Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons huil Here, ons rou oor ons volk wat so verdruk en uitgemoor word. U sien dit en U weet dit. En U bemoei U met ons ellende want U weet hoe swaar ons kry. Help ons om te onthou dat U ons nooit sal vergeet nie maar nou met ons werk sodat ons weer na u sal wil terugkeer. Help ons ook veral om te onthou dat U reeds die finale oorwining oor die Bose vir ons bewerk het, en dat 'n nuwe aarde en 'n nuwe hemel aan die kom is.
ANARGIE, POLITIEKE HOOFDIS VAN VERKIESING
Medewerker
Anargie is gewoonlik die hoofbestanddeel van die voorverkiesings-, verkiesings- en na-verkiesingstyd (veral in lande met swart ‘leiers’- Red).
‘n Opperste ironie is die verkondiging aan elke boom, lamppaal, tak en bushuisie in die land deur die Demokratiese Alliansie (DA) van ‘n politiek-profetiese uitspraak deur mnr. Jaap Marais dat die politieke bestel in die land sál val. Want die DA se hoofalarmkreet oor waarom sy hulp by wyse van die verkiesing ingeroep moet word is “Red Suid-Afrika”.
Hierdie voorspelling deur mnr. Marais is sekerlik meermale gedoen maar een aangeteken deur ‘n behoudende waarnemer se datum word deur daardie waarnemer as 30 Junie 2000 aangedui.
Die ironie op die ironie van die DA se doen-en-late in die aanloop tot die verkiesing in Mei vanjaar is dat die DA (en sy partypolitieke voorgangers, dink maar aan die Progressiewe Federale Party), angstige geweerdraers vir die rewolusionêre ANC in die aanloop tot Blanke oorgawe aan die kommuniste was; ‘n groter hansie-my-kneg vir ‘n rewolusionêre kommunis kon jy nog nooit kry as ‘n verloopte kerkleier, student, dosent, koerantman en sommer gewone linkse ploerte in enige Westerse samelewing te vinde nie.
En nou, by sommige linkses kort voor die verkiesing en by deurwinterde Blanke linkses lánkal, stort die gevolge van hul dade kamtig verrassend op hulle en die land se kop neer. En die DA verstrek lang en uitgebreide lyste van al die mankemente en beweerde mankemente en verkeerdhede, goed soos korrupsie, staatsgeweld, ‘n mislukkende ekonomie, gewone burgerlike geweld, staatskaping, kaderontplooiing en ‘n klasse- en rassestryd wat ‘n mens in die land moet trotseer.
So asof hierdie politieke kakiebos en onkruid sommer vanself in netjiese rye, soggens en saans uit die land se met slaai-besmette-damme besproei, die politiek in die land sou vergal en in ‘n toestand van staatsleegheid sou dompel.
Nee, het die behoudende Afrikaners geweet en gesê, die magte en kragte van ‘n “destruktiewe ideologie” is aan die werk, die ineenstorting van die staatsbestel soos deur mnr. Marais voorspel is aan die kom, dis die resultaat van kommunisme wêreldwyd. En hierdie ineenstorting sál met geweld gepaard gaan soos wat die geval was in elke ander land waar kommunisme tot ‘n val gekom het.
En dit bring die waarnemer by nog ‘n oorweging in die kategorie ironie, en daarmee moet die feit nog eens beklemtoon word, kommunisme is besig om tot ‘n val te kom in die land.
En dit bring ons by ‘n verdere saak om te beklemtoon:
Die hele politieke oefening nou in die land aan die gang handel oor ‘n ander ononderhandelbare in die kommunistiese ideologie en praktyk: Anargie.
Sonder om u te veel daarmee te bemoei: Dit gaan hier oor die leer van tese en anti-tese in kommunistiese teorie en praktyk.
Nou ‘n vraag: Is dit wat die DA in sy verkiesingspropaganda beklemtoon, al die grootskeepse verval, nie maar ‘n overgesedsynde poging om inhoud te gee aan die anargie wat die land en sy inwoners besig is om te ervaar nie, die DA wil die monster net nie by die naam noem nie?
Klassestryd
Die kommunis maak in die praktyk staat op die immerteenwoordige ongelykhede in samelewings.
Wanneer opmerkings oor wat by die kommunis as “klassestryd” bekend staan, gemaak word, word aspekte van hierdie stryd op die gebied van stoflike ongelykheid aangeraak:
Die ANC/SAKP wil ‘n klaslose samelewing tot stand bring waar daar twee groepe (klasse) sal bestaan; die elite (die regering en Groot Kapitaal) en die menigtes. Dit sal noodwendig die uitwissing in ons land van die Blanke middelklas tot gevolg hê. Om dit te bewerkstellig moet private besit “genasionaliseer” word. Dit moet u dus nie verbaas dat die groot maatskappye so gretig is om die regering in sy grondroof te steun nie, want hulle is kop-in-een-mus, Ramaphosa en Sexwale het nie om dowe neute oornag stinkryk geword nie.
Kommunisme as destruktiewe ideologie, ‘n paar nader gegewens
Anargie is (ook) ‘n “stasie” in kommunistiese teorie en praktyk. Wanneer politiek-betrokkenes die begeerte begin uitspreek na ‘n sogenaamde tweede politieke oorgang soos nou in ons land, moet u weet die “stasie” genaamd Anargie het vir die passasiers in sig gekom, binnekort word ons op die wegholtrein na anargie gesmyt, onderweg na die uiteindelike eenwêreld kommunistiese staat.
In 2005 skryf ‘n politieke waarnemer kommunisme is ‘n destruktiewe ideologie wat vernietig, verslind en verslaaf. Die gevolge strek verby die val van kommunisme, voeg die waarnemer pertinent daaraan toe.
Laat die kieser bedag wees in sy oorweging van die omstandighede waarin die voorverkiesingstyd en die verkiesing self hom afspeel: Hierdie omstandighede en die daarna sal “verby die val van kommunisme strek.” As die vloekskoot van ‘n oorwinning vir die DA en sy verkiesingsmeelopers beskore mag wees, wag daar nie ‘n ontspanning in die Suid-Afrikaanse politieke situasie soos die DA en meelopers na aanleiding van hul wilde politieke drome glo nie maar eerder politieke hoogspanning. Hoe dit ook al sy, anargie lyk na die politieke hoofdis wat in die na-verkiesingstyd aan die kom is.