word.
Die eerste Burgerspond is op 25 Julie 1874 in Londen aan mnr JJ Pratt, konsul-generaal van die ZAR oorhandig. In 1898 het pres SJP Kruger aan Samuel Marks verlof gegee om die Munt van die ZAR vir een dag te gebruik in ruil vir 'n paar leeus uit klip gekap.
1866: DS ANDREW MURRAY
KULTUURDAGBOEK 24 JULIE
Andrew Murray is op 26 Mei 1794 in Clatt, Aberdeenshire, Skotland, gebore. Hy bekwaam hom in die teologie aan die Kings College in Aberdeen met die vaste bedoeling om hom aan die sending te wy. 'n Beroep om na Newfoundland as sendeling te gaan wys hy van die hand. Toe hy egter kort daarna deur ds George Thom, wat juis in Skotland was om geskikte leraars vir die NG Kerk in die Kaap te soek, gevra word om hom beskikbaar te stel, het hy onmiddellik daartoe ingewillig.
In ons verlede was daar seker min gebeurtenisse waarvan die gevolge so 'n diepgaande en verreikende invloed op die godsdientig-kerklike lewe van ons vaderland gehad het as die aankoms van Andrew Murray in die begin van Julie 1822 aan die suiderstrand.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (28)
5)Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis vreemd hoe ‘n mens se brein werk. Daar was vir ‘n baie lang tyd tekens dat Suid-Afrika aan die verval is en die logiese uiteinde sou wees dat chaos en anargie die plek van orde en veiligheid in neem. Tog het die ANC elke keer ‘n haas uit die hoed gepluk, dit wat op ‘n mespunt was en gedreig het om na die verkeerde kant te val, beredder. Nie reggemaak nie, maar op ‘n manier die bus nog ‘n ent laat voortstu teen die afgrond, sonder ‘n botsing.
Telkens het die blankes gedink die tyd het feitlik aangebreek, net om na ‘n paar dae te besef dis nog nie daar nie, byvoorbeeld toe die ’94 verkiesing aangebreek het en die ANC wen, toe Mandela oorlede is; toe die rand tuimel van R6.50 na oor die nege rand binne ‘n week, toe die onluste in Julie 2021 plaasvind in Natal en oorgespoel het na Gauteng. Toe beurtkrag van fase 3 na 6 opgeskaal is en fase 8 het gedreig.
1885: JF VAN WYK – NOG 'N ONDERWYSLEIER IN SA
KULTUURDAGBOEK 23 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Johannes Frederikus van Wyk is die skrywer van DIE MAUSER KNAL waarin hy 'n lewendige voorstelling gee van die kommandolewe en krygsgevangeneskap tydens die Tweede Vryheidsoorlog van 1899 – 1902. Hierdie man wat vir 15 jaar lank gratis onderwys gegee en skole gebou het, is op hierdie dag in 1885 op die plaas Leeuwfontein in die distrik Wolmaranstad gebore waar hy ook sy skoolopleiding ontvang het.
Op 14-jarige ouderdom lê hy sy eindeksamen af en in dieselfde jaar (1899) breek die Tweede Vryheidsoorlog in ons land uit. As 15-jarige penkop sluit hy hom by die Boeremagte aan, neem aan minstens agt veldslae deel, word 'n maand voor die vredesluiting by Roodewal gevang en na Indië gestuur waar hy sy naskoolse studie voortsit.
1654: MAURITZ PASQUES DE CHAVONNES – SA SE 1e ONDERWYS- LEIER
KULTUURDAGBOEK 23 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Onder die leiding van hierdie uitlander het die Politieke Raad die eerste 'onderwyswet' in Augustus 1714 aan die Kaap goedgekeur naamlik die sogenaamde "... ordonantie van de School ordening...". Hiervolgens is die eerste amptelike keuring van onderwysers voor toelating tot skole ingestel.
Onder Maritz Pasques de Chavonnes in sy amp as Goewerneur aan die Kaap sedert Maart 1714, is verder ook vir die eerste keer 'n leergang in fyn besonderhede voorgeskryf waarin die kerklike en geestelike vorming sterk beklemtoon word. 'n Duidelike pligstaat vir onderwysers is in die vooruitsig gestel en die toesig oor die onderwys is gegee aan die sekundus aan die Kaap, kaptein van die garnisoen en die predikant as die 'Raad van Skolarge' onder oppertoesig van die Goewerneur en die Politieke Raad.
De Chavonnes se doelwit was blykbaar om deeglike toesig en kontrole uit te oefen oor die tipe persoon wat onderwys sou gee aan die Kaap.
KULTUUR- DAGBOEK 23 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1853: Die waarskuwing van kmdt-genl Andries Pretorius aan sy volk weerklink vandag weer: "Nogeens vermaan ik u, ja ernstiglijk waarschuw ik u, past op dat geen tweedracht onder u plaatsvinde. . . als gij in twisten vervalt, zal die vijand u den voet op den nek zetten." Het ons maar geluister! Andries Pretorius was 'n held van Bloedrivier, Voortrekkerleier, politikus en militêre strateeg. Hy is op hierdie dag in 1853 oorlede en sy oorskot is in 1891 in die Ou Kerkhof in Pretoria begrawe.
2. 1654: Lees in hoofartikel oor die man wat onderwys in ons land help bewerkstellig het: Mauritz Pasques de Chavonnes.
1903: SEN JAN DE KLERK
KULTUURDAGBOEK 22 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Ons waag dit hier om oor FW de Klerk se vader, senator Jan de Klerk te skryf aangesien hierdie man as suiwer nasionalis vandag seker nog in sy graf ronddraai nadat sy verraaierseun ons land aan 'n spul Swart Kommuniste verkwansel het vir 'n aardige sommetjie in sy sak. Net vir wie nog twyfel: mnr Willie Marais het as leier van die Herstigte Nasionale Party destyds vir FW 'n brief geskryf waarin hy hom gekonfronteer het oor die spesifieke bedrag (etlike miljoene) wat hy saam met die Nobelprys vir Vrede ontvang het nadat hy Suid-Afrika uitverkoop het, en FW het dit nie betwis nie.
Terug na sy goeie pa: Johannes de Klerk is op hierdie dag op Burgersdorp in die Kaapprovinsie gebore. Sy laerskoolopleiding ontvang hy op Aliwal-Noord waar hy op sy eerste skooldag reeds 'n pak slae op die lyf geloop het omdat hy Afrikaans op die skoolterrein gepraat het.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (27)
5)Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
"Die vermoë van Suid-Afrika se infrastruktuur om brandstof te versprei, gaan tot die uiterste beproef word wanneer die Natref-raffinadery in Sasolburg vir vier maande gesluit word.
Dit is omdat die sluiting van ru-olie raffinaderye 'n nuwe stel uitdagings vir Suid-Afrika impliseer, met potensiële onstabiliteit as dit nie goed bestuur word nie, sê Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.
Die invoer van brandstof het 'n ongekende vlak bereik, het hy Dinsdag in sy begrotingsposdebat in die parlement gewaarsku.
DIE SONDE VAN TROTSHEID
Hannes Ollewagen
Spr. 6:1-19
“Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel ’n gruwel: trotse oë, ’n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, ’n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.” (:16-19).
Wanneer die Here vir ons hier pertinent sewe dinge uitlig wat vir Hom ’n gruwel is, is die eerste op die lys die gruwel van trotsheid. Hierdie is beslis ’n onkruid wat Satan graag in ons lewens wil saai en waarteen gelowige kinders van God gedurig moet waak. Hierdie onkruid wat bo-oor die goeie vrugte in ons lewens sal groei en dit sal verstik.
1812: KMDT LOUW WEPENER
KULTUURDAGBOEK 21 JULIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
Louwrens Jacobus Wepener is op hierdie dag in Graaff-Reinet gebore waar hy by sy oom Louwrens grootgeword het. Toe sy broers die Groot Trek vergesel, bly hy in die Kaapkolonie waar hy aan die drie grensoorloë, wat tussen 1834 en 1853 plaasgevind het, deelneem.
As waarnemende veldkornet toon hy reeds die dapperheid wat aan voortvarendheid grens.
Hy vestig hom in 1850 op die plaas De Nek in die distrik Aliwal-Noord van waar hy aan die Agtste Grensoorlog (1850 tot 1853) deelneem en vanweë sy uitmuntende leierseienskappe tot kommandant bevorder word. Sy simpatie het by die jong Vrystaatse Republiek gelê, en toe die Kaapse militêre owerheid gelykstelling tussen pandoer en kolonis instel, verhuis hy na die Vrystaat waar hy twee plase in die distrik Bethulie koop naamlik Constantia en Moordenaarspoort.
BROKKIES UIT DIE BOEK BELLA VOS (26)
5)Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Daar is iets baie bevredigend aan ‘n moeilike raakskoot. Natuurlik is daar baie mense wat nie hou van skiet nie. Hulle kan nie die geweer of handwapen se skop veel nie, die geraas, die knal van die wapen, die reuk van verbrande kruit, die hitte of koue op die skietbaan, en natuurlik die koste van gewere en ammunisie. Baie wapeneienaars of voornemendes is nie lus vir die rompslomp rondom die lisensiëring nie en gee hetsy wapens by die polisie in, of koop eenvoudig nie aan nie.
Diegene wat ‘n liefde vir wapens het, sal baie moeite maak om dit ten duurste aan te skaf en die meeste mense wat in hierdie kategorie val, sal ook meer as een wapen wil hê. Vir hulle gaan dit oor die geskiedenis van die betrokke wapen, of sommer alle vuurwapens, vanaf die eerste handhou-kanonne met ‘n lont in die loop, tot die nuutste, ingewikkelde en doelmatige wapens.