Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons leef in 'n tyd waarin die waarheid nie meer hoog geag word nie maar die enkeles wat nog graag in die waarheid wil leef kan saam met Dawid sê: "Toets my HERE, want... ek wandel in u waarheid, Ek sit nie by valse mense nie, en met slinkse mense gaan ek nie om nie. Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie... my voet staan op gelyk grond; ek sal die HERE loof in die vergaderings."
KULTUUR- DAGBOEK 4 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Wie nie vir Hendrik Susan onthou nie is òf nog mooi en jonk, òf nie 'n boeremusiekliefhebber nie. Vandag, in 1903, is Hendrik Susan gebore. Hy was 'n violis van formaat en leier van sy eie Boere-orkes. Die instelling van 'n Afrikaanse radiodiens en die opstuwing van volksgevoel wat die Voortrekkereeufeesvierings veroorsaak het, het die behoefte aan 'n eiersoortige musiek skerp laat toeneem. Die musiek wat op die plase en dorpe gemaak is, met 'n sterk eie kleur en 'n algemene styl en klankpatroon, was die vanselfsprekende bron.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (3)
JESUS LEI DEUR SY VOORBEELD
(Lees reeks by Leiding van die Heilige Gees)
J.A. Loubser
Ons almal het leiding nodig in groot en klein sake. In hierdie proses is die wyse waarop Jesus leiding aan sy dissipels gegee het van die grootste belang. Hy was vir hulle die Voorbeeld in woord en in daad. Sommer met die aanvang van sy bediening het die mense besef dat sy leiding heel anders as die leiding van die Fariseërs en die wetgeleerdes was. Hulle kon Jesus se uitnodiging in Matt 11:29 heelhartig beaam:
"Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed."
Die Switserse teoloog Eduard Schweizer het die leiding van Jesus voorgestel met 'n besondere beeld. In die Europese winters is dit dikwels moeilik vir mense om na 'n swaar sneeuval by hulle voordeure uit te kom. Soms is dit vir klein kinders 'n onbegonne taak. Eers as een van hulle ouers uitgegaan het na die voorhekkie, kon die kinders agernakom en in die diep voetspore loop wat hulle ouers in die sneeu gemaak het. Só het die dissipels destyds vir Jesus gevolg op die nuwe weg wat Hy vir hulle gebaan het.
KULTUUR- DAGBOEK 3 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1751: Ds HH van der Veen word verbied om die kansel te bestyg. In die kerkraadnotule van die NG Gemeente Malmesbury is daar 'n verwysing na ds Herman Haike van der Veen wat verbied is om die kansel in hulle leraar, ds Voltelen, se afwesigheid te bestyg. Dit is gedoen om die goeie orde-ontwil en tot stigting van die gemeente. Ds Van der Veen was eintlik oppad na Batavia en het om gesondheidsredes 'n tydperk eers aan die Kaap oorgebly. Maar aan die Kaap was hy spoedig 'n kerklike verleentheid omdat hy sterk piëtistiese neiging geopenbaar het en op erge dramatiese wyse gepreek het. Daarom is hy nie toegelaat om langer in Kaapstad te preek nie. Hy het toe ander geleenthede probeer aangryp maar sy reputasie het hom telkens gestuit. Die betrokke voorval het Van der Veen egter by elke moontlike gesagsliggaam laat beswaar aanteken maar hy het telkens die swakste daarvan afgekom. Goew. Tulbach het hom ten einde raad verplig om die Kaap te verlaat, maar dit was eers met bedreiging van militêre geweld dat hy inderdaad 'n skip na Batavia gehaal het. Met sy vertrek het hy nietemin 'n hartroerende boodskap vir 'n dertigtal ondersteuners gelewer en hulle vermaan om in die geloof te volhard, ongeag die vervolging wat ook hulle – soos hy reeds ondervind het – kon verwag.
VERPLEEGSTER KOM UIT MET DIE WAARHEID
Hospitale het tydens die sg COVID-pandemie pasiënte uitgebuit en selfs vermoor ter wille van finansiering. Talle mense is op ventilators dood omdat suurstof in hulle longe inforseer is wat die longe laat plat val het.
Van korrupsie met die toetsing tot dood agv ventilators en verkeerde medikasie, leuens op die doodsertifikaat tot diskriminasie teen die ongeënte verpleegpersoneel – dit is wat die verpleegster in die hospitaal sien gebeur het.
Luister na haar verdoemende aanbieding van mense-kaping op CHD.TV by hierdie skakel:
https://www.globalresearch.ca/video-covid-nurse-whistleblower/5855999
BLOED,SWEET EN TRANE
Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Natal, die Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word. Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente, sendelinge van die London Missionary Society en London-gebaseerde anti-Boergesinde filantropiese societies soos die Aborigenes Protection society in samewerking met Dingaan en Umzilikaats beplan en uitgevoer was. Ou Voortrekker dagboeke en skrywers soos Preller en Bird bevestig dat hulle daarvan bewus was.
Die boek verskaf name van die trekkers in die verskeie trekgroepe, name van mans, vroue en kinders wat by Bloukrans en Weenen vermoor was, asook wie aan die verskeie gevegte by Vegkop, Italeni, Veglaer, Bloedrivier, Ulundi en Kongella geveg of gesterf het. Daar is ook heelwat foto’s van die trekkers wat by Bloedrivier geveg het. Mense wat belangstel om die boek te koop, kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (2)
GOD LEI DEUR TEKENS, MAAR WEES VERSIGTIG!
J.A. Loubser
" Dit het beslis nie om Gideon se eie belang gegaan nie. In hierdie opsig verskil dit baie van die tekens wat mense vandag soek."
Wanneer mense leiding soek, is hulle dikwels op die uitkyk vir tekens as aanduiding van die regte of verkeerde besluite.
God lei mense deur tekens aan hulle te gee. Dit is immers 'n integrale deel van die Ou Testament se boodskap. Die tekens word soms gegee op versoek (soos in die geval van Moses se kiere, en Gideon se wol) of God gee dit vanself (soos Noag se reënboog en die bloed op die deurkosyne met die eerste pasga). Die Goddelike tekens bevestig enersyds die woorde van die profete, maar dit maak andersyds ook die boodskap sigbaar.
Ook Gideon, van wie ons in Rigters 6 lees, het 'n teken gesoek – en gekry. Dit was te verwagte dat die varsgeskeerde wol wat hy die nag buite op die harde dorsvloer gelaat het laaste droog sou word in die sonlig. Dit het egter eerste droog geword – presies soos Gideon van God gevra het! Hy kon nie anders as om dit as 'n teken van Bo te sien nie.
2 MEI 1957: DIE STEM VAN SA WORD AMPTELIKE VOLKSLIED
KULTUURDAGBOEK 2 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Op 30 en 31 Mei 1918 het CJ Langenhoven in sy woning, Arbeidsgenot op Oudtshoorn, die woorde van die eerste drie verse van Die Stem van Suid-Afrika gedig en terselfdertyd 'n melodie vir die woorde gekomponeer. Albei is kort hierna uitgegee, en het ook in Die Burger verskyn onder die skuilnaam KRN.
Allerweë is die woorde geprys en die musiek het kritiek uitgelok. Langenhoven besluit toe om 'n ope wedstryd aan te kondig om 'n geskikte melodie te verkry vir die gedig, wat intussen 'n vierde vers bygekry het. Talle komponiste, onder andere Emiel Hullebroeck, Gideon Fagan, Stephen Eyssen, Walter Spiethoff, Victor Potgieter en andere het in die loop van die volgende tien jaar hul pogings aan Langenhoven voorgelê; elkeen het in 'n beperkte kring 'n mate van bekendheid verwerf maar nie een het werklik by die volk as geheel ingang gevind nie.
ONS KOERSLOSE VOLK
Prof JJ Pienaar
Die Afrikanervolk was nog nooit so verward, so onseker van homself, so koersloos, so oningelig, so verdeeld en so roepingsverduister as vandag nie. So 'n verwarde en verdeelde huis (huis beteken ook volk, vgl Eségiël 43:10) kan nie stand hou nie en dit is presies wat vandag met ons volk gebeur. Die toestand van verdeeldheid gaan van kwaad tot erger en ons volk wil nie hoor wat die Woord van die Here vir ons sê nie:
"Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie."
Matt 12:25. Só belangrik word hierdie waarskuwing geag dat Markus (3:25) en Lukas (11:17) dit herhaal.
Kyk ons byvoorbeeld na die vorige parlementêre verkiesing dan word bogenoemde aanklag teen ons volk as waar bewys. Baie sogenaamde Afrikaners het hulle met die Demokratiese Alliansie vereenselwig. Tussen die DA en die ANC is daar geen beginselverskille nie – ons heil lê beslis nie by die DA nie, hulle is uitgesproke globaliste.
In daardie verkiesing is daar weer 'n kloof geslaan tussen stemmers en nie-stemmers. Dit is nie vir die doel van hierdie beredenering nodig om hierdie verskille verder op die spits te dryf en die reedsbestaande wonde nog bloediger te maak nie. Ook hierdie verskeurdheid, so glo ons, gaan in die nabye toekoms oorbrug word.
Dan is daar werklikwaar sogenaamde Afrikaners wat vir ander partye soos oa COPE en die ACDP gestem het. 'n Duidelike bewys van die identiteitsverduistering wat daar bestaan.
GETALLE IN DIE BYBEL
Gustav Norval
Getal 2 en veelvulde daarvan
Twee word een (man en vrou), Yashua en sy bruid, die ou- en die nuwe aarde, die ou hemel en die nuwe, die ou Jerusalem en die nuwe Jerusalem, lig en duisternis, goed en kwaad, 2 tablette waarop die wet geskrywe staan, 2 testamente, tweede koms van Yashua, 2 getuies, vroeë en die laat reëns, Abraham, Isak en Josef het elk 2 seuns gehad.
Getal 22: 22 hoofstukke in Openbaring, 22 letters in die Hebreeuse alphabet, die woord “Wysheid” kom 220 x in die Bybel voor.
Getal 2000: die ark moes 2000 el vooruit gedra word en Hosea 6:2 en Lukas 13: 32 verwys waarskynlik beide na ‘n 2000 jaar periode tussen die eerste en tweede koms van Yashua.
Getal 3 en veelvulde daarvan
Die Drie-eenheid, 3 seuns van Noag, 3 aardsengele, 3 items in die ark (Hebr 9:4), Jona se 3 dae in die buik van die vis, Daniël het 3x per dag gebid, Yashua is 3x versoek in die woestyn, YHSH het 3 maal in die tuin van Getsemané gebid voor sy kruisiging, 3 hoofdissipels (Petrus, Johannes, Jakobus), 3 tale op die vloekpaal (Joh 19:20), opstanding op die derde dag, Petrus verloën Yashua 3 keer, Yashua die weg-waarheid-lewe (Joh 14:6), 3 hemele (2 Kor 12:2), Lasarus was 3 dae dood, in 3 dae die tempel weer opbou (Joh 13:19), 3 vloekpale op Golgota en 3 uur duisternis, die 3 komponente van Adamiete (liggaam, siel en gees), 3 getuies in hemel en op aarde (1 Joh 7:8), die 3 dimensies van die skepping, elk met sy 3 onderdele:
1882: HOLLANDS IN KAAPSE PARLEMENT TOEGELAAT
KULTUURDAGBOEK 1 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
Vanweë Brittanje se verengelsingsbeleid sedert 1806, het die Kaaplandse Afrikaners wat daaraan blootgestel is, weldra tot verset gekom. Reeds op 13 Mei 1857 het dr Tancred 'n versoekskrif van die distrik Albert in Burgersdorp, aan die Wetgewende Vergadering voorgelê waarin versoek is dat lede van die Parlement ook Nederlands in die debatte mag besig.
Ruim twintig jaar later skryf Die Patriot ook oor die verkeerde toedrag van sake en verseker dat "so lank as die Parlement in Engels gehou word, sal dit nooit beter gaan nie".
In 1881 het die koerant 'n bondgenoot in die Kaapse Sinode gevind, wat besluit het om petisies te laat teken met die oog op die verkryging van gelyke regte vir Hollands. Duisende handtekening word ingesamel. Op inisiatief van JH Hofmeyr het ds WP de Villiers op 7 Junie 1881 'n mosie ingedien wat nie tot stemming gebring kon word voordat die Parlement verdaag het nie.
KULTUUR- DAGBOEK 1 MEI
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. 'n Nuwe psalmboek waarvan 50 eksemplare uit Nederland bestel is, word op hierdie Sondag in 1775 vir die eerste keer in die Gereformeerde Kerk aan die Kaap gebruik.
2. Die hoofsetel van die Zuid-Afrikaansche Republiek verskuif van Potchefstroom na Pretoria in 1860.
3. Die Spesiale Diensbataljon (SDB), 'n eenheid van die Unie-Verdedigingsmag, is in 1933 op voorstel van kol Pierre van Ryneveld gestig met lt. kol George E Brink as stigter en eerste bevelvoerder. Dit het bestaan tot 18 Oktober 1946.
4. 1955: Met die stigting van die Trust-Bank van Afrika Beperk, is 'n Afrikaanse bankinstelling in die lewe geroep wat spoedig sou groei tot een van die vyf groot banke in Suid-Afrika.
5. Die ANC stel die kommunistiese handleiding, die 'Freedom Charter' deur die hand van Joe Slovo ter skrif. Dit is die dokument wat na 1994 in werking gestel is om die blanke in Suid-Afrika van sy land en sy lewe te beroof.
1882: Hollands word in die Kaapse Parlement toegelaat. Lees hieroor in hoofartikel.
NOG "DEATHVAX™" GEVOLGE
Ons het nog lank nie die einde van die COVID-19 ellendes gesien nie. Baie van die simptome van daardie gifinspuitings begin nou eers name kry. En intussen lag die sataniese Internasionale Geldmag heerlik oor al die ontdekkings wat nou eers deur die “useless eaters” gemaak word.
Van die duisende newe-effekte wat Pfizer gelys het in sy vertroulike verslag van nadelige gevolge, wat by die Amerikaanse voedsel- en dwelmadministrasie ingedien is, het die GCoVS gefokus op 13 AESI's, siektes wat in drie primêre kategorieë val: neurologies, hematologies (bloedverwant) en kardiovaskulêre toestande.
Voorts blyk dit uit toenemende data dat demensie een van die ernstiger newe-effekte van die COVID-mRNS-inspuiting is, en erger nog, hierdie voorheen onoordraagbare siekte kan nou "aansteeklik" wees deur middel van prions.
Wat is prions?
KULTUUR- DAGBOEK 30 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die dorp Kroonstad in die Vrystaat onstaan in 1855 toe die eerste woonerwe van die plaas Klipplaatdrift verkoop word. Dit was die hoofstad van die Republiek van die Oranje Vrystaat van 13 Maart to 11 Mei 1900.
2. 1961: Dit is advokaat CR Swart se laaste dag as Goewerneur-generaal van Suid-Afrika.
Die onafhanklikheidstrewe van die Nasionale Party was van die begin af in sy grondwet ingeskryf, en in 1934 is die betrokke artikel 4 verander, toe daar vir die eerste maal bepaal is dat onafhanklikheid in 'n republikeinse staatsvorm verkry moet word. Die hoof van so 'n staat sou President heet, maar tot met republiekwording was die staatshoof nog die Goewerneur-generaal. Adv CR Swart, lank leier van die Nasionale Party in die Vrystaat en sy lewe lank vurige republikein, het op 12 Januarie 1960 die laaste Goewerneur-generaal van SA geword, 'n pos wat hy op 30 April 1961 neergelê het, hangende sy verkiesing tot die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei 1961.
KULTUUR- DAGBOEK 29 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die eerste Dorslandtrekkers onder leiding van Gert Alberts bereik die Ngamineer in 1875.
2. Die Inval van Reitz: Britse magte onder bevel van lt.kol TD Pilcher val die dorp Reitz in die Vrystaat, in 1901 tydens die Tweede Vryheidsoorlog binne en vernietig meeste huise en geboue. Meer hieroor in hoofartikel.
3. Die grootste SA-rolprentgehoor tot en met 1978, (40 000 mense) kom by die Voortrekkermonument in Pretoria op hierdie dag in 1961 byeen om die premiére van Jamie Uys se film, Doodkry is min, te sien. Meer as 2 miljoen mense wêreldwyd sien dié film wat handel oor die Afrikaanse taal.
LEIDING VAN DIE HEILIGE GEES (1)
'N BELOFTE VAN LEIDING
J.A. Loubser
"Gewoonlik is 'n mens blind vir jou eie sluheid. 'n Mens kan byvoorbaat aanvaar dat daar in jou godsdiensbeoefening sekere bewuste en onbewuste motiewe aanwesig is waaragter jou eie belange en eie ambisies verskuil word."
Elkeen van ons kom een of ander tyd in ons lewe by vurke in ons lewenspad waar ons kritieke besluite moet neem wat ons toekoms ingrypend kan beïnvloed. Dit is veral dan dat 'n gelowige opnuut die groot vraag vra: Kan God my leiding gee in hierdie beslissing? Moontlik het jy op hierdie tydstip van jou lewe 'n besondere behoefte om meer te leer oor die leiding van die Heilige Gees. Ons gaan in die volgende veertien aflewerings in hierdie reeks uitvind hoe God my lei, ook hoe Hy volke lei, en hoe ek kan weet wat die wil van God vir my en my volk is in hierdie spesifieke situasie waarin ons ons nou bevind.
Dit kan gebeur dat 'n mens jouself as 'n Christen beskou en nog steeds onbewus is van die persoonlike leiding van die Here. Jy kan alreeds baie jare as gelowige probeer leef en nog steeds vind dat die dinge waaroor ons hier gesels vreemd is. Moontlik het jy wel enkele kere in jou lewe ervaar dat die Here baie naby jou is. As mens vir die meeste gelowiges vra, sal hulle erken dat daar die een of ander goddelike plan met hulle lewens was. As hulle terugkyk op die verloop van hulle lewenspad sal hulle toegee dat dit beplan is buite hulle eie vermoëns.
WAT IS DIE MENS?
Hannes Ollewagen
Heb. 2:1-18
“...maar iemand het êrens getuig en gesê: Wat is die mens, dat U aan hom dink, of die mensekind, dat U hom besoek?U het hom 'n weinig minder as die engele gemaak; met heerlikheid en eer het U hom gekroon en hom oor die werke van u hande aangestel.” (:6&7).
Die skrywer herinner ons aan die bekende Psalm 8 waarin koning Dawid van dieselfde saak spreek. “...wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ’n weinig minder gemaak as ’n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:” (:5-7). Dit is vir ons uit hierdie gedeeltes duidelik dat God aan die mens ’n besonderse plek in sy skepping gegee het. God het die mens as heerser oor die werk van sy Hande aangestel. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.” (Gén. 1:26). Wat ’n groot verantwoordelikheid is nie op die mens gelê nie!
KULTUUR- DAGBOEK 28 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Die nuwe kerkgebou van die Strooidakkerk in die Paarl, Wes-Kaap, word in 1805 ingewy. Die kloktoring is in 1811 voltooi en op die klok, 'n oorblyfsel van die ou kerk, is die inskrywing 'Amsterdam 1714'. Die preekstoel is deur MM Krynauw in 1838 geskenk.
2. 1945: Die CNO-Bewaarskool word in Pietermaritzburg geopen. Die beperking op moedertaalonderrig het groot ontevredenheid onder die Afrikaners van Natal ontketen. Uit protes teen hierdie beperking van Afrikaans as taalmedium vir onderrig is daar op 7 Februarie 1944 in die stadsaal van Pietermaritzburg onder luide applous eenparig besluit om 'n eie CNO-Bewaarskool in die stad te stig.
SA SE SMELTKROES
Dit is interessant hoe Siener van Rensburg dinge wat nou besig is om te gebeur, gesien het. Siener het dikwels van die smeltkroes gepraat – wanneer hier groot chaos en geweld uitbreek. Ons besef dat die komende verkiesing groot anargie kan veroorsaak. Die ANC het die hulp van Rusland gevra en die Russiese taakmag WAGNER het reeds in Suid-Afrika aangekom. Die vrees wat die ANC koester is nie ongegrond nie – daar was reeds talle dreigemente van opposisiepartye dat hulle die verkiesing sal ontwrig.
KULTUUR- DAGBOEK 27 APRIL
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Vir die Afrikanervolk sal hierdie dag altyd staan as die dag waarop die verraad van die Nasionale Party teenoor sy Blanke kiesers ingevryf is met die inhuldiging van 'n Swart terroris, bomplanter en tronkvoël as eerste swart president van Suid-Afrika, Nelson Mandela, by die Uniegebou in Pretoria. Op 27 April 1994 vind een van die duurste staatsseremonies ooit plaas. En terwyl die massas elke jaar hulle dronkfeeste ter herdenking van hulle sogenaamde vryheid hou, rou ons oor die onreg wat elke dag teenoor ons volk plaasvind. Ons word vermoor, verkrag en beroof van alles wat kosbaar is. Mag De Klerk, Pikswart Botha en hul bende in die hiernamaals teregstaan vir die duisende moorde, verminking en verhongering van mense in hierdie vernielde land.
2. Genls Louis Botha en JBM Hertzog stig in 1910 die Suid-Afrikaanse Party (SAP).
3. 1918: Onder hierdie datum is 'n adres van waardering aan genl Hertzog gerig. Dit is deur CJ Langenhoven as voorsitter van die distriksbestuur, Oudtshoorn, van die Nasionale Party onderteken.
DIE AFRIKANER-VERKLARING - DIE ANB SE REAKSIE
Die liberaliste kla oor sy mislukte NSA, wil nie erken dat hy dit oor homself gebring het nie, maar wil steeds die Afrikanervolk daarin gevange hou met sy sogenaamde Afrikaner verklaring. Daarin wil hy die skyn wek dat die Afrikaner se toekoms slegs as ‘n kultuurgroep in ‘n gemengde goddelose samelewing bestaan. Die Afrikaner Nasionalitiese Beweging roep egter die Afrikanervolk op tot nugtere toetrede tot die weg tot ware vryheid om God te dien binne ons volksverband in ons vaderland. Verwerp hierdie bestel wat met verraad uit eie kring op ons afgedwing is. Hierdie hele land is óns land. Daarom verwerp ons die totale bestel en neem ons nié aan sy verkiesings deel nie.
Tog interessant hoedat die liberaliste nou, dertig jaar na die oorgawe van mag, ontgogel is deur die harde werklikheid. Die werklikheid van Swart oor Wit dominansie. Die ontnugtering noudat hul onrealistiese verwagtinge van vrede, gelykberegtiging en rasse-harmonie ná die weggee van die politieke mag, maar net nie wil realiseer nie – ten spyte van die verloop van drie lange dekades. Hulle drome van die utopie van die Nuwe Suid-Afrika lê aan skerwe.