NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na. Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke.
Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat. Hartafdrukke van regverdigheid en deernis,  van begrip en liefde, van barmhartigheid en belangstelling.  Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en van opregte betrokkenheid.  Mag my hart 'n ander hart aanraak  en 'n afdruk van u liefde laat.  En as iemand sou sê: "Jou aanraking het my vandag versterk"  laat hulle agterbly met die wete dat dit u Liefde was wat hul in my ervaar het.

ALLES IS NET GENADE

Ds A.E. vd Berg

“En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.

En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees”(Luk 23:42,43).

Goeie Vrydag word al eeue lank in die kerk herdenk. Die gebeure van daardie dag neem gelowiges in die gees na ʼn koppie buitekant Jerusalem waar Jesus gekruisig is. Wie hierdie dag Goeie Vrydag begin noem het, weet ons nie. Vir oningeligtes klink dit teenstrydig want wat kon goed op so ʼn wrede dag wees? Dit was ʼn dag van onreg en regsverkragting soos wat die bose stuk skaakspel tussen Pilatus, Herodes en die Joodse Raad gevorder het.

Dit was vir Jesus nie ʼn goeie dag nie, maar eerder een van angs, wreedheid, pyniging en gespottery. Ons hoor Jesus in die Tuin van Getsemane bid: “En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val”(Luk.22:42-44).

Die soldate het Jesus spottenderwys ʼn kleed en doringkroon laat dra en in sy gesig gespuug; alles psigiese foltering. Daarbenewens het Jesus onder die swaar kruis gestruikel sodat ʼn ander persoon dit na die plek van tergstelling moes dra. Daarna die spykers wat in sy hande en voete ingeslaan is en die doodse dors soos wat die bloed uit sy gebroke liggaam gevloei het. Hoe kon dit ʼn goeie dag gewees het?!

Die ergste was dat daar nie so teen ʼn misdadiger opgetree is nie, maar met die Seun van God, die enigste reine, heilige en volmaakte ooit op aarde! Is dit nie onvanpas om van Goeie Vrydag te praat nie? Nee, dit is nie, want dit was die dag waarop die mens met God versoen is. “En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van versoening gegee het,naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie ....” (2 Kor,5:18,19).

God het Hom uit genade oor die mens ontferm en ʼn duidelike teken daarvan gegee. Die oomblik toe Jesus sterf, het iets ontstellend gebeur: “En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur”(Mt.27:51). Daarmee het God die mens laat verstaan dat Hy voortaan direk toeganklik was en dat die mens nie meer middelaars (priesters) nodig gehad het om namens hulle versoening by God te bewerk nie. Danksy Goeie Vrydag kon mense met vrymoedigheid God direk nader.

Jesus is nie alleen gekruisig nie maar saam met twee ander misdadigers. Die Bybel meld nie spesifiek dat hulle moordenaars was nie. Dis maar ʼn afleiding wat gemaak is. Aanvanklik het beide met Jesus gespot, maar spoedig het een van hulle ‘n radikale geestelike ommeswaai gemaak. Hy het besef dat sy laaste uur aangebreek het en dat hy sonder ʼn Verlosser hopeloos verlore op die drumpel van die ewigheid was. Daarom pleit hy by Jesus om aan hom te dink as Hy in sy koninkryk kom. Daarna gee Jesus hom die versekering: “... vandag saljy saam met my in die paradys wees”

Die grootste vertroosting lê in die woorde “saam met My”. Dit rym met Jesus se gebed in Joh.17:24: “Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het....”. Paulus skryf in Fil.1:23 dat hy na sy eie dood uitsien omdat hy dan by Jesus is.

Die misdadiger op Golgota was beslis gered. Die vraag is: Maak dit dan nie redding goedkoop nie? Want waar was sy navolging van Jesus, gehoorsaamheid en heiligmaking? Was die man se bekering nie dalk skyn gewees omdat die dood in sy nek geblaas het nie? Het hy werklik ware geloof gehad? Kan dit werklik so eenvoudig wees? Ja, hy het ware geloof gehad en is gered. Dis so eenvoudig om kind van God te word.

Ontleed vir ʼn wyle die misdadiger se woorde: “Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is?” (:40). Hy het besef dat daar ʼn God is voor Wie hy en sy ander gekruisigde en gevolglik aan ʼn lewe na die dood geglo. Uit sy woorde: “... want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie”(:41) neem hy verantwoordelikheid vir sy verkeerde dade en het dus ʼn sondebesef waarsonder niemand gered word nie. Hy het geglo dat Jesus ʼn koning is en vir hom iets in sy bedenklike situasie sou doen. “En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom”. Hy het Jesus met sy hele hart vertrou en dit sluit al die elemente vir bekering in.

Hierdie merkwaardige Goeie Vrydag-verhaal beklemtoon een van die grootste geestelike waarhede – redding geskied deur genade alleen en nie deur menslike verdienste nie. ʼn Mens wonder hoe hierdie man se lewe voorheen gelyk het? Hy het waarskynlik min van God en sy gebod geweet. Geen goeie werke of enige moontlike geestelike “verdienstes” gehad nie, maar slegs aan Jesus se verdienste vasgegryp.

Die Evangelies vertel van allerlei sieklikes wat na Jesus gestroom het toe Hy deur hul dorpe en stede gereis het; hul laaste hoop op genesing. ‘n Vrou wat aan bloedvloeiing gely het, gryp selfs na Hom. Op Golgota gryp ʼn misdadiger ook na Jesus –sy laaste kans vir geestelike genesing en ontvang dit.

Uit Luk.23 leer ons dat groot geloof nie sondaars red nie maar wel egte geloof.   Een milligram opregte geloof weeg swaarder as 100 ton se skyngeloof. Uit ʼn kerklike oog beskou, het die misdadiger weinig geloof gehad. Dit wat hy wel gehad het, was genoeg om sy siel van die ewige verderf te red.

Dat sekere mense die geloof het en ander nie, is nie aan wysheid of vroomheid te wyte nie. Geloof is ʼn gawe van God en nie iets wat jy self opwek nie. Afhangende of jy dit opreg van God bid, ontvang jy dit of nie. Talle mense het al gesterf sonder om iets van God se genade in hul lewens te vertoon, maar het op hul sterfbeddens tot bekering gekom. Jy kan een minuut voor jou dood gered word, maar kan nooit daarop reken nie.

Lul.23 verseker ons van ʼn bewustelike lewe na die dood. Die misdadiger het van Jesus die versekering gekry dat hy dieselfde dag nog saam met Jesus in die Paradys sou wees. Jesus se koningskap het op daardie oomblik op daardie heuwel van verdoemenis helder geskyn.   In sy swakste oomblik het Jesus die misdadiger met koninklike gesag van ʼn lewe in die hiernamaals verseker.

Jesus se liefde vir sondaars skitter op Golgota. Beide misdadigers verdien om daar te hang. Geen petisielys om begenadiging sou enigsins die rondte doen nie.   Almal was dankbaar dat die twee uit die samelewing verwyder word.

Op Goeie Vrydag brand God se oordeel nie op een van die twee misdadigers nie maar op die Man in die middel. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh.3:16). God gee sy Seun sodat selfs misdadigers die ewige heerlikheid kan beërwe. Dis waarom God in Jesus aarde toe gekom het – om plaasvervangend te sterf sodat sondaars vir ewig kan leef.

Ek wonder wat die bekeerde misdadiger gesê het toe hy sy oë vir oulaas sluit en dit onmiddellik in die Paradys oopmaak en Jesus vir hom sien wag. Miskien het hy soos ʼn Thomas uitgeroep: “My Here en my God!”

Kom ons val ook op hierdie Goeie Vrydag uit dankbaarheid vir ons eie verlossing voor Jesus in die gees neer. Want wat het ons om Hom te bied? Niks behalwe sondebesmette lewens. Ons het soos die misdadiger niks te toon nie. Alles is maar net genade en dis ook vir ons, soos daardie misdadiger, genoeg.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1148 gaste aanlyn