NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Dank God dat die toekoms van ons volk nie in die hande van heidene berus nie, maar in SYNE!   Daarom gee ek op hierdie dag geen treë sonder Hom nie.  Met Hom loop ek tot aan die uithoeke van die aarde!

WAT DOEN JY VIR JESUS TOTDAT HY WEER KOM?

Ds A.E. van den Berg

“Sy heer sê: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Mt. 25:23).

Jare gelede het ek ʼn meriete-prysuitdeling bygewoon toe ʼn swart leraar die opening waargeneem en die Gelykenis van die Talente geleeshet. Hy het God vir die talente wat Hy aan die wenners gegee het, gedank. Die man het die bal misgeslaan, want dis nie waaroor die gelykenis gaan nie. Ek wil waag om te sê dat 99% van alle mense hierdie gelykenis heeltemal verkeerd verstaan. Dit het niks met verstandelike vermoëns en gawes te doen nie. Die gelykenis handel uitsluitlik oor diensbaarheid in belang van die koninkryk van God.

Met dié gelykenis het Jesus by die sakelewe van sy tyd aangesluit; diensknegte wat met geld toevertrou is waarmee hulle moes woeker met die oog op die terugkeer van hul huisheer. Hierdie gelykenis sluit by die vorige een oor die Tien Maagde aan. Almal in sy diens moet vir sy terugkeer gereed wees.

Die gelykenis leer ons meer bepaald hoe om gereed te wees en wat om te doen totdat Jesus op die wolke kom. Die antwoord is duidelik – benut die geleenthede wat Hy jou gee om sy saak op die aarde te bevorder. Hy sê in die Bergpredikasie om eers die koninkryk van God te soek.

Gelowiges bevorder sy koninkryk met die oog op die wederkoms wanneer Hy in die lig van sy offer aan die kruis sê: “Kyk wat Ek vir jou gedoen het. Wat het jy vir My gedoen?” Een ding moet ons weet - daar kom ʼn dag van afrekening. “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad” (2 Kor.5:10).

Daar is ʼn verband met wat ons op die aarde doen en ons verblyf in die hiernamaals. ʼn Mens kan nie ergerlik op aarde leef maar verwag om op ʼn verebed die hiernamaals ingedra te word nie. Nee, benewens God se reddende genade verg dit van ons geestelike inspanning en diensbaarheid om vir Jesus gereed te wees. ” Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind”.

Die opofferings wat ons vir Jesus maak, is egter min teenoor die vele wat op ons wag. Desondanks is ons min van die hede nie onbelangrik vir Jesus nie. Dis juis die min van die hede wat gaan bepaal of ons in die vele van die toekoms gaan deel. Hoe ons op die aarde leef, bepaal waar ons die hiernamaals gaan deurbring. Die Bybelse verhaal van Lasarus en die ryk man bevestig dit.

Die Gelykenis van die Talente sê dat die huisheer gawes uitgedeel en daarna weggegaan het. Dis die tyd tussen Jesus se hemelvaart en sy wederkoms. Die talente is geleenthede wat Hy aan gelowiges gee om op geestelike gebied verantwoordelik te woeker totdat Hy weer kom.

Dit bring ons by die hoofgedagte van hierdie gelykenis: Wanneer Jesus kom, gaan ons verantwoording doen en daarvolgens geoordeel word. Die oordeel sny na twee kante: Die goeie en getroue diensknegte wat ʼn salige beloning ontvang en die lui diensknegte wat die verderf beërwe. Getroue pligsbesef word ook deur ʼn woord aangespoor wat grootliks misverstaan word: “...want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het” (:29).

In die gelykenis kom ʼn belangrike beginsel in die koninkryk van God na vore; elke mens ontvang na sy vermoë. Sommige ontvang vyf, ander twee en ander net een talent. Waarom hierdie verskil? Jesus hou daarmee rekening daar geen gelykheid onder mense is nie, maar eerder ʼn verskeidenheid van begaafdheid wat in belang van God se koninkryk gebruik met word. Indien hierdie verskille geminag word, word begaafdes sowel as minder begaafdes veronreg. As politici dit maar net wou insien!

God hou met enkelinge se vermoëns rekening. Daarom ontvang die dienskneg wat die twee talente byverdien het dieselfde aanprysing as die een wat vyf byverdien het. Die opdrag was om daarmee te woeker. Om hulle genoeg tyd daarvoor te gee, het die huisheer lank weggebly.

Op die dag van die afrekening het twee van die diensknegte 100% wins getoon. Hulle het die terugkeer van die huisbaas verwag en skouer aan die wiel gesit. Daar was nog iets wat hulle aangespoor het – hulle het hul volkome met die huisbaas se belange vereenselwig asof dit hul eie was. Jesus deel nie minderwaardige take uit nie.

Die derde dienskneg het versuim om enige wins te maak en homself probeer regverdig deur beskuldiginge teen sy werkgewer aan te voer. Hy het nie beswaard gevoel dat hy slegs een talent ontvang het nie. Die huisheer het maar met sy persoonlike vermoë rekening gehou. Die dienskneg se beswaar was teen die huisbaas se persoon gemik – hy was ʼn harde man wat maai waar hy nie gesaai het nie. Daarom het die dienskneg die talent verberg en net so teruggee. Niemand het mos skade gely nie?

Die huisheer (Christus) het die lui dienskneg egter nie voor die kop nie maar in die krop gekyk. Die probleem was dat die dienskneg het hom nie met die huisheer se belange vereenselwig het nie en sy plig versuim. Daarom het die talent nie ontkiem en vrug gedra nie.

Baie mense gaan kerk toe sonder om hul met Jesus se belange te vereenselwig; name wat in kerkregisters staan maar nie in die boek van die lewe opgeteken is nie. In Openb.20 lees ons dat almal wie se name nie in die boek van die lewe opgeteken is nie, die ewige verderf instort!

Die gelykenis meld dat die een talent wat die onverskillige dienskneg gehad het van hom weggeneem is en aan die een wat 10 gehad het gegee is. Wie in die koninkryk van God vrugbaar is, word met verdere gawes geseën. Hiermee spoor Jesus gelowiges aan om die geleenthede wat Hy vir hul bied, te benut. Gelowiges werk mos nie vir Jesus net om eendag nie in die hel te beland nie. Hulle werk vir Hom omdat hulle Hom liefhet:

“Toe hulle klaar was met ontbyt, vra Jesus vir Simon Petrus: ‘Simon, seun van Jona, het jy My baie lief, meer as hulle?’ Hy sê vir Hom: ‘Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.’ Hy sê vir hom: ‘Laat my lammers wei.’ Hy vra hom weer 'n tweede keer: ‘Simon, seun van Jona, het jy My baie lief?’   Hy sê vir Hom: ‘Ja, Here, U weet dat ek U liefhet.’ Hy sê vir hom: ‘Pas my skape op.’ Hy vra hom die derde keer: ‘Simon, seun van Jona, het jy My lief?’ Petrus het bedroef geword omdat Hy hom die derde keer gevra het, ‘Het jy My lief?’ en hy antwoord Hom: ‘Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.’ Jesus sê vir hom: ‘Laat my skape wei’(Joh.21:15-17).

Die lui dienskneg kon nie met die talent gou iets probeer verdien nie omdat hy, soos in die geval van die vyf dwase maagde te laat was om in te kom. Omdat hy ontrou was, is hy nie toegelaat om die talent wat hy ontvang het, te behou nie. Die oomblik toe dit van hom weggeneem is, was die band tussen hom en die huisbaas daarmee heen en is die oordeel oor hom voltrek; skrikwekkend!

Laat ons vanoggend kyk na dit wat Jesus vir ons aan ʼn kruis gedoen het, hand in eie boesem steek en die vraag beantwoord: Wat doen ek met my lewe wat ook ʼn gawe is, vir Jesus? Hy is op pad terug aarde toe om verantwoording te eis. Wat sal jy graag van Hom wil hoor? “Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” of: “... werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis...” Dis jou eie keuse!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2589 gaste aanlyn