Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Langenhoven het met 'n vonkel in die oog gesê dat wanneer mens die Here om wysheid vra, jy taamlik op jouself kan reken vir ander dinge – soveel beteken wysheid in ons lewens. Martin Luther was meer ernstig in sy uitspraak dat daar geen wysheid bestaan behalwe die waarheid nie. Maar Langenhoven het ook die kern van die saak gebring toe hy gesê het dat die slim man al die paaie ken terwyl die wyse man net een regte pad ken – die waarheid. Ons kan met reg almal wat van die waarheid wegskram as onwyse karakters beskou.
DIE ROTS VAN HOREB
Gustav Norval
Die presiese roete wat Moses en die Israeliete oor die driehoekige Sinai skiereiland gevolg het is nog nie uitgeklaar nie en daar is twee moontlike roetes. Hulle moes aanvanklik suidoos trek om die Filistynse gebied in die noordelike Sinai Skiereiland te vermy (Exo. 13:17)
Roete een
Die een moontlike roete gaan oor die westelike vurk van die Rooisee suid-ooswaarts oor Mara (Exo 15:23) en Elim (Exo 16:1), vanwaar hulle verder na die suide van die skiereiland getrek het. Volgens hierdie beskouiing lê berg Horeb (Mt. Sinai) in hierdie gebied.
Roete twee
Die tweede en meer waarskynlike roete was oor die woestyn en oor die oosvurk van die Rooisee, ooswaarts na ‘n vallei wat beskou word as die Rafidim-vallei. In die gebied is ‘n berg wat tans bekend staan as Jebel-el-Laws en wat deur sommige argeoloë as die berg Horeb (Mt. Sinai) beskou word.
Moses het op die berg Horeb geklim om die 10 Wette te ontvang. Noord van die berg is twee kolossale rotse (18 meters hoog) wat teen mekaar staan en van mekaar met ‘n vertikale spleet geskei word. Hierdie struktuur staan uit vir baie kilometers ver en is volgens oorlewering die rots wat Moses met ’n stok moes slaan om die dorstige murmurende volk van water te voorsien.
Moses was deur YHWH aangesê om die rots met ‘n stok te slaan (Exo. 17:5) en dit is interressant om daarop te let dat hy die “rots” (enkelvoud) moes slaan. Vandag staan daar twee rotse styf teenmekaar met ‘n spleet tussenin en dit is net logies om te dink dat die rots met die geslaan waarskynlik in twee gesplit het waardeur die water uitgestroom het. Dit bly maar een groot wonderwerk. Na die volk van Elim weggetrek het, het hulle opstandig begin raak en terugverlang van die vleispotte van Egipte. Dit was gedurende die tydperk wat YHWH hulle manna en kwartels gestuur het om hulle te onderhou. Die volk het kamp opgeslaan in die Rafidim-vallei en die kampplek waar die volk tente opgeslaan het, was deur Moses “Massa ve Meriba” (Hebreeus = toetsing en murmurering) genoem vanweë die volk se opstandigheid (Exo 17:7).
Oos van die berg Horeb is ‘n massiewe hoop rotse in die vorm van ‘n platform en op sommige van die klippe is tekeninge van bulle:
Dit mag alles tekens wees van ‘n aanbiddingsplek, moontlik dat hierdie plek die altaar was waar die goue kalf opgerig was. Hier in die Rafuidim-vallei het die Amelekiete die volk aangeval en was hulle hier ook verslaan. (Exo 17: 8-18).
Die presiese plek waar die Israeliete oor die oosvurk van die Rooisee gegaan het, blyk te wees by ‘n plek genaamd “Nuweiba”, geleë langs die ooskus van die skiereiland (sien pyl in die kaart hieronder). Regoor Nuweiba aan die oorkant van die see is daar ‘n stapel rotse te sien waar die Israeliete deur die see gekom het en wat waarskynlik deur hulle daar as gedenkteken opgerig was.
Die bevindings word gestaaf deurdat duikers heelwat oorblyfsels van strydwaens in die see naby die plek gevind het wat aanduidend is van Farao se waens wat daar in die see omgekom het:
Al hierdie bevindings bevestig maar weereens hoe waar God se wonderlike Woord is.