Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nog in die gees van Kersfees so op die 2e Kersdag, onthou ons dat die koms van die Seun van God die waterskeiding is tussen verterende droefheid en onomkeerbare vernuwing – ongeag wat mense jou aandoen, jy kán 'n vrolike hart hê.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (6)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en Oranje
AS ONS MAAR NOU ’N PRESIDENT STEYN KON HÊ!
“Ek beloof julle ek sal my hand op geen papier sit waardeur ons onafhanklikheid sal vernietig word nie!” President M.T. Steyn
" En vanuit die Vrye Nederlandse Republiek van 1648 loop die Oranjelyn reguit deur na ons eie geskiedenis want uit hierdie Republiek is ons volksplanting onderneem. Witman, waar’s jou vryheid? Ons het koers gehou op die Oranje-vryheidslyn. Maar toe het die krink en die trutrek gekom, terug na die geknelde land van onvryheid en volksvreemde regering. 3 September 1984: Prysgawe ... Verloëning . .. Boeie. Waarheen nou?"
31 Mei 1961
Die rooiste dagbreek in die geskiedenis van die Boerevolk. Dag van vervulling. Vryheidsdag!
Suid-Afrika is ’n vrye Republiek in die statery van nasies. Bruisende geesdrif. Uitbundige vreugde. Die skare wat ’n stuifreëntjie trotseer, sing spontaan “Prys die Heer”. Dan die juigkrete: “Lank lewe die Republiek! Lank lewe die Republiek!”
Skrynend ironies ... 3 September 1984. Ons sou toe dit nooit geglo het nie ...
1905: ONDERWYSUNIE (SAOU) WORD GESTIG
KULTUURDAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gedurende die laaste dekades van die 19e eeu is daar aan die Kaap 'n taalstryd gevoer – aan die eenkant die stryd van die Afrikanervolk vir gelyke regte van die volkstaal met dié van Engels en aan die anderkant die stryd onder Afrikanertaalmanne oor wat die voertaal moet wees: Patriot-Afrikaans soos voorgestaan deur die Genootskap van Regte Afrikaners, of Nederlands.
In 1819 kom dr Kollewijn in Holland met die voorstel dat Nederlands vereenvoudig moet word en hier te lande vind die gedagte 'n ywerige dissipel in dr WJ Viljoen van die destydse Victoria Kollege en later Superintendent-Generaal van Onderwys in Kaapland. Op Dinsdag 4 April 1905, om 10:00, kom 56 persone byeen in die saal van die Hugenote-gebou in Kaapstad.
KULTUUR- DAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Kmdt Gideon Jacobus Scheepers, ZAR-staatsartillerie-heliografis en intrukteur by die OVS telegrafie-afdeling tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is op hierdie dag in 1878 op die plaas Roodepoort naby Arnot in Transvaal gebore.
2. Prof Henry Allan Fagan, joernalis (Die Burger) kabinetsminister, professor in die regte aan die Universiteit van Stellenbosch, Afrikaanse dramaturg, vertaler en digter, en hoofregter van Suid-Afrika, is op hierdie dag in 1889 in Tulbagh in die Kaap gebore. Sy gedig, Huisie by die See, is getoonset en deur die Afrikaanse sangeres, Laurika Rauch gesig. Prof Fagan was die eerste regter wat sy ampseed in Afrikaans afgelêhet. Hy was ook die vertaler daarvan uit Engels.
3. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) word in 1905 in Kaapstad gestig.
4. Die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) kom in 1913 tot stand. Dit word later die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
GOD GEE SY EIE SEUN
Ds A.E. van den Berg
“En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie” (Gen22:12). .
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16).
Geen geskenk is wonderliker as iets wat jy baie graag wou hê, nie kon bekostig nie, maar toe wel gekry het. As 'n jong seun wou ek baie graag 'n fiets hê. Maar as alleen kind en 'n moeder as alleen-sorg was daar net nie geld daarvoor nie. Aan die einde van my standerd ses jaar het my moeder toe vir my 'n fiets vir Kersfees op afbetaling gekoop. Dit was my wonderlikste geskenk.
1866: GENL JBM HERTZOG GEBORE
KULTUURDAGBOEK 3 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
James Barry Munnik Hertzog is op Soetendal, distrik Wellington, gebore. Sy hoërskoolopleiding ontvang hy op Stellenbosch waar hy in 1889 die graad BA behaal. Hy kies die regte as studierigting en studeer verder aan die Universiteit van Amsterdam waar hy in 1892 sy doktorsgraad verwerf.
Terug in Suid-Afrika vestig hy hom in Pretoria as advokaat, maar toe hy in 1895 regter word, verhuis hy na Bloemfontein waar hy baie jare lank woon. Die Tweede Vryheidsoorlog het 'n ingrypende verandering in sy lewe veroorsaak want hy verlaat die regsbank om krygsman te word, aanvanklik as regsadviseur in die veld maar later as krygsman, en teen die einde van die oorlog was hy tweede in bevel in die hele Vrystaat.
KULTUUR- DAGBOEK 3 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Eugène Ney Terre'Blanche, eerstydse lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, boer, Afrikaanse digter, kultuurleier en politikus (stigter van die Jonge Afrikanerharte en die Afrikaner Weerstandsbeweging – AWB) word op 69 jarige ouderdom hierdie dag in 2010 wreedaardig op barbaarse wyse vermoor deur Swartes op sy familieplaas Villana buite Ventersdorp. Daar is rede om te glo dat hierdie nie net nog een van die duisende moorde op Blanke plaasboere sedert 1994 was nie maar 'n fyn beplande politieke moord as strategie-skuif deur die vyande van die Afrikaner. Op 3 April 2011, berig die Afrikaanse TV-nuus dat daar minstens vyf Blanke boere elke maand vermoor word maar dat talle ander nooit die nuus haal nie, sê hulself. Op 3 April 2012 wil die media feitlik nie meer berig oor die getalle blankes wat vermoor word nie aangesien dit groter weerstand met opstand tot gevolg onder die witman kan bring. Op 3 April 2014 is in daardie week 4 boere op hulle plase vermoor en nog 'n paar plaasgesinne wreedaardig aangerand. Op 3 April 2015 berig die media liewer nie veel oor die aantal plaasmoorde nie en word mense soos Sunette Bridges wat uitgesproke telling daarvan hou, gedagvaar oor haar webblad se inhoud.
2. Genl JBM Hertzog is op hierdie dag in 1866 gebore. Lees meer hieroor in die hoofartikels.
KULTUUR- DAGBOEK 2 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1595: C DE HOUTMAN VERTREK OP SY SEEREIS
Op hierdie dag het Cornelis de Houtman met 'n eerste Nederlandse vragvloot van vier skepe uit Texel via die Kaap na die Ooste (Indonesië) vertrek. Hy was toe dertig jaar oud, vol ambisie en nie baie taktvol nie. Op 2 Augustus het hy om die Kaap geseil en op 11 Augustus by Mosselbaai aan land gegaan. Hier is skape en beeste van die Hottentotte geruil. Met sy terugreis het hy op 7 Mei 1597 by die Kaap verby gevaar, maar weer nie aan land gegaan nie. Die onderneming was die begin van talle verskillende handelsendings na die Ooste, waaruit in 1602 die VOC ontwikkel het. Op 21 November 1598 het admiraal De Houtman weer om die Kaap gevaar, maar dié keer by Tafelbaai aan land gegaan en vee geruil. Met sy aankoms in Atjeh, is hy in September 1599 vermoor. Sy eerste tog het nietemin blywende belangstelling gewek. Die groei van die VOC het toe ook in 1652 'n verversingspos aan die Kaap genoodsaak. Vir ons is Cornelis de Houtman derhalwe van groot waarde. Sy kennissoeke, waarnemingsvermoë en avontuurgevoel was tipies van die soort Wes-Europese Renaissancegees in die sewentiende eeu.
ONS LOON IS IN SY HAND
Hannes Ollewagen
1 Sam. 26:1-25
“Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid – die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.” (:23).
In hierdie gedeelte (en ook ’n paar vorige hoofstukke) word die verskillende lewensbeskouïngs van twee mense duidelik. Koning Saul is hier aan die trek en opsoek na Dawid om hom te vermoor. En wat is die dryfveer agter sy optrede? Hy was nie besig om ’n opdrag van God uit te voer nie. Saul wou Dawid vermoor omdat hy ’n bedreiging vir sy koningskap ingehou het. Saul se woorde teenoor sy seun Jónatan het dit duidelik gemaak dat Saul nie die bedreiging vir sy mag doodluiters sou aanvaar nie. “Toe ontvlam die toorn van Saul teen Jónatan, en hy sê vir hom: Jou ontaarde, wederstrewige seun, weet ek nie dat jy die seun van Ísai verkies tot jou skande en tot skande van jou moeder se naaktheid nie? Want al die dae dat die seun van Ísai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie bevestig word nie; stuur dan nou en bring hom na my, want hy moet sterwe.” (1 Sam. 20:30&31).
1 APRIL 1882: REPUBLIEK LAND GO(O)SEN
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die bepalings van die Konvensie van Pretoria van Augustus 1881 het 'n deel van die Keategrond van Transvaal weggesny. Hier het toe oor 'n kort tydperk ernstige moeilikheid tussen talle inboorlingleiers ontstaan wat elkeen op kapteinskap en gebied aanspraak gemaak het. Op die koop toe het Brittanje die fout gemaak om vir byvoorbeeld Mankoroane as hoof van die Batlapin en vir Montsioa as hoof van die Barolong buite hulle eintlike gebiede te erken. Oor en weer het die Swartes toe hulp gesoek om hulle eie standpunt met geweld te help seëvier.
KULTUUR- DAGBOEK 1 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Nasionale Pers (Naspers) neem die Van Schaik-groep in 1987 oor en word alleeneienaar van die weekblad Rapport in 1999.
2. In sy wese was die stigting van die 'Midland Ladies Seminary' op 1 April 1867 die voorloper van onderwysers-opleiding in Graaff-Reinet. Die kollege het egter sy beslag gekry toe sentralisasie die totstandkoming van die Graaff-Reinetse Opleidingskool met ingang 1917 genoodsaak het.
3. 'n Groot ideaal van die NH Kerk is op die dag in 1917 verwesenlik toe hy sy eie predikante aan die Teologiese Fakulteit aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege (van die Universiteit van Pretoria) kon begin oplei.
4.Die Republiek van Land Go(o)sen word in 1882 onder leiding van NC Gey van Pittius gestig.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (5)
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en nasionalisme
"Afsonderlike nasionale vryheid en selfbeskikking vir elke volk in Suid-Afrika het glo die toekoms in ’n verkeerde rigting gestuur, maar die vraag of die nuwe formule van integrasie die toekoms in ’n regte rigting sou stuur, is nooit gevra of beantwoord nie. Dit is oorgelaat aan ’n verwarde en onsekere, oningeligte Blanke kieserskorps om te beslis of dit ’n formule vir vreedsame naasbestaan in die plurale samelewing, die bloudruk vir bestendigheid, ordentlike verandering en ontwikkeling is en of dit ’n resep vir rewolusie, ’n konsep vir chaos sou wees."
Mensegemeenskappe verander voortdurend en om baie redes. Maar al is ’n gemeenskap voortdurend genoodsaak om allerlei invloede te verwerk en allerlei aanpassings te maak, hoef sy identiteit nog nie in gedrang te kom nie.
MENS IS HOOFOORSAAK
Die belangrikste rede vir verandering in sy gemeenskap is die mens self. Sy nuwe denkbeelde, sy keuses, sy beslissings, ja sy hele lewens- en wêreldbeskouing en sy handelinge bring keerpunte in die geskiedenis; bring bakengebeurtenisse soos ’n Franse Rewolusie, soos ’n Groot Trek, ’n Eerste Vryheidsoorlog en so meer.
ERF IN NOORDKAAP TE KOOP

Hierdie erf is geleë in Rietfontein net buite Philipstown, in die middel van 'n snelgroeiende Afrikanergemeenskap.
Dit is + - 90 km van Orania
Erfgrootte is + - 2000m²
Daar is weiregte op die gesamentlike meent en al die rondom geleë erwe het goeie ondergrondse water.
Vir persoonlike navrae, kontak die eienaar Hendrik Pretorius by 081 327 2170
KULTUUR- DAGBOEK 31 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 1965: PE SE UNIVERSITEIT OPEN
Die Universiteit van Port Elizabeth is op 31 Maart amptelik geopen met 320 studente, 10 professore, 8 senior lektore en 7 lektore, en met prof Ernst Marais as eerste rektor, in geboue in die middestad. In 1970 is begin bou aan die nuwe kampus by Somerstrand langs die see en in 1974 is die eerste geboue betrek. Dit was die eerste tweetalige universiteit in Suid-Afrika, en in elke vakkomitee is die helfte van die kursusse in Afrikaans en die ander helfte in Engels aangebied. In die vroeër oorwegend Engelse hawested was dit 'n besondere Afrikaanse deurbraak.
2. 1900: OORWINNING BY SANNASPOS
Na die verowering van Bloemfontein het lord Roberts 'n Britse mag onder bevel van genl RG Broadwood besluit om na Bloemfontein terug te keer.
DIE SONDE VAN DWAASHEID
Hannes Ollewagen
Mark. 7:1-23
“Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid. Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.” (:21-23).
Dit is opvallend dat saam met hierdie gruwels van egbreuk, hoerery, moord, diewery, bedrog en dergelike dinge ook die sonde van dwaasheid gevoeg word. Dwaasheid is dus duidelik iets waarvan God ’n afsku het. En as ons vir ’n oomblik mooi hieroor dink, sal ons dit verstaan.
DIE BYBEL EN EWIGE LOON (1)
Anita Joubert
Een van die mees treffende boeke oor hierdie onderwerp wat ek nog ooit gelees het, is dié van ‘n baie bekende Amerikaanse skrywer, John Bevere, Driven by Eternity. Sy standpunt is dat elke mens met die begrip van ewigheid in ons harte gebore word. Niemand van ons wil graag daaraan dink dat die lewe hier op aarde al is wat daar is nie en dat ons nie na ons dood nog gaan voortbestaan nie. In Jesaja 43:13 sê die Here: “Nou en vir altyd is Ek God. Niks kan by My weggevat word nie. Wat Ek doen, kan niemand verander nie.” (Die Boodskap)
Hy is dus die God van gister, vandag en more, en is van altyd af al daar en gaan tot in alle ewigheid nog steeds daar wees. Ek het een keer ‘n onvergeetlike illustrasie in die vorm van ‘n video gesien. ‘n Man het met ‘n stuk tou in sy hand gestaan, maar mens kon nie die einde daarvan sien nie.
1966: ALGEMENE VERKIESING
Lees volledig by Kultuurdagboek
Tot in hierdie jaar het interne sake in ons politiek die gemoed van die kieser op die stemdag die meeste beïnvloed. Op hierdie dag het buitelandse aangeleenthede egter meer as ooit vroeër ook 'n uitwerking gehad. Botter-en-brood-sake het geen rol gespeel nie. Die Afrikaner, en vir haas die eerste keer ook die nie-Afrikaanse kieser, het besef dat premier Verwoerd na binne die orde handhaaf, en dat hy in sy buitelandse betrokkenheid binnenslands polities sterk gesteun moet word, ten einde ons vaderland se internasionale staatkundige posisie te help bevestig.
Die swart state van Afrika, ons groter skakeling met Europa en nie hoofsaaklik net met die Verenigde Koninkryk nie, die Rhodesiese eensydige onafhanklikheidsverklaring van 1965 en die gevorderde selfsbestuur wat aan die Transkei toegeken is, het alles ons interne politiek geraak. Die begaafde Hendrik Frensch Verwoerd, bekend as volksgetrou, het met hierdie laaste verkiesing van hom presies bewys dat vriend en vyand agting het vir iemand wat sy kultuurerfenisse bewaar en bevestig, ongeag ander terreine van samewerking. Vandaar die landwye verbystering toe juis hierdie man, en wel by sy werkbank in die Volksraad op 6 September 1966 vermoor is.
KULTUUR- DAGBOEK 30 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
'n Noodtoestand word in 1960 in Suid-Afrika afgekondig. Dit volg twee maande nadat nege polisiemanne by Cato Manor in Natal deur 'n swart skare wreed opgekap en vermoor is, en nege dae ná 'n optog deur die PAC in Sharpeville in Transvaal oor paswette, waar 69 swartes deur die polisie doodgeskiet is uit selfverdediging toe hulle die polisiestasie wou aanval en omdat die gebeure by Cato Manor nog vars in die geheue was. Die gebeure lei tot Suid-Afrika se onttrekking uit die Statebond in 1961.
GEBED SORG VIR GEESTELIKE FIKSHEID
Ds A.E. van den Berg
“Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het” (1 Tim,4:8).
In die gelese gedeelte vermaan Paulus 'n jong Timotheus om geestelik fiks te wees. Timotheus was ’n Griek en vir die Grieke was liggaamlike oefening baie belangrik. Gevolglik het Griekeland talle oefensale gehad en was Athene dan ook die plek waar die Olimpiese Spele sy oorsprong gehad het.
KULTUUR- DAGBOEK 29 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Louis Hendri Meurant (Klaas Waarzegger), skrywer van die eerste boek in Afrikaans, is in 1893 oorlede.
2. Eugène Nielen Marais, joernalis, vrederegter, advokaat, digter, skrywer, mediese, natuur- en dierekenner, sterf op hierdie dag in 1936 in Hartbeespoort, Transvaal.
3. Dr Gerard Leendert Pieter Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek, (oa die Voortrekkermonument in Pretoria), is in 1958 in Nylstroom, Transvaal, oorlede. Sy ouers was immigrante uit Holland en hy is as 10jarige saam met sy gesin in die Standertonse konsentrasiekamp aangehou tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Hy is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer met 'n erelidmaatskap en deur die Universiteit van Pretoria met 'n eredoktersgraad.
KULTUUR- DAGBOEK 28 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Siegfried Charles Ferdinand Mynhardt, Suid-Afrikaanse verhoog- en filmakteur, is in 1996 op 90jarige ouderdom oorlede.
2. Dr Abraham Fauré, NG-predikant te Graaff-Reinet en Kaapstad, en stigter van De Kerkbode in 1849, is in 1875 te Leuwen Rust, Tuine in Kaapstad, oorlede.
3. Tielman Roos, vroeër meer volledige berig oor hom geplaas in kultuurdagboekinskrywings, is op hierdie dag in 1935 oorlede.