Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Word almal geoordeel? Ja, maar nie almal word veroordeel nie. Slegs diegene wat sonder Jesus gesterf het. En die gelowiges? Oor hulle aanvanklike klagstaat is die bloed van Christus gestort: “....En die bloed van Christus reinig ons van alle sonde” (1 Joh.1:7). Dis God se uitveër!
GETALLE IN DIE BYBEL
Gustav Norval
Getal 2 en veelvulde daarvan
Twee word een (man en vrou), Yashua en sy bruid, die ou- en die nuwe aarde, die ou hemel en die nuwe, die ou Jerusalem en die nuwe Jerusalem, lig en duisternis, goed en kwaad, 2 tablette waarop die wet geskrywe staan, 2 testamente, tweede koms van Yashua, 2 getuies, vroeë en die laat reëns, Abraham, Isak en Josef het elk 2 seuns gehad.
Getal 22: 22 hoofstukke in Openbaring, 22 letters in die Hebreeuse alphabet, die woord “Wysheid” kom 220 x in die Bybel voor.
Getal 2000: die ark moes 2000 el vooruit gedra word en Hosea 6:2 en Lukas 13: 32 verwys waarskynlik beide na ‘n 2000 jaar periode tussen die eerste en tweede koms van Yashua.
Getal 3 en veelvulde daarvan
Die Drie-eenheid, 3 seuns van Noag, 3 aardsengele, 3 items in die ark (Hebr 9:4), Jona se 3 dae in die buik van die vis, Daniël het 3x per dag gebid, Yashua is 3x versoek in die woestyn, YHSH het 3 maal in die tuin van Getsemané gebid voor sy kruisiging, 3 hoofdissipels (Petrus, Johannes, Jakobus), 3 tale op die vloekpaal (Joh 19:20), opstanding op die derde dag, Petrus verloën Yashua 3 keer, Yashua die weg-waarheid-lewe (Joh 14:6), 3 hemele (2 Kor 12:2), Lasarus was 3 dae dood, in 3 dae die tempel weer opbou (Joh 13:19), 3 vloekpale op Golgota en 3 uur duisternis, die 3 komponente van Adamiete (liggaam, siel en gees), 3 getuies in hemel en op aarde (1 Joh 7:8), die 3 dimensies van die skepping, elk met sy 3 onderdele:
- Tyd (verlede, hede en toekoms)
- Spasie (lengte, breedte en hoogte)
- Materie (solied, vloeistof en gas)
Woorde en begrippe wat 3x in die Bybel voorkom: volmaaktheid, Godheid, paradys, nuwe hemel, onsienlike, Immanuel, ondeurgrondelik, alleenwyse God, kinders van die belofte, U Naam oor ons uitgeroep, deur die Gees gelei, mede-erfgename, bloed van die Lam, offer vir die sondes.
30 keer: “onse Vader”, 30 silwerlinge
33: Yashua 33 jaar oud by sy teregstelling, die woorde Silo, en eersgeborenes word 33x in die Bybel gebruik.
Dawid regeer 33 jaar oor die hele Israel (nà hy eers 7 jaar oor Juda regeer het), vroue moes hulself 33 dae reinig na die geboorte van ‘n seuntjie.
Een derde van die engele is uit die hemel gewerp en een derde van die mense sal gedood word (Openbaring 12: 3, 4)
Die getal 6 en veelvulde daarvan in die Woord
Die 6 skeppingsdae, die mens geskape op die sesde dag, Lea het 6 seuns gehad, 6000 jaar vanaf Adam tot op hede, slawe moes ses jaar werk voor hulle vry verklaar was, 6 vrystede (Num 35), Goliat was 6 el lank (2,97 meter), sy spies was van 60 sikkels silwer, daar was reuse met 6 tone en 6 vingers aan elke ledemaat, serafs se 6 vlerke, Yashua verander 6 kanne water na wyn, die Bybel het 66 boeke, 6 dele van die wapenrusting, 666 die merk van die dier. Woorde en snedes wat 6x in die Bybel voorkom sluit in: beproewing, wilde diere van die land, wat is die mens.
Die getal 7 en veelvulde in die Bybel:
Sewende dag ingestel as rusdag, YHWH se woord 7x gesuiwer (Psm 12:6), Yashua se geslagsregister volgens Matt 1 is 3 x 14 geslagte vanaf Abraham en 77 geslagte vanaf Adam volgens Lukas 3. Daar was 7 paar rein diere in die ark, 7 kleure in die reënboog, 7 beloftes aan Abraham (Gen 12:2-3), 7 jaar hongersnood in Egipte (Gen 41), slawe was bevry op die sewende jaar, sabbatsrus elke 7 jaar, 7 Geeste van YHWH (Jes 11), 7 lampe in die menorah-kandelaar, verootmoedigingsdag was in die sewende maand, Jericho val op die sewende dag, Salomo bou 7 jaar aan die tempel, 7 dinge wat YHWH haat (Spreuke 6), 7 vloekhout-woorde van Yashua, 7 brode (Matt 15), 7 gemeentes in Openbaring, 7 seëls, 7 basuine, 7 skale, 7 plae, 7 jaar regering van die anti-Messiah, die lam met 7 horings en 7 oë (Openb 5:6)
Woorde of terme wat 7x, of in veelvulde van 7 in die Woord voorkom: ‘Jesus Christus’ =259x (7x37), ‘Here God’= 1295x (7x185), berou=7x, Godsvrug=7x, Verlosser=42x (7x6), heiliges=77x, oorblyfsel=84x (7x12), God die Allerhoogste=21x, Pasga= 63x (7x9), kruis= 28x, deug=7x, ewige lewe=49x, God van Hemel en aarde=28x, Juda=770x, God van Abraham, Isak en Jakob=14x, kragtige dade=7x, prediking=14x .
Die getal 70: Jakob het 70 seuns en kleinkinders gehad (Exo 1:5), Gideon en koning Agab het elk 70 seuns gehad, Tera was 70 jaar toe Abraham gebore was, 70 opsigters het Moses bygestaan (Num 11), 70 jaar ballingskap vir Juda, 70-duisend van die volk sterf aan pes (2 Sam 25:15), vergeef jul broers 70x7 keer (Matt 18:22), 70 weke van Daniël (Dan 9: 24-27), 70 jare vir ons leeftyd (Psm 90:10), Yashua stel 70 man aan wat Hy vooruitstuur (Luk 10:1), 70-ste hoofstuk in die Bybel is Exodus 20, waar die 10 wette gegee word.
Die Hebreeuse- en Griekse Bybelgeskrifte se perikope het gewoonlik ‘n aantal woorde wat in veelvulde van 7 voorkom, die aantal naamwoorde daarin is 7, 14 ens, die aantal woorde wat begin met ‘n klinker of konsonant is deelbaar deur 7 en die totale aantal letters en klinkers in ‘n perikoop is ook deelbaar deur 7. Geen komper ter wêreld kan dieselfde doen nie.
Die getal 10 en veelvulde daarvan in die Bybel
Afmetings van die tabenrakel meet 10x10x10 el met 10 pilare, tempel met 10 waskomme, 10 afspoelwaentjies, gegote see van 10 el, die 10 wette, 10 plae, 10 maagde, 10 talente, 10 pennings (Luk 15:8), die dier van Openbaring met sy 10 horings en 10 krone.
Woorde en begrippe wat 10x in die Bybel voorkom: Skepper, kruisig, wederkoms, genade gawe, Lam van God, geliefde Seun, vergifnis van sondes, uitverkore, belydenis, Heilige Gees enTrooster = 100x in Bybel
Die getal 12 en veelvulde daarvan in die Bybel
Daar is die 12 stamme van Israel, 12 konings uit Ismael, 12 brode in die tabernakel, asook 12 borde en 12 panne, 12 spioene was deur Moses uitgestuur na Kanaän, 12 klippe was gepak vir die gedenkstapel by die Jordaan (Jos 4), Elia se altaar was van 12 klippe, 12 dissipels, die vrou wat 12 jaar aan bloedvloeiing gely het (Matt 9), Jairus se 12 jaar oue dogtertjie, 12 mandjies met brokstukke (Matt 14:20), nuwe Jerusalem met 12 poorte, 12 fondasies en elk versier met 12 edelgesteentes (Openb 21), boom van die lewe met 12 vrugte (Openb 22:2), 24 ouderlinge op 24 trone (Openb 24), die vrou in Opebaring 12 met ‘n kroon van 12 sterre, 144,000 verseëldes, die nuwe Jerusalem volgens die King James Bible meet 12,000 el in alle dimensies, en die mure daarvan is 144 el. Die woorde “regterhand van God” kom 12x in die Bybel voor en “bekering” 24X
Die getal 40 in die Bybel
Dit het 40 dae en 40 nagte gereën op Noag se ark, Moses en Elia en Yashua elk het 40 dae gevas (Exo 34:28, 1 Kon 19:8 en Matt 4:2), die volk trek 40 jaar in die woestyn rond, 40 houe met lyfstraf toegedien (Deut 25:3), die volk was 40 jaar lank diensbaar aan die Filistyne (Rig 13:1), Esegiël lê 40 dae op sy een sy vir die volk se sondes (Eseg 4:6), Isak en Esau neem beide vrou op 40 jaar (Gen 25:20 en Gen 26:34), balseming het 40 dae geduur (Gen 50:3), Moses was 40 dae op die berg en Josua was 40 jaar oud toe hy as spioen vir 40 dae lank moes optree. Op 3 geleenthede het die land 40 jaar lank gerus (Rig 3:11, 5:31 en 8:28). David en Salomo en Joas het aldrie vir 40 jaar lank op hul trone regeer, Yashua was vir 40 dae in die woestyn versoek (Mark 1:13), en 40 dae het verloop tussen die opstanding en hemelvaart van ons Verlosser. Ook interessant die feit dat normale swangerskap by die mens 40 weke duur.