Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Wie is verstandig? Hy wat by almal leer.
Wie is magtig? Hy wat sy hartstogte beheer.
Wie is ryk? Hy wat tevrede is .
Wie is hy? Niemand nie.
Benjamin Franklin
KULTUUR- DAGBOEK 5 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
GRAAF G DE VILLEBOIS-MAREUIL SNEUWEL
1. 1900: Graaf Georges de Villebois-Mareuil, 'n Franse edelman, is op 17 Maart 1900 te Kroonstad tot veggeneraal van die Boere benoem deur presidente Kruger en Steyn. Sy opdrag was om 'n legioen te stig uit die vreemdelinge wat hulle aan die kant van die Boere-republieke geskaar het. Op 24 Maart het hy met ongeveer 125 Franse en Hollanders uit Kroonstad vertrek om na Modderrivier te gaan en die spoorlyn suid van Kimberley op te blaas. Hierdeur sou die lewensbelangrike verbindingslyn van die Britte van die Kaap na Transvaal, waarheen lord Roberts aan't opruk was, afgesny word.
ANC-VERKIESING IN MEI IS ONWETTIG!
Die komende verkiesing in Mei is net so onwettig soos dat die ANC in die Parlement sit. Hulle het nie hierdie land deur 'n wettige stemproses verkry nie. Dit is deur De Klerk en sy bende op 'n skinkbord aan hulle gegee ná die referendum in 1992 wat geen stemproses was nie. Dus kan geen stem wat nou in Meimaand uitgebring word, enigiets aan die toestand verander nie en is dit net nog 'n bedrogspul, tyd- en geldmors-lopie.
Die ANC sou in 1990 die terroriste-oorlog met moeite kon voortsit ná die ineenstorting van kommunistiese regerings in Oos-Europa en die ekonomiese verval in sogenaamde Frontliniestate in Afrika. Die logiese verloop van die terroriste-oorlog in Suider-Afrika moes wees dat van Suid-Afrika se kant die stryd teen die terroriste op alle fronte verhewig sou word om die oorlog beslissend te wen. Dog, die teendeel is deur die Suid-Afrikaanse Regering gedoen.
In 1994 het die Nasionale Party-regering van FW de Klerk die mag aan die ANC oorhandig sonder dat hulle 'n mandaat daarvoor gehad het. Sy misrabele beloning van die Wêreldgeldmagte was R34 miljoen en 'n gedeelde Nobelprys.
Die vraag op die referendum-kiesstrokie was of die kiesers toestem dat FW met die ANC mog onderhandel. Daarvoor moes die kieser slegs Ja of Nee antwoord. Die vraag was NIÉ of FW Mandela uit die tronk mog vrylaat en ons land aan die ANC oorgee nie. Hiermee het FW die kiesers sowel as die meerheid van sy parlementslede mislei.
WAT IS WARE AFRIKANERSKAP?
Dit is in tye soos hierdie wanneer Afrikanerskap en Afrikanernasionalisme weer skerp omlyn moet word. Dit is dwingend noodsaaklik dat gevra word:
Wie is die Afrikaner?
Net so belangrik is dit om te vra: Het ons nie te lank gewag om die definisie van Afrikanerskap en ons nasieskap duidelik te stel nie? Is daar nie in die verlede toegelaat dat Afrikanerskap en ons nasieskap te veel kon omsluit ter wille van die vrede nie, en dat ons daardeur ons grense vir verswakking oopgestel het nie?
As ek myself die vraag stel: Wie is die Afrikaner? dan is daar een mens wat daarvoor kwalifiseer. Dit is die man wat hom as Afrikaner beskou omdat hy aan die geskiedenis van die Afrikaner verbind is, omdat hy aan die Afrikaner se geloof gebind is, omdat hy gebind wil wees aan die Afrikaner deur tradisies van die Afrikaner, omdat hy gelei wil word deur die ideale van die Afrikaner.
Jy is Afrikaner omdat jy jouself as Afrikaner beskou en nie omdat ‘n Afrikaner hom as Afrikaner beskou nie. Nasieskap en Afrikanerskap is soos ‘n broederskap: jy behoort daaraan of jy behoort nie daaraan nie. Dit is iets absoluuts. Jy kan nie ten dele daaraan behoort en ten dele nie.
J A Marais
1905: ONDERWYSUNIE (SAOU) WORD GESTIG
KULTUURDAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
Gedurende die laaste dekades van die 19e eeu is daar aan die Kaap 'n taalstryd gevoer – aan die eenkant die stryd van die Afrikanervolk vir gelyke regte van die volkstaal met dié van Engels en aan die anderkant die stryd onder Afrikanertaalmanne oor wat die voertaal moet wees: Patriot-Afrikaans soos voorgestaan deur die Genootskap van Regte Afrikaners, of Nederlands.
In 1819 kom dr Kollewijn in Holland met die voorstel dat Nederlands vereenvoudig moet word en hier te lande vind die gedagte 'n ywerige dissipel in dr WJ Viljoen van die destydse Victoria Kollege en later Superintendent-Generaal van Onderwys in Kaapland. Op Dinsdag 4 April 1905, om 10:00, kom 56 persone byeen in die saal van die Hugenote-gebou in Kaapstad.
KULTUUR- DAGBOEK 4 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Kmdt Gideon Jacobus Scheepers, ZAR-staatsartillerie-heliografis en intrukteur by die OVS telegrafie-afdeling tydens die Tweede Vryheidsoorlog, is op hierdie dag in 1878 op die plaas Roodepoort naby Arnot in Transvaal gebore.
2. Prof Henry Allan Fagan, joernalis (Die Burger) kabinetsminister, professor in die regte aan die Universiteit van Stellenbosch, Afrikaanse dramaturg, vertaler en digter, en hoofregter van Suid-Afrika, is op hierdie dag in 1889 in Tulbagh in die Kaap gebore. Sy gedig, Huisie by die See, is getoonset en deur die Afrikaanse sangeres, Laurika Rauch gesig. Prof Fagan was die eerste regter wat sy ampseed in Afrikaans afgelêhet. Hy was ook die vertaler daarvan uit Engels.
3. Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) word in 1905 in Kaapstad gestig.
4. Die Suid-Afrikaanse Polisie (SAP) kom in 1913 tot stand. Dit word later die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
BOEKADVERTENSIE: VRYHEIDSVEGTERS
Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Allermins was dit 'n regverdige aanval van 'n groot moondheid op 'n klein byna weerlose en vreedsame volk, 'n oorlog wat uiteindelik ontaard het in 'n toestand van ellende, verwoesting, gruwels en skokkende barbaarse wreedheid. Die Britse opposisie het dit "methods of barbarism" genoem, soos wat mens sou verwag hoe oorlog baie eeue gelede deur Mongole, Turke, Romeine en Herodes se sodate uitgevoer was.
Lewens was goedkoop en nie eens die diere was ontsien nie. Die boek vertel die verhaal van sommige van die gevegte en die persoonlike ervarings en aandeel van 'n aantal oudstryders wat daarin betrokke was. Sedert die vredesluiting van 1902 moes die joiners se name onbekend bly twv Louis Botha se versoeningsbeleid met die vyand. In hierdie boek word die name van joiners ontbloot, mense wat nie geskroom het om onskuldige bloed te vergiet vir 'n paar pennies per dag nie.
Bestel die boek direk by skrywer: Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
ESéGIëL 38
EJG Norval
Volgens die 1933 vertaling van Eségiël 38:2 sien ons dat Gog van die land Magog, ‘n vors van Ros, Meseg en Tubal genoem word. Volgens ou kaarte is Magog die landstreek tussen die Swartsee en Kaspiese see, d.w.s. Wes-Rusland. Geskiedenisskrywers (sien bronnelys) beweer daar is genoegsame bewyse uit ou geskrifte dat die naam “Ros” die huidige Rusland verteenwoordig en dat Magog die land is waar Meseg (wat in sommige bronne beskou word as Moskou) en Tubal (Tobolsk-stad in Siberië) geleë is. Volgens Eseg 38 vers 4 trek Gog en sy leërmag op teen die stamme van Israel tesame met die Perse (Iran), Kus (Afrika) en Put (Libia), Gomer (Turkye), Togarma (Moslems van die Midde-Ooste) teen die Europese lande.
1866: GENL JBM HERTZOG GEBORE
KULTUURDAGBOEK 3 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
James Barry Munnik Hertzog is op Soetendal, distrik Wellington, gebore. Sy hoërskoolopleiding ontvang hy op Stellenbosch waar hy in 1889 die graad BA behaal. Hy kies die regte as studierigting en studeer verder aan die Universiteit van Amsterdam waar hy in 1892 sy doktorsgraad verwerf.
Terug in Suid-Afrika vestig hy hom in Pretoria as advokaat, maar toe hy in 1895 regter word, verhuis hy na Bloemfontein waar hy baie jare lank woon. Die Tweede Vryheidsoorlog het 'n ingrypende verandering in sy lewe veroorsaak want hy verlaat die regsbank om krygsman te word, aanvanklik as regsadviseur in die veld maar later as krygsman, en teen die einde van die oorlog was hy tweede in bevel in die hele Vrystaat.
KULTUUR- DAGBOEK 3 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Eugène Ney Terre'Blanche, eerstydse lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, boer, Afrikaanse digter, kultuurleier en politikus (stigter van die Jonge Afrikanerharte en die Afrikaner Weerstandsbeweging – AWB) word op 69 jarige ouderdom hierdie dag in 2010 wreedaardig op barbaarse wyse vermoor deur Swartes op sy familieplaas Villana buite Ventersdorp. Daar is rede om te glo dat hierdie nie net nog een van die duisende moorde op Blanke plaasboere sedert 1994 was nie maar 'n fyn beplande politieke moord as strategie-skuif deur die vyande van die Afrikaner. Op 3 April 2011, berig die Afrikaanse TV-nuus dat daar minstens vyf Blanke boere elke maand vermoor word maar dat talle ander nooit die nuus haal nie, sê hulself. Op 3 April 2012 wil die media feitlik nie meer berig oor die getalle blankes wat vermoor word nie aangesien dit groter weerstand met opstand tot gevolg onder die witman kan bring. Op 3 April 2014 is in daardie week 4 boere op hulle plase vermoor en nog 'n paar plaasgesinne wreedaardig aangerand. Op 3 April 2015 berig die media liewer nie veel oor die aantal plaasmoorde nie en word mense soos Sunette Bridges wat uitgesproke telling daarvan hou, gedagvaar oor haar webblad se inhoud.
2. Genl JBM Hertzog is op hierdie dag in 1866 gebore. Lees meer hieroor in die hoofartikels.
ANARGIE, POLITIEKE HOOFDIS VAN VERKIESING
Medewerker
Anargie is gewoonlik die hoofbestanddeel van die voorverkiesings-, verkiesings- en na-verkiesingstyd (veral in lande met swart ‘leiers’- Red).
‘n Opperste ironie is die verkondiging aan elke boom, lamppaal, tak en bushuisie in die land deur die Demokratiese Alliansie (DA) van ‘n politiek-profetiese uitspraak deur mnr. Jaap Marais dat die politieke bestel in die land sál val. Want die DA se hoofalarmkreet oor waarom sy hulp by wyse van die verkiesing ingeroep moet word is “Red Suid-Afrika”.
Hierdie voorspelling deur mnr. Marais is sekerlik meermale gedoen maar een aangeteken deur ‘n behoudende waarnemer se datum word deur daardie waarnemer as 30 Junie 2000 aangedui.
Die ironie op die ironie van die DA se doen-en-late in die aanloop tot die verkiesing in Mei vanjaar is dat die DA (en sy partypolitieke voorgangers, dink maar aan die Progressiewe Federale Party), angstige geweerdraers vir die rewolusionêre ANC in die aanloop tot Blanke oorgawe aan die kommuniste was; ‘n groter hansie-my-kneg vir ‘n rewolusionêre kommunis kon jy nog nooit kry as ‘n verloopte kerkleier, student, dosent, koerantman en sommer gewone linkse ploerte in enige Westerse samelewing te vinde nie.
KULTUUR- DAGBOEK 2 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1595: C DE HOUTMAN VERTREK OP SY SEEREIS
Op hierdie dag het Cornelis de Houtman met 'n eerste Nederlandse vragvloot van vier skepe uit Texel via die Kaap na die Ooste (Indonesië) vertrek. Hy was toe dertig jaar oud, vol ambisie en nie baie taktvol nie. Op 2 Augustus het hy om die Kaap geseil en op 11 Augustus by Mosselbaai aan land gegaan. Hier is skape en beeste van die Hottentotte geruil. Met sy terugreis het hy op 7 Mei 1597 by die Kaap verby gevaar, maar weer nie aan land gegaan nie. Die onderneming was die begin van talle verskillende handelsendings na die Ooste, waaruit in 1602 die VOC ontwikkel het. Op 21 November 1598 het admiraal De Houtman weer om die Kaap gevaar, maar dié keer by Tafelbaai aan land gegaan en vee geruil. Met sy aankoms in Atjeh, is hy in September 1599 vermoor. Sy eerste tog het nietemin blywende belangstelling gewek. Die groei van die VOC het toe ook in 1652 'n verversingspos aan die Kaap genoodsaak. Vir ons is Cornelis de Houtman derhalwe van groot waarde. Sy kennissoeke, waarnemingsvermoë en avontuurgevoel was tipies van die soort Wes-Europese Renaissancegees in die sewentiende eeu.
GODDELIKE GETROUHEID
Hannes Ollewagen
Matt. 28:1-10
“Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het; en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê. En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel. En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom. En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.” (:6-10).
Hierdie gebeure ná die dood van Christus aan die vloekhout lewer weereens vir ons so ’n kragtige getuienis van die Goddelikheid van Christus. Dit is ten eerste ’n absolute merkwaardige gebeurtenis dat selfs die krag van die dood Hom nie gevange kon hou nie. Hierdie ongewone en wonderlike gebeurtenis waarvan Petrus ook beslis getuienis gelewer het. “Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.” (Hand. 2:24). Hierdie getuienis van die Goddelikheid van Christus wat ons herinner daaraan dat die Drie-enige God van die heelal inderdaad die enigste ware God is wat waardig is om deur die mens aanbid te word. Is daar enige afgod wat die mense vir hulself maak wat ooit die smarte van die dood kon oorwin? Sou Mammon (die geldgod) dit kon doen? Natuurlik nie! Daar is géén bedrag geld in die wêreld wat enige mens van die dood kan red nie. “Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie” (Ps. 49:8).
TWEE HUISE WORD EEN
EJG Norval
Die Boervolk van die Transvaal- en Vrystaat gedurende die 1800’s was oortuig daarvan dat hulle as uitverkorenes al die 12 stamme van Israel verteenwoordig. Ons sien dit in die Transvaal embleem met die 4 hoofde van Israel, naamlik die arend (Dan), die leeu ( Juda), die blanke Adamiet (Ruben) en die ossewa (die bees, Efraim). Die kleure word dan ook in die Vierkleur-vlag weerspieël: rooi (Juda), blou vir die blou lug (arend), wit (Adamiet) en groen (weiveld vir die bees). Die profetiese Woord vertel ons dat die twee huise van God se volk, d.w.s. Die Huis van Israel (10 stamme) en die Huis van Juda (twee stamme) aan die einde van hierdie aardse bestel een eenheid gaan vorm :
“In die dae sal die Huis van Juda gaan na die Huis van Israel en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle as erfenis gegee het (Jer 3:18)…. ‘n Kosbare land, ‘n allersierlike erfenis van die nasies“ (Jer 3:19).
Ons sien in hierdie twee tekse drie gebeure, naamlik: die twee stamme word een nasie, dit gebeur aan die einde van dae en die twee huise verhuis tesame uit die noorde na ‘n pragtige land in die suide. Een manier om na die profesie te kyk, is dat Ons Vader ‘n volk sou vestig, ‘n volk bestaande uit al twaalf stamme van Israel en dat die land wat Ons Vader aan die verenigde volk sou gee, hier in Suid Afrika is. Hier het immers ‘n volk onstaan wat geformeer is uit byna al die bestaande Europese volkere en wat as die Boervolk bekend staan.
WAT KOM DEUR DAAI NAALD? (2)
E J G Norval
Vrae oor enstowwe
Vervolgens gaan ons sommige entstowwe ondersoek en kyk of dit so wonderlik is as wat die firmas voorgee.
Kan entstof skade veroorsaak? Farmafirmas wat entstowwe maak gee toe dat gevalle van entstofskade wel hier en daar voorkom, maar volgens hulle is entstowwe oor die algemeen voordelig en kan entstowwe die uitbreek van epidemies voorkom. Die paar kinders wat deur entstowwe beskadig word, is volgens hulle ‘n geringe prys om te betaal om die bevolking as geheel teen ‘n spesiefieke siekte of siektes te beskerm. Die houding word weerspieël in die volgende uitlatings m.b.t. masel-entstof: “…if there is a risk, it will affect far fewer children than those ravaged by measles without the vaccine” en die volgende: “FDA workshop officials indicated they were justified in administering new and unproven vaccines by claiming it is unethical to withhold them.” Verder: “…those who believe that there is no such thing as society, only individuals, won’t be convinced it was worth taking a tiny risk of harming their individual child just to prevent a future general epidemic” (NS:Febr.2001).
Vertel dit aan ‘n ouer wie se kind aan entstof-geïnduseerde skade ly. Vertel die storie aan aan iemand wat verlam is en gekerker in ‘n rolstoel sit of wat deur juppie-griep verander is in ‘n fisiese wrak.
1 APRIL 1882: REPUBLIEK LAND GO(O)SEN
Lees volledig by Kultuurdagboek
Die bepalings van die Konvensie van Pretoria van Augustus 1881 het 'n deel van die Keategrond van Transvaal weggesny. Hier het toe oor 'n kort tydperk ernstige moeilikheid tussen talle inboorlingleiers ontstaan wat elkeen op kapteinskap en gebied aanspraak gemaak het. Op die koop toe het Brittanje die fout gemaak om vir byvoorbeeld Mankoroane as hoof van die Batlapin en vir Montsioa as hoof van die Barolong buite hulle eintlike gebiede te erken. Oor en weer het die Swartes toe hulp gesoek om hulle eie standpunt met geweld te help seëvier.
KULTUUR- DAGBOEK 1 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die Nasionale Pers (Naspers) neem die Van Schaik-groep in 1987 oor en word alleeneienaar van die weekblad Rapport in 1999.
2. In sy wese was die stigting van die 'Midland Ladies Seminary' op 1 April 1867 die voorloper van onderwysers-opleiding in Graaff-Reinet. Die kollege het egter sy beslag gekry toe sentralisasie die totstandkoming van die Graaff-Reinetse Opleidingskool met ingang 1917 genoodsaak het.
3. 'n Groot ideaal van die NH Kerk is op die dag in 1917 verwesenlik toe hy sy eie predikante aan die Teologiese Fakulteit aan die destydse Transvaalse Universiteitskollege (van die Universiteit van Pretoria) kon begin oplei.
4.Die Republiek van Land Go(o)sen word in 1882 onder leiding van NC Gey van Pittius gestig.
HY IS NIE HIER NIE
Ds A.E. van den Berg
“En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasarener wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie....” (Mark.16:6).
Om die Bybellande te besoek is ʼn onvergeetlike ervaring en soveel plekke om te besoek, dat jy bang is om te gaan slaap en iets mis. ʼn Besoek aan die Tuingraf naby die Damaskuspoort in Jerusalem is beslis die hoogtepunt. ʼn Mens sien die skedelkoppie Golgota digby en ʼn entjie verder die Tuingraf waar Jesus deur Josef van Arimathéa en Nikodemus met die goedkeuring van die Romeinse owerheid na die kruisiging neergelê is.
Toeriste kan binne die graf ingaan. Dis ʼn kamer en word deur ʼn deur toegehou. Buite op die deur staan die volgende woorde: HY IS NIE HIER NIE WANT HY HET OPGESTAAN. Dit bring trane in die oë.
30 MAART VERKIESING
Op 30 Maart 1966 behaal die Nasionale Party onder dr H.F. Verwoerd, toe nog die suiwer Nasionale Party sonder suksesvolle inmenging en verraad van die Broederbond, die grootste verkiesingsoorwinning sedert 1948.
Vyf maande en 6 dae later word dr Verwoerd vermoor en dis die begin van Suid-Afrika se ondergang. John Vorster wat reeds deur die Geldmag in plek gestel is, word Eerste Minister en die pad van leuens, verraad en moord lei tot die weggee van Suid-Afrika aan 'n korrupte, onvermoënde swart regime. Hiervoor sal F.W.de Klerk, Pikswart Botha, Roelfbokgal Meyer en hulle hele bende nooit vergeet word nie.
De Klerk en Pik hoef nie meer die beplande openbare teregstelling te kry en waar hulle nou is boet hulle elke oomblik bitter duur vir wie hulle was en gedoen het maar daar is andere soos Meyer en Kie wat moet bid vir genade indien dit nog moontlik is...
WAT KOM DEUR DAAI NAALD? (1)
E J G Norval
IETS OOR DIE SKRYWER
Dr Gustav Norval is ‘n afgetrede patoloog met oa ‘n agtergrond van verskeie navorsingstukke by die Universiteit van Stellenbosch en ander instellings. Saam met ander medici het hulle navorsing ‘n hele aantal velde onder andere patologie, dermatologie, onkologie en mediese tegnologie gedek. Dr Norval het met in diepte navorsing ook talle boeke oor verskillende ander onderwerpe geskryf, met beklemtoning op die geskiedenis van ons volk waarin gebeure onbekend aan die publiek, uitgelig word. Ons plaas met groot waardering mettertyd ook van sy ander onderwerpe met sy toestemming hier op Gelofteland – Red.
Ene Dr. Kalokerinos het in die Int. Vaccine Newsletter (1995) die volgende”): “…the unofficial policy of the WHO and the unofficial policy of the ‘Save the children’s Fund’ is one of murder and genocide. You cannot immunize sick children, malnourished children, and expect to get away with it. You kill far more children than would have died from natural infection. Verder skryf hy: “…at the highest level of the medical cartel, vaccines are a top priority because they cause a weakening of the immune system. The medical cartel, at the highest level is not out to help people, it is out to harm them, to weaken them. To kill them”. Om kinders te vermoor. Hierdie is ‘n ernstige aantyging teen organisies wat inenting propageer en uitvoer en een wat ons van nader moet ondersoek om te sien wie se pote die inspuitings toedien.
ALLES IS NET GENADE
Ds A.E. vd Berg
“En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”(Luk 23:42,43).
Goeie Vrydag word al eeue lank in die kerk herdenk. Die gebeure van daardie dag neem gelowiges in die gees na ʼn koppie buitekant Jerusalem waar Jesus gekruisig is. Wie hierdie dag Goeie Vrydag begin noem het, weet ons nie. Vir oningeligtes klink dit teenstrydig want wat kon goed op so ʼn wrede dag wees? Dit was ʼn dag van onreg en regsverkragting soos wat die bose stuk skaakspel tussen Pilatus, Herodes en die Joodse Raad gevorder het.
Dit was vir Jesus nie ʼn goeie dag nie, maar eerder een van angs, wreedheid, pyniging en gespottery. Ons hoor Jesus in die Tuin van Getsemane bid: “En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val”(Luk.22:42-44).